Madagaskar: THE WEEK – 18/09/2022

Madagaskar

“You will not believe what happened!”

That is a standing joke between Dries and me, after which I would reply, “Of course I’ll believe it.” After so many years in Madagascar, nothing surprises me. This time though, it was Euphrasie saying it and I thought that this one might surprise me. Apparently Ledesy, one of the teachers at Lovako school in Ampamata brought his brother to come and live there with him after the holiday. So it turns out that Ledesy often goes fishing and then his brother covers for him at school. Well, this is of course unacceptable and I have to address the matter when we see him next week.

Lees meer “Madagaskar: THE WEEK – 18/09/2022”

Nuusflitse: Week 39+ van 2022

Nuusflitse

Woensdag – 28 September 2022 Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstel-lendes is welkom.
Donderdag – 29 September 2022 Bloedskenk:  vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal.
Sondag – 2 Oktober 2022 Geen Kategese. Prediker:  Ds. Fanie Bergh.
Vrydagaand 28 Oktober 2022 Sop, Sjerrie, Stoepstories en ander stuitighede!
Saterdag 29 Oktober 2022 – Gemeentefees 09:00
Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 5 & 19 Oktober en 2, 16 & 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022

Stof tot nadenke: Waar vergader ons skatte?

Julle rykdom sal tot niet gaan en julle klere sal deur motte opgevreet word, julle goud en silwer sal verroes. Die roes sal teen julle getuig en aan julle vreet soos vuur. Julle maak skatte bymekaar, en dit terwyl dit die laaste dae is.”

Jak. 5: 3-4

Deur al die eeue heen struikel ons voor die vergadering van aardse skatte. Ons betreur die tot niet gaan van hierdie aardse skatte. Ons beskerm en vernietig mense om ons, van wie ons glo dat hulle dalk kan lei tot die verlies van ons aardse skatte. Konings, regerings, gewone mense en selfs  godsdienste het al menigmaal deur die eeue geval oor hierdie groot struikelblok. So dikwels kon hulle nie staande bly nie. Hulle het nie besef, dat skatte op hierdie wêreld maar min waarde het wanneer die ewige lewe voor die deur kom staan.

Paleise, kastele en massiewe huise is deur die eeue opgerig en het menigmaal as ruïnes tot niet gegaan. Die nageslagte het in die veranderde wêrelde nie kon byhou met die onderhoud en onkostes en weelde van hierdie aardse skatte nie. Oorloë het sy eie impak op verwoesting van hierdie aardse skatte.

Daarom die oproep tot vergadering van skatte nie in hierdie wêreld nie, maar om die ewige lewe te beërwe. Dit is binne elkeen van ons se reik. Deur die koms van Jesus Christus om vir ons sondes te sterf, het hy dit vir ons moontlik gemaak om onder leiding van die Heilige Gees vir ons die enigste skatte wat waarde het, bymekaar te maak. Ons moet nederig wees, goedgesind teen ons naaste, nie opgeblase wees nie of onsself hoêr ag as ander nie. Ons moet in wysheid, sonder bybedoeling, vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig en opreg wees soos so mooi uiteengesit in Jak 3: 13-18.

Afkondigings – 25 September tot 2 Oktober 2022

Afkondigings

Vandag – Sondag 25 September 2022:

  • Baie welkom by vanoggend se erediens.
  • Ons Skriflesing vanoggend kom uit Jeremia 32 vers 1 tot 15. Die tema van die prediking is: Wanneer niks meer sin maak nie?
  • Geen Kategese.
  • Sinodale Offer vir Bediening aan die Jode by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Lees meer “Afkondigings – 25 September tot 2 Oktober 2022”

Madagaskar: THE WEEK – 11/09/2022

Madagaskar 20220912_094946

The question everybody asked was of course whether the school opened for the new school year. The answer is a definite ‘yes’, but not without issues and concerns though. The first hitch, being the fact that the toilets were unfinished and they had to make do with low walls and no doors. Many of our desks were damaged beyond repair by the move and after years of service, so not enough place to sit. There was no running water yet and we are dependant on the goodwill of the neighbours to draw water from their well until Jirama connects us to the municipal water. Keeping the goodwill seemed easier said than done as it turns out that as soon as even a bucket or a tool was left outside, it would disappear only to show up at the neighbours. We don’t have storage and at the end of the working day all the tools and material gets locked up in the classrooms and this goes for bricks too.

