Afkondigings 25 Januarie 2026 – 1 Februarie 2026

Sondag 25 Januarie 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Korintiërs 1:10-18.
  • Die tema van die prediking is: Boodskap van die Kruis.
  • Voorstelling van Kerkraadslede:
  • Blokleiers: 
    • Heidi Erasmus                    Blok 02 (Voorbrug)
    • Pieter van der Merwe       Blok 04 (Langstraat-Bo & Pine Creek)
    • Koos van Zyl                       Blok 10 (Bergsig-Bo)
    • Whitey van der Merwe    Blok 13 (Suiderkruis)
    • Koos van der Merwe        Blok 14 & 15 (Die Eiland & Dolphin Creek)
    • Johan Spies                         Blok 25 (Seegenot tot Tergniethoogte)
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Kategese. Almal kom in die kerksaal bymekaar. Ouers wat nie reeds het nie, kan asb na die erediens ’n registrasievorm vir u kind by die kerksaal kom voltooi.
  • Spesiale offer vir Alta du Toit-Skool (Kuilsrivier) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Leon Cronje.

Dinsdag 27 Januarie 2026 :

  • Lofdans – ’n vinnige beplanningsvergadering vir lofdansers om 10:00 by die kerksaal. Nuwe dames wat wil aansluit is welkom.

Woensdag 28 Januarie 2026 :

  • Die blokbyeenkoms van Blok 2 (Voorbrug), soos aangedui op die kerkkalender, skuif na ’n latere datum wat nog bekendgemaak sal word.

Kerkraadslede van die onderskeie blokke moet asb die kerkkantoor, minstens een week voor hul blokbyeenkoms, laat weet by watter adres die byeenkoms sal plaasvind.

  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – Kontak Ons. Alle belangstellendes welkom.

Donderdag 29 Januarie 2026 :

  • Bloedskenk geleentheid in die kerksaal vanaf 14:00-19:00. Christo Smith – Kontak Ons.

Sondag 1 Februarie 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Doop.
  • Kleuterkerk in die konsistorie – Kategese in die kerksaal.
  • Spesiale offer vir Hartenbos Versorgingsoord by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Verjaarsdae Week 5 van 2025

Verjaarsdae Week 5+ van 2026 NGK Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 5+ van 2026 NGK Groot-Brakrivier

Bedieninge

JAM – Kinderbediening

JAM Kinderbediening NGK Groot-Brakrivier
JAM Kinderbediening NGK Groot-Brakrivier

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

  • Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 28 Januarie, 11 & 25 Februarie en 11 & 25 Maart.

Resep
100g sopmengsel,
100g rys,
100g lensies,
150g soja,
1 blokkie aftreksel,
1 pakkie sop.

Om gaar te maak:
Roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.

  • U kan dit skenk in die volgende twee formate:
    • Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
    • Gekook en gevries in 2 liter roomysbak.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.
Busfonds - Saamrygeleentheid NGK Groot-Brakrivier
Busfonds – Saamrygeleentheid NGK Groot-Brakrivier

Ondersteuningsbediening :

Valentynsontbyt - Ondersteuningsbediening NGK Groot-Brakrivier
Valentynsontbyt – Ondersteuningsbediening NGK Groot-Brakrivier

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokter afsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  Kontak Ons / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak Ons

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Ons.

Klub 50

Klub 50 Eerste Vergadering 2026 NGK Groot-Brakrivier
Klub 50 Eerste Vergadering 2026 NGK Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir die FEBA Afrika

FEBA Radio SA ondersteun 12 radiostasies in ses Afrikalande, onder meer vier in die Sahel-streek, waar die Moslem-noorde die Christen-suide ontmoet. Al hierdie lande sukkel met armoede, sommige met hongersnood, en meeste met politieke onstabiliteit en gewelddadige konflik. Tans sit talle mense in Malawi en Mosambiek sonder heenkome weens die hewige vloede.

Ons gebed vir die week: Bid vir dr Jurie Vermeulen, die nasionale direkteur, wat FEBA se sending in Afrika lei. Bid vir die spanne in Mosambiek, Malawi, Mali, Tsjad, Niger en Soedan. Vra dat hulle God se koninkryk en geregtigheid eers sal soek, en beloning vir hul werk sal sien. Bid ook vir die mense in Malawi en Mosambiek wat swaar getref is deur die vloede.

 Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
Nuut op 25 Januarie 2026

Die weeklikse Afkondigings en lief en leed is op die webtuiste indien u wil seker
maak van enigiets.

Erediensbediening:

Die skakel na die YouTube Erediens van 25 Januarie 2026, deur Ds Charné Viljoen, is beskikbaar.

Bybelstudiereeks:

Gemeentenuus:

  • Bybelstudie/Omgeegroepies neem weer ‘n aanvang vir die nuwe jaar. As u graag betrokke wil raak en nog nie ingeskakel is nie, is die kontakbesonderhede beskikbaar onder Bybelstudiegroepe 2026

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Leon Cronje
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier