Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 26 Augustus 2026 – Ervaar self Sy goedheid

Augustus — Psalms

26 Augustus

Liewe Vriend

Om van God te hoor is goed, maar om Hom self te ervaar verander jou lewe.  Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

Tema:  Ervaar self Sy goedheid

Teks:  “Kom ondervind en sien self dat die Here goed is! Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil.”  (Ps. 34:8-9)

  • Die Here gee water vir die dors en vul die honger hart met goeie dinge — Hy maak elkeen vol wat na Hom toe kom.  (Ps. 107:9)
  • “Kom ondervind en sien self” — God nooi jou om Sy goedheid nie net te hoor nie, maar self te ervaar.
  • Tweedehandse geloof is nie genoeg nie; bou jou eie, daaglikse verhouding met Hom.
  • Waag dit vandag om God by iets spesifieks te betrek — en sien self dat Hy goed is.
  • Die Here God is Iemand wat in jou alledaagse lewe betrokke is. Daarom dat dit ook met jou goed kan gaan.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat ek self kan ervaar hoe goed U is — U goedheid is elke dag nuut.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.