Maandag – 12 September 2022 –
Gemeentefeesbeplanningsvergadering om 18h00 in die kerkgebou
Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751)
Dinsdag – 13 September 2022 Ringsitting
Sondag – 18 September 2022 Kategese om 09:00. Erediens 10:00 Prediker: Ds. Danie Goosen. Bevestiging van nuwe kerkraadslede
Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 21 September 2022
Vrydagaand 28 September 2022 Sop, Sjerrie, Stoepstories en ander stuitighede!
Saterdag 29 Oktober 2022 – Gemeentefees 09h00
Afkondigings 11 – 18 September 2022
Vandag – Sondag 11 September 2022:
- Baie welkom by vanoggend se erediens en ’n spesiale verwelkoming aan Dr. Gerdrie van der Merwe wat vanoggend se diens lei.
- Ons Skriflesing vanoggend kom uit Matt. 6:24-34 & 1 Pet. 5:6-11. Die tema van die prediking is: Lewe vandag voluit!
- Kategese om 09h00.
- Spesiale Offer Sending onder Melaatses.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Stof tot nadenke: ‘n Gebed
Here maak my ‘n instrument van u vrede.
Waar daar haat is, laat my liefde bring.
Waar daar leed is, laat my die gees van vergifnis bring.
Waar daar twyfel is, gee dat ek u geloof mag versprei.
Waar daar wanhoop is, help my om hoop te bring.
Waar duisternis, ek die lig mag bring.
Waar daar droefheid is, ek vreugde mag skep.
O Heiloge Meester, gee dat ek
nie soseer sal trag om vertroos te word nie,
as om te vertroos;
om begryp te word nie, as om te begryp;
om bemin te word, eerder as om lief te hê nie.
Want dit is deur te vergewe dat ons vergewe word;
dit is deur te sterwe dat ons tot die ewige lewe gebore word!
Amen
Gebed van St Francis van Assisi
Omgeebediening: Groente-pakkies
Tydens die grendeltyd van 2000 tot 2022 het ‘n weldoener in die NG Kerk Groot-Brakrivier begin om by 20 punte in die gemeenskap, waar daar behoefte was, groentepakkies te voorsien. Tydens April het die weldoener ‘n versoek aan die omgeebediening gerig om voort te gaan tydens die vyf maande wat die persoon uitstedig sou wees.
Lees meer “Omgeebediening: Groente-pakkies”Madagaskar: THE WEEK – 25/09/2022
Almost time for me to go home…as in Madagascar home. One more flight to go. I am writing while I wait on Bole airport in Addis Ababa. Time is really going slowly now.
My week in Paris was just an amazing experience. I think my mouth did hang open for a moment like the rest of the people around me when I saw the Eiffel Tower for the first time. From up close, it just looks like a pile of rusted iron, but that is just between us. Alice’s first question was whether I went to the top. Sorry people, my sensitivity to heights made me break out in a sweat just looking all the way to the top. Versailles was another highlight; so much history…so much gold. In this case, all that glitttered, was really gold.
Lees meer “Madagaskar: THE WEEK – 25/09/2022”Here am I Lord…..send me!
The devotional times at the Bundescamp in the mornings, built up to that moment of asking us whether we were ready to accept the challenge of being sent and used by God. You might wonder why this was so significant to me as Dries and I have been in the mission field for years. It has never been straightforward nor easy, but we were never uncertain of the fact that we were called to Madagascar. The last two years were so challenging; the probable closure of the school on Nosy Be and the constant shortage of funds to keep going. The long time apart did add to our asking the Lord whether our time in Nosy Be is coming to an end. When the solution to keep going with the school came in the form of starting with less than we had the first time, I could not get my head around the fact that we will have to once again ‘start from scratch’.
Lees meer “Here am I Lord…..send me!”Missie Japan Nuusflits: 31 Aug. 2022
TWEE MINUUT VIDEO van ons verlof by die vakansie-oord vir sendelinge in Japan, genaamd Takayama (wat reeds sedert 1888 bestaan).
