Ek hoop en bid dat jy die Here belangrik sal maak omdat jy die groot en wonderlike dinge wat Hy doen, sal raaksien. Geniet die spesiale boodskap uit die Bybel vandag.
Tema: Maak God groot
Teks: “Eer God, eer Hom, elkeen wat bo in die hemel is. Kyk net hoe belangrik is Hy; kyk na Sy krag en maak Hom groot.”(Ps. 29:1-2 – Die Boodskap)
Doen alles sodat mense God sien — nie jou nie. (Ps. 115:1)
As God groot is in jou gedagtes, word jou probleme kleiner.
God is groter as enige ding wat jy vandag in die gesig staar — eer Hom en merk die verskil.
Leef so dat mense om jou iets van God in jou kan sien.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie vir U onbeskryflike grootheid en krag — U alleen is die moeite werd om te eer en te verheerlik.
Ek bid dat jy ‘n dankbare hart sal aanleer – dankbaar omdat jy die hulp van die Here in jou lewe sal begin raaksien. Hier is Sy Woord vir jou.
Tema: God het my gehelp
Teks: “Kom prys die Here, want Hy het my gehelp toe ek na Hom geroep het. Die Here gee my krag. Hy beskerm my. Ek het op Hom vertrou en Hy het my gehelp.”(Ps. 28:6-7 – Die Boodskap)
God maak nie net beloftes nie — Hy help regtig as jy Hom vra. (Ps. 34:17)
Dink terug aan hoe God jou al gehelp het — dit bou jou vertroue in Hom.
Jou krag en beskerming kom van God af — nie van jouself of van ander mense nie.
Sê vir God dankie vir een ding wat Hy vir jou gedoen het — dankbaarheid laat jou meer van Sy goedheid raaksien.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U my krag en my skild is en dat U my al so baie keer uit die moeilikheid gehelp het.
“…as onbekendes, en tog goed bekend, as sterwendes – maar kyk, ons leef; as gekastydes, wat tog nie doodgemaak word nie; as bedroefdes, maar altyd blymoedig, as armes, maar wat baie ander mense ryk maak, as mense wat niks het nie, en tog alles besit.”
(2 Kor. 6: 920)
Blymoedigheid
Wanneer ons in die woordeboek kyk na die definisie vir Blymoedigheid lei dit na die beskrywing dat dit “‘n toestand van innerlike vreugde is”. Daarteenoor is Blydskap ‘n diepgaande emosie of gevoel van intense geluk, vreugde en tevredenheid. Blymoedig daarmee saam beteken om opgewek, vrolik, vriendelik en vol lus vir die lewe te wees, dikwels ten spyte van terugslae of moelike omstandighede.
Dit verklaar die motto van vrolike mense ‘Lag en die wêreld lag saam, huil en jy huil alleen.’ baie goed.
Dit dui op ‘n vreugdevolle lewensstyl. In sonskyn dae, maar ook in die donker seerkry dae. Ons almal verkies mense wat in intense innerlike vreugde het. Dit is soveel makliker vir ons wanneer ons na vrolike mense luister, as om die swaar van ‘n ander aan te hoor.
Dit is egter nie die mees korrekte ding om te doen nie. Ons moet ook na ander se swaarkry en seer kan luister. Ons moet hulle kan bemoedig en ondersteuning gee in moeilike omstandighede. Ons moet leer om sonder kla en teenpraat, kan skyn vir Christus as kinders van God.
Teksverse:
“…boonop, dit geld vir elke mens aan wie God rykdom en besittings gee om daarvan te geniet, om dit as beloning te ontvang en vrolik te wees by sy inspanning. Dit is ‘n gawe van God. Want hy dink nie baie aan sy lewensdae nie: God laat hom besig bly met wat sy hart verbly.” (Pred. 5: 18-1920);
“Al die lewensdae van ‘n magtelose is sleg, maar vrolikheid van hart is ‘n voortdurende fees.” (Spr. 15: 1520);
“Helder oë verheug die hart, ‘n goeie berig verfris die liggaam.” (Spr. 15: 3020);
“Doen alles sonder kla en teenpraat, sodat julle sonder blaam kan wees, kinders van God, smetteloos, te midde van ‘n krom en ontaarde geslag. Julle skyn onder hulle soos sterre in die heelal.” (Fil. 2: 14-1520)
Hoe kry ons dit reg?
