Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00
Woensdag 15 Februarie 2023 : Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok 3
Nagmaal Sondag 19 Februarie 2023 09:00 : Prediker: ds. Danie Goosen.
Wolwedans vir die eerste kwartaal is: 22 Februarie, asook 8 en 22 Maart
21 Februarie om 18:30 Dr. Daniel Shayesteh besoek Mosselbaai Moedergemeente
Afkondigings: Sondag 12 – 19 Februarie 2023
Ned. Geref. Kerk Groot-Brakrivier
Vandag – Sondag 12 Februarie 2023 :
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr. Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Matt. 5 verse 17 tot 48. Die tema van die prediking is : Wat is regtig reg?
- Spesiale Offer vir die Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Stof tot nadenke: Die grootste hiervan is…
Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe om God se boodskap te verkondig, sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak.”
1 Kor. 13: 8
Dis weer die week van die liefde in menslike terme. Valentynsdag word wêreldwyd gevier. Maar die begrip van die liefde het so afgewater en verwronge geraak deur die prentjie wat wêreldwyd van die liefde verkondig word, dat ons menigmaal in wantroue staan teenoor enigiemand wat ‘n liefdesverklaring maak. Die begrip ’to make love’ het mense laat dink dat hulle in beheer van die liefde is. Dat hulle deur hierdie woorde te uiter alle twyfel aan die ontvangs-kant sal verwyder. Dat hulle selfsugtige agendas nie raakgesien sal word nie.
Lees meer “Stof tot nadenke: Die grootste hiervan is…”Nuusflitse Week 6+ van 2023
Kategese Sondae 09:00
Woensdag 8 Februarie – Kooroefening – 17:15
Woensdag 8 Februarie – Blokbyeenkoms 16:00 Blok 2 & Blok 13
Sondag 12 Februarie 2023 Erediens 09:00 • Prediker: dr. Gerrie van Deventer
Getuienisbediening: Wolwedans: 8 en 22 Februarie, asook 8 en 22 Maart.
Rek en strek oefEninge vir seniors : Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 in kerksaal
Stof tot Nadenke: Is jy Vry?
“Maar as julle julle deur die Heilige Gees laat lei, staan julle nie meer onder die wet nie”
Gal. 5: 18
Soms lees mens ‘n Bybelvers raak wat jou hele siening van die lewe laat verander. Is dit moontlik dat ons vrygeskeld kan wees van die wet? Tog staan dit baie duidelik in Galasiërs. Ons moet onsself net beskikbaar stel vir die Heilige Gees. Die Gees van waarheid. Die Gees wat ons krag gee onder moeilike omstandighede. Die Gees wat ons lei om die dinge van die Vader te doen, en nie in te gee aan ons menslike begeertes nie. Watter ongelooflike vryheid skenk God ons nie deur ons die Heilige Gees te skenk nie.
Lees meer “Stof tot Nadenke: Is jy Vry?”Laat die kindertjies na My toe kom!
In Januarie 2023 het ons drie heerlike doopgeleenthede in ons gemeente beleef. So ‘n wonderlike antwoord op die versoek van Christus om die kindertjies na Hom toe te laat kom. Dis heerlik om jongmense met die begeerte om hulle kinders te laat doop te beleef. Dis die kinders wat vir ons die toekoms in Christus is en ons moet alles in ons vermoë doen om hulle nie te verhinder om God te leer ken nie.
8 Januarie
Jaques en Johanita le Roux (Seuntjies: Luca en Beau Jonah)
Charl en Lurinda Fourie (Dogtertjie Lua-Mari)
22 Januarie
Corne en Anneke Mulder (Seuntjie Harley) van Ierland wat by hulle ouers kuier
29 Januarie
Stefan en Helga Hayward (Dogtertjie Lilian Ruth)
Die doopgeleenthede was onderskeidelik gelei deur Ds. Danie Goosen en die laaste deur Ds Hayward van George. Watter wonderlike begin vir die Jaar 2023!
Afkondigings 5 Februarie – 12 Februarie 2023
Vandag – Sondag 5 Februarie 2023 :
• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Matt. 5 verse 13 tot 20. Die tema van die prediking is : Wie is ons?
• Spesiale Offer vir die kinderhuise (Algemeen) Môreson by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Lees meer “Afkondigings 5 Februarie – 12 Februarie 2023” Nuusflitse Week 5+ van 2023
Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00
Klub 50+ Woensdag 1 Februarie 10:00 in die kerksaal.
