Prediker: Dr. Frans Hancke
Skriflesing: 1 Korintiërs 15: 13 – 22
Tema: Maar nou, Christus is opgewek!
Begeleiding:
Orrel: Marida Bridges
Koor: NG Kerk Groot-Brakrivier
Prediker: Dr. Frans Hancke
Skriflesing: 1 Korintiërs 15: 13 – 22
Tema: Maar nou, Christus is opgewek!
Begeleiding:
Orrel: Marida Bridges
Koor: NG Kerk Groot-Brakrivier
Gepas word hierdie ikoon die “Klaaglied” genoem. Theodosia Poulopos, ‘n tapiserieborduurder, het in 1599 op die bloedrooi lap die toneel met goue gare borduur. Dit beeld die begrafnisritueel uit van die vroue wat Jesus se liggaam vir die graf voorberei en salf. Volgens Lukas en Matteus was dit Josef van Arimatea wat voor die aanbreek van die Sabbat Sy liggaam van die kruis kon afhaal. Joh 19:31-34 vertel dat dit die gebruik was om die liggaam se bene te breek as die gekruisigde nog nie dood was nie, maar Jesus was toe reeds dood.
Hierdie is almal se klaaglied. Vir Maria was gesê dat ‘n swaard deur haar siel gesteek sal word (Luk 2:35) en met haar seun se kop op haar skoot weet sy dit. Petrus, die een wat gesê het, “ek ken Hom nie”, is die een wat by sy bene staan, gereed om die doek om Jesus te draai.
“En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting …” (Rom 8:23, 1953-vertaling).
Hoe ouer ek word, hoe meer worstel ek met pyn. Nie fisieke pyn nie. Dit ken ons almal baie goed! Maar dit is die emosionele pyn van die mensdom; die brutaliteit waarmee ons leef; die onnodige ellende waarin die mensdom gedompel word (of dit selfgemaak is deur oorloë, of deur natuurrampe of wat ook al) wat my so onrustig maak. Ek verlang na ‘n ander lewe! Ek sug! Ek sug!
Stil Saterdag is die dag van sug! Jy kan nie anders as jy om jou kyk nie. Die pyn is sigbaar, reg om jou; ook binne jou eie lewe. Dit is wat Visio Divina doen – nie net om die mooi raak te sien nie; maar ook die toestand van die wêreld waarvan ons deel is. Visio Divina dwing jou om eerlik te word, want eers as jy eerlik is oor jou eie aandeel in die gebroke wêreld moet jy, soos ‘n Maria en ‘n Petrus, daardie klaaglied uit jou lyf uit sug. Dit is as gevolg van dáárdie gebrokenheid dat die Man daar gehang het. Dit is hoe hooploos voel! Jy moet dit raaksien.
Maar Sondag breek aan. Aan hooploosheid kom ‘n einde. Waarom? Die son kom op. Die duisternis kon nie die Lig verdryf nie. Daarvan is ons getuies!
Heilige Lig wat die duisternis uitdryf; dryf dit ook uit my om U lig te kan reflekteer.
Op Dag 46 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na Audrey Assad se weergawe van die bekende “Abide with me” –

Kopiereg: Dr. R.M. Bezuidenhoudt
Hierdie reeks ‘Visio Divina‘ word deur Kopiereg beskerm.
Geen gedeelte van hierdie reeks mag gedupliseer of herversprei word sonder die eksplisiete goedkeuring van die outeur: Dr. R M Bezuidenhout nie.
Indien hierdie reeks u geïnspireer het kan u haar bediening finansieel ondersteun deur die volgende skakel te volg:
https://ronellbezuidenhout.co.za/steun
Woensdag 12 April 2023 : • Kooroefening – Daar is GEEN kooroefening hierdie week nie.
• Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 8A (Bergsig-Wes) & 8B (Wolvedans)
Sondag 16 April 2023 : • Erediens om 09:00. • Doop. • Kategese
Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: 19 April, 10 en 24 Mei, 7 en 21 Junie
Dankfees – Saterdag 22 April 2023 om 10:00
Pieter en Daleen le Roux van Groot-Brakrivier Groenkloof het hulle 65 jarige huweliksherdenking op 29 Maart 2023 gevier. Getroud 29 Maart 1958 te Kadebis naby Piet Plessis. 2 Jaar na hul huwelik verhuis hulle na Suidwes-Afrika (nou Namibië) waar hul geboer het. Gedurende 1985 verhuis hulle na Suiderkruis.