** FOR ENGLISH ** JUST SCROLL DOWN **
Beste Ondersteuner,
Lewe lank genoeg in Japan en bloot natuurlik absorbeer jy die Japannese kultuur van verslaggewing en dokumentasie, dus hier volg ons vakansie ‘verslag’.
Radio Feba – E-Gebedsgids vir September 2022
- E-gebedsgids vir September 2022
September 2022
“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.”
MATTEUS 7:12
Erediens 4 September 2022
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Jeremia 18: 1 – 12
Tema: ‘n Gedaanteverwisseling
Begeleiding: Marida Bridges
Liedere:
Flam 105
Stof tot nadenke: Die onuitputbare Kragbron!
“Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees ” Psalm 27: 1
In hierdie tyd waar ons dikwels onderwerp word aan kragonderbrekings, gryp ons dadelik na gastofies, flitse en kerse, sodat ons tog net nie in die duister hoef te sit nie. Ons het so gewoond geword om op ons eie krag staat te maak. Die lewe het so gemaklik geword, dat dit ons dikwels onkant van wanneer hierdie kragonderbrekings ons tref.
In ons geestelike lewe weet ons egter dat daar ‘n onuitputbare kragbron aan die werk is. Dit is nie op onsself wat ons hoef staat te maak nie. Ons sterkte en lig lê by God, Christus en die Heilige Gees. Die Psalmdigter, Dawid het so dikwels God se lof en bystand besing. Ps. 8:2 noem hoe glansryk alles is wat God in die hemelruim geplaas het.
Ps 16: 5 leer ons dat God vir ons sorg. Alles wat ek het kom van Hom af. Kan ons anders as om dankbaar te wees vir die pragtige deel wat vir elkeen van ons afgemeet is, en die mooi daarvan raaksien (Ps 16: 6). Self in die donkerste tye laat die Here ons lampe helder skyn, wan God gee ons lig wanneer dit donker om ons is (Ps 18: 29). God omsingel ons met krag (Ps 18: 33 en Ps 18: 40).
In Ps 19: 8 verseker Dawid ons dat die woord van die Here lewe gee en Ps 23:3 stel dit so mooi: “Hy gee my krag. Hy lei my op die regte paaie…”
Kan ons dan anders as om by hierdie ewigdurende kragbron in te skakel. Hy wat vir ewig was, is en sal wees. Hy wat die heerser van die uitspansel is. Hy wat ons nooit verlaat nie, al voel dit of ons deur donker skaduwees gaan. “U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.” (Ps 23: 6).
Lief en Leed – Week 36 van 2022
Dit is met leedwese dat ons u meedeel van die afsterwe van
Lettie Müller
Ons dra ons innige simpatie en voorbidding oor aan die oorledene se geliefdes, mag die Here u troos in hierdie hartseer tyd.
Nuusflitse Week 36 van 2022
Sondag – 11 September 2022 Kategese om 09:00. Erediens 10:00 Prediker: Dr. Gerdrie van der Merwe.
Maandag – 12 September 2022 Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.
Dinsdag – 13 September 2022 Ringsitting
Getuienisbediening Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is as volg: 7 en 21 September 2022
Madagaskar: The week 21 August 2022
Paris!
My arrival in Paris was bittersweet. I had to say goodbye to the Schock family in Schorndorf after two of the most memorable weeks of my life. It deserves its own blog post.
Lees meer “Madagaskar: The week 21 August 2022”Erediens 28 Augustus 2022
Prediker: Dr. Kobus Smit
Skriflesing: Filippense 2: 1-11
Tema: Hy wat sy voordeel prys gegee het
Begeleiding: Marida Bridges
Liedere:
Lied 284: 1-3
Lied 526
Lief en Leed Week 35 van 2022
Nuusflitse Week 35 van 2022
Sondag – 4 September 2022 Kategese om 09:00. Erediens 10:00 Prediker: Ds. Danie Goosen
Getuienisbediening Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening : 7 en 21 September 2022
Omgeebediening Skakel Corrie Pieters (082 327 9527)
Ondersteuningsgroep Donderdag, 1 September 2022 om 10h00 in Lokaal 6
Afkondigings – 28 Augustus – 4 September 2022
Vandag – Sondag 28 Augustus 2022:
- Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan Dr. Kobus Smit wat vanoggend se erediens lei.
- Ons skriflesing vanoggend kom uit Filippense 2 verse 1 tot 11. Die tema van die prediking is:Hy wat sy voordeel vir jou prysgegee het.
- Sinodale offer vir BADISA.
- Kategese om 09h00.
- Barmhartigheidsondag.
- Sondag vir persone met gestremdheid.
Bybelsondag 2022
Lees meer “Afkondigings – 28 Augustus – 4 September 2022”Stof tot nadenke: Wysheid van Bo…
“Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg. Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak ” Jakobus 3: 17-18
Jakobus begin in vers 13 met die vraag : “Is daar ‘n wyse en verstandige mens onder julle?” Daar is so baie van ons wat wysheid in die aardse boekekennis en eie ervaring soek. Ons lees elke boek wat ons kan kry. Ons luister na al die rate en ‘wyshede’ wat op die radio of TV aan ons verkondig word. So dikwels aanvaar ons hierdie ‘waarheid’ as die begin en einde van kennis en dus ook wysheid.
Ons bevraagteken die bestaan van God, Christus en die Heilige Gees asook Sy skeppings vermoë. Ons staan skepties oor mense en al die aardse pogings om hierdie wêreld ‘n beter plek te maak. Ons word vasgevang in ons politiese oortuigings, kerklike leeringe, sosiaal aanvaarde lewenswyse, in so ‘n mate dat ons dikwels die basiese van wysheid totaal miskyk. Dit word so duidelik in Jakobus 3:13-18 uiteengesit.
As ons harte gevul is met jaloesie en naywer, in ons werkplek, of in ons woonplek, kan ons nie spog dat ons wysheid het nie. Dit is ‘n soort aardse wysheid wat sosiaal skynbaar aanvaarbaar is, en dikwels deur die boelies van hierdie wêreld gebruik word, om hulleself te bevorder. Die soort aardse wysheid lei tot wanorde en allerhande gemene dade, wat uit ons sogenaamde wysheid geregverdig word.
Wanneer iemand waarlik wysheid het, word dit gesien in sy gedrag van nederigheid, bedagsaamheid, medelye met ‘n ander se seerkry, onpartydigheid en opregtheid. Dis nie ‘n wysheid wat uit onsself kom nie, maar is ‘n genadegawe wat God aan ons skenk. Die geskenk kom deur die geloof in Christus wat vir ons sondes gesterf het, en die bystand en ewige nabyheid van die Heilige Gees wat ons lei en reghelp, elke keer as ons struikel. Ons moet gedurig onthou dat ons vir wysheid kan vra in gebed, wat ons kan help deur enige situasie. Dit bring ons ook in die regte verhouding met God, wat ons vul met ‘n vrede wat alle verstand te bowe gaan! Mag God jou seën met Sy wysheid.
Gebedsgids – September 2022
Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Jer. 29:12
DONDERDAG 1 September Gebed
Bid asseblief vir elke lidmaat wat hierdie Gebedsgids gebruik. “Here seën hulle en hulle dierbares met die keur van U seëninge. Dankie dat U self die waarborg is vir gebede wat in U Naam gebid word (vgl. Joh 14:13-14). Mag meer lidmate van hierdie materiaal gebruik maak.
VRYDAG 2 September Ons vervolgde Familie
Bid vir ons vervolgde familie in lande wat nie aldag in die nuus is nie. Bid dat hulle U vrede sal beleef, U krag sal ervaar en sal volhard in gebed en getuienis. Mag hulle vas staan teen aanvalle en verwerping. Ons moet volhard om hulle aan die Skepper op te dra.
SATERDAG 3 September Voorbereiding
Ons bid dat lidmate tyd sal maak om stil te word en hulle geestelik sal instel om môre ‘n ontmoeting met U te hê. Seën asb. ook elke leraar wat môre die Woord moet verkondig. Gee vir hulle kalmte, insig Goddelike wysheid wanneer hulle voor die gemeentes staan.
SONDAG 4 September Dowes
Ons deuroffers gaan vandag vir die bediening van dowes. Kom ons bid vir instansies betrokke en dat die Here daar sy seën sal bied. Gee mildelik en dank God vir elkeen van ons sintuie.
MAANDAG 5 September Verhoudings
Egskeiding, konflik in gesinne en spanning by die werk, lei daartoe dat baie mense alleen, verlore, ongeliefd en wanhopig voel. Bid vandag dat elkeen wat worstel met ‘n diep verlange na liefde en versorging, vervulling sal vind in die liefde van Jesus Christus en sy verlossing. Bid vir versoening in verhoudings in ons land. (Johannes 14:1).
DINSDAG 6 September Enkellopendes
“Hemelse Vader, ons het vandag die behoefte om alle enkellopendes, weduwees, wewenaars en geskeide persone na U toe te bring. Oordek hulle met U liefde, sorg en genade en gee hulle die versekering dat U met hulle is tot aan die voleinding van die wêreld en dat U eensaam en verlate in Getsémané moes wees sodat ons nimmermeer deur U verlaat sal word nie. Mag lidmate in liefde uitreik na ons eensame ’’familielede’’.
WOENSDAG 7 September Landsburgers se veiligheid
Bid vir seën oor personeel van veiligheidsinstansies wat oor ons veiligheid waak: polisie-; brandweer-; noodhulp- en sekuriteitswerkers. Bid ook vir hulle gesinne wat dalk in vrees en angs verkeer wanneer lang en ongereelde ure hul van mekaar verwyder.
DONDERDAG 8 September Huwelike
“Vader, die aanslag van die duiwel is tans sterker as ooit op ons huwelike. Ons vra vir die nodige respek, geduld en getrouheid in die huwelik en dat egpare die leiding van ons God en Here eerste sal stel in hulle verhouding”. Egpare bid vir- en saam met mekaar!
VRYDAG 9 September Nigerië
Christene wat deur Fulani-militante ontwortel is, staar voor die algemene verkiesing in 2023 groter vervolging in die gesig. Bid dat hulle sal onthou dat God se Naam ‘n sterk vesting is tydens onsekerhede. (Spr. 18:10)
SATERDAG 10 September Bejaardes
“Dierbare Vader, vanoggend wil ons met liefde en deernis dink aan al die pensioenarisse wat swaar trek weens verskillende omstandighede – dikwels buite hulle beheer. Omvou hulle met U liefde en mag hulle nie moedeloos word nie, maar die oog op U gerig hou”
SONDAG 11 September Melaatses
Dit is ongelukkig waar dat daar nog melaatses in ons land te vinde is. Ons kerk het al baie jare lank ‘n bediening om Christus se liefde ook onder hulle te laat leef. Bid vir hierdie mense en vir gelowiges wat hulle op geestelike gebied versorg en bystaan.
Ons het vandag die geleentheid om hulle met ons bydraes te ondersteun.
MAANDAG 12 September Gesinsgeweld
Dit is moeilik om saam met ‘n gewelddadige (fisies of verbaal) persoon te leef. Bid dat die Here met Sy liefdevolle goedheid en genade verlossing van vernietigende gedrag en woorde in gesinne sal bewerk. “‘n Sagte woord laat woede bedaar” (Spreuke 15:1).