Kooroefening – Woensdag 1 Februarie 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751)
Blokbyeenkoms Woensdag 1 Februarie om 18:00 in Blok 1 (Gonnakraal, Sorgfontein & Vlakte)
Donderdag 2 Februarie 2023 • Bloedskenk-geleentheid vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal
Sondag – 5 Februarie 2023 :Erediens 09:00 Prediker: Ds. Danie Goosen
Rek en strek oefEninge vir seniors :Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00
Uitreikdatums vir Wolwedans vir die eerste kwartaal is: 8 en 22 Februarie, asook 8 en 22 Maart
Stof tot nadenke: Vreugde en Swaarkry
“Ons verkondig nie onsself nie maar Jesus Christus as die Here, en onsself as julle dienaars ter wille van Jesus. God wat gesê het: ‘Laat daar lig skyn uit die duisternis’, het ook in ons harte ‘n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus uitstraal”
2 Kor. 4: 5-6
Wanneer ons antwoord op God se belofte ja is, weet ons dat Hy ons harde harte sal sag maak. Dan sal ons ook weet dat ons nie onsself verkondig nie, maar deur die krag van die Heilige Gees, sal ons nie anders kan as om God die Vader en Jesus Christus as Verlosser te verkondig nie. Ons hele wese word verander om nie meer ons eie menslike ek te wil wees nie, maar om meer, en meer, soos Christus te word. Ons word dus op hierdie wyse ‘weergebore’. Dis nie ‘n menslike geboorte nie, maar ‘n goddelike ingryping om, hoe ons dink en doen, totaal te verander.
Lees meer “Stof tot nadenke: Vreugde en Swaarkry”Lief en Leed Week 5 van 2023
n Baie spesiale verwelkoming aan dr. Lesley Hayward wat vanoggend die doopplegtigheid waarneem.
• Ons verwelkom graag die familie en vriende van Stefan & Helga Hayward en hul dogtertjie Lillian Ruth wat vanoggend gedoop word.
Gebedsgids Februarie 2023
“Waar 2 of 3 bymekaar is, daar is U.”
Woensdag, 1 Februarie – Here se getrouheid en wil
Ons bid dat die gemeente sal sien dat die Here getrou is in Sy handeling en dat hulle volgens Sy wil sal bid.
Donderdag, 2 Februarie – Prys God
Kom ons sing ‘n nuwe lied vir God vir al sy seӫninge en ons dank Hom spesiaal vir ‘n wêreld so mooi waarin ons mildelik uit Sy Hand ontvang.
Afkondigings 29 Januarie to 5 Februarie 2023
Vandag – Sondag 29 Januarie 2023 :
• Baie welkom by die erediens wat vanoggend gelei word deur dr. Frans Hancke en ’n baie spesiale verwelkoming aan dr. Lesley Hayward wat vanoggend die doopplegtigheid waarneem.
• Ons verwelkom graag die familie en vriende van Stefan & Helga Hayward en hul dogtertjie Lillian Ruth wat vanoggend gedoop word.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Joh. 2 verse 1 tot 11. Die tema van die prediking is : Die ongemaklike toets.
• Spesiale Offer vir die Instituut vir Dowes by die deure.
JEUG :
Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Gebedsgidse:
Gebedsgidse vir Februarie 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Woensdag 1 Februarie 2023 :
• Klub 50+ hou hul eerste saam kuier vir 2023 op Woensdag 1 Februarie om 10:00 in die kerksaal. Almal is baie welkom, ook nuwe intrekkers. Bring asseblief ‘n bordjie eetgoed saam.
Vir enige navrae, kontak Mariana (082 922 9291).
• Kooroefening - 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.
• Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok 1 (Gonnakraal, Sorgfontein & Vlakte) by
Louis & René Vorster, Wolwedraai Boerdery, Sorgfontein (083 702 8639).
Donderdag 2 Februarie 2023 :
• Bloedskenk-geleentheid vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal
(Christo 083 447 9891).
Sondag – 5 Februarie 2023 :
• Prediker: Ds. Danie Goosen.
• Spesiale Offer vir kinderhuise (Algemeen) Môreson by die deure.
Rek en strek oefEninge vir seniors :
Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 is daar oefeninge vir seniors in die kerksaal. Nuwe lede is baie welkom.
Kontakpersoon: Piet Snyman (082 297 3476).
