26 November
My wens en gebed is dat jy vandag sal bid vir goeie huweliksmaats vir jouself en jou geliefdes. Hier is God se Boodskap net vir jou.
Tema: Goeie huweliksmaats kom van die Here af
Teks: “Ek bid dat die Here vir julle elkeen weer ‘n goeie huweliksmaat gee” (Rut 1:9 – Die Boodskap)
- Naomi gun vir haar skoondogters goeie mans en nageslag!
- Dit is belangrik om te verstaan dat goeie huweliksmaats van die Here af kom.
- Bid vir jouself, jou kinders en familie dat elkeen die goeie huweliksmaat sal ontvang wat God stuur.
- Vertrou dat die Here die regte persoon op die regte tyd sal bring vir jou en jou geliefdes.
Gebed
Liewe Vader, laat ons die goeie huweliksmaats wat U stuur omarm.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