• Vandag – Sondag 9 April 2023 (PAASFEES) :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr. Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Kor. 15. Die tema van die prediking is : Maar nou, Christus is opgewek.
• Die wit en goud in vanoggend se ruiker simboliseer die opstanding van Jesus Christus.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Radio FEBA by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Lees meer “Afkondigings 9 – 15 April 2023” Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: 1 Johannes 4: 7-12
Tema: Systappers en rusverstoorders?
Begeleiding:
Orrel: Marida Bridges
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: 1 Johannes 4: 7-13
Nagmaal bediening: Dr. Nadia Marais
Tema: Systappers en rusverstoorders
Begeleiding:
Orrel: Marida Bridges
Kenners bevestig, daar is geen ander toneel wat meer deur kunstenaars uitgebeeld is as die kruisiging van Jesus nie. Om een te kies vir #VisioDivina is soos om ‘n enkele ster aan die hemelruim te kies en dan te motiveer waarom dit jou keuse is. My soektog het tot stilstand gekom by die 1922-penskets (en waterverf) van David Jones. Ek kon nie ophou kyk nie.
Ek weet dat daar baie indrukwekkender kunswerke oor hierdie toneel is. Maar sonder ‘n woord bring hierdie visuele beeld met sy enkele lyne, so eenvoudig en gestroop, ‘n roering in jou hart. “Heilige kyk” word “heilige hoor”.
Neem jou tyd en kyk net biddend na hierdie skets. Die uitgestrekte arms word ‘n weegskaal waarin die wêreld rus. Riviertjies bloed sypel afwaarts. Waarom teken die kunstenaar die oë so groot? Om wat te sien?
“Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos? Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here” (Rom 7:24-25).
Die Latyn weerskante van die Jesus-figuur van David Jones kom uit Jes 53:2, “Hy het nie skoonheid of prag gehad dat ons na hom sou kyk nie, nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie.” Alles aan Jesus was onindrukwekkend: gebore in ‘n stal, ‘n ongeletterde seun van ‘n timmerman. Lukas 23 bevestig dit: Pilatus wil redeneer – Jesus reageer nie. Herodus wil ‘n wonderwerk sien – Jesus staan net. Die soldate kasty hom – Jesus ruk nie los nie. Dit is presies wat Jesaja voorspel: “Soos ‘n lam wat na die slagplek toe gelei word en soos ‘n skaap wat stil is as hy geskeer word, het hy nie gekla nie” (Jes 53:7). Die volk wou die Leeu van Juda hê! Daarom skreeu almal, “Kruisig Hom!”
Wees net eerlik – ons hou maar almal van indrukwekkende mense. Sukses beïndruk ons. Sterk leiers laat ons veilig voel. Wat sou óns skreeu as ons tussen die skare was? Hoe durf hierdie man beweer Hy is die Seun van God is. Die regte Messias sou nooit ‘n doringkroon dra nie! Die regte Messias moet die volk red! En hier hang hy aan ‘n kruis…
En terwyl ek aanhou kyk na die Latynse woorde van die kunswerk kom Paulus se woorde skielik by my op: “Ek ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos…”
Dan verander die sogenaamde “man van geen aansien” aan daardie kruis in die “Skoonheid van God”: die bloed word wyn; die liggaam word brood.
Jesus Christus, ek kyk na U aan die kruis, en ek roep saam met Paulus uit, “Ek ellendige mens, wie sal my red?” Daar is net Een – U!
Op Dag 45 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na ‘n buitengewone weergawe van die “Kyrie Eleison” deur “Chant of the Mystics”. Dit is musiek wat uiters gepas is om stil te sit en te onthou dat Jesus bid: “Vader, vergewe hulle.”

Kopiereg: Dr. R.M. Bezuidenhoudt
Hierdie reeks ‘Visio Divina‘ word deur Kopiereg beskerm.
Geen gedeelte van hierdie reeks mag gedupliseer of herversprei word sonder die eksplisiete goedkeuring van die outeur: Dr. R M Bezuidenhout nie.
