Eerste hulp Noodhulp kursus

Op Saterdag 25 Mei om 13:30 word daar ‘n Basiese Noodhulp kursus aangebied by Dux Nasorgsentrum te Lang straat Groot Brakrivier. Indien u sou belangstel om dit by te woon. Is jy welkom. Stuur asseblief die boodskap aan vir enige iemand wat u dink sou belangstel.

https://www.bestcareservices.co.za

Stof tot nadenke: Kan ons die haat hanteer?

As die wêreld julle haat, onthou: Hy het My voor julle gehaat. As julle aan die wêreld behoort het, sou die wêreld julle as sy eiendom liefgehad het. Omdat julle egter nie aan die wêreld behoort nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het, daarom haat die wêreld julle.
Joh. 15: 18-19

Die lewe is maklik wanneer mense jou aanvaar en liefhet. Wanneer jy in ‘n lieffdevolle huis grootgeword het, is die begrip van haat een waarvan jy weet, maar waarmee jy nie in die alledaagse lewe gekonfronteer word nie. Dis daar ver, dis iets wat slegs onder afvalliges bestaan. Dit is egter deel van hierdie lewe so seker soos die suurstof wat ons inasem. Dis eers wanneer mens daarmee in aanraking kom dat jy die werklikheid daarvan besef. Ek is baie jare gelede hieraan blootgestel. Ek het ‘n vertrek ingestap en is met naakte haat ontvang. Daardeur kom mens tot die besef dat dit ‘n werklikheid is. Haat is ‘n emosie wat die ontvanger daarvan laat besef dat daar iemand is wat letterlik van hom of haar ontslae wil raak, en kan jou voete onder jou uitruk, letterlik en figuurlik.

God het reeds in Eksodus die onderskeid gemaak tussen wie hom liefhet en wie hom haat. Hy reken selfs die kinders die sondes van hulle vaders toe (“Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van die wat my haat.” (Eks. 23: 5); “Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs in die derde en vierde geslag van die wat my haat.” (Deut. 5: 9). Daar is ook duidelike voorskrifte vir wanneer iemand iets doelbewus doen, teenoor die geval van sonder opset (“As iemand ‘n ander uit haat stamp of hom doelbewus met iets gooi, sodat hy sterf, moet so iemand doodgemaak word;…” (Num. 35: 20); “Maar as iemand sonder opset en sonder vyandskap ‘n ander stamp of hom per ongeluk raakgooi of as iemand sonder dat hy kyk ‘n klip gooi wat die dood kan veroorsaak, en dit ‘n ander tref, sodat hy sterf…” (Num. 35: 22-23)). Die Ou Testment het dus duidelik onderskeid getref tussen opsetlike moord en nie opsetlike moord nie. Selfs die wraak soos toegelaat in daardie tye, is duidelik uiteengesit in Numeri 35. Dit is in totale kontras met die ‘humanitêre’ lewenswyse waaraan ons gewoond is.

Die gevoel van haat word kwistig in die Psalms gebruik teen allerhande mense wat vir die Psalmdigter ontstel het. Die haat van die goddeloses wat in opstand teen God is, is redelik duidelik die mees algemene haat wat beskryf word (“In die hart van die goddelose het die opstand teen God die laaste woord. Die goddelose het geen vrees vir God nie en praat net goed oor homself. Hy is daarop uit om kwaad te doen en om te haat. As hy praat is dit kwaadwillig en vals;…” (Ps. 36: 2-4); (“My vyande wens my net die ergste toe; “Wanneer gaan hy dood en verdwyn sy naam?” As iemand na my kom kyk, dink hy dis klaar met my. Hy kom kyk hoe sleg dit gaan en vertel dit buite rond.” (Ps. 41: 6-7); (“Dié wat my sonder rede haat, is meer as die hare op my kop. Dié wat my vir altyd wil stilmaak, is sterk. My vyande dwing my met vals beskuldigings om af te gee wat ek nie geroof het nie.” (Ps.69: 5)), maar dit is ook teen die Psalmdigter as persoon gemik.

