Omgeebediening: Kospakkieprojek

Kospakkie-projek

Die NG Kerk Groot-Brakrivier voorsien al vir meer as 20jaar maandelikse kospakkies aan gisinne; tans bykans veertig gesinne. Die gesinne sluit beide mense in die Gemeente asook in die groter Groot-Brakrivier gemeenskap in. Vir die projek is daar beide finansieële skenkings asook skenking vanaf gemeentelede. Die verdere maandelikse behoefte vir die pakkies word aangevul uit die begroting van die Omgeebediening van die gemeente deur aankope by plaaslike besighede.

Lees meer “Omgeebediening: Kospakkieprojek”

Stof tot naddenke: Het jy al moord gepleeg

“…’Jy mag nie moord pleeg nie, en elkeen wat moord pleeg, is strafbaar voor die regbank. Maar ek sê vir julle: Elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar voor die regbank. Verder, elkeen wat sy broer uitskel vir ‘n gek, is strafbaar…”

Matt: 5: 21-22

Moord gepleeg, “Moet nie laf wees nie, nie ek nie!” is ons almal se oombliklike antwoord. Indien ons egter bietjie verder lees in Matteus begin ons egter twyfel aan ons eie onskuld aan moord. In die bergpredikasie wys Christus ons op die oordeel wat ons oor onsself kan bring. Om kwaad te word vir my broer (bloedbroer, geestelike broer of selfs iemand wat ek nie ken nie) is in Christus se oë gelykstaande aan moord. Hoe is dit moontlik? As ons mooi daaroor gaan nadink, wat gebeur wanneer jy kwaad is? Jy begin altyd vir jouself regverdiging in die tweestryd soek. Jy bespreek dit dikwels met die mense naaste aan jou, met ander woorde jy versprei ‘n storie met slegs die een kant van die storie in die lig. Jy redeneer: ‘Ek kan maar kwaad wees want hy/sy/hulle het my soveel kwaad aangedoen’. Dit wat teen my gedoen is kan ook iets wees wat hulle nie eers besef nie. Dit kan soms bewustelik of onbewustelik wees.

So ‘n ‘eensydige storie’ kan verreikende gevolge hê. In ons kwaad word reaksie sê ons so maklik iemand is gek, onnosel of ‘n idioot. Sodra iemand nie met ons sienswyse of uitkyk op die lewe saamstem nie, reken ons dadelik dat hulle van mindere verstandelike vermoëns is. Ons gebruik so dikwels snydende taal om iemand te verkleineer en ons self sodoende te laat beter voel. Deur hierdie kwaad word kan iemand uit ‘n gemeenskap verdryf word. Iemand kan eenkant toe geskuif word. Dit pas ons, want ons is kwaad.

Deur so te reageer is ons besig om onsself lelik in die voet te skiet, volgens Christus. In God se oë is dit gelykstaande aan moord. Hoe is dit moontlik? Maklik, want in jou kwaad word verloor jy jouself, asook dikwels insig in die ander kant van die storie. Die ander se seer en pyn. Mense word dikwels eenkant geskuif en dit lei tot ‘sosiale moord’ vir daardie persoon. Mens sien dit dikwels in die normale gang van die dag. Christus maan ons om te besef dat om kwaad te word, voor God dieselfde oordeel sal kry as wanneer jy moord pleeg. Kom ons dink twee maal voor ons in woede, kwetsende woorde uiter! Kom ons dink twee maal voor ons iemand probeer kwaad maak. Laat ons liewer versoening soek met almal vir wie ons kwaad is.