Lees meer “Madagaskar: THE WEEK – 11/09/2022”

Nuusflitse Week 38+ van 2022

Nuusflitse

Woensdag – 21 September 2022 – Kooroefening om 17:15 by die orrel.
Sondag – 25 September 2022 Geen kategese. Erediens 10:00 Prediker:  Ds. Danie Goosen.
Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 21 September 2022.
NG Kerk George (Moedergemeente) Praktiese werkswinkel oor evangelisasie (Suid-Kaap) 18 – 25 September 2022
NG Kerk Reebok Koorfees om 19:00 – 23 September 2022
Opstandingsfees met blomme: 22-25 September 2022 kerksaal van NGK Mosselbaai-Suid in 15de Laan
Vrydagaand 28 Oktober 2022 Sop, Sjerrie, Stoepstories en ander stuitighede!
Saterdag 29 Oktober 2022 – Gemeentefees 09h00


Stof tot nadenke: Hoe sê mens dankie?

“Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi” Psalm 16: 6

Hoe sê mens dankie, vir alles wat jy so mildelik ontvang? Die siekte van ons tyd, selfsug, soos Ds Kobus Smit so mooi uitgewys het is die kanker van ons lewens. Dit maak ons ondraaglik en onvergenoegd. Dit spruit uit ons persepsie van wat menseregte is. Dit lei ons om meer te verwag as wat ons nodig het, of wat vir ons bestem is.  

Dit maak dat ons, wat elkeen uniek is, se oë gerig is op ons buurman, buurvrou, broer of suster, om seker te maak dat ons darem aan hulle standaarde kan voldoen. So verloor ons God uit die oog. Ons is so besig om te begeer wat ‘n ander het, dat ons nie eers besef dat dit wat ons het voldoende is vir ons behoefte nie. In die proses vergeet ons om ons dankbaarheid aan God te openbaar.

Ons kan ook nie voorgee om dankbaar te wees nie, want God ken ons elkeen se harte, elke gedagte nog voordat dit gevorm is. God sien elke opregtheid en valsheid raak. So rig jou oë op die Here? Die Een waarvandan ons hulp en krag vandaan kom. Moet Hom nie uit die oog verloor nie. Dan sal jy volkome gelukkig wees.

Kyk om jou rond om die wonderlike gawes van God elke dag raak te sien. Daardie sagte rol-klank van die vleiloerie en die vrolike klanke van die Knysna ruigtesangertjie in die kusbos. Die lekker-kry plas van die logge walvis wat deur die see-oppervlak breek met ‘n grootse waterspat, of die asemrowende saam-geniet van die dolfyne wat in die voor-brander-breek die branders ry. Ons moet net ingestel wees om elke liewe gawe wat God oor ons pad bring te waardeer en te geniet.

Dankie vir die liefkry, lekker-kry en lag; maar ook dankie vir die seerkry, hartseer en trane. U vorm ons deur elke ervaring om ons die unieke skepsels te maak wat U wil hê ons moet wees. U help ons in tye van voorspoed en ook in die tye van swaarkry. Deur U smeltkroes en U genade kan niemand anders ‘n beter ek wees, as ekself nie. Ja, voorwaar, ek kan ook soos my skoolhoof van ouds së: “Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi” (Ps. 16: 653)

Mosselbaai NG Kerk Ringsitting September 2022

Die Mosselbaai Ringsitting is ‘n byeenkoms wat jaarliks plaasvind, alhoewel die volgende eers weer in 2024, as gevolg van die Sinodale byeenkoms volgende jaar. Die agt gemeentes (Brandwacht, Danabaai, Groot-Brakrivier, Hartenbos, Herbertsdale, Mosselbaai, Mosselbaai-Suid en Reebok) bied die vergadering alternatiewelik aan en dus vind dit slegs plaas elke 8-9 jaar in ‘n gemeente.

