Afkondigings 19 – 26 Februarie 2023

Vandag – Sondag 19 Februarie 2023 :

Vandag – Sondag 19 Februarie 2023 :
Baie welkom by die erediens. ’n Baie spesiale verwelkoming aan dr. Jurie Vermeulen wat vanoggend bevestig word as kerkraadslid.
Ons skriflesing kom vanoggend uit Rom. 5 vers 12 tot 21.
Die tema van die prediking is : Verwoestende Vyandskap?
Eerste Lydensweek. Nagmaal.
Geen kategese.
Spesiale Offer vir Straatwerk by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
JEUG :
Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Nuwe lidmate in ons gemeente :
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons
u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi
sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by
die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Februarie 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die
traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Woensdag 22 Februarie 2023 :
Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle
belangstellendes is welkom.
Blokbyeenkoms om 18:00 in Blokke: 4A (Pine Creek & Bo-Langstr.), 4B
(Onder-Langstr tot Kiewietlaan) en 4B (Avonddans) by Marie de Bruin,
Kiewietlaan 16 (082 376 1593).
Sondag 26 Februarie 2023 :
Prediker: dr. Fanie Bergh.
Kategese.
Spesiale Offer Hartenbos Versorgingsoord.
Omgeebediening :
n hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas. Ons ondervind tans ‘n groot tekort aan groot inkopiedrasakke asook bydraes vir die kruideniers pakkies soos blikkieskos, suiker, koffie, tee, pasta, skoonmaakmiddels soos gesigseep, tandepasta, skottelgoedseep, wasgoedseep, toiletpapier, ens.
Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters (082 327 9527).
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
Vervoer na doktersafsprake, of vir inkopies.
Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by 081 039 8853 – Kontakpersoon Riana Briers.
Getuienisbediening :
Baie, baie dankie vir die 2 fietse, asook al die geestelike boekies wat ontvang is, dit gaan ’n verskil maak in die lewe van die ontvangers daarvan.
Ons uitreikdatums vir Wolwedans vir die eerste kwartaal is:
22 Februarie, asook 8 en 22 Maart.
Ons nooi almal weereens uit om deel te neem aan die sopprojek en te help om 80 gesinne te kan bedien. Die voorsiening van sop is ’n deurlopende behoefte en ons vrieskaste is tans dolleeg. Baie dankie vir u getroue ondersteuning.
Behoeftes vir Getuienisprojekte :
Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ’n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.
Klub 50
Alle Klub 50 lede word uitgenooi na ‘n braai te Hartenbosrivieroord op Woensdag 1 Maart 2023 om 10h00. Bring asb eie vleis, drinkgoed en eetgerei. Reël asb eie vervoer. Die klub sal bykosse verskaf en die ingangsfooi betaal. Antwoord asb voor Dinsdag 21 Feb op WhatsApp groep of Estelle 0726756696.

Die webtuiste ( nggrootbrak.co.za )
1 9 F e b r u a r i e 2 0 23

  1. Skakel na die YouTube Preek van 19 Februarie 2023.
  2. Getuienisbediening: Nuusflits van Madagaskar.
  3. Kommunikasiebediening: “Stof tot nadenke: God is my skild”.

FEBA RADIO SA: GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBA KASAKSTAN
FEBA Kasakstan bestaan reeds sedert 2005 en moes verskeie uitdagings oorkom om hul media werk te doen. Alhoewel ons steeds nie oor ons eie radiostasie beskik nie, bereik die span se uitsendings die mins-bereiktes baie effektief deur die internet, asook deur hul samewerking met ander radiostasies. Alhoewel landsburgers godsdiensvryheid geniet, is daar tog deurlopend diskriminasie teen Christene. Ongeveer 70% van die bevolking behoort tot die Islamgeloof met 26% wat die Russiese Ortodokse geloof aanhang. Slegs 2.3% van hierdie mense behoort aan evangeliese en ander Christelike denominasies. Die amptelike tale sluit Kasak en Russies in.
Ons gebed vir die week: Bid asseblief dat God vir FEBA Kasakstan van hul eie perseel sal voorsien, en ook dat hul invloed op beide radio en sosiale media nog verder sal verhoog

YouTube Eredienste
YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.

LYDENSTYD
…. is die seisoen van 46 dae waarin Christene die lydingspad van Christus in herinnering roep en daarop reageer. Hierdie tyd bevestig weer dat God die God van die verontregte en stukkende mens is en dat Hy gekom het om ons te bevry.
Lydenstyd moet ʼn tyd wees van bepeinsing en stilte – ʼn tyd om ons te verwonder oor die kruisiging as God se groot liefdesdaad aan ons. Dit is ook ʼn tyd van erkenning en belydenis van ons eie sonde en die ontvangs van nuwe lewe in Christus. Mag ek en jy hierdie lydenstyd saam met Hom van ons eie-ek sterf en daarmee saam die bereidwilligheid ontvang om toegerus te word as Sy dissipels.
God verander nie net ons lewens radikaal nie, maar as ʼn nuwe mens in Christus kan ons nie anders as om sy liefde te gaan uitleef nie.


Die Liggaam van Christus in Aksie


Ons deurkollekte wat hierdie week vir Straatwerk gaan se bedieninge en projekte fokus hoofsaaklik op die groot aantal haweloses wat weens ’n verskeidenheid van redes op die strate in Kaapstad beland het; vroue vasgevang in prostitusie en die groot aantal jongmense wat die naglewe van Kaapstad besoek.


Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314