Nuusflitse Week 43+ van 2022

Nuusflitse

Sondag – 23 Oktober 2022 Kategese om 09:00. Erediens 10:00 Prediker:  Dr. Frans Hancke
Ds. Danie Goosen woon ‘n kursus by 14 – 19 Oktober 2022 en is met verlof vanaf 20 – 23 Oktober 2022. Dr. Frans Hancke sal vir hom instaan in hierdie tyd en sal beskikbaar wees op die gemeente selfoon 073 319 9807.
OMGEEBEDIENING:  KERSPAKKIES  leë koffieflesse in die voorportaal. Vul dit met wat u wil vir kersfees – lekkers, waslap, ens. Enige iets wat harte sal bly maak. Bring dit asseblief terug voor begin Desember 2022
Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 19 Oktober en 2, 16 & 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022
Vrydagaand 28 Oktober 2022 Sop, Sjerrie, Stoepstories en ander stuitighede!
Saterdag 29 Oktober 2022 – Gemeentefees 09:00
Groenewaldfonds: Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2022

Afkondigings 16 – 23 Oktober 2022

Afkondigings

Vandag – Sondag 16 Oktober 2022:

  • Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan dr. Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons Skriflesing vanoggend kom uit Matteus 28. Die tema van die prediking is: In sy voetspore.
  • Kategese om 9:00 vanoggend.
  • Spesiale offer Gideons.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Gebedsgidse:

Gebedsgidse vir Oktober 2022 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Woensdag – 19 Oktober 2022

  • Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.

Sondag – 23 Oktober 2022

  • Kategese om 09:00.
  • Prediker:  Dr. Frans Hancke.
  • Spesiale Offer Gemeente Instandhoudingsfonds.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.

Ds. Danie Goosen woon ‘n kursus by 14 – 19 Oktober 2022 en is met verlof vanaf 20 – 23 Oktober 2022. Dr. Frans Hancke sal vir hom instaan in hierdie tyd en sal beskikbaar wees op die gemeente selfoon 073 319 9807.

OMGEEBEDIENING:  KERSPAKKIES

Ons probeer altyd met ons Desember kospakkies iets spesiaals vir Kersfees in die pakkies sit.

Hierdie jaar het ons leë koffieflesse in die voorportaal vir u geplaas.  Neem asseblief een en vul dit met wat u wil vir kersfees – lekkers, waslap, ens. Enige iets wat harte sal bly maak. Bring dit asseblief terug voor begin Desember 2022. Ons moet 40 bottels vul.

Baie dankie vir u getroue ondersteuning.

Getuienisbediening

Die vierde kwartaal se uitreikdatums vir Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 19 Oktober en 2, 16 & 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022.

Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.

Dringende behoefte

Daar is ‘n dringende behoefte vir ‘n stootwaentjie en babaklere. Indien iemand hiermee kan help kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word vir aandag Aletia Nortje.

Vrydagaand 28 Oktober 2022

Sop, Sjerrie, Stoepstories en ander stuitighede!Plek: Kerksaal Ken jy ’n bobaas stoepstorieverteller?

Tyd: 18:00 Kontak Johan Smit – 084 500 4296.

Koste: R50 pp

Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor of Sondae by die kerksaal.

Saterdag 29 Oktober 2022 – Gemeentefees 09:00

Kom geniet ’n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam. Lyste met die oog op die gemeentefees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening met Naam, Bloknommer en “GFees” as verwysing. Kom koop op die dag om teleurstelling te voorkom. Ons neem nie vooraf bestellings nie, maar Groenkloof kan met hulle betrokke kerkraadslid gesels om hulle goedere by die fees af te haal.

FEBA RADIO SA:  GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBC Rusland:

Bid asb. hierdie week vir FEBC Rusland. In hierdie moeilike tye is dit belangrik dat ons God se seën afbid op die werk van FEBC Rusland en ook vir ons personeel se veiligheid. Sommige van ons personeel is teen hul sin opgeroep in Putin se nuwe mobilisering teen Oekraïne. Bid asb. dat God se wil geskied. Bid ook dat die bediening in die Buryat Republiek in Rusland sal aanhou groei met nuwe jongmense wat by die span aansluit.

Vir meer inligting, kontak ons gerus: Kantoor – (012) 335 5708; WhatsApp – 081 265 4801.

Groenewaldfonds:

Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2022. Die voorgeskrewe aansoekvorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb. die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.

