23 Februarie
Mag jy vandag die regte prioriteite hê! Hier is God se wil net vir jou:
Tema: Fokus op wat belangrik is
Teks vir vandag: “Moenie jou vir geld afsloof nie… Rykdom hou nie vir altyd nie. Dis soos ‘n voël wat die een oomblik nog naby jou op ‘n tak sit en dan skielik wegvlieg. So vinnig verdwyn dit.” Spr. 23:4-5 (Die Boodskap)
- Wanneer jy meer welgesteld en ryk word, onthou, moenie op rykdom vertrou nie.
- Onthou, moenie te geheg aan aardse dinge en besittings raak nie (Ps. 62:11).
- Geld en besittings is tydelik en kan in ‘n oomblik verdwyn – moenie jou lewe daaraan toewy nie.
- God wil hê jy moet werk en vooruitgaan, maar nie ten koste van wat werklik belangrik is nie.
- Evalueer vandag jou prioriteite en maak seker God en mense kom steeds eerste, nie geld nie.
Gebed
Liewe Vader, help my om vandag die regte prioriteite te hê en nie my lewe weg te gooi vir dinge wat verdwyn nie.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


