Reunie deur Frank Opperman – 22 Augustus 2026 19:00

Reunie Frank Opperman 22 Aug 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Ons nooi u uit na Frank Opperman se eenman vertoning: Reunie op 22 Augustus 2026 om 19:00, in die kerksaal van die NG Kerk Groot-Brakrivier.

Plek: NG Kerk Groot-Brakrivier
Datum: 22 Augustus 2026
Tyd: 19:00
Kaartjieprys: Vanaf R200
Kaartjies te koop by die Kerkkantoor (Tydens Kantoorure) of by die SPAR DE DEKKE Kiosk (Slegs kontant) of COMPUTICKET

Navrae: Johan Smit Epos Kontak

Frank Opperman uitnodiging NG Kerk Groot-Brakrivier
Frank Opperman uitnodiging NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings 2 Augustus 2026 – 9 Augustus 2026

Afkondigings

Sondag 2 Augustus 2026

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje & ds Charné Viljoen.
  • Die tema van die prediking is:‘n Lewe van dankbaarheid.
  • Nagmaal.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Sinodale Offer vir Nuwe Geloofsgemeenskap Ontwikkeling (NGGO) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Dr Gerrie van Deventer (Nagmaal).
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje & ds Charné Viljoen.

Verjaarsdae Week 32 van 2026

Verjaarsdae Week 32 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 32 NG Kerk Groot-Brakrivier

Dinsdag 4 Augustus 2026 :

  • Die Bedieningsraad vergader om 17:30 in die kerksaal onder voorsitterskap van ds Charné Viljoen. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 5 Augustus 2026 :

  • Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik.

(Ons moedig die gemeente aan om te volhard in hul deelname aan ons projek waar ons ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood voorsien aan 115 gesinne elke tweede week).

  • Klub 50 pannekoek verkope vanaf 10:00 by die kerksaal.
  • Kooroefening by die orrel om 16:45.  Alle belangstellendes welkom. Marida – Epos Kontak.

Sondag 9 Augustus 2026 :

  • Erediens om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Vrouedag.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale Offer vir Magdalenahuis by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Geen.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Augustus 2026 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 35, asook die antwoorde vir nommer 34 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

DEURKOLLEKTE

Wat doen die NGGO? 

Die NGGO-taakspan (binne die NG en VG kerkfamilie) begelei gemeentes om nuwe geleenthede vir vars, missionale maniere van “kerk-wees” te ontdek en te implementeer.

Visievorming: 

Hulle help gemeentes om nuwe geleenthede in hul spesifieke konteks raak te sien.

Praktiese Begeleiding: 

Die span besoek gemeentes wat nuwe geloofsgemeenskappe wil begin – hetsy weens nuwe demografiese ontwikkelings of behoeftes binne die bestaande gemeente.

Veilige Ruimte: 

Deur opleiding en netwerke help hulle leiers om nuwe maniere van kerk-wees te beproef, terwyl die eenheid van die breër kerk altyd beskerm en bevorder word.

VGK Friemersheim

VGK Friemersheim - Dagstukkie Boeke NG Kerk Groot-Brakrivier
VGK Friemersheim – Dagstukkie Boeke NG Kerk Groot-Brakrivier

Kombuis

Behoefte Kerk Kombuis NG Kerk Groot-Brakrivier
Behoefte Kerk Kombuis NG Kerk Groot-Brakrivier

Lofdansebedieing

Lofdansebediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Lofdansebediening NG Kerk Groot-Brakrivier

Klub 50 Pannekoek

Klub 50 Pannekoek Julie 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Klub 50 Pannekoek Julie 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Getuienisbedieing

Getuienisbediening Julie 2026
Getuienisbediening Julie 2026

Eiendomsbediening

Eiendomsbediening Daklek Terugvoer NG Kerk Groot-Brakrivier
Eiendomsbediening Daklek Terugvoer NG Kerk Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Tsjad

In Tsjad word vroue uit Moslemgemeenskappe, wat kies om Christus te volg, dikwels doodgemaak om te voorkom dat hulle kinders volgens die Christengeloof grootmaak. Nadat een jong vrou sonder heenkome gelaat is, het FEBA se plaaslike direkteur vir haar werk aangebied sodat sy die evangelie in Arabies kon uitsaai.

