21 Augustus
My wens vir jou is dat jy tyd van orde by God sal vind. Hier is die Woord vir jou.
Tema: Skep orde
Teks: “Hulle moet die kamp rondom die tent van ontmoeting opslaan, so ‘n entjie daarvandaan.” (Num. 2:2)
- God is nie ‘n God van wanorde nie, maar van orde (1 Kor. 14:33). Uit chaos skep Hy orde en ritme(Gen. 1).
- Is jou lewe deurmekaar en vol wanorde? God is die antwoord!
- Deur Sy Gees bring Hy orde, rus en vrede. God bring nuwe hoop ‘n nuwe verwagting.
- Gryp elke geleentheid aan om weer sin, betekenis en orde te kry.
- Begin nuut! Begin voor! Begin weer leef.
Gebed:
Liewe Vader, dankie vir die orde en nuwe lewe wat U my gee.
In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


