Afkondigings 16 – 23 Augustus 2026

Afkondigings

Sondag 16 Augustus 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Ds Leon Cronje.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Eksodus 16:1-18.
  • Die tema van die prediking is:God is genoeg!
  • Kleuterkerk in Lokaal 6.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Omgeebediening by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Dr Frans Hancke.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje.

Dinsdag 18 Augustus 2026 :

  • Die Kerkraad vergader om 17:30 in lokaal 6 onder voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 19 Augustus 2026 :

  • Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik.

(Ons moedig die gemeente aan om te volhard in hul deelname aan ons projek waar ons ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood voorsien aan 115 gesinne elke tweede week).

  • Kooroefening by die orrel om 16:45.  Alle belangstellendes welkom. Marida – 082 471 0751.
  • 18:00 Blokbyeenkoms:Blok 7 (Onder-Bergsig) in die kerksaal – gelei deur ds Charné Viljoen – 083 294 6640.
  • 16:00 Blokbyeenkoms:Blok 23 (Groenkloof Reebok & Seeperdjielaan area) en Blok 24 (Reebok Village) in Groenkloof se eetsaal – gelei deur ds Leon Cronje. Heloïse van der Merwe – 082 924 9883.

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week 36 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 36 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Nuwe Lidmate 2026:

Jannie & Nerina du Plessis van Hartenbos:

Blok 30 (Reebok-Wes & Kleinbrak tot Danabaai)

Baie welkom by ons gemeente.

Saterdag 22 Augustus 2026 :

Reunie Frank Opperman 22 Aug 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Reunie Frank Opperman 22 Aug 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

 

Sondag 23 Augustus 2026 :

  • Erediens om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Bybelsondag.
  • Doop.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Bybelverspreidingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Charné Viljoen.

Eredienstye

Eredienstye vir 2026 SEPT - MEI NG Kerk Groot-Brakrivier
Eredienstye vir 2026 SEPT – MEI NG Kerk Groot-Brakrivier

“Laat ons daarom nie moeg raak om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die regte tyd oes” (Gal. 6:9 Afr20).

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Kambodja

In ‘n land geskend deur oorlog, waar armoede en misbruik algemeen is, bring FEBA Kambodja se bediening stilweg hoop en genesing. Van evangelie-uitsendings en gesinseminare tot die uitdeel van sonkragligte en radio’s in landelike gebiede, verkondig FEBA Kambodja nie bloot die evangelie nie, maar demonstreer dit ook.

Ons gebed vir die week: Loof God vir FEBA Kambodja se getroue bediening! Bid vir geleenthede om die evangelie te deel met diegene wat dit nog moet hoor en vir oop harte wat die Goeie Nuus sal aanvaar.

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)

Nuut op 16 Augustus 2026

  1.    Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Erediens van 16 Augustus 2026, gelei deur Ds. Leon Cronje.
  2. Getuienisbediening:
    • Die nuutste nuusbrief van Lynette, uit Madagaskar, is beskikbaar.
  3. Bybelstudiereekse:
    • ‘Splitsekondes met God’ is ‘n heerlike oomblik vir elke dag.
    • Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Die klein dingetjies…”
  4. Gemeentenuus
    • Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed, is op die webtuiste indienu wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Sendingnuus: Madagaskar – The Week 2 August 2026

2026-08-02_Madagaskar NG Kerk Groot-Brakrivier

For the most part of this school holiday, I have either been cleaning and painting on the boat or sat in front of the computer helping with the creation of a French version of the Reading Rocket’s Alphabet program. Honestly though, I sometimes prefer the cleaning and painting part as sitting in front of a computer has never really been my favourite thing to do. I have learnt a lot though and we are looking forward to see the fruit of our labour. Please pray for Eleanor from Burundi and me as we are doing the final corrections.

Since our school does not have computers or electricity for that matter, I am busy re-working the lessons into a flip chart version. I want to include a Bible verse and story to go with the lesson as well as group activities. To be honest with you, there is not much time left before school starts and I am hard-pressed to be ready in time. The printing of the material will be very expensive and if there are people who want to be involved in this project, please contact me.