Indien hierdie reeks u geïnspireer het kan u haar bediening finansieel ondersteun deur die volgende skakel te volg:
https://ronellbezuidenhout.co.za/steun
Terwyl Jesus in Getsemane gebid het stuur die Joodse geestelike- en volksleiers ‘n groep gewapende mans saam met Judas om Jesus gevange te neem. Met wapens omhoog gryp een Hom aan die bors; ‘n ander een het Hom aan die arm beet.
Maar kyk net hoe beeld die Flaamse kunstenaar, Dirk Bouts (1400’s), die mense se reaksie uit. Daar is ‘n beangste man vlak op die grond; ‘n aggressiewe een wat oor hom buk. Maar wat is op die ander se gesigte? Is dit verbasing? Asof selfs Judas, die een wat die soen moet gee, ook op ‘n reaksie wag.
En tog staan Jesus net.
Dalk het almal gehoop dat as Hy homself sou teësit. Dan kon hulle rede vind om Hom in hegtenis te neem. Maar niks gebeur nie. Hy staan – soos ‘n lam gelei ter slagting.
“Toe het al sy dissipels Hom in die steek gelaat en weggehardloop” (Matt 26:56; Mark 14:50).
Sonder om te raai weet ons dat dit Jesus in die blou kleed is, al lyk hierdie Jesus dalk nie soos die bekende uitbeelding wat ons ken nie. Twee ander figure herken ons ook: Judas wat teenaan Jesus se wang buig, en Petrus met die swaard in sy hand. (Volgens Joh 10:18 is die man op die grond die slaaf, Malgas.) Maar dit is oor Simon Petrus en Judas dat ek wonder.
Vroeg in hierdie reeks (#VD4) het ons reeds oor Petrus gesels wat Jesus verraai het. Wat maak sy verraad anders as Judas Iskariot s’n? Waarom word Judas so uitgesonder as genoem word dat al twaalf dissipels Jesus in die steek gelaat het?
In die teologie word Judas soms as die “negatiewe tweeling” van Petrus beskryf. Wat sou daarmee bedoel word?
Martin Luther het geoordeel daar is inderwaarheid geen verskil tussen Petrus en Judas nie, BEHALWE … En daardie “behalwe” maak al die verskil! Inderdaad verraai beide vir Jesus (soos die ander ook). Maar Matt 27:3-5 leer dat Judas so skuldig gevoel het dat hy homself opgehang het. En Petrus? Lukas 62:22 leer dat Petrus “buitentoe gegaan en bitterlik gehuil (het).”
En dít maak al die verskil! Skuldgevoel oorweldig die een. Berou oorweldig die ander een. Die een draai kruis toe. Die ander een nie.
En dit maak die verskil.
Here, laat ek tog nooit verkeerd kies nie!
Op Dag 44 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na ‘n Oos-Ortodokse oggendgebed. Die Engelse woorde van die gebed:
Almighty God,
you are the way, the truth and the life.
You know how few people walk with you in these times.
There are few who emulate you, their head,
in humility and silence, in poverty and purity,
in diligence and patience.
The path of Satan is open and many are walking along it.
Minister to your small flock,
so that they do not become discouraged,
but follow you along the narrow path until the end. Amen

Kopiereg: Dr. R.M. Bezuidenhout
Hierdie reeks ‘Visio Divina‘ word deur Kopiereg beskerm.
Geen gedeelte van hierdie reeks mag gedupliseer of herversprei word sonder die eksplisiete goedkeuring van die outeur: Dr. R M Bezuidenhout nie.
Indien hierdie reeks u geïnspireer het kan u haar bediening finansieel ondersteun deur die volgende skakel te volg:
https://ronellbezuidenhout.co.za/steun
Hierdie 6de eeuse mosaïëkuitbeelding is die derde voorbeeld uit die basilika in Ravenna, Italië in ons reeks. Elf dissipels sit-lê saam met Jesus rondom ‘n tafel. Die afwesige dissipel is natuurlik Judas. Die elf mans is geklee soos tipiese Romeinse mans van daardie tyd. Jesus lyk heeltemal anders – nie net met die ligglas om sy kop nie, maar ook oor sy kleed. Hy dra ‘n persblou kleed – blou is die kleur van die hemel, en pers is die koninklike kleur. (Hier word Jesus dus reeds in sy Godheid uitgebeeld).