Salomo wys ons op die sewe dinge wat God haat (“Die Here haat ses dinge, nee, sewe waaraan Hy ‘n afsku het: oë wat straal van hoogmoed, ‘n tong wat lieg, hande wat met bloed bevlek is, gedagtes wat met komplotte besig is, voete wat net een koers ken, dié van die kwaad, ‘n getuie wat lieg en iemand wat rusie stook tussen broers.” (Spr. 6: 16-19)). Die wyse raad van Salomo word dikwels vir ons gegee en daar is ook nie ‘n tekort aan die maniere van haat nie (“Om die Here te dien, is om te haat wat verkeerd is. Daarom haat ek hoogmoed en hofvaardigheid, ‘n verkeerde lewe en slinkse woorde. ” (Spr. 8: 13)). Haat het die vermoë om twis te verwek (“Haat verwek twis; liefde bedek alles wat aanstoot gee.” (Spr. 10: 12)) en agter die woorde van ‘n huigelaar skuil daar haat (“Agter die woorde van ‘n huigelaar sit daar haat; wie skinderstories versprei, is ‘n dwaas.” (Spr. 10: 18)). Ons moet dus bedag wees dat haat ‘n realiteit is en dit op baie maniere manifesteer (“Iemand kan sy haat verbloem met wat hy sê, maar binne hou hy sy valsheid.” (Spr. 26: 24); (“Hy verberg sy haat agter ‘n valse skyn. ” (Spr. 26: 26); (“’n Leunaar haat die wat hy seermaak;” (Spr. 26: 28); (“…iemand wat jou haat, is oordadig met sy soene.” (Spr. 27: 6)). Dit is nie ‘n maklike taak nie, maar God waarsku ons telkemale dat dit wel ‘n realiteit is.

Ook Paulus en Johannes waarsku ons teen die haat van die wêreld (“Hulle is een en al ongeregtigheid, slegtheid, hebsug en gemeenheid; hulle is vol jaloesie, moord, twis, bedrog en kwaadwilligheid. Hulle skinder en praat kwaad; hulle haat God, hulle is hooghartig, aanmatigend, verwaand; hulle is mense wat kwaad uitdink, ongehoorsaam aan hulle ouers; hulle is onverstandig, onbetroubaar, liefdeloos, hardvogtig. Hulle is mense wat die verordening van God ken dat dié wat sulke dinge doen, die dood verdien, en tog doen hulle nie net self hierdie dinge nie, maar hulle vind dit ook goed as ander dit doen.” (Rom. 1: 29-32); (“Broers, moenie verbaas wees as die wêreld julle haat nie.” (1 Joh. 3: 13)).

Jesus Christus self waarsku ons dat die wêreld ons sal haat omdat hy ons uitgekies het. In die voorafgane stuk wys dit na enkele van die moontlike maniere wat ons bewus kan maak van die haat van die wêreld, en wat ander mense, teen ons kan hê (“As die wêreld julle haat, onthou: Hy het My voor julle gehaat. As julle aan die wêreld behoort het, sou die wêreld julle as sy eiendom liefgehad het. Omdat julle egter nie aan die wêreld behoort nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het, daarom haat die wêreld julle. Onthou wat Ek vir julle gesê het: ‘n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. As hulle my woorde ter harte geneem het, sal hulle julle s’n ook ter harte neem. Maar hulle sal dit alles aan julle doen omdat julle my Naam bely en hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie. “As Ek nie gekom en met hulle gepraat het nie, sou hulle nie skuldig gewees het nie; maar nou het hulle geen verskoning vir hulle sonde nie. Wie My haat, haat ook my Vader. As Ek nie by hulle die werke gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle nie skuldig gewees het nie; maar nou sien hulle dit, en tog haat hulle My en my Vader. Maar die woorde wat in die Skrif geskrywe staan, moet vervul word: ‘Hulle het My sonder rede gehaat.’ ” (Joh. 15: 18-25); ““Die mense sal julle oorlewer om mishandel te word, en hulle sal julle doodmaak. Julle sal deur al die nasies gehaat word omdat julle my Naam bely. In daardie tyd sal baie mense van die geloof afvallig word, en hulle sal mekaar verraai en mekaar haat.” (Matt. 24: 9-10)). Kan ons hierdie soort van haat hanteer? Ons weet nou weereens verseker dat dit bestaan. Die teenvoeter vir die haat het Christus vir ons kom demonstreer, in Sy woorde en in Sy lewenswandel. Die opdrag aan die apostels en ook aan ons, is duidelik (“Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê” (Joh. 15: 17)). Daar kan geen twyfel daaroor bestaan nie.

Christus verseker ons ook dat Hy vir ons die Voorspraak, vir ons by God sal stuur, naamlik die Heilige Gees. (“Wanneer die Voorspraak kom wat Ek vir julle van die Vader af sal stuur, die Gees van die waarheid, wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig. En julle moet getuig, want julle is van die begin af by My.” (Joh. 15: 26-27); (“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”” (Hand. 1: 8)). Dis dan wanneer ons geseën sal word en onder God se beskerming sal staan (“Geseënd is julle wanneer die mense julle haat en julle verstoot en uitskel en julle naam vermy soos iets wat sleg is, alles ter wille van die Seun van die mens.” (Luk. 6: 22); (“Ek het u woord aan hulle gegee, en die wêreld haat hulle, omdat hulle nie tot die wêreld behoort nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose moet bewaar. Hulle behoort nie tot die wêreld nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid. Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur; en ter wille van hulle wy Ek My aan U toe, sodat hulle ook deur die waarheid aan U toegewy kan wees.” (Joh. 17: 14-19)). Ons is juis in die kerklike tyd van afwagting vir die Hemelvaart herdenking. Die uitnemendheid en belangrikheid van die liefde word omonwonde vir ons deur God die Vader se liefdesdaad, Christus se bereidwilligheid en Die Heilige Gees se bystand in hierdie wêreld ook duidelik in 1 Kor. 13 uitgespel. Dit word selfs belangriker as geloof en hoop uitgelig. Dit is die liefde van Christus wat ons aan hierdie wêreld moet uitdra!

Nuusflitse Week 19+ van 2024

Nuusflitse

Dinsdag 7 Mei 2024 : • Die Bestuurspan vergader om 17:30 in Lokaal 6
Woensdag 8 Mei 2024 : • Kooroefening by die orrel om 17:00
Donderdag 9 Mei 2024 : • Hemelvaart. • Diens om 18:00.
Sondag 12 Mei 2024 : • Erediens om 09:00. • Prediker – Ds Danie Goosen. • Moedersdag. • Kategese. Pinksterdiens om 18:00. • Prediker – Ds Charné Viljoen

Alle Pinksterdienste word gelei deur ds Charné Viljoen TEMA: Dood Gewone Lewe
So 12 Mei10:00Groenkloof
18:00Kerkgebou
Ma 13 Mei10:00Groenkloof
18:00Kerkgebou
Di 14 Mei10:00Groenkloof
18:00Kerkgebou
Wo 16 Mei10:00Groenkloof
18:00Kerkgebou
Do 17 Mei10:00Groenkloof
18:00Kerkgebou


Afkondigings 5 – 12 Mei 2024

Afkondigings

Sondag 5 Mei 2024 :
• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Joh 5:9-17.
Die tema van die prediking is: Nog verder!
• Arbeidsondag.
• Sinodale Bid & Dankdag.
• Kategese.
• Sinodale Offer vir Gemeenteondersteuning by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Dinsdag 7 Mei 2024 :
• Die Bestuurspan vergader om 17:30 in Lokaal 6 onder voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 8 Mei 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 17:00. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
• Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 9C (Tergniethoogte & Groenkloof Rheebok) in Groenkloof Rheebok se eetsaal.

Donderdag 9 Mei 2024 :
• Hemelvaart.
Diens om 18:00.
• Prediker – Ds Danie Goosen.

