Sondag 17 November 2024 :
• Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Genesis 12:1-9.
Die tema van die prediking is: Geseën om vir ander tot seën te wees.
• Biddag vir Beskermingsdienste.
• GEEN Kategese.
• Spesiale offer vir Kankervereniging by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
• Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
Woensdag 20 November 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
Sondag 24 November 2024 :
• Erediens om 09:00. Prediker – Dr Frans Hancke. • GEEN Kategese. • Spesiale offer vir Radio FEBA by die deure. • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom. • Groenkloof preek om 10:00 – Dr Frans Hancke. • Kerssangdiens om 19:00 – Ds Charné Viljoen.



Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 105 gesinne elke 2de week. Die datums vir die vierde kwartaal is 26 Nov & 11 Des. Ons gaan die nuwe jaar DV op 15 Januarie 2025 begin. By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit. Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA en Eensames
Het jy geweet? In 2023 het die Wêreldgesondheidsorganisasie eensaamheid as ’n wêreldwye gesondheidsbedreiging verklaar. Oral in die wêreld hunker mense daarna om iewers te behoort. FEBA help miljoene om deel te word van God se familie deur die Goeie Nuus op radio, deur sosiale media en in persoon te deel. Opvolgspanne bly in kontak met luisteraars en besoek hulle, terwyl baie ook vir luisteraars bekendstel aan plaaslike kerke waar hulle saam met medegelowiges kan aanbid.
Ons gebed vir die week: Bid dat luisteraars die vreugde van ’n gemeenskap deur FEBA se bediening sal ervaar.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
17 November 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 17 November 2024.
2. Bybelstudiereeks:
a) Die tweede stuk van ‘Rut – Kruispaaie – Naomi se Kruispaaie’, deur dr Gerrie
van Deventer, is vanaf 15 November beskikbaar.
b) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Seëninge…”.
- Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen –
Charné Viljoen
Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: Kontak ons hier.
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