Die webtuiste(nggrootbrak.co.za)

Nuut op 16 Oktober 2022

  1. Skakel na die YouTube preek van 16 Oktober 2022.
  2. Getuienisbediening: Die nuutste nuusbriewe uit die Oekraïne en Madagaskar.
  3. Omgeebediening: Die kospakkies-projek.
  4. Kommunikasiebediening: “Stof tot nadenke: Het jy al moord gepleeg?”. ‘n Kort boodskap vir die week.

YouTube Eredienste

YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.

16 Oktober is Wêreld Voedsel-dag.Volgens Action Against Hunger is daar 811 miljoen mense wat steeds honger gaan slaap.
Ons bid vir die gene wat nie toegang tot voedsel of ‘n gebalanseerde maaltyd het nie
.Ons bid ook dat die Here ons elkeen sal gebruik as deel van die oplossing.

Gemeentefees – Saterdag 29 Oktober 2022 – 09:00 tot 13:00

Pannekoektafel:
Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoeke. Indien u kan help skakel asb. Piet Snyman (082 297 3476).

Bydraes vir bestanddele soos meel, olie, suiker en eiers sal baie waardeer word.

Gebak:
Ons benodig baie produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Liana 084 764 6155.

Jeugtafel:
Ons benodig speelgoed en/of bydraes vir die jeugtafel. Die items kan afgegee word by De Kaap Eiendomme. Pauline Richards 079 557 8591.

 U kan by enige tafel iets bring soos u kan.

SAMEROEPERS

1. KERRIE-EN-RYS:
250 ml @ R15 & 500 ml @ R30.
Barbara Gericke – 082 411 1222 / Corita du Preez – 084 265 9487.

2. JAFELS @ R20 ELK: Daar sal ’n aantal jafels beskikbaar wees op ’n eerste kom basis. Om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met die beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief steeds u bestellings per WhatsApp of sms by Annatjie van Rensburg – 082 871 0927 plaas.

3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk. Daar sal ook slap chips te koop wees. Amelia 072 975 0917.

4. PANNEKOEK: Piet Snyman 082 297 3476.

5. SOSATIES: Sosaties @ R18 elk. Geen bestellings!
Eddie Drost 082 920 1829.

6. VLEIS: Adolf Jonker – 076 910 2675.

7. GEBAK: Liana Boshoff – 084 764 6155.

8. GROENTE: Robert Crause – 071 243 9181.

9. WIT OLIFANT: Bring asb. enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011.

10. KINDERTAFEL: Pauline Richards – 079 557 8591.

11. POEDING: Elmari Olsen – 073 979 8868. Indien u ‘n poeding skenk dui net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.

12. TEETUIN: Michelle Roon – 064 674 9756 of Marie Snyman – 082 229 8316.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314

Oekraine: Michele se maandelikse Reni Gebedsbrief

Liewe vriende en familie. 

*Indien jy dalk ‘n boodskap aan die einde wil stuur, skryf asseblief vir my na: Nuwedag@gmail.com of Whatsapp na +380838126060

As jy net “reply” druk, kry almal op die verspreidingslys jou brief.

Baie dankie dat julle bid. Baie dankie vir elke bemoediging en boodskap. Baie dankie vir elke bydrae en donasie. Ek waardeer dit alles oneindig baie. Dit is julle wat die werk in Reni moontlik maak. Dankie dat ons saam ‘n span kan wees. Ons het geen sending organisasie of uitstuur gemeente wat ons ondersteun nie. Dit is net ons vriende en familie wat al die jare by ons staan. Vir 26 jaar en veral ook nou, die moeilikste jaar van die 26 jaar. Ek sou dit nooit alleen kon doen nie. Elke bemoediging is vir my so kosbaar en ek dank die Here dat jy in my lewe is. Ek is so verskriklik baie dankbaar. 

Lees meer “Oekraine: Michele se maandelikse Reni Gebedsbrief”

Madagaskar: Lynette’s Newsletter: Dust…

Madagaskar 20221005

‘Dust to dust…bite the dust….let the dust settle‘, I forgot that there were so many ‘dust’ metaphors and we are experiencing all of them at the moment. We are surrounded by the literal variety mostly. The one that settles everywhere. The red dust at school is blown into every nook and cranny of the building. Bookcases are covered in plastic for protection, but unfortunately we cannot walk around in plastic bags and at the end of every day we are left with the fine, red powder even between our teeth.