Heerlike sang gedurende die loop van die dag, onder die entoesiastiese leiding van Ds. Johan Engelbrect (Hartenbos) op die kitaar en Ds. Pierrie Kies op die klavier (Mosselbaai), het die gemaklike stemming en samesyn van die vergadering weergegee.

Ds. Willem Smit van Hartenbos open die vergadering en gee die stoel oor aan Elize Barnardt van Caritas, wat ‘n paneel van drie dames voorgestel het. Die sprekers het gewissel van ‘n maatskaplike agtergrond (Marlise Labuschagne van Helpende Hand en Solidariteit van die Wes-Kaap Streek), narratiewe terapeut (Stefanie Minnaar van Ouer-Tiener Harmonie) wat spesifiek met ouer-kind verhoudings werk en ‘n praktiserende sielkundige (Magriet Oberholser). Die tema van die oggend was om die behoefte bepaling asook aanspreek van emosionele behoeftes in gemeentes na die Covid tyd uit te lig.  

Helpende Hand en Solidariteit wat spesialiseer in die bou van netwerke en betrokke is by ouetehuise, kinderhuise, ens. binne die Afrikaanse-sprekende kultuur, help gesinne om weer op hulle voete te kom in die moeilike emosionele en finansiële tye waarin ons leef en meer spesifiek na Covid.

Magriet Oberholser noem dat ons nie ‘n padkaart gehad het vir die Covid-tyd nie. Lande, regerings, medici en gewone mense moes dus blindelings rigting vind in ‘n vreemde en onverwagte a-sosiale tydperk. Dit het mense weer laat besef wat die belangrikheid van die basiese behoeftes is. Nabyheid en aanraking van familie en vriende.

Stefanie Minnaar lig die belangrikheid van breinfunksie en aksies wat verskil tussen ouers en kinders uit. Sy beklemtoon die belangrikheid van kommunnikasie en begrip vir mekaar se angste en vrese. Sy maan teen vinnige reaksies op wat ander sê en doen, aangesien daar nie altyd begrip is vir hoe belangrik sekere dinge vir die ander persoon is nie.

Onder die fasilitering van Elize Barnardt wys die sprekers op die nodigheid om begrip te hê vir die mense om jou. Van die vrae uit die gehoor raak aan die belangrikheid om jou eie en ander se stresvlakke te verstaan. Mens moet besef dat dit positiewe stres ‘n normale reaksie is om goed te presteer. Dit is egter belangrik om begrip te hê vir die verlammende effek van negatiewe stres (Sien grafiek), wat nie bydra to prestasie nie.

Al vier die sprekers het daarop gewys dat dit belangrik is om die mense om jou fisies aan te raak om vertrouensverhoudings en omgee te reflekteer. Mens moet besef dat ‘Gesprekswerk is pynwerk’ en kan baie uitmergelend wees. Daar is ‘n plek vir elke mens, waar mens nuwe krag kry. Vir sommige is dit geloof, stilte, musiek, oefening, die natuur, ens. Elkeen moet dus besef waar hy/sy weer kan herstel. Die sprekers los ons met die volgende gedagtes:

Marlize: Sy vind haar rustigheid en hersteltyd in stiltetyd en haar motto is om ‘n plek beter te laat wanneer sy wegstap.

Stefanie: Laat ons met die teks vers: “Ek (God) weet wat ek vir jou beplan het.”

Magriet reken dat elkeen sy energie-fonteine moet ken. Vir haar is dit lees, lag, musiek, ens. Dit is wat ons help om die volgende tree te gee.