Sondag 12 Mei 2024 :

Lees meer “Afkondigings 5 – 12 Mei 2024”

Radio FEBA: e-Gebedsfokus vir Mei 2024

Woensdag 1 Mei: “Hy sê toe vir sy dissipels: ‘Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.’” (Matteus 9:37-38 Afr83)

Donderdag 2 Mei: FEBA Oekraïne hou aan om die evangelie uit te saai te midde van verskriklike geweld. ‘n Missiel het onlangs ‘n gebou minder as ‘n kilometer vanaf FEBA se ateljee in Kiëf getref. Hou asseblief aan om vir Oekraïne te bid. Bid vir ‘n einde aan die oorlog en bid dat FEBA Oekraïne sterk sal bly staan in hul geloof.

Vrydag 3 Mei: Radio Nuru, FEBA Mosambiek se stasie in Cabo Delgado, is midde-in die jihadiste-konflik geleë. Ten spyte van die voortdurende bedreiging van geweld, hou die span aan om elke dag tot 17:00 uit te saai. Bid dat God FEBA Mosambiek sal bewaar en elke minuut van uitsaaityd sal seën.

Saterdag & Sondag 4-5 Mei: FEBA se uitsendings het al talle selfdoodpogings voorkom. Dié FEBA Kambodja-luisteraar het gedink sy skakel vir oulaas in op Krusa FM voordat sy ‘n oordosis sou neem. Sy vertel: “Ek het gehoor dat ander luisteraars ook soos ek teleurgesteld is en hulle het ongelooflike bemoediging ontvang… Ek het huilend gebid dat God my die krag sal gee om die lewe se uitdagings te trotseer en my sal leer om die lewe te waardeer soos Hy dit bestem het. Ek het die medisyne uit my hand laat val.” Bid dat diegene wat só ly, troos en hoop uit FEBA se uitsendings sal put.

Maandag 6 Mei: Het jy geweet? Daar is sowat 20 miljoen Moslems in Rusland en FEBA werk hard om na hulle toe uit te reik. Bid dat FEBA Rusland se pogings vrug sal dra. Bid ook vir die FEBA Rusland-span en hul luisteraars, wat in ’n harde en onderdrukkende politieke klimaat moet leef en bedien.

Dinsdag 7 Mei: “Ek was op pad om selfdood te pleeg, maar nadat ek na jul Hoop in Christus-program geluister het, het ek van plan verander. Ek het elke dag na jul stasie begin luister en nou is ek wedergebore.” (FEBA Mosambiek-luisteraar)

Woensdag 8 Mei: “Die Here is goed, Hy is ‘n toevlug in tyd van nood, Hy sorg vir dié wat by Hom skuil.” (Nahum 1:7 Afr83)

Donderdag 9 Mei: In Kazakstan het Moslemgebruike, soos die Ramadan-vas en gebede by die moskee, ‘n modegier onder jongmense geword. Tog is baie van hulle werklik op soek na die waarheid. Bid dat hulle Christus deur FEBA Kazakstan se sosiale media-uitsendings sal ontmoet en dat die ouer geslag ook hul harte vir God se Woord sal oopmaak.

Vrydag 10 Mei: Prys God vir die lewens wat deur FEBA Mali se uitsendings verander word. Baie luisteraars is Moslem en loop die gevaar om deur hul families verwerp te word as hulle Christus aanneem. Bid dat hierdie luisteraars vertroosting en krag by God sal vind en bid dat hul families ook vir Christus deur FEBA Mali se uitsendings sal ontmoet.

Saterdag & Sondag 11-12 Mei: Indië ondervind tans ‘n toename in die vervolging van Christene. Daar is onlangs ‘n wetsontwerp in Assam goedgekeur, wat dit onwettig maak om vir ‘n siek persoon te bid, terwyl Christen-skole opdrag gegee is om van Christelike simbole, soos die kruis, ontslae te raak. Anti-bekeringswette is tot dusver in 12 state in werking gestel. Dit is nou meer noodsaaklik as ooit om deur middel van media, Christus aan die mense van Indië te bring. Bid dat FEBA Indië die Goeie Nuus sal kan aanhou uitsaai en dat hul boodskap wetgewers se harte sal verander.

aandag 13 Mei: In Kirgisië kan jy jou plek in die samelewing, én jou werk, verloor as jy ‘n Christen word. Verlede jaar het video’s op sosiale media mense aangehits om Christene te vervolg. Ten spyte hiervan hou FEBA Kirgisië se bediening aan groei. Bid dat God die span en hul luisteraars sal beskerm, en dat FEBA Kirgisië se uitsendings meer luisteraars sal trek.