Lees meer “Madagaskar: Lynette’s Newsletter: Dust…”

Nuusflitse Week 41+ van 2022

Nuusflitse

Woensdag 12 Oktober 2022 – Klub 50 SNOEKBRAAI! 11:00 Kerksaal
Vrydagaand 28 Oktober 2022 – Sop, Sjerrie, Stoepstories en ander stuitighede! Plek: Kerksaal. 18:00
Saterdag 29 Oktober 2022 – Gemeentefees 09:00
Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 19 Oktober en 2, 16 & 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022.

Stof tot nadenke: ‘n Helder lig in die donker

“…Ons sal aan die volgende geslag vertel van die roemryke dade van die Here en van sy mag, van die wonderdade wat Hy gedoen het”

Ps. 78: 4

In Psalm 78 word ons gewys op ons verpligting om die Woord van die Here aan ons nageslag bekend te maak. In Dr. Fanie Bergh se preek van Sondag 2 Oktober vergelyk hy dit met die hardloop van ‘n aflos. Indien ons nie die aflosstokkie in die hande van die volgende naelloper oorgee nie, is ons dadelik uit die wedloop. Elke ouer en grootouer in hierdie lewe moet dit dus op hulle neem om hulle kinders en kinds-kinders te vertel van die wonderlike gawe van Christus. Dit is slegs moontlik indien jy as gelowige volkome glo in die woord van God. As jy dit jou eie gemaak het en passievol glo dat dit die enigste weg is. Ons moet waak om nie ‘n verkeerde aflosstokkie oor te gee, soos die geval in die ou film ‘Blackbeards Ghost’, waar, net soos op hierdie aarde, alles geoorloof is om die aardse wenpaal te bereik.

In hierdie wêreld met sy misplaaste persepsies van wat reg is, afknouery, veroordeling van die waarheid tot voordeel van sekere mense, moord, diefstal, magsbejagdheid en oorloë skep ‘n baie donker prentjie vir die nageslag. Ons wat vashou aan die geloof, hoop en die liefde wat deur God, Christus en die Heilige Gees so mildelik aan ons gegee is, moet hierdie wonderlike boodskap wat ons uit die Woord ontvang het, asook uit eie ervaring, met ons nageslag deel. Ons moet die lig wees vir ons kinders en kinds-kinders. Ons moet hulle wys dat om Christen te wees die een keuse is wat volkome vrede in jou gemoed kan bring, in teenstelling met die aardse keuses wat voor hulle deur gelê word.

Ons moet ook in ag neem dat woorde wek, maar voorbeelde trek. Dit help nie net om te praat nie, jou hele lewe, in taal en in handel, moet aan jou nageslag wys dat jy glo. Jou woorde, jou dade en jou omgang met ander mense moet sorg dat jou geloofskeuse onbetwyfel in die gemoed van jou nageslag lê. In Matt. 5: 14-15 stel Christus dit so mooi. “Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek mens nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n emmer nie, maar op ‘n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis.”

Oekraine – Reni Gebedsbrief Oktober 2022 – Michelle Potgieter

Oekraine watertenk

Liewe vriende en familie.

Die Here se koms is so naby. Hy staan al voor die deur om Sy bruid te kom haal. Ons tyd is so min om die oes in te bring. Bid vir die Here van die oes vir meer werkers in Sy land. Bid ook dat die werkers nie sal moeg word of opgee nie. Vir elke dag se werk genoeg krag.

11 Oktober sal dit ‘n jaar terug wees wat die Here vir Ockert kom haal het. Ek kan dit nie dink nie. Dit voel soos gister. Pappa Hannes en mamma Magda het vir Benjamin Cor gevra om blomme op Ockert se graf te gaan sit terwyl hy in George by Philip en Andiah kuier. Bid asseblief vir my kinders en Ockert se ouers. Dit bly maar seer en ons verlang.