Die Mosselbaai Ringsvergadering self het ingelui met ‘n nagmaalsbediening gelei deur Ds. Danie Goosen met die baie gepaste teks verse van Joh. 7: 37-38. “As iemand dors het, laat hy na My kom en drink! Met die een wat in my glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit my binneste vloei.”

Die Gasvryheidbediening het die besoekers op kleurvolle en smaakvolle wyse ontvang en onthaal, ten spyte van beurtkrag, wat aan die orde van die dag was.

Afkondigings 18 – 25 September 2022

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 18 September 2022:

  • Baie welkom by vanoggend se erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die nuwe kerkraadslede wat vanoggend bevestig word.
  • Ons Skriflesing vanoggend kom uit Johannes 7. Die tema van die prediking is: Opgedroogde fonteine?
  • Kategese om 09:00.
  • Sinodale Offer vir Arbeidsbediening by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Woensdag – 21 September 2022

  • Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida
    (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.

Sondag – 25 September 2022

  • Geen kategese.
  • Prediker:  Ds. Danie Goosen.
  • Sinodale Offer vir Bediening aan die Jode.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.

Vrydagaand 28 Oktober 2022

Sop, Sjerrie, Stoepstories en ander stuitighede!
Plek: Kerksaal

Tyd: 18:00

Koste: R50 pp

Saterdag 29 Oktober 2022 – Gemeentefees 09h00

Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam.  Lyste met die oog op die gemeentefees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes altyd welkom by kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Gebedsgidse:

Gebedsgidse vir September 2022 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Verandering in eredienstye

Tydens die kerkraadsvergadering van 23 Augustus 2022, is daar besluit om vanaf 1 Januarie 2023 die eredienstye op Sondae te vervroeg vanaf 10:00 die oggend na 09:00 die oggend. Die Kategese sal skuif na 10:00 in die oggend direk na die erediens. Indien u nie die 09h00 oggenddiens by die kerk kan bywoon nie, is u welkom om die erediens by Groenkloof om 10:00 die oggend by te woon.

Indien u enige beswaar het teen die besluit vra ons dat u dit asseblief skriftelik so gou moontlik by die kerkkantoor indien.

Getuienisbediening

Die derde kwartaal se laaste uitreikdatum vir Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 21 September 2022.

Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte en ons voorraad na Woensdag se uitreik IS TOTAAL UITGEPUT. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.

Ondersteuningsgroep

Ons bestaan uit ‘n groepie passievolle mense wat daarop ingestel is om ‘n verskil te maak in ons gemeente en ons gemeenskap.

Indien iemand opsoek is na enige emosionele of fisiese bystand, kontak ons by die onderstaande telefoonnommer en ons sal ons bes doen om van hulp te wees.

Ons bied die volgende aan:

  • Eensames wat geselskap nodig het;
  • Mense wat hulp nodig het met inkopies;
  • Vervoer na dokters;
  • Emosionele probleme; ens.

Indien ons nie self kan help nie, kan ons altyd iemand aanbeveel.

Kontak gerus vir Riana Briers (081 039 8853) vir navrae, of om by ons groep aan te sluit.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.

Daar word tans herstelwerk gedoen binne die kerkgebou. Ons vra verskoning vir enige ongerief / stof wat hierdeur veroorsaak word. Ons bedank u vir u begrip en geduld.

FEBA RADIO SA – GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBA MALAWI

Slegs 2% van alle Yao-mense is Christene en die res is oorwegend Moslem. Met vreugde loof ons die Here vir FEBA Malawi en die impak wat sy Litala FM in honderde Yao-mense se lewens maak. Mag hulle elke dag nader aan God groei en Sy goedheid aanskou.

Soos wat die bediening in Malawi groei, het Pastoor Amos en sy span meer mense nodig om te help. Bid asseblief dat die Here die regte mense sal stuur om te help met hierdie bediening by Litala FM.

Vir meer inligting, kontak ons: Kantoornommer – (012) 335 5708; WhatsApp – 081 265 4801.