As I have shared before, we had big problems getting our monthly support from South Africa. Long story short, a new account had to be created on the South African side, because the documentation to authorise the new account was outdated and could not be used anymore. The new account is finally ready after months of frustration. I’ll contact supporters personally with the account information, but if there are others who want to become involved financially, feel free to contact me: lynettedej@gmail.com.

Alice came to visit me and asked if I were aware that I feature on a billboard in town. Well, I thought that she must have it completely wrong, because that could not be possible. It turned out that she was correct. Alice and I were invited to go on an e-bike outing a few years ago and I still remember how much fun it was. So, now I am on a billboard advertising e-bike trips. The board is right in front of the cemetery, probably why I never saw it and you are just able to recognise me under the c and the t of ‘élécrique’.

2026-08-02_Madagaskar NG Kerk Groot-Brakrivier
2026-08-02_Madagaskar NG Kerk Groot-Brakrivier

Dries has another busy and tiring week ahead of him. Please pray for perseverance and strength as he will go to the boat by himself as I …. yes, you guessed it, would be sitting in front of the computer.

Have a blessed week.

Financial support:
If you want to become involved financially, feel free to contact me: lynettedej@gmail.com.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 15 Augustus 2026 – Wees bly in die Here

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

15 Augustus

Liewe Vriend

Blydskap is nie iets wat jy hoef te soek nie — dit is Iemand by wie jy dit kry.  Hier is ’n Bybelse boodskap net vir jou.

Tema:  Wees bly in die Here

Teks:  “Verbly julle in die Here en juig, regverdiges, jubel, alle opregtes.”  (Ps. 32:11)

  • Hierdie dag het die Here gemaak — jy kan bly wees en dit geniet.  (Ps. 118:24)
  • Om regtig bly te wees kom nie uit omstandighede nie, maar uit ’n hart wat reg is met God.
  • Blydskap is ’n keuse — kies dit vandag, selfs voor alles perfek is.
  • Jou blydskap in die Here is aansteeklik; dit trek ander mense nader aan Hom.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie vir die blydskap wat U in my hart sit — laat dit vandag oorloop na ander.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 14 Augustus 2026 – God is jou skuilplek

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

14 Augustus

Liewe Vriend

Daar is ’n plek waar geen storm jou kan bykom nie — naby aan God se hart.  Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

Tema:  God is jou skuilplek

Teks:  “U is vir my ’n skuilplek, U beskerm my teen aanvalle, U laat my oorwinningsliedere sing”  (Ps. 32:7)

  • Die Here is jou veilige skuiling en ’n sterk muur teen elke aanval.  (Ps. 61:4)
  • God beskerm jou teen aanvalle van vyande, siektes, ja enige probleme — jy staan nooit alleen in die geveg nie.
  • Hy verander jou vrese in oorwinningsliedere — wat jou wou platdruk, word jou storie van hoop en geluk.
  • Gaan vandag doelbewus na Hom toe: word stil, bid en lees Sy Woord.

Gebed:

 Liewe Vader, dankie dat U my skuilplek is en my oorwinningsliedere laat sing.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 13 Augustus 2026 – Bid as dit swaar gaan

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

13 Augustus

Liewe Vriend

Gebed is nie jou laaste uitweg nie — dit is jou eerste en sterkste wapen.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  Bid as dit swaar gaan

Teks:  “Dit is waarom elke gelowige in ’n tyd van nood tot U bid; selfs vloedwaters sal hom nie skielik oorval nie.”  (Ps. 32:6)

  • Roep na die Here as jy in die moeilikheid is — Hy sal jou red en jy sal Hom eer.  (Ps. 50:15)
  • Elke gelowige bid as dit swaar gaan — moenie wag tot die water te diep is nie.
  • Selfs die ergste probleme (soos vloedwaters) sal jou nie oorval nie as jy veilig in God se hande staan.
  • Maak gebed jou daaglikse gewoonte, sodat dit in ’n krisis jou eerste reaksie is.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my hoor elke keer as ek roep — leer my om aan te hou bid.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 12 Augustus 2026 – Bely en word vry

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

12 Augustus

Liewe Vriend

Vandag kan die dag wees waarop ’n ou las finaal van jou skouers afval.  Hier is God se spesiale Boodskap net vir jou.