Kan ons self hierdie vreugde in ons harte dra? Nee stellig nie. Dit is ‘n genaddegawe van God. Sonder die vrede van die Verlossing van Christus, val ons so dikwels terug in die moedeloosheid wat hierdie lewe in ons wek. Wanneer ons egter ons afhanklikheid van God, die Vader, die Verlosser Seun en die leiding van die Heilige Gees besef, doen ons dinge nie meer vir ons eie plesier nie. Dit is wanneer ons die lewe in die oë kan kyk.
Dit is dan wanneer ons soos die Psalmdigter kan sê “Begelei my op die pad van u bevele, want daarin vind ek vreugde.”. Ons sal dan ook soos Paulus kan besef dat die lewe vir ons Christus is, en die sterwe wins.
Wanneer ons besef ons hoef nie meer mense te beïndruk nie. Dat alles wat ons doen: is vir God, want by God is daar ‘n toevlugsoord en veiligheid; en daarmee saam oorvloedige vreugde.
Teksverse:
“Slawe, wees met vrees en bewing aan julle aardse eienaars gehoorsaam, met opregte harte, soos aan Christus – nie met lippediens om mense se guns te wen nie, maar as slawe van Christus wat die wil van God van harte doen, terwyl julle met blymoedigheid julle diens verrig, soos vir die Here, en nie vir mense nie.” (Ef. 6: 5-720);
“U wys my die pad van die lewe: oorvloedige vreugde in u teenwoordigheid, lieflikhede in u regterhand, vir altyd.” (Ps. 16: 1120);
“”Bedaar en erken dat Ek God is, Ek is verhewe bo die nasies, Ek is verhewe bo die aarde.” Die Here, Heerser oor alle magte, is met ons, ‘n toevlugsoord is die God van Jakob vir ons.” (Ps. 46: 11-1220);
“Here, onderrig my in die pad van u voorskrifte, sodat ek enduit daarby kan hou. Gee my insig, sodat ek by u wet kan hou, dit met my hele hart kan nakom. Begelei my op die pad van u bevele, want daarin vind ek vreugde.” (Ps. 119: 33-3520)
Die Liefde wat God ons gee
Wanneer ons onsself verloor en alles doen vir die Here, dis dan wat ons hierdie liefde van God ontvang. Die liefde wat alles bedek, alles glo en alles hoop, en alles verduur.
Die liefde faal nooit wanneer dit ons uitgangspunt van die lewe en vir ander mense is. Dit is die Agapé liefde wat ons alleen kan hê, wanneer ons dit onder leiding van die Heilige Gees kry.
Soos Paulus dit ook so mooi stel in Kolossense: Die liefde is die band wat alles volmaak saambind. Dit gee ons ook ‘n vrede in ons harte wat dit maklik maak om blymoedig te wees!
Teksverse:
“…is nie bly oor onreg nie, maar is saam bly oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verduur alles. Liefde faal nooit nie.” (1 Kor. 13: 6-820);
“Maar beklee julle, bo en behalwe al hierdie dinge, met die liefde, wat die band is wat alles volmaak saambind. Verder laat die vrede van Christus in julle harte regeer.” (Kol. 3: 14-1520)
Sondag 26 April 2026: Erediens en Kategese om 09:00 – Geen Kleuterkerk Maandag 27 April 2026 Kerkkantoor gesluit Woensdag 29 April 2026 : Geen Blokbyeenkoms nie Woensdag 29 April 2026 : Kooroefening16:45 Vrydag 1 Mei 2026: Kerkkantoor gesluit Saterdag 2 Mei 2026 – Gemeentefees Saterdag 2 Mei 2026 – Potjiekos Kompetisie Sondag 3 Mei 2026: Erediens 09:00 – Geen Kategese – Geen Kleuterkerk:
Ons is opgewonde om te kan deel dat Beaufort-Wes Gemeente ons gemeente seën met ‘n lam wat 17kg weeg! Ons wil graag vir ons gemeente ‘n geleentheid gee om hierdie lam uit die hartjie van die Karoo te kan koop.
Hy is reeds opgesaag en verpak vir jou gerief. Saterdag om 10:00 sal daar by die Gemeentefees ‘n veiling gehou word waar ons die skaap gaan opveil.
Kom kuier lekker saam en ondersteun ons gemeentefees op hierdie heerlike dag.
Sondag 3 Mei 2026 :
Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
Arbeidsondag.
GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
GEEN Kategese.
Sinodale offer vir Arbeidsbediening by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal, gelei deur ds Charné Viljoen.
