Die wêreldbiddag vir Voue is ‘n wêreldwye ekumeniese beweging van Christinvroue, – mans en -kinders uit verskillende nasies wat elke eerste Vrydag in Maart saambid. Die Wêreldbiddag bring mense uit verskillende rasse, kulture en kerke byeen, om saam voor God te verenig in gemeenskap met Hom en groter begrip vir mekaar.
Hierdie jaar was die Wêreldbiddag, in ons omgewing, by die VGK Groot-Brakrivier gehou. Die tema vir hierdie jaar was:
“Ek het van jou geloof gehoor”
Die skrywerland en samesteller van hierdie jaar se program was Taiwan.
Die tafel was versier met:
- Blou lap (Taiwan word deur die see omring en hulle eet baie vis en seekos)
- Groen lap (Taiwan bestaan uit baie bergpieke)
- Geel lap (Taiwan is ryk aan hulpbronne)
- Die groen gras en die Phalaenopsis orgidee is die trots van Taiwan. Die groen gras verteenwoordig die Taiwanese as eenvoudig, selfversekerd, sterk en onder God se sorg.
Die legkaart van Taiwan simboliseer die diversiteit van die land.
Ons bedank graag al die kerke in ons omgewing wat tot die sukses van hierdie dag bygedra het.
Die Wêreldbiddag vir 2024 vind plaas by die NG Kerk Groot-Brakrivier.




















