Rene en Karina, die organiseerende gemeente lede, se mikpunt vir 2025 was om 100 truitjies te kry om in die gemeenskap, in en om Groot-Brakrivier, te versprei. Daar is ‘n versoek in die afkondigings van April 2025 geplaas en skenkings wat op daardie stadium reeds ontvang is, is tydens ‘n Teedrink in die sysaal vertoon, om die belangstelling van almal wat daarvan hou om te brei, aan te wakker.
Reaksie
Die reaksie was oorweldigend en genoeg om mens se asem weg te slaan. Die projek het 130 skenkings ontvang in die vorm van pragtige truitjies, asook serpe en mussies. Dit alles (sien die tabel onderaan) was te danke aan die dames wat gebrei en gehekel het met ‘n ywerige hand. Baie van die dames wat gebrei het, het dikwels ook hul eie wol geskenk. Daar was nog wol skenkings uit die gemeenskap wat baie gehelp het. Die bydraes was genoeg, om die verspreiding van die truitjies, serpe en mussies ook uit te brei na die nabye George en Mosselbaai omgewings. Elke enkele skenking is uitgedeel, en die vreugde van die kinders het ook vir Rene en Karina so begeester, dat hulle graag wil voortgaan met hierdie projek in 2026.
2026
Daar is nou ‘n ope mikpunt vir 2026 – soveel truitjies en ander bydraes, as wat moontlik is. Daar is ‘n baie groot behoefte aan skenkings in die omgewing, om ondersteuning te gee aan die organisasies wat vrywillig hulle tyd en gawes uitdeel waar daar nood is.
Baba items
Daar is nou ook ‘n verspreidingspunt vir baba items, so almal wat graag in hierdie kategorie wil bydrae, hou asseblief die breipenne en hekelpenne aan die gang. Ons hoop om volgende jaar heelwat meer bydraes te ontavng, so moet asseblief nie ophou brei nie!
| Aantal Instansies | Truitjies | Serpe | Mussies |
| 5 | 130 | 5 | 25 |
Deelname
Daar is finansieële skenkings ontvang vir volgende jaar se 2026 Truitjie projek. So, indien jy wol nodig het, kontak gerus vir Rene en Karina..
Karina 082 802 0314, Rene 0823382364
Riglyne vir Kleuter Truitjie groottes
Hier volg riglyne vir die kleuter truitjie groottes:
Breinaald groottes: 3.5mm vir rib en 4.5mm vir res van trui. Die wol vir hierdie goote naalde is ‘double knit’
2-3 jariges: Lengte 40cm, Breedte 28cm, Mou lengte 28cm, Aantal steke (Voor & Agter 50, Begin aantal steke vir moue 32, Aantal rye vir rib 10, Aantal rye vir nek rib 6, Aantal rye vir nek fatsoenering 30, Vermeerder moue elke 6 rye.
3-4 jariges: Lengte 42cm, Breedte 30cm, Mou lengte 30cm, Aantal steke (Voor & Agter) 52, Begin aantal steke vir moue 34, Aantal rye vir rib 10, Aantal rye vir nek rib 6, Aantal rye vir nek fatsoenering 30, Vermeerder moue elke 6 rye.
4-5 jariges: Lengte 44cm, Breedte 32cm, Mou lengte 32cm, Aantal steke (Voor & Agter) 54, Begin aantal steke vir moue 36, Aantal rye vir rib 10, Aantal rye vir nek rib 7, Aantal rye vir nek fatsoenering 40, Vermeerder moue elke 8 rye.
5-6 jariges: Lengte 46cm, Breedte 34cm, Mou lengte 34cm, Aantal steke (Voor & Agter) 56, Begin aantal steke vir moue 38, Aantal rye vir rib 12, Aantal rye vir nek rib 8, Aantal rye vir nek fatsoenering 40, Vermeerder moue elke 8 rye.












