22 Augustus
My wens en gebed vir jou vandag is om uit te staan vir die Here. Hier is God se Woord vandag vir jou.
Tema: Staan uit vir die Here
Teks: “Die Israeliete moet kamp opslaan, elkeen by sy vaandel, by sy familieteken.” (Num. 2:2)
- Elke stam of familie se vaandel het duidelik gewys wie hulle is almal het hulle so uitgeken.
- Hardloop jou lewenswedloop deur op Jesus te konsentreer. Hou Hom gedurig in gedagte (Heb. 12:1-2).
- Hy is jou vaandel en voorloper.
- Elke keuse en elke besluit word geneem soos Hy dit sou geneem het maak soos Hy sou doen.
- God se Gees maak jou nuut. Laat Hy aan die stuur staan van alles wat jy sê, dink of doen (Gal.5:16).
Gebed:
Liewe Vader, help my dat almal deur my lewe kan sien ek is U kind.
In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


