Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 28 Februarie 2026

28 Februarie

Dit is vandag die einde van die maand en die Here God het jou deur die eerste twee maande van hierdie jaar gedra. Mag jy vandag God se genade oor jou lewe vier! Hier is Sy Boodskap vir die laaste dag van Februarie:

Tema: God is regverdig

Teks vir vandag: “‘n Leier wat die armes onderdruk, is soos ‘n haelstorm wat alles verwoes. Hongersnood en baie ellendes is dan die armes se voorland.” Spr. 28:3 (Die Boodskap)

  • Die Here doen reg aan verdruktes, Hy  gee brood aan die hongeriges en bevry gevangenes (Ps. 146:7-9).
  • God haat onreg en onderdrukking – Hy help die swakkes en armes.
  • As jy in ‘n magsposisie is, gebruik dit om ander op te lig en op te bou, nie om hulle te onderdruk nie.
  • Vier vandag dat God ‘n God van geregtigheid is. Hy ondersteun mense wat op die rand van die samelewing is.
  • Eindig hierdie maand met dankbaarheid vir God se getroue sorg en beskerming oor jou lewe!

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U ‘n God van geregtigheid is en dat U my deur nog ‘n maand gedra het. Help my om ander op te lig, nie af te trek nie.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.