Lofdanse Bediening NGK Groot-Brakrivier
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Mei 2026 is beskikbaar in die voorportaal. Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Eiendomsbediening :
Baie dankie vir u geduld met die stukkende plafon. Fout-opsporing is afgehandel en ’n kontrakteur is aangestel. Ons hoop om die herstelwerk binnekort af te handel.
WhatsApp Broadcast Lists
Seisoen van konflik – ‘n Seisoen van geleenthede
Getuienis Ontbyt Mike BurnardTruitjie Projek
Truitjie Projek 2026
Dis weer tyd om te brei!
Hierdie jaar soek ons enige breiwerk van babagoedjies tot truie vir peuters, kleuters en,as jy kans sien, ook vir groter truie.
Ons sal dit versprei na waar die behoefte groot is.
NG Kerk Groot-Brakrivier Gemeentefees – Saterdag 2 Mei 2026
Gemeentefees 2 Mei 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Gemeentefeeslyste sirkuleer tans. U betrokke blokleier sal kontak maak. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word. Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
Ons rekening is: NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511,takkode 210314. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk).
INDIEN U GRAAG WIL BETROKKE RAAK OF ‘N SKENKING WIL MAAK KAN U ASB DIE VOLGENDE PERSONE KONTAK:
🧁 Roosterkoeke Tafel – “Kole & Konfyt”: Vars van die kole – vuurwarm stoomtrek-lekkerte soos net ‘n roosterkoek kan wees! Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk / Kerrie Mince R35. Ons benodig mense wat 1 x pot kerrie mince en 1 x bak chicken mayo kan voorberei, asook mense wat bereid is om by die roosterkoek tafel te help op die dag. 📞 Pieter van der Merwe – Epos Kontak.
🐘 Wit Olifant Tafel – “Skatte & Snaaksighede”: Kommervrye koop met reuse winskopies – iets vir elkeen! Skenkings welkom by Lokaal 6 (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt –Epos Kontak.
📚 Boek Tafel – Kom snuffel rond tussen pragtige tweedehandse boeke! Lees en Lag en Leer ! Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt – Epos Kontak.
🍨 Smullekker Nagereg Tafel – “Soet Sondes”: Nog steeds die beste in die Weste! Poedings en nageregte teen net R18 per bakkie. Indien u poeding skenk, dui asb net aan of dit ‘n warm of koue poeding is. Roomys- en foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser – Epos Kontak.
🍛 Kerrie & Rys Tafel – “Kerrie ‘n Bietjie”: Geurig en vol huislike smaak – Ouma sou trots wees! Skenkings van rys sal waardeer word. R40 vir ‘n lekker groot porsie. 📞 Barbara Gericke – Epos Kontak 📞Corita du Preez – Epos Kontak.
🍢 Sosatie Tafel – “Stok en Smul”: Ons skakel hoenders om in ‘n feesmaal op ‘n stokkie – perfek gebraai en propvol geur! R18 per sosatie. 📞 Eddie – Epos Kontak
🥪JAFFLES: R25 elk. Kom geniet ons kraakvars Jaffles met geurige maalvleis vir oud en jonk!👨👩👦👦 🤹Wenk: Jaffles kan gevries word, kan skoolpouse ‘n lafenis wees en bejaardes ‘n maaltyd soos van ouds.🤹♀🍴Kom koop en geniet! 📞 Whitey van der Merwe – Epos Kontak📞 Corrie Pieters – Epos Kontak.
🍰 Tee Tuin – “Koek & Klets”: Kom sit onder die sambreel en geniet ’n koppie koffie of tee met ’n stukkie vars gebakte koek. Enige bydrae van gebak sal waardeer word.☕ Koffie – R20, Tee – R15, Koek – R25. Ds Charné Viljoen – Epos Kontak.
🍽 Pannekoek Tafel – “Strooi & Rol”: Ons pannekoeke is sag, warm en vol geur. Ons benodig asseblief
skenkings van eiers, meel, suiker en olie. R7 elk. 📞 Elsabé Richards – Epos Kontak
🥕 Groente Tafel – “Kraakvars natuurlekkers”: Vars uit die tuin – gesond, geurig en g’n preserveermiddels! 📞 René Vorster – Epos Kontak.
🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL: Kom geniet jou gate uit! Ons benodig asb geldelike bydraes (spesifiseer asb dat dit vir die kindertafel is), lekkers of oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop, asook skenkings van 2de handse speelgoed vir ons tombola tafel. Skenkings kan tydens kantoorure by die kerkkantoor afgegee word. 📞 Tanya Hewitt – Epos Kontak.