Tema:  Bely en word vry

Teks:  “Toe het ek my sonde bely, my oortreding nie weggesteek nie. Ek het gesê: “Voor die Here bely ek my opstandigheid;” en U het my skuld vergewe.”  (Ps. 32:5)

  • God straf jou nie soos jy verdien nie — sy genade is groter as jou grootste fout.  (Ps. 103:10)
  • Om te bely is nie om vir God iets te vertel wat Hy nie weet nie — dit is om op te hou wegkruip en jou verhouding met Hom weer te herstel.
  • Die oomblik toe Dawid sy sonde erken het, het God vergewe — só vinnig werk genade.
  • Begin en eindig jou dag met ’n oop hart voor God — dit hou julle verhouding vars, nuut en skoon.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my vergewe die oomblik as ek my sonde voor U erken.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 11 Augustus 2026 – Staan vas in toetse

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

11 Augustus

Liewe Vriend

Elke toets in jou lewe is ’n kans om te wys aan Wie jy behoort.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  Staan vas in toetse

Teks:  “Ek wil hulle met hierdie nasies op die proef stel …”  (Rigt. 2:22)

  • God toets sy kinders soos silwer skoongemaak word — om jou sterker en suiwerder te maak.  (Ps. 66:10)
  • ’n Toets beteken nie God het jou vergeet nie — dit is ’n kans om te leer om getrou te bly.
  • Moenie die maklike pad kies as dit die verkeerde een is nie; kies God se pad, al lyk dit moeiliker.
  • Elke keer as jy in ’n toets aan God vashou, word jou geloof ’n bietjie sterker.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat elke toets my nader aan U kan bring — help my om vas te staan.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 10 Augustus 2026 – God se hand op jou

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

10 Augustus

Liewe Vriend

Selfs as jy God se hand swaar op jou voel, is dit ’n hand van liefde wat jou nader trek.  Hier is God se Woord net vir jou.

Tema:  God se hand op jou

Teks:  “Toe ek oor my sonde geswyg het, het my liggaam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het. U hand het dag en nag swaar op my gedruk, my krag het opgedroog soos water in somerhitte.”  (Ps. 32:3-4)

  • Selfs swaarkry kan goed wees vir jou — daardeur leer jy God beter ken en groei jy nader aan Hom.  (Ps. 119:71)
  • As jou krag opdroog soos water in die somer, is dit dikwels God wat jou aandag vra. Dit is asof Hy aan die deur van jou hart klop.
  • Sy hand druk nie om jou seer te maak nie, maar om jou te keer voor jy verder verdwaal.
  • Reageer vandag op Sy stem — hoe gouer jy omdraai, hoe gouer kom die vrede terug.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my genoeg liefhet om my te keer as ek verkeerd loop.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 9 Augustus 2026 – Moenie stilbly nie

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

9 Augustus

Liewe Vriend

Wat jy wegsteek, word swaar — maar wat jy voor God oopmaak, word lig.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  Moenie stilbly nie

Teks:  “Toe ek oor my sonde geswyg het, het my liggaam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het. U hand het dag en nag swaar op my gedruk, my krag het opgedroog soos water in somerhitte.”  (Ps. 32:3-4)

  • Vra die Here om diep in jou hart te kyk en jou op die regte pad te lei — Hy ken in elk geval al jou gedagtes.  (Ps. 139:23-24)
  • Om oor sonde stil te bly, breek jou af — dit vreet aan jou vrede, jou blydskap en selfs jou gesondheid.
  • God wil jou nie platslaan nie — Hy wil jou terugbring na Hom toe.
  • Die Here God wil jou ‘n vol lewe gee – vol van geluk en vreugde.
  • Maak vandag oop wat jy dalk lankal wegsteek — by God is dit veilig.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat ek met alles na U toe kan kom — help my om niks weg te steek nie.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Afkondigings 9 – 16 Augustus 2026

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 9 Augustus 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Efesiërs 2:1-10.