Ons gebed vir die week: Bid vir vroue in Moslemgemeenskappe, veral diegene wat Christus volg en diegene wat na Hom hunker, dat hul geloof deur FEBA se uitsendings versterk sal word en ander na die Here toe sal wys.

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)

Nuut op 2 Augustus 2026

  1.    Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Erediens van 2 Augustus 2026, deur ds Leon Cronje & ds Charné Viljoen.
  2. Bybelstudiereekse:
    • Splitsekondes met God’ is ‘n heerlike oomblik vir elke dag.
    • Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Menslike alleenheid en God se Almag”.
  3. Gemeentenuus:
    • Geniet die heerlike nuwe Geestelike musiek aanlyn, op die webtuiste.
    • Bybelblokraai en Bybelwoordsoek 35 is beskikbaar.
    • Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-posEpos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings 5 – 12 Julie 2026

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Sondag 5 Julie 2026 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Petrus 1:1-9.
  • Die tema van die prediking is:Vreemdelinge.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale Offer vir Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • GEEN LEEFKerk tydens die skoolvakansie.

Woensdag 8 Julie 2026 :

Geen Kooroefening Julie 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Geen Kooroefening Julie 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week 28 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 28 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 12 Julie 2026 :

  • Erediens om 10:00 – Ds Leon Cronje.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Sinodale Offer vir Studentebearbeiding by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
  • GEEN LEEFKerk tydens die skoolvakansie.

Nuwe Lidmate 2026:

Jan & Gardial Potgieter van Pretoria: Blok 02 (Voorbrug).
Baie welkom by ons gemeente.

Sterftes 2026:

29 Junie – Hennie le Roux: Blok 13.
Ons innige meegevoel aan sy familie & vriende.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Julie 2026 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 34, asook die antwoorde vir nommer 33 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Christmas in July NG Kerk Groot-Brakrivier
Christmas in July NG Kerk Groot-Brakrivier

Bybelstudiegroepe 2026

Indien u by ’n groep wil inskakel, skakel gerus die kontakpersoon hieronder.

DAGTYDPLEKKONTAK- PERSOON
Maandag16:00Lokaal 6Aletia Nortje Epos Kontak
Maandag17:00SuiderkruisCornie Pieters Epos Kontak
Dinsdag10:00Tergniet/ReebokhoogteMarita Erasmus Epos Kontak
Dinsdag10:00Reebok (Vroue groep)Marietjie Smit Epos Kontak
Dinsdag10:00Reebok (Manne groep)Koos van Zyl Epos Kontak
Woensdag07:00Lokaal 6 (Manne groep)Jurie Vermeulen Epos Kontak
Woensdag10:00Lokaal 6 (Vroue groep)Laetetia Basson Epos Kontak
Donderdag09:00Tergniet (Vroue groep)Carin van Ginkel067 173 1473
Donderdag10:00Groenkloof Biblioteek (GK Inwoners)Ds Leon Cronje044 620 2205

“Ek bid dat jou deelname aan die geloof daadkragtig mag wees, deur jou kennis van elke goeie saak wat daar onder ons is, tot eer van Christus” (Filemon 1:6 Afr20).

Frank Opperman uitnodiging NG Kerk Groot-Brakrivier
Frank Opperman uitnodiging NG Kerk Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBC Kirgisië

FEBC Kirgisië trotseer baie uitdagings in sy bediening – van regsinperkings tot vyandige reaksies van Moslemluisteraars. Boonop het swaar sneeuval in Mei aansienlike skade aan een van FEBC se radiotorings veroorsaak wat uitsendings tydelik opgeskort het. Nietemin hou die span aan om hoë-kwaliteit programme te vervaardig wat luisteraars aan Jesus bekendstel en hulle leer hoe om heilige lewens te lei.

Ons gebed vir die week: Bid vir die herstel van FEBC Kirgisië se radiotoring en vir die span se fisieke en geestelike gesondheid, en bid dat hul luisteraars Christus sal leer ken.

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za) – Nuut op 5  Julie 2026

  1. Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Erediens van van 5 Julie 2026, gelei deur dr Gerrie van Deventer
  2. Getuienisbediening
    • Die nuutste nuusflitse uit Madagaskar is beskikbaar.
  3. Bybelstudiereekse:
    • Skep asem vir vandag’ is ‘n heerlike positiewe begin vir elke dag.
    • Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema: “Hoe hanteer ons konflik?”
  4. Gemeentenuus:
    • Die Gebedsgids vir Julie is beskikbaar op die webtuiste.Die weeklikse
    • Afkondigings,asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-posEpos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Ritme en Samesyn: Klub 50 Verdryf die Winterkoue

Klub 50 Tromme 2026-07-01 NG Kerk Groot-Brakrivier _15

Klub 50 het op Woensdag, 1 Julie 2026, hul maandelikse byeenkoms in die NG Kerk Groot-Brakrivier se kerksaal gehou. Ongeveer 35 lede het die koue trotseer om die geleentheid by te woon, en die oggend was gevul met ritme en samesyn.