DINSDAG 13 September Kerkraadsvergadering
Dank die Here vir Kerkraadslede wat in ons gemeente dien. Bid vir vanaand se vergadering, dat dit in ‘n goeie gees, met wysheid en onder leiding van die Gees sal plaasvind. Dat die fokus op die Koninkryk van God en Christus se groot opdrag sal wees.
WOENSDAG 14 September Geestesgesondheid
Bid vandag vir hulle wat aan depressie, angs en ander sielkundige kwale ly. Vra dat hulle God se stem in hulle lewens sal hoor en dat hulle hul vertroue in Hom sal wees vir verlossing en genesing. Bid dat hulle hul skeppingsdoel en hoop in Jesus Christus sal vind. (Ps 42:6).
DONDERDAG 15 September Betrokkenheid
Loof vandag die Here dat Hy Hom verbind het om self Sy Kerk in stand te hou en dat Hy ons as lidmate juis daarvoor wil gebruik. Vra dat die Heilige Gees lidmate sal inspireer en motiveer om meer betrokke te raak by ons gemeente se verskeie bedieningsterreine, want iewers kan elke persoon se gawes en talente gebruik word.
VRYDAG 16 September Kenia
Bid vir vroue wat weens hul geloof in Christus slagoffers van mishandeling word. Bid dat hulle God se liefde en omhelsing van die Heilige Gees sal ervaar. Dat hulle Sy vrede beleef.
SATERDAG 17 September Teologiese Opleiding
Daar is baie kommentaar en standpunte in die media en dalk wanbegrip oor die lektore en opleiding van leraars by ons verskillende Universiteite. Kom ons bid ernstig dat saam met die suiwere Waarheid en Kennis, daar ook by elke student geroepenheid, passie, toewyding, erns en opregte gebed deel van hul vorming sal wees.
SONDAG 18 September Arbeidsbediening
Die hele arbeidswêreld behoort aan die Here. Mense se werk is vir Hom belangrik. Kom ons bid vir vrede, hardwerkendheid, geregtigheid en versoening by almal wat werk het. Bid ook vir mededeelsaamheid en sorg tussen werkloses en werkendes. Ons offers gaan vandag vir die werkers in hierdie sinodale bediening.
MAANDAG 19 September Huishulpe en Tuiniers
“Here, Laat ons wat in ‘n lewende verhouding met U staan, teenoor hulle wat so naby ons leef en werk, getuig van U Verlossing vir elkeen. Leer ons om U liefde teenoor hulle uit te leef, laat ons werklik dissipels vir U wees en hulle na U te lei.”
DINSDAG 20 September God se Skepping
Dank God vir die voorreg om ‘n nuwe dag te kan ervaar en om die pragtige natuurskoon te aanskou. Heer help ons, om as rentmeesters van u skepping, U handewerk te waardeer en ook met verantwoordelikheid te versorg. U is groot o Skepper-God. (Ps 8)
WOENSDAG 21 September Die Kerk van Jesus
Ons dank God vir Sy Kerk – die Heilige Algemene Christelike Kerk wat ons Sondae bely. Dankie dat Hyself Sy Kerk in stand hou en mag ons lewende stene wees wat tot Sy eer sal leef en getuig. Mag Jesus se gebed vir eenheid in Joh 17:21 in ons harte leef.
DONDERDAG 22 September Arbeiders in die oesland
Ons bid vir sendelinge wêreldwyd mag hul daagliks krag en wysheid ontvang om Jesus aan ‘n stukkende wêreld voor te stel. Dat God elke gesprek of preek sal seën en harde harte sal verander. Bid vir hul dierbares, gesondheid en volharding in hul roeping.
VRYDAG 23 September Indië
Bid vir die beskerming van die prokureurs wat vroeër vanjaar gedreig is omdat hulle probeer het om ses vervolgde Christene by te staan. Bid dat God meer mense sal oproep om ‘n stem vir ons vervolgde broers en susters in Indië te wees. “Here seën u kerk in Indië.”’
