Lief en Leed Week 14 van 2024

Lief en Leed

Verjaarsdae 2024

31 Maart – Anne-Marie Nel.
1 April – Coreen Botes, Corrie Streicher, Makkie Terblanche.
2 April – Dylan Bothma, Danie du Toit, Werner Fleidl.
3 April – Ilse Broberg, Phillip Cilliers, Robert Crause, Petri Meyer,
Melanie Pienaar, Robert Rudman, Hannetjie Simmelink.
4 April – Nadine Botha, Tinnie Dirks, Brendon Lötter,
Madeleine Vermeulen.
5 April – Riaan van Wyk.
6 April – Stienie Grobler, Lloyd Landsberg, Grete Pretorius,
Elenor Swanepoel, Dawie Uys, Engelize van der Mescht.

Stof tot nadenke: Uitvoering van God se wet…

“Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet.”
Rom. 13: 10

Paulus skryf in Rom. 13: 8-14 dat deur jou medemens lief te hê voldoen jy aan al die vereistes van die wet. Kan dit so maklik wees. Volgens Paulus is die hele wet saamgevat en sal ons oor geen een van die voorskrifte struikel as ons in liefde ons daaglikse pad wandel nie. Struikel ons nie telke male deur hierdie eenvoudige konsep nie. As ons mekaar liefhet, sal ons net die beste vir die ander wil hê. Ons sal hulle nie veroordeel vir hulle swakhede nie. Ons sal ten goede bydrae deur al ons dade en hantering van diesulkes wat swaar kry en swak is, wanneer ons aan ‘n ander doen soos ons graag aan onsself gedoen wil hê.

Lees meer “Stof tot nadenke: Uitvoering van God se wet…”

Nuusflitse Week 18+ van 2023

Nuusflitse

Dinsdag 1 Mei 2023: Bybelstudie: Ons is die Plan: 9 Weke van Transformasie begin.
Dinsdag 2 Mei 2023 : • Kerkraadsvergadering 18:00 in die kerksaal
Woensdag 3 Mei 2023 :• Kooroefening – 17:15 by die orrel. Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 9B (Vogelsang tot Duinelaagte)
Sondag 7 Mei 2023 (Sinodale Bid & Dankdag) : • Erediens om 09:00.• Prediker: dr Frans Hancke. • Kategese
Sinodesitting 8 – 12 Mei 2023 te Goudini 
Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: 10 en 24 Mei, 7 en 21 Junie



Gemeentefees: 22 April 2023

Die fondsinsameling van die NG Kerk Groot-Brakrivier Gemeentefees was ‘n groot sukses, te midde van koue, klam weer. Die gemeente het heerlik gekuier om die tafels waar allerlei verkoop is. Daar was heerlike koffie, tee en allerlei gebak by verskeie punte te koop. Vars groente van die plaas en die sosaties en roosterkoek was soos altyd ‘n heerlikheid en selfs die nageregtafel het uitverkoop.

Die pannekoek-bakkers het soos altyd vlytig gewerk en moes byhou by die pannekoek rollers. Die koektafel en jafeltafel het vroeg reeds uitverkoop, en die Wit olifant vertrek en boeke tafel was ‘n lekker afwisseling.

Vir die kinders was daar heerlike aktiwiteite soos springkasteel, gesigverf, ballon-gedraaide diertjies en vele meer.

‘n Ieder en elk, oud en jonk, het hulleself geniet in die ware Gees van die Gemeentefees.

Stof tot nadenke: Die lig van God

“God wat gesê het: “Laat daar lig skyn uit die duisternis,” het ook in ons harte ‘n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal.”
2 Kor. 4: 6

God wat Hom oor ons ontferm het, en wat Sy Seun gestuur het om vir ons sondes te sterf en die dood te oorwin, het daardeur die lig in ons harte aangesteek deur die Heilige Gees. Dis hoekom ons nie moedeloos hoef te word nie. Dis hoekom ons verkeerde praktyke vermy. Dit wat nie die lig van God uitdra nie, het geen plek in ons lewe nie.

Lees meer “Stof tot nadenke: Die lig van God”

Nuusflitse week 17+ van 2023

Nuusflitse

Woensdag 26 April 2023 : • Kooroefening – 17:15 by die orrel.
Sondag 30 April 2023 : • Erediens om 09:00. • Prediker: ds Danie Goosen. • Doop. • GEEN Kategese
Getuienisbediening : • Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: 10 en 24 Mei, 7 en 21 Junie
Woensdag 3 Mei 2023 Klub 50 Tenpin Bowling


Afkondigings 23 – 30 April 2023

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 23 April 2023 :

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Hand 2:1-4, 14 en 32-41. Die tema van die prediking is: Paradigma skuiwe.
• Kategese.
• Spesiale Offer vir Christelike Afhanklikheidsdienste (CAD) by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Lees meer “Afkondigings 23 – 30 April 2023”

Madagaskar: Lynnette se Weeklikse nuus 9 April 2023

It’s been almost two years since we had PM, Thomas and Alice together at home. The boys are all grown up and Alice is not far behind. Like all young people, they have to make their way in life and we pray that they will continue to make good decisions. We will always be there for them though, but we are at peace that God has a fufure for them.