Omgeebediening :
• In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas. Ons ondervind tans ‘n groot tekort aan groot inkopiedrasakke asook bydraes vir die kruideniers-pakkies soos blikkieskos, suiker, koffie, tee, pasta, skoonmaakmiddels soos gesigseep, tandepasta, skottelgoedseep, wasgoedseep, toiletpapier, ens.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters (082 327 9527).
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake, of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by 081 039 8853 – Kontakpersoon Riana Briers.
• Inskrywings kan nog gedoen word vir die kursus in Pastorale Narratiewe Terapie vir 2023. Finansiële bystand kan verleen word in dié verband vir mense in ons gemeente of breër gemeenskap. Vir meer inligting, kontak Riana Briers (Sel 081 039 8853).
Getuienisbediening :
Ons uitreikdatums vir Wolwedans vir die eerste kwartaal is:
8 en 22 Februarie, asook 8 en 22 Maart.
Ons nooi almal weereens uit om deel te neem aan die sopprojek en te help om 80 gesinne te kan bedien. Die voorsiening van sop is ’n deurlopende behoefte en ons vrieskaste is tans redelik leeg. Baie dankie vir u getroue ondersteuning.
Behoeftes vir Getuienisprojekte :
• Daar is ‘n dringende behoefte vir ’n fiets vir ‘n volwasse man. Indien iemand hiermee kan help kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word / gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel Aletia ( 084 783 1308).
• Enige geestelike dagstukkieboeke wat u nie meer gebruik nie. Boeke kan by die kerkkantoor gedurende kantoorure afgegee word.
• Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ’n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.
FEBA RADIO SA: GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBA:
FEBA saai tans uit in meer as 145 tale in ongeveer 50 lande regoor die wêreld. Die uitsendings word vanuit 149 radiostasies en senders uitgesaai en ongeveer 2000 ure se programmering word per dag gedoen, 365 dae van die jaar. Hierdie indruk-wekkende statistieke is maar ’n klein deeltjie van die wonderwerk. Die groter wonder is daarin geleë dat honderde duisende mense daagliks hul lewens aan die Here Jesus Christus oorgee. FEBA doen baanbrekerswerk in die Christelike radio- en mediabediening en beplan om vanjaar nog meer van die mins bereikte lande te bereik.
Ons gebed vir die week: Bid dat God se voortgesette seën ook hierdie jaar op FEBA sal rus waar hulle die evangelie deur middel van radio-uitsendings aan die mees afgeleë gebiede op aarde verkondig. Bid dat God Sy guns sal betoon wanneer nuwe lisensies benodig word en dat programme ontwikkel word wat nog meer luisteraars sal bereik.
Die webtuiste (nggrootbrak.co.za)
29 Januarie 2023
- Skakel na die YouTube Preek van 29 Januarie 2023.
- Getuienisbediening:
a) Terugvoer vanaf Lynette uit Madagaskar oor die tropiese storm bedreiging.
b) Naaldwerk Projek.
c) Christen vervolging wêreldwyd. - Jeugbediening: Kategese opening 2023.
- Kommunikasiebediening: Stof tot nadenke: ”Vreugde en swaarkry.” ’n Kort boodskap vir die week.
Ons deurkollekte gaan vandag vir die Instituut vir Dowes
Ons het egter in 2020 gedurende die Covid pandemie opnuut weer besef hoe belangrik sosialisering vir die mensdom is, en dat ons mekaar fisies en geestelik nodig het. Dowes se grootste emosionele uitdaging is dat hulle uitgesluit kan voel te midde van gesprekke met horende vriende, en juis daarom is dit so wonderlik om te weet dat Dowes hul eie veilige gemeentes het waar hulle kan sosialiseer en verstaan word, en van God leer.
Sonder gemeentebydraes en ondersteuning van mense soos u word die geestelike Bediening aan Dowes wel baie beperk. Baie dankie dat u as gemeente dit verstaan en help om ‘n merkwaardige verskil te maak ten opsigte van die werksaamhede van die bogenoemde twee gemeentes.

YouTube Eredienste
YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314
Kategese opening 2023
Die jaar skop weg vir ons kategese met ‘n heerlike braai en kenmekaar geleentheid vir ons ouers, kinders en kategete. Ds. Danie Goosen het ‘n kort, treffende boodskap vir die Jeug gegee oor groei en hoe ons as Christene ook water nodig het, soos die plante, waarsonder niks kan groei nie. Daarna het Isabella Wolmarans, wat hard geywer het in die kerk se tuin die afgelope jaar, die kinders geneem om oor die plante in die tuin te gesels en hoe ons ook soos plante groei in God se tuin.