Lees meer “Oekraine – Reni Gebedsbrief Oktober 2022 – Michelle Potgieter”

Gerrie en Arlene SA vir WÊRELDSENDING – Augustus 2022

Gerrie en Arlene

Augustus 2022
Ons groet julle in die wonderlike Naam van Jesus Christus. Ons dank die Here vir elkeen van julle wat hier lees en aan ons dink, vir ons bid en ons ondersteun. Ons het die voorreg gehad om bietjie met verlof te kon gaan en by ons kinders in Potchefstroom te gaan kuier. Dit is so wonderlik dat ons bande te kon versterk en ook om die geleentheid te kon hê om tyd met die kleinkinders te spandeer.

Lees meer “Gerrie en Arlene SA vir WÊRELDSENDING – Augustus 2022”

FEBA Radio: Bid saam met ons vir die onbereikte wereld.

FEBC INDONESIË

Saterdag & Sondag 1-2 Oktober: Yaski FM in Indonesië het ‘n nuwe program op die lug, “Yaski Care for Covid-19”. Die program reik uit na luisteraars in Tangerang en die omliggende gebiede wat deurgeloop het onder Covid-19. Hulle deel ook kos- en vitamienpakkies uit. Bid dat dié program baie gesinne sal baat.

Lees meer “FEBA Radio: Bid saam met ons vir die onbereikte wereld.”

Stof tot nadenke: ‘n Soliede anker

“Maar God get Hom van die smarte van die dood verlos en Hom uit die dood laat opstaan. Dit was immers vir die dood onmoontlik om Hom gevange te hou. Van Hom sê Dawid: Ek het die Here altyd voor oë. Hy is aan my regterhand; ek sal nie wankel nie. Daarom is my hart bly en my tong jubel, ja meer en meer…”

Hand. 2: 24-26

Ons het ons eie keuses en voorkeure. Ons besluit na wie se preke wil ons luister, al dan nie. Ons kritiseer en lewer kommentaar. Wanneer hierdie mense met klei voete en prinse wat ons nie kan vertrou nie, verlei raak, wankel ons geloof in God. Wanneer gaan ons besef dat ons geloof nie gebaseer moet wees in doodgewone mense, met hulle eie swakhede en tekorkominge, hetsy of hulle goeie predikante, vooraanstande, bekende gelowige of ongelowige mense is wat ook daagliks aan die aardse verleidings blootgestel word nie.

Wanneer ons met ‘n geloofsoor luister na elke mense wat ons pad kruis, sal ons besef dat God op baie maniere met ons gesels deur mense, gebeurtenisse, vinnige verbygaande ontmoetings en lang innige verhoudings. Ons moet ons oor instel na God se frekwensie. Ons moet verby kyk na aarddse persepsies van wat reg is en ons instel om net die boodskap wat God vir ons stuur, te ontvang. Deur jouself oor te gee aan die beheer van die Heiige Gees, word jou frekwensie daagliks opnuut ingestel om God se aanraking te beleef, net soos jy jou radiokanaal in jou motor, op reis deur die Karoo, gedurig moet instel.

Die geloof in, en vashou aan die Heilige Gees (Die anker), is die enigste konneksie wat ons het deur die dood en opstanding van Jesus Christ (Die kabel) sodat ons die lig kan beleef wat ons deur die Woord en by God kan vind. Dis die anker waaraan ons aardse skepies, in al die storms wat om ons woed, kan vashou. Net soos Dawid van ouds moet ons God altyd voor oë hê en dan kan ons virseker weet dat ons nie sal ondergaan nie.

Nuusflitse Week 40+ van 2022

Nuusflitse

Woensdag – 5 Oktober 2022 – Kooroefening
Sondag – 9 Oktober 2022 – Geen Kataegese. Erediens 10:00. Prediker : Ds. Danie Goosen
Woensdag 12 Oktober 2022 – Klub 50 SNOEKBRAAI! 11:00 Kerksaal
Vrydagaand 28 Oktober 2022 – Sop, Sjerrie, Stoepstories en ander stuitighede! Plek: Kerksaal. 18:00
Saterdag 29 Oktober 2022 – Gemeentefees 09:00
Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 5 & 19 Oktober en 2, 16 & 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022.