Wat opval is die twee reuse visse op die tafel. Die vis was sedert die vroegste eeue ‘n simbool vir Jesus. Die Griekse woord vir vis is ook ‘n akroniem vir “Jesus Christus, Seun van God, die Verlosser.”
Die Goddelike Jesus sit aan tafel, maar Jesus in sy mensheid lê soos ‘n offer op die tafel. Presies wat ons in die nagmaal ervaar.
Ons reeks loop na ‘n einde, maar die pad loop nie dood nie! Elke keer wanneer ons die nagmaal gebruik, herinner die nagmaalsformulier ons: hierdie is ‘n herinneringsmaaltyd; maar dit is ook ‘n toekomsmaaltyd. Kyk terug en onthou wat gebeur het. Maar kyk ook vorentoe met versugtinge, want daar is ‘n belofte wat nog in vervulling moet kom. Dit is die alreeds en die nog-nie fees.
Dit is belangrik om met hierdie twee perspektiewe (die terugkyk en die vorentoekyk) die gebeure van Lydenstyd te vier. Juis daarom kan ons dit ook jaar-na-jaar doen. Elke jaar het die rimpeleffek al verder uitgedy en is ons nader aan ons die realisering van die belofte. Ons geloof is nie ‘n historiese geloof nie; ons geloof is ‘n toekomsgerigte geloof. Waarom soveel klem hierop lê? Omdat ons maklik kan dink dat dit wat Jesus gedoen het afgehandel is. Ja, dit is afgehandel; maar dit is nie klaar nie! Daarom kon Paulus skryf dat ons “in Christus geseën is met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is” (Ef 1:3) en net ‘n paar verse verder kan hy byvoeg, “Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos” (v14).
Jy het alreeds alles ontvang! Maar wat jy ontvang het is maar nog net die begin.
Here, dankie dat my terugkyk en onthou my toekomsverwagtinge na U kragtiger maak.
Op Dag 43 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons “In Remembrance of Me” soos uitgevoer deur Robert Kochis. Die woorde verskyn in die video.

Kopiereg: Dr. R.M. Bezuidenhout
Hierdie reeks ‘Visio Divina‘ word deur Kopiereg beskerm.
Geen gedeelte van hierdie reeks mag gedupliseer of herversprei word sonder die eksplisiete goedkeuring van die outeur: Dr. R M Bezuidenhout nie.
Indien hierdie reeks u geïnspireer het kan u haar bediening finansieel ondersteun deur die volgende skakel te volg:
https://ronellbezuidenhout.co.za/steun
Innovation for the blind webtuiste: Innovationfortheblind.org
Baie dankie vir die geleentheid om ons Maart nuusbrief met inspirerende stories met u te kan deel.
Vriendelike groete,
Lees meer “In fokus Maart 2023 Nuusbrief vanaf Innovation for the blind (Instituut vir die blindes)”Liewe vriende en familie
Party dae, soos vandag voel dit asof daar berge voor my is, waaroor ek nie kan kom nie. Wanneer ek na die berge kyk, groei vrees en wil dit my oorweldig. Ek mis ook vir Ockert so verskriklik baie en soms raak dit net te veel om te dra. Ek weet ek moet laat gaan, dit is al anper ‘n jaar en ‘n half gelede. Ek weet ek moet daaroor kom. Hoe kom mens ooit daaroor? Ek vra, wanneer die berge voor my staan, Here sal U hierdie berge net wegneem? My hulp en krag is in die Here. Sonder Hom sien ek nie kans nie. Ek het Hom so nodig om my elke dag te dra. Ek voel soms so swak en klein.
Lees meer “Michele van Oekraïne se maandelikse Gebedsbrief uit Reni – Maart 2023”Nadat Maria Jesus se voete gesalf het (#VD41) vind die volgende groot insident in die Johannesevangelie weer rondom ‘n tafel plaas. Aldus Joh 3:4 het Jesus opgestaan en sy bokleed uitgetrek. Presies soos hierdie Russiese ikoon uit die 1500’s illustreer, staan Jesus sonder die gebruiklike hemelblou bokleed met ‘n ryklik-geborduurde handdoek om sy middel gebind. Terwyl Hy Petrus se voete was beduie Petrus ook in die rigting van sy kop – “Here, nie net my voete nie, maar ook my hande en my gesig,” pleit hy (13:9).
