24 Februarie
Mag jy vandag integriteit beoefen! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: Beskerm jou reputasie
Teks vir vandag: “Iemand wat net slegte dinge beplan, kry gou-gou ‘n baie slegte naam. Waaroor hy dink en wat hy doen, is een stuk sonde. Vir die gemeenskap is hy ‘n verleentheid.” Spr. 24:8-9 (Die Boodskap)
- Wie mag in die teenwoordigheid van die Here leef? Hy wat opreg optree en reg doen (Ps. 15:1-2).
- Jou gedagtes, planne en optrede vorm jou karakter, en jou karakter bepaal jou reputasie.
- ‘n Slegte naam is moeilik om van ontslae te raak – beskerm jou integriteit deur reg te dink en te leef.
- Wees vandag bewus van jou gedagtes en motiewe en maak seker hulle is suiwer voor God.
Gebed
Liewe Vader, help my om vandag reg te dink en te leef sodat my reputasie U Naam sal verheerlik.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