Ritme wat lywe opwarm

Die groot verrassing van die dag was die koms van Lasya Botes. Sy het die lede kom wys hoe om tromme te speel. Tromspel is ‘n universele taal wat mense saambring. Lasya het die groep gelei, en dit het nie lank geduur voor die hele saal saam geklop het nie.

Almal het geesdriftig deelgeneem. Die ritme van die tromme het gou die koue verdryf en dit was die perfekte manier om winterlywe op te warm. Dit was ook ‘n goeie spanbou-geleentheid. Ons is gemaak om dinge saam te doen en om mekaar se lewensritme te deel.

Smaaklike bederf en kuiertyd

Na die fisiese inspanning en die vrolike getrommel, was dit tyd vir die innerlike mens om versterk te word. Die lede het heerlik gesmul aan warm boereworsworsbroodjies en kolwyntjies.

Die geklets van vriende het die saal gevul terwyl ervarings en stories gedeel is.

Word deel van Klub 50

Klub 50 rig ‘n ope uitnodiging aan alle gemeentelede bo die ouderdom van 50 jaar om aan te sluit. As jy op soek is na ‘n plek waar jy jouself kan wees, nuwe dinge kan leer en saam met geesgenote kan kuier, dan is hierdie klub vir jou. Daar is altyd ‘n stoel wat vir jou wag.

Kontak ons

Rig gerus alle navrae aan Anina per e-posEpos Kontak . Sy sal jou verwelkom en al die nodige besonderhede deel. Sien ons jou by die volgende byeenkoms? Dankie aan almal wat hierdie dag moontlik gemaak het!

‘Seisoen van Konflik’ : ‘n Seisoen van Geleenthede’

Seisoen van Konflik - Seisoen van Geleentheid! Mike Burnard

Die NG Kerk – Groot-Brakrivier het op 30 Mei 2026 ‘n interessante ontbyt gereël in die Kerksaal. Die spreker, Mike Burnard, is ‘n kenner in die Sendingveld. Hy is al vir vyftig jaar besig in die uitdra van die Koninkryk se Evangelie internasionaal.

Hy is ‘n dinamiese spreker wat die ernstige onrus in die Midde-Ooste vanuit ‘n Konkryks perspektief beskou. Die gehoor is daarop gewys dat mens nie polities na al die gebeure moet kyk nie, maar met ‘n bril vanuit ‘n Verlossings perspektief.

Daar is honderde duisende mense wat sterf in die onsinnige geweld van die oorlog. Die Heilige Gees is egter werksaam in die Midde Ooste, soos blyk uit die beskikbaarheid van die Woord van God en verhale van talle bekeerdes. Ontwortelde mense wat by Christene in die areas ‘n lawende heenkome vind.

Die oggend is afgesluit met ‘n heerlike ontbyt wat keurig voorberei is deur die Gasvryheidsbediening. Dank aan die Getuienisbediening se span wat die oggend geïnisieer het.

Mike Burnard

Vir die afgelope 50 jaar het Mike en Helen die voorreg gehad om Christene te dien in lande in Afrika, die Arabiese Wêreld, die Midde Ooste, Asië, die Sub-kontinent, Europa en die Amerikas.

Mike was vir 25 jaar betrokke by Geopende Deure, ‘n bediening wat Christene in geslote lande dien deur bystand en hulp te verleen. Mike was ook die stigter van INcontext International, ‘n media bediening wat die Kerk bystaan om wêreldgebeure vanuit ‘n sending en Koninkrykskonteks te interpreteer.

In 2020 aanvaar Mike die beroep as Sending Konsultant en Analitiese Strateeg by dia-LOGOS. Mike se fokus in die kapasiteit bevestig sy liefde en passie vir die vervolge kerk en wy hy homself sedertdien toe as dienskneg van Christene in geslote lande. Mike en Helen is ook die outeurs van verskeie boeke wat Christene uitdaag tot ‘n lewe van transformasie en toewyding.