🍴 LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 28 April. Vries goed. 📞 Corrie Pieters – Epos Kontak.
Potjiekos Kompetisie NG Kerk Groot-Brakrivier
Potjiekos Kompetisie – Basaar Hoogtepunt!
Ons nooi almal uit om deel te wees van ’n splinternuwe hoogtepunt by vanjaar se basaar – ons Potjiekos Kompetisie! 🥘🔥👉 Skryf in as jy lus is om jou kookvernuf te wys en ’n heerlike potjie voor te berei.
Reëls en riglyne:
👉 Elke deelnemer/span moet hul eie pot en toerusting bring 👉 Deelnemers voorsien hul eie bestanddele 👉 Jou potjie moet genoeg wees om 12–15 mense te bedien 👉 Deelnemers moet ook aandui watter tipe potjie hulle beplan om te maak 👉 Daar sal pryse wees vir die beste potjie(s) 🏆 🕛 Beoordeling: 12:30 waarna almal saam kan eet en geniet! 🍽️ Kaartjies: Gemeentelede en besoekers kan kaartjies koop teen R100 per bord en so deel wees van die potjiekos-ervaring nadat die beoordeling afgehandel is.
Kom wys wat in jou pot steek en wees deel van die pret! 🔥
🔥 POTJIEKOS KOMPETISIE – BENODIGHEDE 🔥
Ons is besig om die Potjiekos Kompetisie vir die basaar te reël en het ’n paar benodighede waarvoor ons hulp sal waardeer:
👉 Potjies (nommer 4 en groter, indien moontlik) 👉 Braaiers / vuurmaak toerusting (indien enige gemeentelede bereid is om dit vir die dag beskikbaar te stel) 👉 Persone wat kan help met die reëlings en opstel 📌 Kontak: As jy kan help met enige van bogenoemde, kontak my asseblief: Ruan Viljoen – Epos Kontak
Baie dankie vir almal se bereidwilligheid en ondersteuning – dit gaan ’n baie lekker toevoeging tot die basaar wees! 🔥🍲
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Internasionaal
Baie FEBA-werkers en luisteraars woon in oorlogsones – sommige as soldate, sommige as vlugtelinge – en moet daagliks deel met vrees en verlies. Oekraïne se span, sowel as hul luisteraars, is uitgeput weens onderbroke slaap as gevolg van nagtelike lugaanvalle, en onvoldoende verhitting weens kragonderbrekings. Luisteraars langs die Kambodja-Thailand grens en in die Midde-Ooste het te kampe met politieke onstabiliteit en geweld.
Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA-werkers en luisteraars in oorlogsones krag en vrede sal ontvang deur hul oë op God gevestig te hou.
Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za) – Nuut op 26 April 2026
Erediensbediening:
Kry die skakel na die YouTube Erediens van 26 April 2026, deur Ds Leon Cronje.
Getuienisbediening:
Die Jeugkerk by Wolwedans het ‘n lekker dag saam met ‘Bloom a child’ gehad met die tema: “Boelies is nie cool nie”
Bybelstudiereekse:
‘Skep asem vir vandag’ is ‘n heerlike positiewe begin vir elke dag.
Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Wees blymoedig”.
Gemeentenuus:
Die Gebedsgids vir Mei 2026 is beskikbaar.
Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste: Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00 Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese: Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00 Res van die jaar Sondae 09:00
Ek bid vandag vir jou. Ek bid dat jy in die lewe teen elke versoeking, probleem en toets sterk sal staan. Hier is ‘n Woord van die Here om jou te help.
Tema: Vertrou net op God
Teks: “Here, ek is heeltemal van U afhanklik. My God, op U vertrou ek.”(Ps. 25:1 – Die Boodskap)
Die lewe vra elke dag ‘n nuwe keuse: op wie vertrou jy?
Die enigste vertroue wat nooit teleurstel nie, is vertroue op die Here — Hy laat niemand wat op Hom steun, in die steek nie. (Ps. 25:3; 1 Kor 12:12-13)
Afhanklikheid van God is nie swakheid nie — dit is die verstandigste keuse wat enige mens kan maak.
As jy vandag voor ‘n moeilike situasie is, gaan na die Here toe — Hy wys jou die pad wanneer jy nie self kan sien nie.
Begin elke dag soos Dawid: met jou hart opgelig na God — want dit is waar jou dag se ware krag vandaan kom.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat ek volledig op U kan vertrou, want U sal my nooit in die steek laat nie.
