Missie Japan – Nuusbrief 18 Maart 2022

Missie japan 18-3-2022

SAAM OP WEG 
soos kleipotte in ‘n gebroke wêreld

Beste Ondersteuner
 
Graadvang beteken altyd baie meer as die ontvang van ‘n akademiese kwalifikasie. Dis ‘n lang reis van saam verras word, saam moeg word en stilstaan langs die pad, saam worstel en groei. Dit gaan oor ‘n integrasie van leer en lewe. Daar was botstil dae (soos by verlede week se plegtigheid), maar ook stormdae (soos met dié groep studente se inhuldiging in April 2018). Só sit ek en dink terwyl ek sien hoe sewe studente ná 4 jaar van harde werk met dankbare harte hulle pad by KRTS voltooi. Dis die sewende keer dat ek die voorreg gehad het om hiervan deel te wees … ‘n klein entjie se saamstap by dié sewentigste gradeplegtigheid van die RCJ kweekskool se geskiedenis. 
 

Lees meer “Missie Japan – Nuusbrief 18 Maart 2022”

Missie Japan Nuusflits – 14 Februarie 2022

Cariena Lodewyk by RCJ Tokyo bay Maart 2014

SENDELING IN JAPAN

Wat beteken dit?

Wat Beteken dit om ‘n Sendeling te wees in Japan? 
Oor brandende bosse…en brandende harte (wat nie uitbrand nie…)

 
Beste Ondersteuner

Dertien jaar gelede, ses maande volswanger, met ‘n 18 maande oue, hiper-aktiewe dogtertjie, was daar min tyd vir my Japannese taalstudies. Destyds het ons allerhande dinge blameer en onsself baie jammer gekry, omdat nie een van ons vier kinders goeie slapers was nie. Inteendeel, hulle het bitter min geslaap. Min slaap. Aktiewe kleuter én ‘n pap babatjie.

Lees meer “Missie Japan Nuusflits – 14 Februarie 2022”

Konnichiwa Nuusbrief 

Konnichiwa Nuusbrief 
Liewe ondersteuner,
Ons skryf hierdie nuusbrief nie uit ‘n koue Japan nie, maar hier vanuit ‘n sonnige Suid-Afrika. Terwyl ons harte verlang om weer in Japan te wees, is ons dankbaar vir elke oomblik saam ons geliefde familie en vriende. Ons koester hierdie tyd en sien dit as ‘n geskenk uit die Here se Hand. Ons sien ook uit na toekomstige geleenthede waar ons met julle, ons ondersteuners, kan tyd saam spandeer. Ons bid dat hierdie tyd in Suid-Afrika mag dien as ‘n tyd waarin ons dieper verhoudings met u kan bou. 

In hierdie nuusbrief wil ons baie graag groot nuus met u deel. Ons deel graag met u ‘n brief spesifiek gerig aan u, inligting oor waar onsself nou in Suid-Afrika bevind en waarmee ons tans besig is.

Brief aan u, ons ondersteuner.

Lees meer “Konnichiwa Nuusbrief “

Missie Japan Nuusflits – 1 Februarie 2022

IETS VAN ALLES in 2022

Beste Ondersteuner
 
As gedeelde vreugde verdubbel, en gedeelde smart halveer, wat gebeur met gedeelde Corona?! Die afgelope week was dit ons gesin se beurt om uit te vind (saam met Carina se broer Nico en sy vriendin wat tydelik by ons oorbly). Ons was almal tegelyk redelik plat, maar is baie verlig om weer aan die gang te wees, al is dit nog bietjie wankelrig. Die sesde infeksie-vlaag is besig om ‘n piek te bereik in Japan, met 85000 nuwe gevalle vandag. Ons dien nog die laaste dae van verpligte isolasie uit, maar sien weer kans vir wat kom. Intussen werk ons aanlyn voort …

Lees meer “Missie Japan Nuusflits – 1 Februarie 2022”

Opvolg: Ellmar en Nadine van Missie Japan:

Missie Japan

Goeie middag almal

Hiermee die brief rakende Elmar en Nadine, soos ons bespreek het in ons vergadering vir julle inligting en voorbidding asb. Ek is in gesprek met Missie Japan aangesien hierdie brief baie eensydig is. Ons gaan voort om hulle te ondersteun aangesien hulle passie nog steeds is om sendingwerk in Japan te doen ( dit het geensins verander nie) en om die Evangelie na die die 99% nie-Christene in Japan te neem. Sodra ek hul nuwe bankrekening ontvang het sal ek dit aan die kerkkantoor stuur.