Dinsdag 14 Mei: “Ek het deur die radio ontdek dat Christenskap ‘n baie goeie geloof is… God weet hoe lief ek hierdie geloof het en hoe graag ek ‘n Christen wil word. My familie is egter almal Moslem en sal my haat as ek Islam afsweer ter wille van Christenskap. Bid asseblief vir my.” (FEBA Mali-luisteraar)

Woensdag 15 Mei: “Die Here is genadig en regverdig, ons God ontferm Hom oor ons. Die Here beskerm die hulpeloses: ek was magteloos, maar Hy het my gered. Ek moet nou tot rus kom, die Here het goed aan my gedoen…” (Psalm 116:5-7 Afr83)

Donderdag 16 Mei: Het jy geweet? Vandag is die VN se Internasionale Dag vir Saamleef in Vrede. Baie van FEBA se luisteraars leef in samelewings wat deur oorlog of vervolging uitmekaar geskeur is, terwyl ander deur hul families verstoot word as hulle Christene word. Bid dat God FEBA se spanne en luisteraars sal vertroos en sal help om as vredemakers te dien.

Vrydag 17 Mei: FEBA Malawi se programme word vanaf Eswatini via kortgolf na Tanzanië uitgesaai, en FEBA Mosambiek se uitsendings bereik ook die Yao Moslems daar. Pastoor Amos Phiri van FEBA Malawi het onlangs 125 luisteraarklubs in die Tunduru-distrik gevestig! Bid dat FEBA se luisteraars in Tanzanië Christus deur die radio sal ontmoet.

Saterdag & Sondag 18-19 Mei: Sommige mense deel die Goeie Nuus ten koste van hulself. ‘n FEBA Bangladesj-luisteraar vertel: “Ek het onlangs 24 mense na jul luisteraar-byeenkoms gebring en 13 van hulle het Christus aanvaar. Die ander veroorsaak egter probleme. Hulle versprei gerugte oor my. Nou sê plaaslike leiers ek kan nie meer deel wees van die gemeenskap nie.” Bangladesj is meer as 90% Moslem, met 278 onbereikte mensegroepe. Bid dat God mense se harte sal oopmaak teenoor FEBA Bangladesj se uitsendings en dat Hy luisteraars wat verstoot word weens hul geloof, sal vertroos en beskerm.\

Maandag 20 Mei: In China probeer die regering godsdiens ten volle beheer. Kerke moet die regering se toestemming kry om dienste te hou, so huiskerke is tegnies onwettig. Laas Kersfees is Christene verbied om dit openlik te vier. Bid dat FEBA China se uitsendings gelowiges sal bemoedig en nie-gelowiges sal bereik, totdat almal gehoor het.

Dinsdag 21 Mei: “Ons het in ’n klein dorpie gewoon waar iedereen ‘n Boeddhis was. In daardie stadium het niemand nog ooit van Jesus Christus en Sy reddingsplan gehoor nie. Dit het verander toe ons aan jul radioprogramme bekendgestel is. Ek het ‘n Christen geword as gevolg van jul uitsendings. Dankie dat julle my na God toe gebring het.” (FEBA Mianmar-luisteraar)

Woensdag 22 Mei: “Geseënd is julle wanneer julle beledig word ter wille van die Naam van Christus. Dit is ‘n bewys dat die Gees aan wie die heerlikheid behoort, die Gees van God, op julle bly.” (1 Petrus 4:14 Afr83)

Donderdag 23 Mei: FEBA Etniese Bedieninge vervaardig programme vir 18 etniese minderheidsgroepe reg oor Suidoos-Asië, insluitende die Khmu, die Ifugao en die Belitung. Bid dat God vir die spanne die nodige vaardighede en wysheid sal gee om inhoud te skep wat luisteraars in staat sal stel om die waarheid van God se Woord deur FEBA se uitsendings te ervaar.

