20 Februarie
Mag jy vandag vrede kies! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: Kies vir vrede
Teks vir vandag: “‘n Wyse mens bly weg van rusies en gestry. Dit is net ‘n dwaas wat sy neus oral insteek.” Spr. 20:3 (Die Boodskap)
- Bly weg die kwaad en doen goeie dinge. Soek vrede en jaag dit na (Ps. 34:15).
- Dit is wys om konflik te vermy en nie in elke argument betrokke te raak nie.
- Nie elke konflik is vir daar vir jou om te veg nie.
- Sommige konflik en gevegte moet jy net laat verby gaan.
- Kies vandag om weg te bly van onnodige konflik en rusies wat net energie en vrede steel.
Gebed
Liewe Vader, gee my vandag wysheid om vrede te soek en weg te bly van onnodige konflik en rusies.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


