Getuienisbediening: Naaldwerk Projek

Getuienisbediening Wolwedans - NGK Groot-Brakrivier

Die naaldwerkprojek gebruik die afval materiaal wat deur die Stoffeerwinkel CurtainsUp van George geskenk word, asook dit wat die gemeente skenk. Die afval-lappies word weekliks aan die deelnemende Oumas in die Wolwedans gemeenskap voorsien. Reeds 4 naaimasjiene het werkplek gekry, maar nog masjiene sal handig te pas kom. Die Oumas wat nie masjiene het nie, doen naaldwerk, hekel of breiwerk met die hand.

Lees meer “Getuienisbediening: Naaldwerk Projek”

Missie Japan: Te veel om te deel. Waar begin ons?

Misssie Japan Desember 2022

Beste Ondersteuner
 
Hoe het 2023 aan jou kant begin?
 
Ons is terug op spoed sedert die eerste week van Januarie. Meeste van ons gesin moes onlangs deur ‘n griep episode werk, maar andersins loop dinge sover goed.
 
Omdat ons weet hoeveel energie die wegspring van ‘n nuwe jaar vereis, wil ons jou nie vermoei met te veel inligting nie, maar deel ons eerder net foto’s met byskrifte van wat die afgelope maand gebeur het. Deur gasvryheid, prediking en vele geleenthede het ons die vreugde van Christus se koms gedeel. Wat ‘n voorreg!

Lees meer “Missie Japan: Te veel om te deel. Waar begin ons?”

Stof tot nadenke: ‘n Belofte van God

Stof tot nadenke: 'n Belofte van God

En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee.En Ek sal my Gees in julle binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen”

Eség. 36: 26-27

In hierdie Nuwe lewensjaar kom bevestig God weer sy belofte wat Hy in Eségiël 36 aan ons belowe het. Dit is nie in ons om self die veranderinge te bewerkstellig nie, maar God beloof dat Hy ons ongenaakbare harte sal verander en ons harte sal gee wat ‘n deernis vir ander mense sal openbaar. God sal hierdie verandering in ons lewens bewerkstellig. Hy sal ons tot ander insigte bring.

Lees meer “Stof tot nadenke: ‘n Belofte van God”

Vakature: ADMIN- EN KOMMUNIKASIE-BEAMPTE (SKRIBA)

Vakature - NGK Groot-Brakrivier

Die NG Kerk Groot-Brakrivier adverteer hiermee ‘n pos vir ‘n
ADMIN- EN KOMMUNIKASIE-BEAMPTE (SKRIBA).
 God roep ons gemeente om ons visie “Jesus vir ons, vir almal ” intern en
ekstern te leef en die suksesvolle kandidaat moet hierdie roeping bemark en
kommunikeer.
 Pligte sluit in: administrasie; afneem, tik en verspreiding van notules asook
ander sekretariële werk; skakeling met personeel, lidmate en die publiek;
registerhouding; korrespondensie; bedryf van mediaplatforms, bemarking en
media skakeling.
VEREISTES VIR DIE POS BEHELS ONDER MEER:

 ‘n Gelowige wat met ons gemeente se roeping kan assosieer en lojaal sal wees.
 Iemand met goeie interpersoonlike vaardighede wat in ‘n span kan saamwerk en wat
met verskeie mense doeltreffend kan kommunikeer.
 Kennis en vaardigheid m.b.t. administratiewe take, toepaslike rekenaarprogramme,
sosiale media, gedrukte media en bemarking.

Aansoeke moet ‘n kort motiveringsbrief – met die vereistes hierbo in ag geneem – en ‘n
kort CV insluit.
Salaris is gebaseer op sinodale riglyne en posstruktuur.
Werksure is Maandae, Dinsdae, Woensdae en Vrydae vanaf 08:00 tot 13:00, asook enkele
na-uurse verpligtinge vir die afneem van notules by kerkraads- en bestuursvergaderings
en die bywoon van gemeente- en dankfeeste.
Aansoeke moet voor 09:00 op Maandag 23 Januarie 2023 elektronies by
ngkgbr@mweb.co.za ingedien word.
Navrae:
Mnr. Willem du Preez (082 823 5988)
Me. Alfreda Stander (083 444 4724)

Nuusflitse: Week 2+ van 2023

Nuusflitse

Eredienste en Kategese Sondae 09:00
Sondag – 22 Januarie 2023:Prediker:  Ds. Danie Goosen. Doop.
VAKATURE: ADMIN- EN KOMMUNIKASIE-BEAMPTE (SKRIBA) Aansoeke moet voor 09:00 op Maandag 23 Januarie 2023 elektronies by ngkgbr@mweb.co.za ingedien word
Ons datums vir Wolwedans vir die eerste kwartaal is: 25 Januarie, 8 en 22 Februarie, asook 8 en 22 Maart.
Rek en strek oefeninge vir seniors 08:00 tot 09:00 Dinsdag 17 Januarie Piet Snyman (082 297 3476)
Kategese begin weer vanaf 22 Januarie 2023. Kontak Pauline Richards (079 557 8591
Blokbyeenkomste begin weer vanaf Woensdag 1 Februarie 2023 om 18:00
Weeklikse Bybelstudiegroepe… Bybelstudiegroepleiers vergader Dinsdag 24 Januarie 2023 om 10:00
HULP BENODIG MET BLOMME skakel Una Vorster (072 621 0250)


Oekraïne: Maandelikse nuusbrief vanaf Michele – Januarie 2022

Ockert en Michele Potgieter van die Oekraine

Liewe familie en vriende.

Vandag sou my en Ockert se 27ste Huweliksherdenking gewees het.

