26 Februarie
Mag jy vandag wysheid hê in wie jy vertrou! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: Kies die regte mense
Teks vir vandag: “Moenie sommer enige een wat verby stap vir (tuin-)werk (of ander werk) huur nie. Hy kan groot skade maak. Hy is soos ‘n wag wat beheer verloor en op verbygangers skiet.” Spr. 26:10 (Die Boodskap)
- Dit is beter om by die Here God jou veiligheid en beskerming te kry as om op mense te vertrou (Ps. 118:8).
- Wees versigtig aan wie jy verantwoordelikheid en vertroue gee – hulle kan groot skade aanrig.
- Bid vir God se leiding wanneer jy mense moet kies om met jou te werk of jou te help.
- Evalueer vandag die mense rondom jou en maak seker jy vertrou die regte mense.
Gebed
Liewe Vader, gee my vandag wysheid om die regte mense te kies om te vertrou en mee saam te werk.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