Die tema van die prediking is:Die gawe van genade.

  • Vrouedag.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale Offer vir Magdalenahuis by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Geen.

Maandag 10 Augustus 2026 :

  • Publieke vakansiedag – kerkkantoor gesluit.

Woensdag 12 Augustus 2026 :

  • Kooroefening by die orrel om 16:45.  Alle belangstellendes welkom.

Marida – 082 471 0751.

  • 18:00 Blokbyeenkoms:Blok 2 (Voorbrug), Blok 3 (Mossienes tot Stasieweg) & Blok 4 (Langstraat-Bo & Pine Creek) – gelei deur ds Charné Viljoen by die kerksaal. Pieter van der Merwe 082 920 2662.
  • 18:00 Blokbyeenkoms:Blok 11 (Sandhoogtepad) – gelei deur ds Leon Cronje by Vic & Stienie Grobler, Sandhoogtepad 27A (die eerste oprit links na die aftree-oord). Ds Leon Cronje 082 825 5957.

Sondag 16 Augustus 2026 :

  • Erediens om 10:00 – Ds Leon Cronje.
  • Kleuterkerk in Lokaal 6.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Omgeebediening by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Dr Frans Hancke.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje.

Dankie van Magdalenahuis

Dankie van Magdalenahuis NG Kerk Groot-Brakrivier
Dankie van Magdalenahuis NG Kerk Groot-Brakrivier

Nuwe Lidmate 2026:

Irene van Niekerk van Witbank: Blok 8D (Groenkloof)

Vissie & Marie Visser van Witbank: Blok 13 (Suiderkruis)

Baie welkom by ons gemeente.

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week 33 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 33 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sterftes 2026:

26 Julie – Johan Davel: Blok 08C.

Ons innige meegevoel aan sy familie & vriende.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

In die voorportaal is nuwe lidmaat vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. 

Ons leraars besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.

Caritas care – Huwelikseminaar Dr Andre Botha

Caritas care - Huwelikseminaar Dr Andre Botha NG Kerk Groot-Brakrivier
Caritas care – Huwelikseminaar Dr Andre Botha NG Kerk Groot-Brakrivier

Bybelstudie

Bybelstudie NG Kerk Groot-Brakrivier
Bybelstudie NG Kerk Groot-Brakrivier

Reunie – Frank Opperman

Reunie Frank Opperman 22 Aug 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Reunie Frank Opperman 22 Aug 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Bedieninge

Omgeebediening

Omgeebedieining NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgeebedieining NG Kerk Groot-Brakrivier

Ondersteuningsbediening

Ondersteuningsbedieing - Hulp NG Kerk Groot-Brakrivier
Ondersteuningsbedieing – Hulp NG Kerk Groot-Brakrivier

“Julle skoonheid moet veral innerlik wees: blywende beskeidenheid en ’n gemoed wat kalm en rustig is. Dit is vir God kosbaar” (1 Pet. 3:4 Afr20).

Eiendomsbediening – Parkering

Eiendomsbediening - Parkering NG Kerk Groot-Brakrivier
Eiendomsbediening – Parkering NG Kerk Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Internasionaal

Hoewel mans en vroue baie ervarings deel, is daar sommige uitdagings wat net ander vroue kan verstaan. Dit is waarom die Skrif vroue aanspoor om mekaar te leer (Titus

2:3-5), en dis ook waarom FEBA vroueprogramme uitsaai wat handel oor die unieke ervaring van vroue in families, vriendskappe, die huwelik, moederskap en die werkplek. Programme word deur vroue vervaardig wat in dieselfde gemeenskappe as hul luisteraars woon en daarom begrip het vir hul omstandighede.