Ons Kategete vir die jaar is:
Lees meer “Kategese opening 2023”Erediens 22 Januarie 2023
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Mattheus 4:12-23
Tema: Geroep om te groei en te laat groei
Begeleiding: Marida Bridges
Liedere:
Lied 505: 1&4
Wat is jou antwoord op God se belofte?
Ek is juis om hierdie rede begenadig, sodat Christus Jesus aan my as sondaar, al sy geduld kon betoon, as voorbeeld vir hulle wat in Hom sou glo met die oog op die ewige lewe”
1 Tim. 1: 16
Laas week het ons gekyk na die belofte van God, wat beloof het om ons harde harte te versag sodat ons met mede-menslike liefde die verskil in ons lewe aan almal om ons kan uitstraal. Ons is dus ook begenadig deur die liefde en geduld wat God aan ons betoon indien ons God se belofte ons eie maak.
Lees meer “Wat is jou antwoord op God se belofte?”Afkondigings – 22 -29 Januarie 2023
Vandag – Sondag 22 Januarie 2023:
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan familie en vriende van Corné en Anneke Mulder en hul seuntjie Harley wat vanoggend gedoop word.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Matt. 4:12-23. Die tema van die prediking is : Geroep om te groei en te laat groei!
- Spesiale Offer by die deure vir die Gemeente-Instandhoudingsfonds.
WÊRELDWAARNEMINGSLYS: EEN UIT SEWE CHRISTENE LEEF MET HOË VLAKKE VAN VERVOLGING
Meer as 360 miljoen. Dié syfer verteenwoordig die hoogste vlakke van vervolging van Christene sedert Geopende Deure Internasionaal 30 jaar gelede met ’n jaarlikse Wêreldwaarnemingslys begin het.
Dié lys wys die top 50 lande waar Christene die ergste vervolging weens hulle geloof ervaar en skep bewustheid oor die swaarkry wat vervolgde Christene elke dag beleef.
Die nuutste data wys dat een uit elke sewe Christene wêreldwyd (een uit vyf in Afrika, twee uit vyf in Asië) met baie hoë of uiterste vlakke van vervolging leef.

Noord-Korea is terug in die topposisie nadat Afganistan verlede jaar daar ingeskuif het weens die Taliban-oorname van die land in 2021. Voor dit was Noord-Korea vir 20 jaar in die eerste posisie (2002-2021).
Een van die grootste bekommernisse op vanjaar se lys sluit in dat ’n humanitêre krisis in sub-Sahara Afrika dreig weens godsdienstig gemotiveerde geweld. Net meer as 5 000 Christene is in 2022 oor godsdienstige redes in Nigerië vermoor – ’n skokkende 89% van die internasionale totaal.
Hierdie vlaag van geweld is besig om kommerwekkend vinnig deur die res van die streek te versprei tot sover suid as Mosambiek.
Wêreldwaarnemingslys: Lees meer daaroor hier.
Hierdie artikel het verskyn in die Kerkbode.
Lees die Kerkbode direk op jou foon deur een van die volgende:



Nuusflitse Week 4+ van 2023
Sondag – 29 Januarie 2023: Erediens 09:00 Kategese 09:00 Prediker: Dr. Frans Hancke. Doop.
Omgeebediening:Enige persoon wat graag betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters (082 327 9527)
Ondersteuningsgroep: Skakel ons by 081 039 8853 – Riana Briers
Getuienisbediening: 25 Januarie, 8 en 22 Februarie, asook 8 en 22 Maart.
Klub 50+ Woensdag 1 Februarie 2023 om 10:00 in die kerksaal
Rek en strek oefEninge vir seniors Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 in die kerksaal
Lief en Leed: Week 4 van 2023
’n Spesiale verwelkoming aan familie en vriende van Corné en Anneke Mulder en hul seuntjie Harley wat vanoggend gedoop word.
Erediens 15 Januarie 2023
Prediker: Dr. Gerrie van Deventer
Skriflesing: Psalm 126
Tema: Verander ons lot Here
Begeleiding: Marida Bridges
Liedere:
Lied 280: 1-2