Kontak besonderhede:

DIALOGOS Webtuiste
TheThirdWay Webtuiste

‘n Musikale Herinnering

Dinsdag, 18 November 2025, het die Ondersteuningsbediening, van die NG Kerk Groot-Brakrivier, in same werking met Seeds of Hope, ‘n heerlike Musikale Herinnering gereël.

Francois en Elizabeth Fourie het opgetree met Konsert Tema: “Wil jy dans Carina” en die groep mense saamgesleur deur die lewe. Van jonk wees, met drome…tot by die ouderdom waarin baie van ons vandag lewe. Ons is op humoristiese wyse deur hierdie wonderlike sangpaar, deur die verhaal van hulle lewe, geneem. Dit was regtig ‘n onvergeetlike belewenis, met lekker lag, maar ook soms ‘n hartseer traan in die oog.

Lees meer “‘n Musikale Herinnering”

Die Truitjie Projek van 2025 se uitkomste: Groot dankie!

Rene en Karina, die organiseerende gemeente lede, se mikpunt vir 2025 was om 100 truitjies te kry om in die gemeenskap, in en om Groot-Brakrivier, te versprei. Daar is ‘n versoek in die afkondigings van April 2025 geplaas en skenkings wat op daardie stadium reeds ontvang is, is tydens ‘n Teedrink in die sysaal vertoon, om die belangstelling van almal wat daarvan hou om te brei, aan te wakker.

Lees meer “Die Truitjie Projek van 2025 se uitkomste: Groot dankie!”

Kerssangdiens: 2024

Kerssangdiens NG Kerk Groot-Brakrivier

Die Kerssangdiens van 24 November was ‘n wonderlike aanddiens. Die sang, musiek, voorlesings, voordrag en toneelspel stukkies in die lig-belaaide kerk het ons in die regte stemming gebring. Ons is teruggevoer na waarom ons jaarliks die geleentheid vier, en wat die belangrikste Kersgeskenk van alle tye is. Jesus Christus se koms na hierdie aarde, as mens, sodat ons verlos kan word. Ons moet dit nooit uit die oog verloor nie.

Nuwe Klimraam

Klimraam NG Kerk Groot-Brakrivier

Die kerkterrein het na vele besprekings daardie klimraam gekry. Dit is Vrydag 22 November 2024 geínstalleer en is deur ‘n anonieme persoon geskenk. Die kinders het dit dadelik met oorgawe ingewy op Sondagoggend 24 November 2024, terwyl die ouers gesellig om koppies koffie en tee gekuier het na, die erediens.

Ooievaarstee vir Ds Charnè Viljoen

Carne se Ooievaarstee NG Kerk Groot-Brakrivier

Op 16 November 2024 is daar met feestelikheid, die aankoms van die nuwe Babaseuntjie, wat in Januarie 2025 sy aankoms moet maak, ‘n ooievaarstee aangebied deur die Kerkkantoor personeel en die Gasvryheidsbediening van die gemeente. Die vroue het lekker saamgekuier in die kerksaal, om peuselhappies en heerlike sap, koffie en tee. Die geleentheid was ‘n verassing vir Ds. Viljoen, wat met die hulp van klein Emma geskenke oopgemaak het.

Die mans het om die doeke-braaivleisvuur gekuier, terwyl Ruan Viljoen se handigheid met doeke ruil getoets is. Dit was ‘n lekker geleentheid. Die egpaar bedank almal in die gemeente vir die welwillende gebaar.

Ons Onthou Gé: Jannie Moolman en Riaan Hunter

Vrydag 6 September 2024 het die bekende Tenoor, Jannie Moolman, die Bariton, Riaan Hunter, en die Junior en Senior kore van die Laerskool Vorentoe, die Groot-Brakrivier se mense, oud en jonk, meegesleur deur die lewe van Gé Korsten.

Gé Korsten, die legendariese sanger en akteur, wat in die vyftigerjare sy elektriese besigheid in Suid Afrika begin het, het vinnig en groot opgang gemaak in die musiek- en filmwêreld, en was internasionaal bekend.

Sommige van die ouer garde was terugvoer na hul jong dae met heimwee, trane en soet herinneringe. Die stem van Gé, was ‘n bekende in elke liewe huis.