NG Kerk George (Moedergemeente) Praktiese werkswinkel oor evangelisasie (Suid-Kaap) 18 – 25 September 2022

Die volgende aktiwiteite is beplan vir bogenoemde week. Die gemeente se ondersteuning en voorbidding word gevra:

  • Sondag 18 Sep. – Interkerklike erediens.
  • Dinsdag 20 Sep. – Konferensie om te besin oor die tema – “Die kerk se rol in sosiale genesing en kohesie”. ’n Groot aantal nie-regerings organisasies, kerkgenootskappe, sakelui, polisie en munisipaliteit is genooi om te besin oor die lewensomstandighede asook die opheffing van die menswaardigheid van ons gemeenskap.
  • Woensdag 21 Sep. – Praktiese werkswinkel oor evangelisasie (09:00-13:00).
  • Vrydag 23 Sep. – Internasionale ete.
  • Sondag 25 Sep. – Interkerklike sangdiens met genooide koor.

Navrae 083 302 8639.

Bespreek by spg@kaapkerk.co.za

NG Kerk Reebok Koorfees om 19:00 – 23 September 2022

Toegang: R50 per persoon by die deure.

Kore wat optree:

  • Reebok NG Kerkkoor
  • Benevolantparkkoor
  • Ge Gaudio (George)
  • Eden Cameratakoor
  • Sotto Voce

Opstandingsfees met blomme: 22-25 September 2022

Kom ons wees maar eerlik: COVID het ons almal lelik gepootjie en ons het behoefte aan goeie nuus en hoop.   Suidkerk bied daarom ‘n Blommefees aan wat die boodskap wil oordra dat daar hoop en oorwinning is oor alle negatiewe lewensomstandighede.  Ons noem dit:  OPSTANDINGSFEES MET BLOMME.

Die Blommefees sal DV 22-25 September plaasvind.  Dit word gehou in die kerksaal van NGK Mosselbaai-Suid in 15de Laan.  Die Blommeskou skop 22 September af met ‘n wydingsdiens om 18h00 in die kerkgebou. Dit neem die vorm aan van ‘n sangdiens waarby ons lofprysingspan en ander musikante gaan optree. Daar gaan daagliks ‘n teetuin in die kerksaal wees wat tussen 10h00 en 18h00 oop sal wees. Die blommeskou is oop na die wydingsdiens en daarna bedags 10h00 tot 19h00. Die teetuin bly egter net oop tot 18h00. Toegang is gratis. Kom verlustig u in die blommeskou wat ‘n boodskap van hoop oordra en geniet keurige gebak en drinkgoed in die teetuin. Almal in die gemeenskap word hartlik uitgenooi om hierdie fees te kom geniet.

Navrae kan gedoen word byds. Danie Smit by 084 701 4386.

DIE WEBTUISTE

(nggrootbrak.co.za)

Nuut op 18 September 2022

  1. Link na die YouTube Preek van 18 September 2022.
  2. Kommunikasiebediening: “Stof tot nadenke: Hoe sê mens dankie”.
    ‘n Kort boodskap vir die week.
  3. Mosselbaai Ringsitting: 13 September 2022 te Groot-Brakrivier.
  4. Gemeentebrief: September 2022.
  5. Boekvoorlesing: Onverantwoordelik deur dr. Frans Hancke. Ou episodes kan ook geluister word.

YouTube Eredienste

YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07h00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314

Kerkbode 16 September 2022

Kerkbode

Dit was ‘n roerende belewenis om saam met duisende gelowiges van regoor
die wêreld te sing en bid en saam gesprek voer skryf ds Nelis Janse van
Rensburg uit Duitsland.
Hy was deel van die NG Kerk se amptelike afvaardiging wat die agt-jaarlikse
saamtrek van die Wêreldraad van Kerke se Algemene Vergadering
bygewoon het wat vanjaar van einde Augustus tot 8 September gehou is in
die Duitse stad Karlsruhe.

Lees meer “Kerkbode 16 September 2022”