Maar iets moet ons nie miskyk nie; reg in die middel van die paneel bo-op ‘n hoë pilaar sit ‘n hoenderhaan. Nie net Petrus en Judas sou Jesus verraai nie; in werklikheid sou die haan vir al 12 dissipels kraai. Almal sou Hom verlaat. Die pad vorentoe verloop vir Jesus alleen.
Die Donderdagaand voor Jesus se inhegtenisneming gebeur ‘n paar aangrypende dinge, o.a. begin die Messias sy dissipels se voete was. Ook Judas s’n! Op die ikoon sien jy Judas in die boonste ry aan die regterkant by die deuropening sit. Dit is waar hy sal moet uitglip wanneer Jesus later vir hom sou sê, “Wat jy wil doen, moet jy baie gou doen!” (Joh 13:27).
Sodra Judas uit die vertrek is begin Jesus die oorblywende elf weer leer: “Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is” (v34).
Dissipelskap is nie ‘n saak om oor te filosofeer nie; dit is ‘n saak van dienend-doen. Dit is ‘n leefwyse. Dit is nie prestige nie. Dit vra nie geleerdheid nie. Die kenmerk van christene is mense met ‘n handdoek om die middellyf. Dit is mense wat versorg en versoen en vergewe. Dit is die enigste manier hoe ‘n mens van vyande en vreemdelinge vriende kan maak.
Ons hou daarvan om die “goeie voetjie” voor te sit; maar Jesus kyk veel dieper – tot daar waar ons ons geheime wegsteek. Soos ons ons skurwe hakke en ons verknobbelte toonnaels eerder in skoene bedek. Of liefs nie ons sokkies voor mense uittrek nie. Maar selfs ons verleenthede is iets wat Jesus met deernis in sy hande neem en was.
Sou ons ooit Jesus se opdrag kon verstaan as Hy dit nie vir ons sélf geïllustreer het nie?
Here, ek sukkel om “soos U” lief te hê. Maar ek wil. Omdat U dit wil.
Op Dag 42 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na ‘n bekende Engelse gesang: “I Give You A New Commandment” deur Bob Hurd.
I give unto you
That you love one another
As I have loved you,
That you love one another
As I have loved you.
By this shall all men
Know you are My disciples
If you have love one to another.

Kopiereg: Dr. R.M. Bezuidenhoudt
Hierdie reeks ‘Visio Divina‘ word deur Kopiereg beskerm.
Geen gedeelte van hierdie reeks mag gedupliseer of herversprei word sonder die eksplisiete goedkeuring van die outeur: Dr. R M Bezuidenhout nie.
Indien hierdie reeks u geïnspireer het kan u haar bediening finansieel ondersteun deur die volgende skakel te volg:
https://ronellbezuidenhout.co.za/steun
Better start on a positive note…
Dries managed to get both of Gabriel’s outboard motors working well and he is building a support out of very strong wood and old car tyres in anticipation of taking the boat out of the water.
Lees meer “Weeklikse nuusflits van Lynette van Madagaskar: Die week 26/03/2023”Veral in die Middeleeue was persoonlike gebedeboekies (sg. “Book of Hours”) baie gewild ‘n Voorbeeld is die “Varie Hours” – 11.7 cm x 8 cm groot, 97 blaadjies, almal ryklik geïllustreer. Die boekie dateer uit 1445 en die eienaar was die Fransman, Simon de Varie. Vier verskillende kunstenaars wat in miniatuurkuns spesialiseer het saamgewerk aan die klein illustrasies.
Matteus en Markus se weergawe van die onbekende vrou wat Jesus se voete gesalf het stem bykans woord-vir-woord ooreen (Matt 26:6-13; Mark. 14:3-9). Die Johannesevangelie se weergawe is anders – sy word op haar naam genoem: Maria, die suster van Marta en Lasarus. Dit is juis by Joh 12:1-8 waar hierdie klein illustrasie gevoeg is.
Muurgrootte of miniatuurgrootte, van hierdie vrou word gesê dat sy die eerste volgeling van Jesus was wat Sy boodskap werklik verstáán het.

