21 Februarie
Mag jou lewe vandag God eer! Hier is ‘n gedagte net vir jou vandag:
Tema: Leef reg voor God
Teks vir vandag: “Om die regte dinge te doen en te sê is vir die Here baie belangriker as ‘n groot dankoffer.” Spr. 21:3 (Die Boodskap)
- God vra nie vorms van godsdiens nie, maar ‘n hartseer hart voor Hom (Ps. 51:18-19).
- God soek nie religieuse rituele nie, maar ‘n hart wat opreg na Hom toe leef.
- Jou daaglikse keuses en integriteit is vir God belangriker as groot, godsdienstige vertonings.
- Leef vandag so dat jou lewe self ‘n offer van aanbidding aan God is.
Gebed
Liewe Vader, help my om vandag reg te leef voor U en om my lewe ‘n offer van aanbidding te maak.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