SATERDAG 24 September Erfenisdag
Hierdie dag word op vele maniere gevier, ons as gelowiges het egter ‘n ewige erfenis. Kom ons sê dankie vir die ewige hoop wat ons erfenis is: “Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig. (Kol 1:12)”
SONDAG 25 September Bediening aan Jode
Ons dink vandag aan ons Joodse Christene en dank God dat hulle hul Messias gevind het. Mag al meer Jode en mense van ander godsdienste deur ons getuienis en ons lewens die Weg, die Waarheid en die Lewe ontdek. Bid vir alle bedienings wat na vreemdes uitreik.
MAANDAG 26 September Geestelike Groei
Kom ons bid vandag vir geestelike groei en volwassenheid by al ons lidmate, oud en jonk
en dat geleenthede vir onderrig, Bybelstudie en gebed aangegryp sal word om ons geestelik te laat lewe en groei. (Kol. 4:12)
DINSDAG 27 September Christelike Televisie
Marida Bridges – ‘n Lofsang tot eer van die Here
Marida Bridges, NG Kerk Groot-Brakrivier se orrelis vanaf 1 Augustus 2022, is een van daardie begaafde mense wat reeds van vroeg af gefokus was op haar passie vir sang en musiek. Sy is gebore in die Noord-Kaapse Kenhardt waar hulle nog gereeld op die familieplaas gaan kuier het. Haar laerskooljare is in Caltizdorp voltooi. Daarna het hulle na Worcester verhuis, waar sy haar hoërskoolloopbaan klaar gemaak het. Sy was reeds op 15-jarige ouderdom orrelis vir die Lutherse Kerk in Worcester.
Sy het haar studies aan Stellenbosch Universiteit (1989-1992) voltooi in die Uitvoerende Kunste, met Klavier, orrel en sang as hoofvakke. Sy het as orrelis opgetree in die Studente Kerk van Stellenbosch, tydens haar studente jare.
Sy het haar in Lydenburg gevestig in 1992 en het vanaf 2003 as alleen ouer na haar twee dogters omgesien. Sy het haar hand aan ‘n verskeidenheid van werksopsies, om haar inkomste as orrelis van eers Lydenburg Suid se gemeente, en daarna Lydenburg Moedergemeente, aan te vul. Sy het privaat lesse in klavier en Aerobics lesse aangebied, groente verkoop en verpak, asook boukhouding gedoen vir verskillende firmas.
In 2007 ontmoet sy haar man, David, in Lydenburg tydens ‘n ses weke vakansie by sy dogter. Die vakansie is verleng na nege maande nadat hy Marida ontmoet het. Sy dogter het ‘n arbeidskonsultasie besigheid bedryf, en Marida het boekhouwerk vir haar gedoen. David is al 30 jaar woonagtig in Groot-Brakrivier en het ‘n huis in Sandhoogte. Marida het afgetrek Groot-Brakrivier toe.
Marida het ook ‘n groot belangstelling in naaldwerk en spesialiseer in die maak van laslappie en kwiltwerk dekens. Sy het reeds 56 pragtige bedspreie gemaak.
In 2008 tot 2009 was sy orreliste vir Brandwag Gemeente, asook onderwyseres by Laerskool Vorentoe, waar sy Skoolmusiek, Kuns & kultuur, asook die koor begelei en afgerig het. Haar ervaring as onderwyseres het tot 2016 gestrek. In 2010 is sy aangestel as orreliste van Hartenbos se NG Kerk, waar sy werksaam was tot Julie 2022. Ons is dankbaar om Marida te hê as nuwe orrelis in die NG Kerk Groot-Brakrivier, wat ons lofsang tot eer van die Here so opgehelder het.