Die uitbeelding in Deel 1 is so klein dat ‘n mens beswaarlik kan sien waaroor dit gaan. Daarom plaas ek graag ook ‘n groter foto. Kyk mooi, daar is nie net mans om die tafel nie. Hoe vreemd! Die kunstenaars kombineer duidelik twee bybelverhale in een illustrasie. Ons onthou (#VD14) hoe Marta Jesus versoek om haar suster, Maria, te berispe. Weereens is hier spanning tussen die twee susters. Kyk net hoe beskuldigend wys die ouer suster, Marta, met haar hand na benede. Vergroot die uitbeelding dan sien jy dat daar betekenisvolle oogkontak tussen Marta en Jesus is, so asof sy met haar oë vir Jesus wil dwing om iets te sê! Iets soos, “nou kan U self sien … sy steek werklik lyf weg.”
Maar, Maria steek nie lyf weg nie. Sy is in werklikheid die enigste een wat besig is om Jesus te dien!
“Toe het Maria ‘n halfliter egte, baie duur nardusolie gebring en dit op Jesus se voete uitgegiet en sy voete met haar hare afgedroog. Die hele huis is deurtrek met die geur van die reukolie” (Joh 12:3).
Waar Lydenstyd ‘n tydperk van stroping is met die klem op vas en eenvoud en sondebelydenis, is hier ‘n toneel wat presies op die teenoorgestelde dui. Dit is uitspattigheid in oortreffende trap! Dit sluit nie net die onmiddellike vermorsing in nie, maar vir dae lank sal die aroma van die reukolie nog in die huis hang.
Hierdie woorde van Joh 12:3 herinner ons aan ‘n ander deel in die Ou Testament – Psalm 45. Dit is ‘n sg. Messiaanse koningspsalm. Só word van die koning gesê: “Die geur van mirre, aalwyn en kaneel deurtrek al u klere…” (Psalm 45:9).
Maria tree hier op as die profeet. Nie net wys sy Jesus se naderende dood aan. In die Ou Testament het die profeet die koning gesalf; en hier sien ons ‘n vrou wat Jesus as die Messias en Koning salf. G’n wonder dat Jesus sê, “Dit verseker Ek julle: Oral waar hierdie evangelie in die hele wêreld verkondig word, sal daar ook vertel word wat sy gedoen het, tot ‘n herinnering aan haar” (Matt 26:13).
Here, dankie vir elke profeet wat U boodskap getrou kon verkondig! Ook vir hierdie vrou wat dit met olie en trane gedoen het.
Op Dag 41 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na “The Psalm Project” se verwerking van Psalm 45.
Die “Psalm Project” is ‘n musiekgroep wat al 150 psalms met elke enkele vers per psalm nuut getoonset vir ‘n moderne gehoor.

Kopiereg: Dr. R.M. Bezuidenhoudt
Hierdie reeks ‘Visio Divina‘ word deur Kopiereg beskerm.
Geen gedeelte van hierdie reeks mag gedupliseer of herversprei word sonder die eksplisiete goedkeuring van die outeur: Dr. R M Bezuidenhout nie.
Indien hierdie reeks u geïnspireer het kan u haar bediening finansieel ondersteun deur die volgende skakel te volg:
https://ronellbezuidenhout.co.za/steun
April 2023
“Verwyder dan die ou suurdeeg, sodat julle nuwe, ongesuurde deeg kan wees, en dit is julle ook werklik. Ons paaslam is immers geslag: dit is Christus.”
1 KORINTIËRS 5:7 –
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Psalm 31: 10-17 & 6
Tema: Om vernedering in die oe te staar?
Begeleiding:
Orrel: Dawn Taljaard
Iets “gebeur” met my wanneer ek na hierdie kunswerk van Oleksandr Antonyuk kyk. Die Oekraïene kunstenaar vertel dat hy nie die sigbare wêreld wil uitbeeld nie, maar die onsigbare. Hier skilder hy ‘n toneel wat ons goed ken: Jesus se intog in Jerusalem. Hy noem dit die “nederige Messias”.
