Vandag – Sondag 19 Maart 2023 :
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr. Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit 2 Sam. 4:4 en 9:1-23. Die tema van die prediking is : Menseregte?
- Vyfde Lydensweek.
- Geen Kategese.
- Spesiale Offer Carpe Diem-Skool by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
JEUG :
- Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
- Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Nuwe lidmate in ons gemeente :
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds. Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
Lidmaat besoeke :
Enige lidmate wat ’n besoek verlang kan gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Maart 2023 is beskikbaar in die voorportaal. Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Woensdag 22 Maart 2023 :
- Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.
- Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 6B (Eurekapark) by Alida Terblanche, Duineweg 4. Skakel Kobus Stander vir enige navrae (084 657 3611).
Sondag 26 Maart 2023 :
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
- Vervoer na doktersafsprake, of vir inkopies.
- Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by 081 039 8853 – Kontakpersoon Riana Briers.
- Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: Ons laaste uitreik vir die kwartaal is op 22 Maart.
- Ons het ons uitreik verhoog na 100 gesinne, aangesien die nood net te groot is.
- Ons is so dankbaar vir die getroue ondersteuning en voorsiening wat deurlopend gedoen word. Ons wil dit moontlik maak vir meer mense om dit te ondersteun en daarom maak ons bekend dat daar drie alternatiewe is om die sopvoorsiening te ondersteun:
– Die bekende 2 liter (gevries in ‘n roomysbak) sop voorsiening – bakke is verkrygbaar by die vrieskaste.
– Mengsel droë bestandele, resep hieronder, in twee formate.
1. Bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
2. Gevries in 2 liter roomysbak
Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies,150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop.Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.
‘n Ander alternatief is om kontant te skenk vir die aankoop van bestanddele wat verpak kan word.
Ons benodig op ‘n deurlopende basis leë 200g koffiebottels om die droë sopbestanddele in te plaas asb.
Behoeftes vir Getuienisprojekte :
- Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ’n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.
- DRINGENDE BEHOEFTE: Daar is ’n dringende behoefte vir krukke en ’n rolstoel vir verskeie volwassenes, asook ou selfone vir ons dienswerkers van die getuienisbediening. Indien iemand kan help kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word / gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel vir Aletia (084 783 1308). Baie dankie vir die skenkings wat reeds ingekom het.
Dankfees – 22 April 2023
Kom geniet ‘n koppie koffie of tee en iets lekkers te ete en kuier saam. Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes is altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.
Moederskamer :
Tans dien die konsistorie ook as moederskamer. Ons vra asseblief u geduld op Sondae wat díé reëling aanbetref. Die kerkraad probeer om op die laatste 08:50 daar uit te wees, sodat die moeders en kinders kan ingaan betyds vir die 09:00 diens.
Die webtuiste(nggrootbrak.co.za)
19 Maart 2023
- Skakel na die YouTube Preek van 19 Maart 2023.
- Lydenstyd reeks: Die reeks, Visio Divinia, word daagliks per WhatsApp uitgestuur.
- Getuienisbediening: Nuusflits van Japan.
- Sinode: ‘n Sinodale nuusbrief word gedeel op die webtuiste.
- Kommunikasiebediening: “Stof tot nadenke: God se Offer”.
- Die Afkondigings word weekliks op die webtuiste geplaas.
FEBA RADIO SA: GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBA INDONESIË
FEBA Indonesië bestaan al sedert 1969 en die radiostasie staan plaaslik bekend as YASKI. Die stasie het in die Fillipyne begin uitsaai vanaf ‘n FEBA kortgolfstasie. YASKI besit en bestuur tans sewe radiostasies, produseer en saai programme in ses minderheidstale uit: Javaans, Sasaknees, Minangnees, Buginees, Makassarees en Soendanees.
Ons gebed vir die week: Bid asseblief dat God nuwe vennote sal stuur om te help met die befondsing vir die noodsaaklike werk wat FEBA in Indonesië doen.
YouTube Eredienste
YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning
van die werk van die Here.
Neem asseblief kennis dat die kerk gebruik maak van nuwe e-pos adresse:
Carmi Kriel (Skriba) – kerkkantoor@nggrootbrak.co.za en
Alfreda Stander (Kassiere) – kassiere@nggrootbrak.co.za
Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

KERMIS TE REEBOK OP 1 APRIL
Almal word hartlik uitgenooi na Reebok-gemeente se jaarlikse kermis-basaar op Saterdag, 1 April,vanaf 10:00, rondom die kerkgebou in Impalaweg. Impalaweg gaan tydelik gesluit word, sodat daar voldoende plek vir verskillende stalletjies en ook kuierplek sal wees. Die tafels gaan kreun onder brood & beskuit, kleinkoekies, koeke & terte, jaffels, potjiekos, kerrie-en-rys, pannekoek, poeding, boeke & cd’s en vele meer! Vir al ons kinders sal daar ook ‘n kindertafel, tombola, speletjies en springkasteel wees. Kom geniet die dag saam met ons!
HERFSBASAAR BY SUIDKERK!
Mosselbaai-Suid Gemeente hou weer op Vrydag, 24 Maart, ‘n lekker basaar in hul kerksaal te 15de Laan. Dit beloof om – soos in die verlede – ‘n heerlike feesgeleentheid met talle verrassings te wees. Die basaar begin om 17:30 sodat ons werkende mense dit ook kan bywoon. Die volgende etes kan vooraf bestel word per whatsapp: Blokkies Kerrie en Rys, Kerrie Vetkoeke, Jafels, Boereworsrolle, Sosaties, Hoenderburgers en Ribburgers – whatsapp u naam en van met bestelling na Lezelda (083 210 3057). Vir die kinders is daar ‘n kindertafel met eetgoed en interessanthede wat nét by ‘n basaar gekoop kan word. Die aktiwiteite vir die kinders begin om 17:00. Allerhande lekker eetgoed soos pasteie, pannekoek, basaarpoeding en drinkgoed sal te koop wees. Ons het ook ‘n Wit Olifante-tafel waar die versamelaar interessanthede teen billike pryse kan opraap. As u op soek is na ‘n interessante oudheid of ‘n baie billike prys vir gebruiksitems mag u dit dalk ook daar vind. Ons het ook ‘n marktafel waar gebruikte tydlose boeke en tydskrifte verkoop word, asook inmaakprodukte en besondere geskenkies. Ander wegneem-eetgoed soos kleinkoekies, terte, groot koeke, koeksisters, tuisgemaakte lekkers en brood en beskuit sal te koop aangebied word. Ons nooi almal in die gemeenskap om lekker saam met ons lidmate uself te kom geniet! Bring u vriende en familie saam en kom kuier lekker saam met ons, terwyl die kinders hulle behoorlik geniet saam met hulle maats.

VERLORE
Ons het al ’n geruime tyd gelede ’n los Toyota sleutel in die bokamer gevind, maar niemand het dit nog kom opeis nie. Die sleutel word gehou in die kerkkantoor sou u vermoed dat dit aan u behoort.


