5 Augustus
My wens en gebed vir jou vandag is om te onthou dat die Here altyd vir jou sal sorg. Dit is ‘n boodskap uit die Bybel vir vandag.
Tema: Die Here sal altyd vir jou sorg
Teks: “Hulle het soos een man gesê: Ons sal alles doen wat die Here beveel het (Eks 24:3)
- Die Here sal jou altyd beskerm en help.
- Wees getrou en doen alles wat die Here binne jou vermoë gee om te doen – volg Hom!
- Elke goeie geskenk kom van Hom af.
- Jou geloof, vertroue en gehoorsaamheid sal beloon word.
- Wees gelukkig. Leef met innerlike vrede. Geniet God se rus.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U Gees my help om U wil te doen.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


