Skep asem vir vandag: 23 November 2025

23 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet die Here dra jou wanneer jou lewe uiteen val. Hier is God se Woord.

Tema: Soms maak dinge net nie sin nie

Teks: “Naomi was toe sonder enige familie van haar eie in die land Moab” (Rut 1:5 – Die Boodskap)

  • Naomi het alles verloor – besittings, man en seuns – en dit het geen sin gemaak nie.
  • Soms gebeur dinge met jou wat jou lewe uit mekaar skud en geen sin maak nie.
  • Hou vandag vas aan die Here omdat Hy steeds saam met jou die pad stap.
  • Hy dra jou wanneer dit voel asof jy die wêreld dra omdat jou lewe inmekaarstort.
  • Doodloopstrate is slegs rusplekke. Dit is die wegspringplek vir ‘n nuwe seisoen.

Gebed

Liewe Vader, gee my krag om deur my probleme te leef en oorwinning te behaal.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.