Lees meer “Madagaskar: Lynnette se Weeklikse nuus 9 April 2023”

Stof tot nadenke: Vrede van God

“God wat vrede gee, het ons Here Jesus wat deur die bloed van die ewige verbond die groot Herder van sy kudde is, uit die dood teruggebring.”
Heb. 13: 20

Dis God wat vrede in ons gemoed as genadegawe gee. Die Vader wat ons so lief het dat Hy ons nie wil laat verlore gaan nie. Hy wat dit gewil het dat ons deur die Heilige Gees bygestaan word en daagliks toegerus word, sodat ons Sy wil kan doen. Dis nie uit ons eie krag of sterkte nie. Die herinnering aan die uitstorting van die Heilige Gees wat ons in Pinkster gedenk, is ook een van die belangrike, deur Christus beloofde gebeurtenisse, waarsonder ons nie onder God se leiding kan bly nie.

Lees meer “Stof tot nadenke: Vrede van God”

Nuusflitse: Week 16+ van 2023

Nuusflitse

Woensdag 19 April 2023 :
• Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.
• Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 9A (Reebokhoogte)
Saterdag 22 April 2023 :
• Dankfees.
Sondag 23 April 2023 :
• Erediens om 09:00.
• Prediker: dr. Gerrie van Deventer.
• Kategese.
Kerkkantoor is gesluit op Vrydag, 28 April 2023
Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: op 19 April, 10 en 24 Mei, 7 en 21 Junie

Afkondigings 16 – 23 April 2023

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 16 April 2023:
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die ouerpaar wie se baba vanoggend gedoop word: Jaco & Nicole Fourie (seuntjie – Malan).

• Ons skriflesing kom vanoggend uit Joh. 21: 1 – 14. Die tema van die predeking is: Plekke van onsekerheid?
• Kategese.
• Sinodale Offer vir Teologiese Kweekskool by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Lees meer “Afkondigings 16 – 23 April 2023”

Dankfees / Basaar Saterdag 22 April 2023 om 10:00

Dankfees – Saterdag 22 April 2023 om 10:00

Kom geniet ‘n koppie koffie of tee en iets lekkers te ete en kuier saam. Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes is altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.

 Kindertafel:

Ons benodig asb. speelgoed, kinder storieboeke, lekkers en gekookte kondensmelk vir die kindertafel – die donasies kan by die kerkkantoor of De Kaap Eiendomme afgegee word. Ons benodig ook mense wat bereid is om lekkernye te maak vir die tafel asb. Ons het nog niks ingekry nie en sal enige hulp waardeer. Pauline Richards – 079 557 8591.

 Pannekoektafel:
Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie en kaneel), wat by die kerkkantoor kan afgegee word. Indien u kan help skakel asb. Piet Snyman – 082 297 3476.

 Gebak:

Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Liana – 084 764 6155.

 Enige bestanddele is baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb. ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

S AMEROEPERS

1. KERRIE-EN-RYS:
250 ml @ R15 & 500 ml @ R30.
Barbara Gericke – 082 411 1222 / Corita du Preez – 084 265 9487.

Kontak ons indien u wil help deur maalvleis te skenk.

2. JAFELS: @ R20 ELK: Daar sal jafels beskikbaar wees. Om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of sms by Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927 of Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.

3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk. Amelia – 072 975 0917.

4. PANNEKOEK: Piet Snyman – 082 297 3476.

5. SOSATIES: Sosaties @ R16 elk. Asseblief geen bestellings!
Eddie Drost – 082 920 1829.

6. GEBAK EN TEETUIN:

Liana Boshoff – 084 764 6155 / Michelle Roon – 064 674 9756 / Marie Snyman – 082 229 8316.

7. GROENTE: Robert Crause – 071 243 9181.

8. WIT OLIFANT: Bring asb. enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011.

9. KINDERTAFEL: Pauline Richards – 079 557 8591.

10. POEDING: 350ml@ R15 ELK: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 of Dorette Visser – 072 400 1991 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help. Dui net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.

11. BOEKE: Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerk of kontak Ina Blom – 083 651 4517.

Stof tot nadenke: Geniet hierdie dag!

“Waar die wil van die Here nie bekend gemaak word nie, verwilder ‘n volk; dit gaan goed met met elkeen wat die wet van die Here onderhou.”
Spr. 29: 18

Jesus Christus het opgestaan uit die dood, waarvoor hoef ons dan te vrees. Ons wat bevoorreg was om in hierdie land groot te word, waar ons blootgestel en vrylik die wil van die Here kon beleef, ons kan elke dag geniet. Sien die dinge raak wat God aan jou gee. Besef die wonder van Christus se opstanding. Waardeer elke genade gawe; elke natuur wonder; elke vriendelike glimlag en groet.

Lees meer “Stof tot nadenke: Geniet hierdie dag!”