27 November
My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om onselfsugtig te leef en goeie verhoudings te bou. Hier is God se Boodskap vir vandag.
Tema: Leef onselfsugtig
Teks: “Jou skoonsuster is terug na haar eie mense toe waar sy weer haar eie geloof kan uitleef. Doen jy dit ook nou” (Rut 1:15 – Die Boodskap)
- Orpa het ‘n keuse gemaak wat vir haar gepas het, maar dit het verhoudinge verbreek.
- Jy kan jou selfgerigte keuses goed motiveer, maar die resultate daarvan is dikwels katastrofies.
- Kies onselfsugtig – verhoudinge groei slegs wanneer jy nie net aan jouself dink nie.
- Stel vandag ander mense se behoeftes eerste – dit bou sterk, blywende verhoudinge!
Gebed
Liewe Vader, help my om onselfsugtig te leef.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