Vrydag 24 Mei: Bid vir FEBA Niger. Dis nie ‘n maklike land om in te evangeliseer nie en die nuutgevormde span het ‘n moeilike taak voor hulle. Bid dat God vir FEBA Niger sal inspireer met kreatiewe idees vir program-inhoud, en moed sal gee om die Goeie Nuus met vrymoedigheid te deel.

Saterdag & Sondag 25-26 Mei: Prys God vir die geleentheid om die evangelie in Pakistan te deel. FEBA Pakistan vervaardig inhoud vir verskeie aanlynplatforms, saai uit op FM- en AM-stasies, en hou byeenkomste vir dié wat meer oor die Christelike geloof wil leer. Pakistan is sewende op die lys van lande waar Christene dit die moeilikste het. Vervolging is algemeen en gaan soms oor in dodelike geweld. Bid dat die FEBA Pakistan-span veilig sal kan bedien en dat luisteraars hul harte vir die Goeie Nuus sal oopmaak.

Maandag 27 Mei: Suid-Afrika se nasionale en provinsiale verkiesings vind Woensdag 29 Mei plaas. Bid dat die verkiesing vry en regverdig sal wees, en dat God Sy hand van vrede en bewaring oor elke stemlokaal sal hou. Bid ook dat die toekomstige leiers Sy wil en wysheid sal soek.

Dinsdag 28 Mei: “Die Way of Life Punjabi-programreeks het ’n betekenisvolle impak op die bespreking van ernstige kwessies wat gereeld ons persoonlike en gesinslewe bederf. Die Woord van God het my lewe in 2024 verander en omskep. Hou asseblief aan bid dat hierdie nuwe geloof sterk sal groei in my en my gesin.” (FEBA Pakistan-luisteraar)

Woensdag 29 Mei: “Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe…” (Titus 2:11-12 Afr83)

Donderdag 30 Mei: Meer as 6,000 mense het aan die einde van 2023 deur FEBA Thailand se Kersprojek tot bekering gekom! Meer as 30,000 minderbevoorregte kinders het Kersgeskenke ontvang. Prys God vir Sy oorvloedige seën en bid dat elkeen van die mense wat betrokke was, kinders inkluis, God se Woord sal aanvaar.

Vrydag 31 Mei: Prys God vir die groei in FEBA Malawi se bediening. Hulle het die afgelope paar maande duisende nuwe luisteraars bygekry en honderde luisteraarklubs is gevestig. Tog staar hierdie luisteraarklubs en miljoene ander mense voedseltekorte in die gesig as gevolg van klimaatsverandering. Bid dat God ter wille van Sy kinders sal intree.

Sendingnuus: Madagaskar – The Week 21 April 2024

I have once again lost a couple of days along the way…but it has been BUSY! Dries and I finally got everything to the boat to be ready for the team to start work Monday morning. There were some challenges; it has been almost two weeks that we hardly have electricity, at most five hours a day. It is simply too expensive to run a generator full time, but we had to cart the generator all the way back to the house to refrigerate the meat for the team. Organising drinking water was also a major challenge. There are still shortages concerning vegetables and a Plan B is always required.

The guys arrived on Sunday afternoon and I think the most repeated phrase so far has been, ‘It is very hot!’ The humidity is definitely tough on all of us. We look as if we have been dragged through a bucket of water for most of the day. Feeding eight hungry men is just about a full time job. Thank you for the meal ideas that some of you supplied. We’ll survive!

We are on our second day of work and these guys are bringing it! Dries has to organise the squad and he literally runs, actually jumps as it is not possible to run on a boat, between the guys. We are so thankful for this mighty boost to get Gabriel back on the water. We are also blessed by the fellowship and to be amongst like minded people.

Rikus definitely ended up with the most unwanted job of all. He has to dig out rotten wood in an extremely small space, but he just keeps going.

Please keep on praying for our safety and for the guys to stay healthy and fit.

God bless!