Ons gebed vir die week: Bid dat vroue deur FEBA se programme aangemoedig sal word om hul lewens in God se Woord te anker.

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)

Nuut op 9 Augustus 2026

  1.    Erediensbediening:

Kry die skakel na die YouTube Erediens van 9 Augustus 2026, deur ds Charné Viljoen.

  • Bybelstudiereekse:

‘Splitsekondes met God’ is ‘n heerlike oomblik vir elke dag.

  • Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Nuusflitse Week 33+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 9 Augustus 2026 : Erediens om 10:00 GEEN Kleuterkerk en GEEN Kategese
Sondag 9 Augustus 2026 : GEEN Leefkerk nie
Woensdag 12 Augustus 2026 – Kooroefening 16:45.
Woensdag 12 Augustus 2026 – Blokbyeenkoms: 18:00 Blok 2 (Voorbrug), Blok 3 (Mossienes tot Stasieweg) & Blok 4 (Langstraat-Bo & Pine Creek) – gelei deur ds Charné Viljoen by die kerksaal
Woensdag 12 Augustus 2026 – Blokbyeenkoms:18:00:Blok 11 (Sandhoogtepad) – gelei deur ds Leon Cronje by Vic & Stienie Grobler, Sandhoogtepad 27A
Sondag 18 Augustus 2026 : Erediens om 10:00 Kleuterkerk en Kategese 10:00.
22 Augustus 2026 – Frank Opperman 19:00


Lees die volledige afkondigings hier:

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 8 Augustus 2026 – Leef eerlik voor God

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

8 Augustus

Liewe Vriend

’n Skoon gewete is een van die beste geskenke wat jy kan hê.  Ontvang vandag God se Woord net vir jou.

Tema:  Leef eerlik voor God

Teks:  “Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die oortreding nie toereken nie en in wie se gees daar geen valsheid is nie.”  (Ps. 32:2)

  • God kan jou hart skoonmaak en jou binnekant nuut maak — vra Hom, en Hy doen dit.  (Ps. 51:12)
  • Geen valsheid nie — dit beteken jy is eg en eerlik voor God en voor mense.
  • Jy hoef niks vir God weg te steek nie; Hy ken jou klaar deur en deur, en Hy het jou steeds lief.
  • Kies vandag om eerlik te wees in die klein goedjies — dit bou ’n karakter wat God kan gebruik.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my foute nie teen my hou nie — maak my hart skoon en eg.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 7 Augustus 2026 – Vergifnis maak jou vry

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

7 Augustus

Liewe Vriend

Min dinge voel so lig soos ’n hart wat weet sy sonde is vergewe.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  Vergifnis maak jou vry

Teks:  “Dit gaan goed met die mens wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word.”  (Ps. 32:1)

  • By die Here kry jy vergifnis — daarom kan jy Hom met blydskap dien.  (Ps. 130:4)
  • Dit gaan goed met die mens wie se sonde vergewe is — vergifnis is waar ware vryheid begin. Dit is wat Jesus vir ons hier op aarde kom doen het.
  • Moenie ou skuld ronddra wat God klaar vergewe het nie — los dit by die kruis.
  • Vergewe ander soos God jou vergewe het — dit maak jou eie hart ook vry.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my sonde vergewe en my hart lig maak.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 6 Augustus 2026 – God is só goed

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

6 Augustus

Liewe Vriend

Maak vandag jou oë oop vir al die goeie dinge wat God rondom jou sit.  Hier is ’n Bybelse gedagte net vir jou vir vandag.

Tema:  God is só goed

Teks:  “Hoe groot is U goedheid: dit is altyd daar vir dié wat U dien, U bewys dit voor die oë van die mense aan dié wat by U skuil.”  (Ps. 31:20)

  • Die Here is goed en Hy vergewe graag — sy liefde is groot vir almal wat Hom aanroep.  (Ps. 86:5)
  • Sy goedheid is altyd daar vir dié wat Hom dien — dit raak nooit op nie.
  • God wys sy goedheid waar ander dit kan sien — jou lewe kan vandag daarvan vertel.
  • Tel vanaand jou seëninge een vir een — dit verander ’n moeë hart in ’n dankbare een.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie vir U goedheid wat elke dag oor my lewe uitspoel.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 5 Augustus 2026 – God se liefde faal nooit

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

5 Augustus

Liewe Vriend

Daar is ’n liefde wat jou nooit sal los nie en nooit vir jou moeg word nie.  Die volgende geestelike saad word vandag gesaai.