Ek hoop dat jy vandag die vreugde van iemand wat naby God leef, sal ken van nou tot die einde. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag. T
Tema: Naby God, tot die einde.
Teks: “U sal vir my goed wees en lief hê solank ek lewe; ek sal naby U lewe tot ek die dag doodgaan.” (Ps. 23:6 – Die Boodskap)
Ps. 73:28 sê: “Maar vir my is dit goed om naby God te wees — ek het by die Here skuiling gesoek.”
God se liefde en krag is vir elke dag van jou lewe — tot op die laaste dag. (Ps. 73:28)
“Naby U lewe” is ‘n keuse wat jy elke dag opnuut maak — dit begin met jou eerste gedagte en jou eerste gebed.
Om naby God te lewe is nie altyd maklik nie — maar dit is altyd die beste keuse wat jy kan maak.
Sluit vandag af met hierdie belofte: “Ek kies om naby U te lewe — vandag, môre, en tot die einde.”
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U my lewenslank liefhet en dat ek naby U mag lewe — help my om elke dag die keuse te maak om naby U te bly. In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen.
“As U sondeskuld toereken Here – my Heer, wie kan dan staande bly? Maar by U is daar vergifnis, sodat U ontsag afdwing.”
Ps. 130: 3-420
Ons sondeskuld
Elkeen van ons is in sonde ontvang en gebore. Nie een van ons kan ons daarop beroem dat ons nog nooit verkeerde dade gepleeg het nie. Ons leef dikwels in ‘n wanhoop oor dié dinge wat ons verkeerd gedoen het, en dit is so dikwels die moeilkikste om onsself te vergewe.
Ons kan in ons sondeskuld net voor God ons koppe in skaamte laat sak. Hier spreek Lied 239 van die Liedboek se derde vers so goed vir ons:
‘Leeg, net met my sondelas, hou ek aan U verdienste vas. Ek kom om vergewing vra; U het ook my skuld gedra! U, geslaan tot heilsfontein, wás my, Heiland, maak my rein!‘
Ook die Psalmdigter, Daniel en Jesaja het geweet dat vergifnis alleen by God te kry is. Dit is God wat na ons toe afbuig en verligting bring. Selfs al het ons baie gely, en pyn en hartseer beleef op die pad, het God ons lief. Hy gee ontferming en vergifnis. Ons moet net glo dat Jesus Christus vir ons sondes gesterf het!
Teksverse:
“Here, by ons is daar gesigte vol skaamte – by ons konings, ons hoë amptenare en ons voorouers, omdat ons teen U gesondig het; by my Heer, ons God, is daar ontferming en vegifnis.” (Dan. 1: 8-920);
“Kyk, tot vrede het my intense bitterheid gelei; U self het my lewe teruggehou van die kuil van vernietiging, ja, U het al my sondes die rug toegekeer.” (Jes. 38: 1720);
“Dit was vir my goed om soveel te ly; U het my lief, U het my uit die dood gered; U het al my sondes vergewe. ” (Jes. 38: 1783)
God se vergifnis
God het na die mens gekom en verbond gesluit. Hy, wat ewig getrou is, beloof dat Hy Sy wet in ons harte sal vaslê. Hy beloof om ons van ons sondeskuld te vergewe. Tot so ‘n mate dat Hy nie weer daaraan sal dink nie. God die Vader en Skepper. Hy wat alles hier op aarde in ritme hou.
God het selfs Sy geliefde Seun gestuur om ons van ons sondeskuld te bevry. Dit was nodig omdat vergifnis nie plaas vind sonder die bloedvergieting nie. Dit was egter die finale bloedvergieting. Daardie een offer van Jesus Christus kan ons elkeen as Verlosser aanvaar. Daardeur het ons God se vergifnis van sondes ontvang.
Christus self het vir ons gewys hoe maklik dit is vir Hom, as gestuurde van God die Vader, om sondes te vergewe en nie meer daarna te verwys nie. Hy het ‘n verlamde man laat opstaan en loop, tot die verbasing van toekykers. Christus was bereid om hierdie dinge te doen, omdat dit tot eer en verheerliking was van die Vader, sodat dit opgeteken kon word vir ons, wat dit nie self beleef het nie.