Groete en lekker naweek.

Emile

Lees meer “Opvolg: Ellmar en Nadine van Missie Japan:”

Konnichiwa Nuusbrief – Elmar & Nadine (Missie Japan)

Konnichiwa Nuusbrief

 Liewe ondersteuner,In Japan is daar ‘n gebruik om te sê 久しぶり (hisashiburi) vir iemand wat jy vir ‘n lang tydperk nie gesien het nie. Aangesien ons elkeen van julle lank terug gesien het sê ons aan julle elkeen Konnichiwa, 久しぶり Hisashiburi.
In hierdie brief wil ons baie belangrike nuus met julle deel. Hierdie nuusbrief sluit in ‘n brief vanuit die Missie Japan kantoor sowel as ‘n video waarin ons meer verduidelik.

Lees meer “Konnichiwa Nuusbrief – Elmar & Nadine (Missie Japan)”

TWEE UITHOEKE – Japan en Suid-Afrika

Missie Japan - Twee wêrelde

Beste Ondersteuners
 
Kan twee lande meer van mekaar verskil as Japan en Suid-Afrika? Suid-Afrika is ‘n warm, soms lawaaierige, onvoorspelbare mengelmoes van kulture van die Weste, Nabye Ooste en Afrika. Japan is stil, homogeen en voorspelbaar. Na 12 en ‘n halwe jaar in Japan en ons onlangse besoek aan Suid-Afrika na ‘n besondere lang onafgebroke 4 jaar in Japan – boonop midde-in die derde golf van Covid-19 – was dit bykans onmoontlik om nie konstant melodramatiese vergelykings te tref nie.

Lees meer “TWEE UITHOEKE – Japan en Suid-Afrika”

Missie Japan 17 Nov 2021: Weg en Terug en weg

(Liquidambar) Herfsblare in ons buurt

Beste Vriende

Wanneer ons in Suid-Afrika is mis ons Japan: die opregte toewyding van ons broers en susters in die RCJ, goedkoop sushi, warmwater bronne … Maar wanneer ons in Japan is verlang ons harte intens na Suid-Afrika: na ‘n drafpaadjie langs die river met ‘n uitsig op die branders, uit-volle-bors lofsange in die kerk, sit om die braaivleis vuur met regte hout (nie steenkool soos in Japan nie). Maak nie saak in watter land ons is nie, ons is altyd vol verlange na die ander. Asof ons nooit werklik tuis is nie.

Lees meer “Missie Japan 17 Nov 2021: Weg en Terug en weg”

Missie Japan: Konnichiwa Nuusbrief – 29 June 2021

Sendingaksie Japan

Konnichiwa Nuusbrief  Liewe ondersteuner,
Met die toename van Covid-19 in Suid-Afrika, dink en bid ons voortdurend vir u. Ons hoor van meer en meer mense waarvan ons weet wat weens Covid-19 siek geword het. Dit is kommerwekkend dat die daaglikse hoeveelheid infeksiestelling teen so ‘n tempo styg. Ons is bewus daarvan dat Suid-Afrika na vlak 4 geskuif is en besef dit hou verskeie uitdagings in.

Lees meer “Missie Japan: Konnichiwa Nuusbrief – 29 June 2021”

MISSIE JAPAN

Liewe medewerkers
29 MAART 2019 – “D-DAY”

Dit is met ‘n blye hart dat ons vandag met jou enkele verwikkelinge rondom Elmar en Nadine se vertrek na Japan wil deel.
In Desember 2018 het die kerk in Japan namens Elmar en Nadine, aansoek gedoen vir hulle verblyfpermit. 

Lees meer “MISSIE JAPAN”