Tema:  God se liefde faal nooit

Teks:  “Verskyn tog tot my redding, red my deur U onfeilbare liefde. Here, laat my nie teleurgestel staan in my verwagting as ek U aanroep nie…”  (Ps. 31:17-18)

  • Jy kan op God se liefde staatmaak — Hy gee uitkoms en jou hart kan weer bly wees.  (Ps. 13:6)
  • God se liefde hou nooit op nie. Dit laat jou ook nooit in die steek nie — dit hang nie af van hoe goed jy vandag presteer nie.
  • Roep Hom gerus — wie op die Here hoop, word nooit teleurgestel nie.
  • Dra daardie liefde ook aan ander mense oor — wys vandag vir iemand anders hoe God se liefde lyk.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie vir U liefde wat my elke dag red en dra.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 4 Augustus 2026 – Jou lewe in God se hand

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

4 Augustus

Liewe Vriend

Niks wat vandag gebeur, vang God onkant nie — jou hele lewe is veilig in sy hande.  Hier is ‘n deel uit die Bybel vandag vir jou.

Tema:  Jou lewe in God se hand

Teks:  “My tye is in u hand. Red my uit die hande van my vyande en vervolgers!”  (Ps. 31:16)

  • God het al jou dae in sy boek opgeskryf nog voor jou eerste dag begin het — Hy ken jou lewe van begin tot einde.  (Ps. 139:16)
  • Jou tye is in sy hand — ook die tye van wag, onsekerheid en verandering.
  • Moenie dat vrees jou lewe beheer nie; gee dit eerder vir die Een wat môre al klaar ken.
  • Leef vandag rustig en voluit — die Here hou jou vas: gister, vandag en môre.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat my lewe in u hand is — ek vertrou U met elke dag.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 3 Augustus 2026 – God wys jou pad

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

3 Augustus

Liewe Vriend

Jy hoef nie vandag self uit te werk hoe alles gaan uitdraai nie — daar is Iemand wat voor jou uit loop.  Ontvang God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  God wys jou pad

Teks:  “Ja, U is my rots en my bergvesting, ter wille van u Naam sal U my voorgaan en my lei.”  (Ps. 31:4)

  • God lei jou met sy raad en Hy hou jou hand vas — jou hele lewe is in sy sorg.  (Ps. 73:24)
  • Die Here is jou rots — as alles rondom jou in mekaar stort, staan Hy vas.
  • Hy loop voor jou uit; daar is nie ’n dag waar Hy nie reeds is nie.
  • Vra Hom vanoggend om jou te lei, en vertrou Hom dan met elke tree.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my rots is en elke dag voor my uitloop.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 2 Augustus 2026 – Skuil by die Here

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

2 Augustus

Liewe Vriend

As vandag te veel raak, is daar ’n veilige plek waarheen jy kan hardloop.  Hier is God se Woord net vir jou.

Tema:  Skuil by die Here

Teks:  “By U, Here, skuil ek. Laat my tog nooit teleurgestel staan nie! Bevry my, want U is getrou.”  (Ps. 31:2)

  • Die Here is jou veilige plek — jy kan Hom met jou hele hart vertrou.  (Ps. 91:2)
  • Om by God te skuil, beteken jy los jou bekommernisse by Hom en probeer nie alles self dra nie.
  • Mense kan jou soms in die steek laat, maar God doen dit nooit.
  • Maak dit vandag jou eerste keuse om na Hom toe te gaan — nie jou laaste opsie nie.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat ek altyd by U kan skuil — U los my nooit nie.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.