1 Maart
Liewe Vriend
Vandag begin die derde maand van hierdie jaar. Kan jy dit glo! Ek bid dat dit vir jou ‘n goeie maand sal wees. Mag jou drome vir hierdie maand waar word. Hier is God se boodskap aan jou:
Tema: Kry hoop! Moenie onrustig en ontsteld wees nie.
Teks: “God hou sommer baie van jou, want jy leen nooit jou ore aan slegte mense uit nie…” (Ps. 1:1 – Die Boodskap)
- Is jou hart onrustig en vol bekommernis? God wil jou vir vandag en vir die toekoms hoop gee.
- Die mens wat nie na slegte raad en slegte invloede luister nie, is gelukkig – God se guns rus op so ‘n persoon.
- Moenie toelaat dat angs en vrees jou keer nie – God se beloftes is vas en seker.
- Kies vandag om jou vertroue in die Here te plaas, en glo dat Hy jou deur hierdie maand sal dra.
Gebed
Liewe Vader. Baie dankie dat U my hoop gee en my onrustige hart tot rus bring. Help my om hierdie nuwe maand met vertroue in U te begin.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


