Ned. Geref. Kerk Groot-Brakrivier
Vandag – Sondag 12 Februarie 2023 :
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr. Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Matt. 5 verse 17 tot 48. Die tema van die prediking is : Wat is regtig reg?
- Spesiale Offer vir die Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
JEUG :
Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Nuwe lidmate in ons gemeente :
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Februarie 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Woensdag 15 Februarie 2023 :
- Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.
- Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok 3 (Voorbrug) by Daneel en Ilse Coetzee, langs Mooiuitsig Kombuis – gebruik Mooiuitsig se parkering (071 326 1053).
Sondag 19 Februarie 2023 :
- Prediker: ds. Danie Goosen.
- Nagmaal.
- Bevestiging van kerkraadslid.
- Spesiale Offer Straatwerk.
Omgeebediening :
- In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas. Ons ondervind tans ‘n groot tekort aan groot inkopiedrasakke asook bydraes vir die kruideniers-pakkies soos blikkieskos, suiker, koffie, tee, pasta, skoonmaakmiddels soos gesigseep, tandepasta, skottelgoedseep, wasgoedseep, toiletpapier, ens.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters (082 327 9527).
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
- Vervoer na doktersafsprake, of vir inkopies.
- Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by 081 039 8853 – Kontakpersoon Riana Briers.
Baie, baie dankie vir die 2 fietse, asook al die geestelike boekies wat ontvang is, dit gaan ’n verskil maak in die lewe van die ontvangers daarvan.
Ons uitreikdatums vir Wolwedans vir die eerste kwartaal is: 22 Februarie, asook 8 en 22 Maart.
Ons nooi almal weereens uit om deel te neem aan die sopprojek en te help om 80 gesinne te kan bedien. Die voorsiening van sop is ’n deurlopende behoefte en ons vrieskaste is tans dol leeg. Baie dankie vir u getroue ondersteuning.
Behoeftes vir Getuienisprojekte :
- Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ’n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.
Bloedskenking :
Die bloedskenking op 2 Februarie 2023 het 55 volpinte bloed opgelewer.
Baie dankie vir die 70 mense wat opgedaag het om te skenk, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.
Die webtuiste(nggrootbrak.co.za)
12 Februarie 2023
1. Skakel na die YouTube Preek van 12 Februarie 2023.
2. Getuienisbediening:
a) Fotos van die naaldwerkprojek.
3. Kommunikasiebediening: “Stof tot nadenke: Die grootste hiervan…”
FEBA RADIO SA: GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBC OEKRAÏNE
Dit is nou bykans ’n jaar dat die Oekraïne swaar gebuk gaan onder die verlies van menselewens, families wat uitmekaar geskeur word en ontelbare skade wat aangerig is aan die infrastruktuur en geboue as gevolg van die voortslepende oorlog met Rusland. Tog is daar geen einde in sig vir die leed en verwoesting nie. FEBA ontvang gereeld nuus vanuit die oorloggeteisterde Oekraïne deur middel van ons suster radio-stasies aldaar – stories van wanhoop, maar ook van hoop en vertroosting wat die span met luisteraars deel. Baie van die luisteraars het sedert die begin van die oorlog hulle tot Jesus Christus gewend in hulle nood. Baie van ons FEBC spanlede het al familielede, geliefdes en vriende verloor, maar hulle gaan steeds voort om uit te saai, mense te besoek en te bemoedig by wyse van ‘n beradingshulplyn. Ons mag hulle nie vergeet nie en dit is steeds nodig dat ons vir hulle bid en saam met hulle hoop dat die oorlog binnekort iets van die verlede sal wees.
Ons gebed vir die week: FEBC Oekraïne se beradingspanne werk dag en nag om die beradingshulplyn te beman en hulp te verleen aan die honderde mense wat sonder hoop is en onderdruk voel te midde van die oorlog. Bid dat God die span se meegevoel, insig en wysheid sal versterk, en dat Hy hulle in hierdie moeilike tye sal gebruik om baie mense na Hom toe te lei.
YouTube Eredienste
YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.

Dr. Daniel Shayesteh besoek Suid Afrika in Februarie 2023
Dr. Shayesteh was ‘n prominente politieke leier en dosent tydens die Islamietiese rewolusie in Iran in 1979. Toe hy in onguns verval het by die Ayatolla vlug hy Turkye toe en in die proses het hy ‘n ontmoeting met Christus en neem Hom aan as sy persoonlike Verlosser. Sy agtergrond laat hom toe om met gesag kennis te kan deel oor ‘n verskeidenheid van onderwerpe. Bo dit alles is dit sy begeerte dat mense uitgedaag word om Christus te vind te midde van verwarring en misleiding.
Kom luister na sy belydenis van transformasie en sy roeping om die Waarheid te ontbloot en om mense te help om die uniekheid van Christus te verstaan.
Dit gebeur by Mosselbaai Moedergemeente, hoek van Kerkstraat en Georgeweg op 21 Februarie om 18:30. Toegang is gratis – daar sal wel ‘n kollekte opgeneem word t.o.v dr. Shayesteh se onkostes.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning
van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314