Afkondigings 2 Oktober – 9 Oktober 2022

Afkondigings

Vandag – Sondag 2 Oktober 2022:

  • Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan familie en vriende van ons doopouers Rizé en Thinus Langenhoven en hulle babaseuntjie Adriaan Cornél Langenhoven.
  • Vanoggend se erediens word gelei deur Dr. Fanie Bergh.
  • Ons Skriflesing vanoggend kom uit Psalm 78: 1- 8. Die tema van die prediking is: Getuig van die Here in jou gesin en familie.
  • Geen Kategese.
  • Spesiale offer Eljada-Nasorg (Oudtshoorn)
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Gebedsgidse:

Gebedsgidse vir Oktober 2022 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Verandering in eredienstye

Tydens die kerkraadsvergadering van 23 Augustus 2022, is daar besluit om vanaf 1 Januarie 2023 die eredienstye op Sondae te vervroeg vanaf 10:00 die oggend na 09:00 die oggend. Die Kategese sal skuif na 10:00 in die oggend direk na die erediens. Indien u nie die 09:00 oggenddiens by die kerk kan bywoon nie, is u welkom om die erediens by Groenkloof om 10:00 die oggend by te woon.

Indien u enige beswaar het teen die besluit vra ons dat u dit asseblief skriftelik so gou moontlik by die kerkkantoor indien.

Woensdag – 5 Oktober 2022

  • Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.

Sondag – 9 Oktober 2022

  • Geen Kategese.
  • Prediker:  Ds. Danie Goosen.
  • Spesiale Offer Alta du Toit-skool (Kuilsrivier).
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.

Woensdag 12 Oktober 2022 – SNOEKBRAAI!

Klub-50 nooi al die gemeentelede na ‘n snoekbraai op 12 Oktober 2022 om 11:00 by die kerksaal. Koste R60 per persoon voorafbetaalbaar voor Maandag 10 Oktober 2022. Gelde kan direk in Klub-50 se bankrekening betaal word. Bankrekening besonderhede is soos volg:

NG50
Spaarrekening
CAPITEC
1932 3813 58
Gebruik naam, van en snoek as verwysing.
Vir wegneem, bring asseblief eie bakke.
Vir navrae, kontak Mariana by 082 922 9291.

Vrydagaand 28 Oktober 2022

Sop, Sjerrie, Stoepstories en ander stuitighede!Plek: Kerksaal Ken jy ’n bobaas stoepstorieverteller?

Tyd: 18:00 Kontak Johan Smit – 084 500 4296.

Koste: R50 pp

Saterdag 29 Oktober 2022 – Gemeentefees 09:00

Kom geniet ’n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam. Lyste met die oog op die gemeentefees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening. Kom koop op die dag om teleurstelling te voorkom. Ons neem nie vooraf bestellings nie, maar Groenkloof kan met hulle betrokke kerkraadslid gesels om hulle goedere by die fees af te haal.

Ondersteuningsgroep

Ons bestaan uit ‘n groepie passievolle mense wat daarop ingestel is om ‘n verskil te maak in ons gemeente en ons gemeenskap.

Indien iemand opsoek is na enige emosionele of fisiese bystand, kontak ons by die onderstaande telefoonnommer en ons sal ons bes doen om van hulp te wees.

Ons bied die volgende aan:

  • Eensames wat geselskap nodig het;
  • Mense wat hulp nodig het met inkopies;
  • Vervoer na dokters;
  • Emosionele probleme; ens.

Indien ons nie self kan help nie, kan ons altyd iemand aanbeveel.

Kontak gerus vir Riana Briers (081 039 8853) vir navrae, of om by ons groep aan te sluit.

FEBA RADIO SA – GEBEDSFOKUS: ONS BID VIR FEBC – Indonesië

Bid asb hierdie week vir FEBC Indonesië. Die opname-ateljee het in 1969 in `n klein slaapkamer begin waarvandaan radio-uitsendings deur middel van ‘n kortgolfstasie in die Filippyne aan die landburgers uitgesaai is. Indonesië  se mense praat sowat 700 verskillende tale en slegs 60% van die bevolking kan die amptelike  taal verstaan.