Erediens tye vir Hemelvaart en Pinkster 2024

Hiermee die erediens tye vir Hemelvaart, Pinkster en Mei maand. Ons nooi u hartlik uit om die Pinkster saam met ons by te woon. Sop en brood tydens die Pinkster dienste. Ons sien uit daarna om u almal daar te sien.

Erediens tye vir Mei maand 2024

Die Bonus Bybel Blokkiesraaisel 18

Leer/Lees die Bybel vinnig op ‘n prettige manier.

Woorde hoofsaaklik uit die Afrikaanse Bybel, 1992 (AFR83) vertaling geneem, maar sommige woorde ook uit die Afrikaanse Bybel 2020(AFR20) vertaling.

(Dit werk die beste op ‘n rekenaar maar kan ook op ‘n horisontaal gedraaide foon gespeel word.) Die Bybel APP werk goed hiervoor.

Klik op die prentjie hieronder om te speel.

Die Bonus Bybel Blokkiesraaisel 17

Leer/Lees die Bybel vinnig op ‘n prettige manier.

Woorde hoofsaaklik uit die Afrikaanse Bybel, 1992 (AFR83) vertaling geneem, maar sommige woorde ook uit die Afrikaanse Bybel 2020(AFR20) vertaling.

(Dit werk die beste op ‘n rekenaar maar kan ook op ‘n horisontaal gedraaide foon gespeel word.) Die Bybel APP werk goed hiervoor.

Klik op die prentjie hieronder om te speel.

Die Bybel Blokkiesraaisel 16

Leer/Lees die Bybel vinnig op ‘n prettige manier.

Woorde hoofsaaklik uit die Afrikaanse Bybel, 1992 (AFR83) vertaling geneem, maar sommige woorde ook uit die Afrikaanse Bybel 2020(AFR20) vertaling.

(Dit werk die beste op ‘n rekenaar maar kan ook op ‘n horisontaal gedraaide foon gespeel word.) Die Bybel APP werk goed hiervoor.

Klik op die prentjie hieronder om te speel.

Die Bybel Blokkiesraaisel 15

Leer/Lees die Bybel vinnig op ‘n prettige manier.

Woorde hoofsaaklik uit die Afrikaanse Bybel, 1992 (AFR83) vertaling geneem, maar sommige woorde ook uit die Afrikaanse Bybel 2020(AFR20) vertaling.

(Dit werk die beste op ‘n rekenaar maar kan ook op ‘n horisontaal gedraaide foon gespeel word.) Die Bybel APP werk goed hiervoor.

Klik op die prentjie hieronder om te speel.

Die Bybel Blokkiesraaisel 14

Leer/Lees die Bybel vinnig op ‘n prettige manier.

Woorde hoofsaaklik uit die Afrikaanse Bybel, 1992 (AFR83) vertaling geneem, maar sommige woorde ook uit die Afrikaanse Bybel 2020(AFR20) vertaling.

(Dit werk die beste op ‘n rekenaar maar kan ook op ‘n horisontaal gedraaide foon gespeel word.) Die Bybel APP werk goed hiervoor.

Klik op die prentjie hieronder om te speel.

Die Bybel Blokkiesraaisel 13

Leer/Lees die Bybel vinnig op ‘n prettige manier.

Woorde hoofsaaklik uit die Afrikaanse Bybel, 1992 (AFR83) vertaling geneem, maar sommige woorde ook uit die Afrikaanse Bybel 2020(AFR20) vertaling.

(Dit werk die beste op ‘n rekenaar maar kan ook op ‘n horisontaal gedraaide foon gespeel word.) Die Bybel APP werk goed hiervoor.

Klik op die prentjie hieronder om te speel.

Die Bybel Blokkiesraaisel 12

Leer/Lees die Bybel vinnig op ‘n prettige manier.

Woorde hoofsaaklik uit die Afrikaanse Bybel, 1992 (AFR83) vertaling geneem, maar sommige woorde ook uit die Afrikaanse Bybel 2020(AFR20) vertaling.

(Dit werk die beste op ‘n rekenaar maar kan ook op ‘n horisontaal gedraaide foon gespeel word.) Die Bybel APP werk goed hiervoor.

Klik op die prentjie hieronder om te speel.