24 November
My wens en gebed is dat jy vandag sal weet die Here draai altyd die wiel en gee uitkoms. Hier is God se Boodskap.
Tema: Die Here sal uitkoms gee
Teks:“‘n Rukkie later het Naomi… gehoor dat die Here dit weer beter laat gaan het in Juda” (Rut 1:6 – Die Boodskap)
- Die goeie nuus is dat die wiel altyd draai – dinge sal verander.
- Net wanneer jy dink dit kan nie slegter gaan nie, gee die Here uitkoms.
- Hou jou oë oop vir die uitkoms wat wag – dit is reeds daar!
- Gryp die uitkoms wat Hy gee met beide hande aan. Stap vorentoe in geloof.
Gebed
Liewe Vader, laat my U genade raaksien. Dankie dat U altyd uitkoms gee.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


