27 Februarie
Mag jy vandag nederig wees! Hier is ‘n Woord vir jou:
Tema: Laat ander jou prys
Teks vir vandag: “Moenie jou eie beuel blaas nie. Moenie vir almal vertel hoe goed jy is nie. Laat ander dit liewers doen.” Spr. 27:2 (Die Boodskap)
Dit is God wat ons eerste gelukkig maak, nie mense of omstandighede nie (Ps. 75:6-7).
Selfverheffing en selfbevordering is ‘n teken van onsekerheid en trots.
As jy goed is in wat jy doen, sal ander mense dit raaksien – jy hoef dit nie self te adverteer nie.
Wees vandag nederig en laat God en ander mense jou werk en karakter bevestig.
Gebed
Liewe Vader, help my om vandag nederig te bly en nie myself te verhef nie, maar U en ander die geleentheid te gee om my te prys.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