Teksverse:
“”Nee dít is die verbond wat Ek ná daardie dae met die huis van Israel sal sluit, “is die uitspraak van die Here: “Ek sal my wet in hulle binneste gee, en dit op hulle harte skryf. Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. Hulle sal nie meer elkeen sy medemens of sy broer leer en sê, ‘Ken die Here!’ nie, want hulle almal sal My ken, van die kleinste tot die grootste onder hulle,” is die uitspraak van die Here. “Want Ek sal hulle sondeskuld vergewe en aan hulle sonde sal Ek nie weer dink nie.: So sê die Here, wat die son bedags as lig gee, die vaste voorskrifte vir die maan en sterre as ligte snags, Hy wat die see in beweging bring, sodat sy golwe dreun; die Here, Heerser oor alle magte is sy naam:…” (Jer. 31: 33-3520);
“God het ons uit die mag van duisternis gered, en verplaas na die koninkryk van sy geliefde Seun – deur wie ons bevryding, die vergifnis van sondes ontvang het.” (Kol. 1: 13-1420);
“Feitlik alles is volgens die wet met bloed greinig; ja, sonder bloedvergieting vind geen vergifnis plaas nie.” (Heb. 9: 2220);
“Want deur een offer het Hy hulle wat geheilig word, vir altyd vervolmaak. Ook die Heilige Gees getuig teenoor ons; want nadat Hy gesê het, “Dit is dan die verbond wat Ek ná daardie dae met hulle sal sluit, sê die Here: Ek sal my wette in hulle harte gee, en dit op hulle verstand neerskryf,” sê Hy ook: “Aan hulle sondes en aan hulle wettelose dade sal Ek glad nie meer dink nie.” Waar daar vergifnis hiervoor is, word ‘n offer vir sondes nie meer gebring nie.” (Heb. 10: 15-1820);
“Wat is makliker, om vir die verlamde te sê, ‘Staan op, tel jou slaapmat op en loop’? Maar sodat julle kan weet dat die Seun van die Mens volmag het om op aarde sondes te vergewe…” (Mark. 2: 9-1020)
Die Heilige Gees
God die Vader het ook vir ons die Heilige Gees bewillig om ons te lei en te leer, na die hemelvaart van die verheerlikte Messias. Hy laat ons nooit alleen nie. Hy help ons om nader en nader aan Hom te groei. Ons moet egter besef dat ons dit nie uit ons eie krag kan bekom nie. Dit is genade alleen wanneer God ons die sonde nie meer toereken nie. En Jesus waarsku ons dat daar een sonde is wat ewig is, naamlik lastering teen die Heilige Gees.
Laat ons daagliks ons afhanklikheid aan God die Vader, die Verlosser Seun, en die Heilige Gees ons Trooster en Leidsman, bely; deur Hom in ons wandel en handel te verheerlik.
Teksverse:
“Ek sê vir julle: Alle sondes en lasteringe wat mense ook al uitgespreek het, sal hulle vergewe word, maar wie teen die Heilige Gees laster, kry tot in ewigheid geen vergewing nie, maar bly skuldig aan ‘n ewige sonde.” (Mark. 3: 28-2920);
“Iemand wat egter nie werk nie, maar glo in die Een wat die goddelose regverdig verklaar – vir hom word sy geloof as regverdiging toegereken. So noem ook Dawid die mens geseënd vir wie God regverdiging toereken, sonder werke: “Gelukkig is hulle wie se wettelose dade vergewe, en wie se sondes bedek is; Gelukkig is die mens vir wie die Here die sonde hoegenaamd nie toereken nie.”” (Rom. 4: 6-820)
Ek hoop dat jy vandag die ryke seëninge van God wat die beste vir jou voorberei het, geniet. Lees die Bybel ek kry hoop vir die toekoms. Hier is vandag se boodskap.
Tema: God se beste vir jou.
Teks: “Soos ‘n gasheer sit U net die beste van die lewe aan my voor…” (Ps. 23:5a – Die Boodskap)
By God is daar altyd meer as genoeg — Hy maak jou hart so bly dat dit voel soos ‘n rivier wat loop! (Ps. 36:9)
God gee jou nooit tweedehands nie — jy kry altyd sy allerbeste.
God dek die tafel vir jou — dis wie Hy is. Jy hoef dit nie te verdien nie.
God se “beste” is presies wat jy nodig het — al weet jy dit nie altyd nie. Vertrou Hom net daarvoor.
Kom sit vandag aan Sy tafel, kom sê dankie en kom ontvang wat Hy vir jou gereed gemaak het.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U net die beste vir my voorberei — help my om vandag dankbaar te wees en U seëninge ten volle te ontvang.