Die afsluitings Lied, Jerusalem, was met oorgawe deur almal saam gesing, sodat dit sekerlik ver deur Groot-Brakrivier weerklink het. Dit was ‘n onvergeetlike aand.

Eerste hulp Noodhulp kursus

Op Saterdag 25 Mei om 13:30 word daar ‘n Basiese Noodhulp kursus aangebied by Dux Nasorgsentrum te Lang straat Groot Brakrivier. Indien u sou belangstel om dit by te woon. Is jy welkom. Stuur asseblief die boodskap aan vir enige iemand wat u dink sou belangstel.

https://www.bestcareservices.co.za

Langasem van ons nuwe predikant

Die afgelope naweek het ons jong Viljoen Predikants egpaar die Two Oceans marathon in Kaapstad gaan aandurf en dit baie geslaagd afgehandel.

Die Jong Goosentjie: 8 weke later

Theo Goosen, die trotse toevoeging tot die Goosen Predkantspaar se familie, is sterk en gesond na ongeveer agt weke se koestering.

Truitjies vir die Kindertjies

Truitjies vir kleuters en peuters

Vrouens in die NG Kerk Groot-Brakrivier gemeente het so 3jaar gelede begin om truitjies te brei vir kleuterskoolkinders, toe ‘n vriendin eendag ‘n tas vol truitjies by Tannie Stienie Smit afgelaai het. Haar motto in die lewe is “Gee dat ek elke dag vir iemand iets kan beteken”. Sy en haar suster Kitty Rossouw, brei nou gereeld. Hulle brei truitijies met enige afval wol wat hulle kry. Daar is reeds truitjies in Friemersheim omgewing versprei; asook deur Maria Smart, wat by die VGK, Groot-Brakrivier betrokke is. Sy weet waar daar groot behoefte is vir truitjies in die omgewing.

Lees meer “Truitjies vir die Kindertjies”

Carpe Musicam! Orkes & Koor AMAZING GRACE: 5, 7 & 12 Apr 2024

Liewe Musiekliefhebber 

Kom geniet ‘n unieke musikale ervaring saam met die Carpe Musicam! Orkes & Koor.

Die April-konserte het weer ‘n groot verskeidenheid interessante verwerkings van bekende en ook minder bekende melodieë  – ons poog altyd om iets vir elke smaak op te tower!

Kaartjies en meer inligting by www.carpemusicam.co.za  

Jy is welkom om dié inligting vir jou  bure, vriende, familie, kollegas, kliënte, ens aan te stuur!

Kom geniet die musiek saam met ons!

CM! groete

Ondersteuningsgroep se bekendstelling by Groenkloof

Die doel van die besoek was om die dienste van die bediening aan Groenkloof (Groot-Brakrivier) se mense bekend te stel, en om hulle persoonlik te kan ontmoet.

Daar was wonderlike belangstelling op 8 Februarie 2024 toe ons saam in Groenkloof se eetsaal tee en versnaperinge geniet het, wat deur Eben van die oord voorberei is.

Die Bestuurspan van NG Kerk Groot Brakrivier ondersteun die aksie finansieel wat dit moontlik maak om gratis vervoer te verskaf. Daar word bystand verleen met:

Lees meer “Ondersteuningsgroep se bekendstelling by Groenkloof”

Groot-Brakrivier se vroue verenig vir Wêreldbiddag 2024

Die geleentheid is bygewoon deur 120 vroue van die verskillende kerklike denominasies in Groot-Brakrivier. Dit was ‘n pragtige geleentheid wat ingelei is met die meesleurende Christelike musiek van Palestina, wat hierdie jaar vir die program verantwoordelik was.

Die Tema van die dag was ‘Ek smeek julle…verdra mekaar in liefde’, en dit was ‘n wonderlike ekumeniese geleentheid waar vroue van verskeie kerke saam die biddag aangebied en begelei het. Ds Charne Viljoen het die geleentheid gelei, en Victor van die VGK het die musiek begeleiding gedoen. Christen vroue van al die kerke (AGS, Congregational Church, St. Johns, NG Groot-Brakrivier, Searle Memorial en VGK ) het ook aktief deelgeneem aan die program.

Die geleentheid is afgesluit met koffie/tee en verversings in die kerksaal, wat deur ons gemeente voorsien is, en waar die vroue mekaar beter kon leer ken.

Dankie vir almal wat by die reëlings betrokke was, asook almal wat die dag bygewoon het. Mag dit julle lewe verryk het.