Die meeste klassieke ikone (sien Deel 2) beeld Jesus uit op ‘n rydier wat eerder na ‘n perd lyk. Hierdie Jesus ry vier en regop. Sommige beeld Hom uit met sy arm omhoog vir ‘n tradisionele seëngroet; of as ‘n gesagsfiguur met ‘n skrifrol onder sy arm. Oral is groot skares wat hom tegemoet kom; sommige ikone verbeeld selfs die nuuskieriges in boomtoppe. Almal het swaaiende palmtakke; hul klere uitgesprei op die grond.
Oleksandr Antonyuk se Jesus lyk anders. Hoe sien jy Jesus hier? Wat beeld Hy vir jou uit? Watter emosies maak Hy in jou wakker?
In hierdie ikoon sien jy dat die skare die profeet Sagaria se profesie onthou: “Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en hy is ‘n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op ‘n donkie…” (Sag 9:9). Jy lees van die opgewonde mense wat Jesus by die poorte van Jerusalem inwag: “Die koning van Israel,” jubel hulle (Joh 12:13). Palmtakke swaaiend in die lug: “Hosanna!” Alles gaan nou kan verander. Maar wat ‘n ontnugtering wag daar nie op hulle nie!
Ek wonder of Oleksandr Antonyuk nie wel vir ons iets van Jesus se “binnegedagtes” kon uitbeeld nie? Hierdie Jesus lyk broos. Bykans geheel geklee in rooi. Peinsend. Vooruitskouend. Met sy hand op sy hart.
“Die hele stad (het) in beroering gekom en gevra: “Wie is hierdie man?” (Matt 21:10). Inderdaad. Wie?
Op Palmsondag was Jesus die mense se held. Tog, ses dae later sou Pontius Pilatus aan hulle ‘n keuse gee, waarop die ganse skare uitroep: “Kruisig Hom!” Waarom? Die Messias wat hulle verwag het, is nie die Messias wat hulle gekry het nie!
“Wie is Hy?” wou die mense weet. Deur die eeue “fassineer” Jesus mense steeds. En almal het verskillende antwoorde. Net soos ons ook maar ook. Het ons nie almal prentjies wat ons van Jesus koester nie? Vir sommige is Hy bloot ‘n historiese figuur. Vir ander ‘n wonderwerker. Daar is ‘n “liewe” Jesus en ‘n blondekop-blou-oog Jesus. ‘n Mooi netjies-verpakte Jesus wat ne te veel van jou vra nie. Vir ander is Hy weer ‘n aktivistiese redder met ‘n vuis in die lug. G’n wonder ons wil ook uitroep, “Sal die regte JESUS opstaan asseblief.”*
“Wie is hierdie man?” is die Palmsondag-vraag. Dit is nie ‘n vraag wat vermy kan word nie; want ook Jesus wou ‘n antwoord hierop hê. “Wie sê die mense is Ek?” En julle?” vra Hy die dissipels, “wie sê julle is Ek?” (Matt 16:15).
Die gemeente van Korinte wou dit ook weet. Daarom antwoord Paulus hulle: “Christus (is) die krag van God en die wysheid van God” (1 Kor 1:24).
Is dit die antwoord wat jy ook sou gee?
Hou aan om die vraag vir my ook te vra, Here, sodat ek U as krag en wysheid van God sal leer ken.
*Titel van Prof Johan Cilliers se boek.
———-
Op Dag 40 van ons Lydenstydreeks, #VisioDivina, kyk ons na ‘n video gerig op Palmsondag. Daar is geen verdere inligting hieroor beskikbaar nie, behalwe dat die kopiereg aan Sharefaith behoort. Die woorde verskyn op die skerm.

Kopiereg: Dr. R.M. Bezuidenhoudt
Hierdie reeks ‘Visio Divina‘ word deur Kopiereg beskerm.
Geen gedeelte van hierdie reeks mag gedupliseer of herversprei word sonder die eksplisiete goedkeuring van die outeur: Dr. R M Bezuidenhout nie.
Indien hierdie reeks u geïnspireer het kan u haar bediening finansieel ondersteun deur die volgende skakel te volg:
https://ronellbezuidenhout.co.za/steun
“…want hulle het verkies om liewer deur mense geëer te word as deur God.”
Joh. 12: 43
Jesus Christus roep uit in Joh. 12: 44-46 “Wie in My glo, glo nie net in my nie, maar ook in Hom wat my gestuur het. En wie My sien, sien ook Hom wat My gestuur het. Ek het as die lig na die wêreld toe gekom, sodat die wat in my glo, nie in die duisternis sou bly nie.”
Jesus Christus het deur elke moontlike helse kondisie gegaan hier op aarde sowel as om vir ons sonde te sterf aan die kruis. Die mense wat hom kort voor Sy dood met eer en gejuig ontvang het toe hy met die donkie in Jerusalem ingery het het, het hom kort daarna uitgejou en veragtend behandel, net soos ons mense so goed weet hoe om te doen. Sien ons dit nie so dikwels in hierdie lewe nie.
Lees meer “Stof tot nadenke: Wie kies jy?”Die laaste “Ek is”-stelling van Jesus in die Johannes-evangelie (“Ek is die wingerdstok”, Joh 15:1) kan ook as ‘n gelykenis (vergelyking) beskou word (alhoewel Johannes dit nooit so noem nie). Sedert die 12de eeu is daar al ikone oor hierdie woorde van Jesus. ‘n Baie meer moderne weergawe (wat op glas geverf word) kom uit Roemenië (in Oos-Europa). Dit word ook die “Mistieke Wynpars” genoem en het spesifiek betrekking op die nagmaal.
Direk uit Jesus se sy groei ‘n wingerdstok – daar waar die soldaat Jesus in sy sy met ‘n spies gesteek het. Die wingerdstok rank oor die kruis en dra reusagtige druiwetrosse. Jesus is besig om een van die druiwetrosse self uit te “pars” in die wynkelk van die nagmaalstafel. Simboliese hoor jy die nagmaalswoorde, “Neem, drink, dit is my bloed wat t.w.v. jou gevloei het…” Inderdaad ‘n lydingstydikoon!
“My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is” (Joh 15:8).
Wanneer Moses wil weet wie die stem vanuit die braambos is, kom die antwoord: “Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Ek is’ het my na julle toe gestuur” (Eks 3:12). Sewe (!) keer in die Johannes-evangelie vra Jesus, “Wil julle weet wie Ek is?” En sewe maal gebruik Jesus (net soos in die gelykenisse) alledaagse metafore: Ek is die brood. Ek is die lig. Ek is die hek. Ek is die herder. Ek is die lewe. Ek is die pad (Joh 6:35; 8:12; 10:7; 10:11; 11:25; 14:6).
Dit is gepas dat ons, op die vooraand van Heilige Week, ons gelykenis-meditasies afsluit met die sewende “Ek is”-stelling: “Ek is die ware wingerdstok en my Vader die boer” (Joh 15:1). Waar Jesaja die volk Israel daarvan beskuldig dat hulle God se wingerd was, en God van hulle “verwag dat dit goeie druiwe sou dra, maar toe bring dit druiwe voort wat suur bly” (Jes 53:1-2), beeld Jesus Homself as die finale wingerdstok uit.
En dan kyk jy weer na die “Mistieke Wynpars” en onthou jy hoe Jesus die aand voor sy kruisiging die kelk gaan oplig en sê, “Drink almal daaruit, want dit is my bloed” (Matt 26:27).
Die antwoord vir elke vraag van ons lewens lê in die “Ek is wat Ek is”! Dit is die Een wat ons (net soos vir Moses) stuur; maar ons dan herinner aan die laaste Ek is-woorde: “sonder My kan julle niks doen nie. Wie in My bly en Ek in hom, hy dra baie vrug” (Joh 15:5).
Here, Ware Wingerdstok – laat my in U bly soos U in my bly.
Op Dag 39 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na Andrew Marcus, komponis en sanger se “Abide in Me” . Die lirieke verskyn in die video.

Kopiereg: Dr. R.M. Bezuidenhoudt
Hierdie reeks ‘Visio Divina‘ word deur Kopiereg beskerm.
Geen gedeelte van hierdie reeks mag gedupliseer of herversprei word sonder die eksplisiete goedkeuring van die outeur: Dr. R M Bezuidenhout nie.
Indien hierdie reeks u geïnspireer het kan u haar bediening finansieel ondersteun deur die volgende skakel te volg:
https://ronellbezuidenhout.co.za/steun