Bid asseblief vir die gesondheid van Vania wat in die sendingafdeling werk. Sy ontvang  tans terapie vir erge pyn in haar heupbeen, maar is reeds besig om te herstel.

Vir meer inligting, kontak ons: Kantoornommer – (012) 335 5708; WhatsApp – 081 265 4801.

Getuienisbediening

Die vierde kwartaal se uitreikdatums vir Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 5 & 19 Oktober en 2, 16 & 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022.

Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.

D&M wat sendingwerk in Himalayas doen:

Nog ‘n SA paartjie wat geroep is om te help met die verspreiding van die Evangelie deur:

  • Een-tot-een gebed, evangelisasie en dissipelskap.
  • Opleiding, dissipelskap en ondersteuning van gelowige besigheidseienaars.
  • Bestuur restaurant wat ingerig is as ‘n oase vir families, waar gesinne uit die stadsgeraas kan kom.
  • Restaurant het bovertrek en ander ruimte vir byeenkomste van gelowiges, waar hulle sonder vrees van vervolging kan bymekaarkom.
  • Stap in die Himalayas.

Ons kan betrokke raak deur:

  • Vir hulle te bid.
  • Aan te sluit by hul WhatsApp – nuusberigte.
  • Hulle te besoek.
  • Hulle te ondersteun deur hul kalenders (op glanspapier – voorbeeld in voorportaal) te bestel teen R120.00 per kalender.

Kontak vir Emile Hurter by 082 554 1979 / emile.hurter@gmail.com vir verdere besonderhede.

Hierdie week op die webtuiste(nggrootbrak.co.za):

  1. Nuus vanuit sendingsaksie in Madagaskar.
  2. Ellie van Wolwedans wys ons haar handewerk.
  3. Dawid en Heyma deel met ons hul sendingsopdrag in Himalayas.
  4. Gebedsgids vir Oktober 2022.
  5. Ons weeklikse Stof tot nadenke: ‘n Soliede anker.
  6. Die nuutste boekvoorlesing episode van “Onverantwoordelik”.
  7. U kan ook die afkondigings teruglees op ons webtuiste.

YouTube Eredienste

YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.

Gemeentefees – Saterdag 29 Oktober 2022 – 09:00 tot 13:00

Pannekoektafel:
Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoeke. Indien u kan help skakel asb. Piet Snyman (082 297 3476). Bydraes vir bestanddele soos meel, olie, suiker en eiers sal baie waardeer word.

Gebak:
Ons benodig baie produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Liana 084 764 6155.
U kan by enige tafel iets bring soos u kan.

SAMEROEPERS

1. KERRIE-EN-RYS:
250 ml @ R15 & 500 ml @ R30.
Barbara Gericke – 082 411 1222 / Corita du Preez – 084 265 9487.

2. JAFELS @ R20 ELK: Daar sal ’n aantal jafels beskikbaar wees op ’n eerste kom basis. Om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met die beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief steeds u bestellings per WhatsApp of sms by Annatjie van Rensburg – 082 871 0927 plaas.

3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk. Daar sal ook slap chips te koop wees. Amelia 072 975 0917.

4. PANNEKOEK: Piet Snyman 082 297 3476.

5. SOSATIES: Sosaties @ R18 elk. Geen bestellings!
Eddie Drost 082 920 1829.

6. VLEIS: Adolf Jonker – 076 910 2675.

7. GEBAK: Liana Boshoff – 084 764 6155.

8. GROENTE: Robert Crause – 071 243 9181.

9. WIT OLIFANT: Bring asb. enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011.

10. KINDERTAFEL: Pauline Richards – 079 557 8591.

11. POEDING: Elmari Olsen – 073 979 8868. Indien u ‘n poeding skenk dui net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.

12. TEETUIN: Michelle Roon – 064 674 9756 of Marie Snyman – 082 229 8316.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314