My hart is seer en ek mis hom so verskriklik baie, maar die Here het  vir my die wonderlikste kinders gegee. Vanmore is ek wakker gemaak met die mooiste bos rose en scones wat Mari-Alena en my skoondogter Tanya vir my gemaak het. Tanya is Cilliers se Oekraniese vroutjie. Ek is dankbaar vir 25 jaar, vir die voorreg om Ockert se vrou te kon wees. Ek is dankbaar die die pragtige kinders wat die Here ons mee geseën het vir dit wat die Here hier in Reni besig is om te doen. Ek prys Sy naam dat Hy Sy kerk hier oprig om waarlik lig te wees in die donkerste tyd in Oekraine. Ek dank Hom vir elke dag wat Hy ons gee en beskerm in Reni. Die Here sê vir my dat Hy iets nuuts doen en dat ek vorentoe moet kyk en Hom moet vertrou.

Lees meer “Oekraïne: Maandelikse nuusbrief vanaf Michele – Januarie 2022”

Madagaskar: The Week 1/1/2023

Madagaskar Sending

We ended 2022 and started the New Year in the same way; finishing the toilets at the school. Definitely not a glamorous way to welcome 2023. Let’s hope that it does not set the tone for the rest of the year. We only had a week to do the work while the children were on holiday. Norbert sacrificed his holiday and we also had two of PM’s workers. Dries had to put a gate on the toilets, because the people around the school seem to think that the toilets are public property. Obviously, we cannot allow this, but it does not improve relationships with the neighbours. We have to start working on a fence, as that will solve the problem. “Good fences, make good neighbours.” Let’s hope that will apply in this case.

Lees meer “Madagaskar: The Week 1/1/2023”

Madagaskar Sendingnuus: pic of the week #6

Lynette Madagaskar

We want to wish you a happy and peaceful 2023. Thank you for your love and support in difficult times. We appreciate you.

Hebrews 12:1-2

“Therefore, since we are surrounded by so great a cloud of witnesses, let us also lay aside every weight, and sin which clings so closely and let us run with endurance the race that is set before us, looking to Jesus, the founder and perfecter of our faith, who for the joy that was set before Him endured the cross, despising the shame, and is seated at the right hand of God.”

Lees meer “Madagaskar Sendingnuus: pic of the week #6”

Radio FEBA gebedsgids vir Januarie 2023

FEBA Gebedsfocus

Sondag 1 Januarie: Bid dat FEBC Taiwan se nuwe kinder- en jeugprogramme, “Fun After School” en “Bible Unboxing”, kinders na Jesus toe sal lei.
Maandag 2 Januarie: Wetgewing in Japan verbied enige godsdienstige organisasie om uitsaaitorings te besit. FEBC Japan, die enigste Christelike uitsaaier in die land, saai uit vanaf Jeju Eiland in Suid-Korea. Bid asseblief dat FEBC Japan se programme nog baie verder sal reik.

Lees meer “Radio FEBA gebedsgids vir Januarie 2023”

Stof tot Nadenke: ‘n Nuwe Jaar en ‘n Nuwe Lewe…

Stof tot nadenke Nuwe Jaar - NGK Groot-Brakrivier

“Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood”

1 Pet. 1: 3

Nog ‘n Jaar is verby, maar ons lewe met die verwagting van ‘n hoopvolle toekoms. Die Nuwe Jaar lê voor ons, soos ‘n nuwe bladsy. Dit laat ons weereens met die keuse om die Nuwe Lewe wat God aan ons bied, in 2023 met alles in ons aan te gryp. God, die Vader het Hom oor ons omtferm. Hy het ons so lief dat Hy sy enigste Seun reeds meer as 2 duisend jaar gelede gestuur het, om dit vir ons moontlik te maak om die Nuwe Lewe, wat ons slegs deur in Hom te glo, kan ontvang. Ons kry dus weereens die kans om ons keuses te hernu of te verander.

Lees meer “Stof tot Nadenke: ‘n Nuwe Jaar en ‘n Nuwe Lewe…”

Gebedsgids Januarie 2023

Gebed

GEBEDSGIDS – JANUARIE 2023

Here, stort U seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder U beskerming en weerhou onheil van my, sodat geen smart my tref nie. (1 Kron. 4 :10)

Sondag 1 Januarie – ‘n Nuwe Jaar

Mag dit deur ons gebede en optrede wees dat mense ervaar ons is van God. Mag die nuwe jaar die begin wees van alle dinge wat nuut is in Christus. Vra dat ons as bidders getrou sal wees om te bid vir die Koninkryk van God en dat Jesus Here van alle mense sal word.

Maandag 2 Januarie – Getuie wees

Lees meer “Gebedsgids Januarie 2023”

Afkondigings 11 Desember 2022 – 8 Januarie 2023

Afkondigings

Vandag – Sondag 11 Desember 2022:

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan ds. Fanie Bergh wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Matt. 1:18-25, Hand. 4:12.  Die tema van die prediking is : Jesus se geboorte – ’n Goddelike saak?
• Spesiale Offer by die deure vir die Stranddiensspan.
Lees meer “Afkondigings 11 Desember 2022 – 8 Januarie 2023”

Skenk bloed

Skenk Bloed

Die bloeddiens wil graag die gemeente bedank vir die 58 pinte bloed wat ontvang is tydens die laaste bloedskenking in ons gemeentesaal.

Dit is egter vakansie en die fees-seisoen en veel meer donansies is nodig om ons deur hierdie moeilike tyd te sien. Die Bloeddiens vra daarom as dit moontlik is dat u asseblief by ander donasie sentrums bloed sal skenk tydens hierdie periode.

Nogmaals dankie vir u elkeen se bydrae tot die bloedbank.