20 Augustus
Ek bid dat jou oë elke dag sal begin raaksien hoeveel wonderwerke God doen. Hier is Sy Woord vandag vir jou.
Tema: Onmoontlik? Nie vir God nie! Kyk na Sy wonders.
Teks: “Voor jou hele volk gaan Ek magtige dade doen wat nog nooit tevore op die hele aarde onder enige nasie gedoen is nie. Die hele volk by wie jy is, sal sien wat Ek, die Here, doen.” (Eks. 34:10)
- Jy kan nie onmoontlike dinge doen nie net God kan.
- Jy moet die onmoontlike aan God oorlaat.
- Moet nooit die kragtige dade van die Here in jou lewe onderskat nie.
- Hy kan magtige, kragtige en bonatuurlike dinge doen ook vir jou.
- Verwág Sy wonderwerke vandag in jou lewe sien hierdie wonderwerke raak.
- Aan Sy liefde is geen einde nie (Ps. 136:1).
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat U steeds vandag wonderwerke doen. Dankie dat U steeds die onmoontlike moontlik maak.
In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


