Vandag – Sondag 12 Maart 2023 :
- Baie welkom by die erediens.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Rom. 5 vers 1-11.
Die tema van die prediking is : Om (jou) geloof te oorskat. - Vierde Lydensweek.
- Kategese.
- Spesiale Offer Arbeidsbediening Mosselbaai by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
JEUG :
Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Nuwe lidmate in ons gemeente :
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds. Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
Lidmaat besoeke :
Enige lidmate wat ’n besoek verlang kan gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Maart 2023 is beskikbaar in die voorportaal. Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Woensdag 15 Maart 2023 :
- Kooroefening – Daar is GEEN kooroefening hierdie week nie.
- Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 6A (Suiderkruis) by Annatjie Janse Van Rensburg, Columbasingel 34 (082 871 0927).
Sondag 19 Maart 2023 :
Omgeebediening :
Ons het ’n behoefte vir ’n kommode (commode) om iemand te help. Enigeen wat dalk een het wat rondstaan en dit vir ons kan skenk?
Kontak vir Corrie (082 327 9527).
Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb.vir Corrie Pieters (082 327 9527).
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
- Vervoer na doktersafsprake, of vir inkopies.
- Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by 081 039 8853 – Kontakpersoon Riana Briers.
Ons volgende uitreikdatum vir Wolwedans vir die eerste kwartaal is: 22 Maart.
Ons nooi almal weereens uit om deel te neem aan die sopprojek en te help om 80 gesinne te kan bedien. Die voorsiening van sop is ’n deurlopende behoefte. Baie dankie vir u getroue ondersteuning.
Behoeftes vir Getuienisprojekte :
- Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ’n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.
- DRINGENDE BEHOEFTE: Daar is ’n dringende behoefte vir krukke en ’n rolstoel vir verskeie volwassenes, asook ou selfone vir ons dienswerkers van die getuienisbediening. Indien iemand kan help kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word / gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel vir Aletia (084 783 1308). Baie dankie vir die skenkings wat reeds ingekom het.
Dankfees – 22 April 2022
Kom geniet ‘n koppie koffie of tee en iets lekkers te ete en kuier saam. Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes is altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.
Moederskamer :
Tans dien die konsistorie ook as moederskamer. Ons vra asseblief u geduld op Sondae wat díé reëling aanbetref. Die kerkraad probeer om op die laatste 08:50 daar uit te wees, sodat die moeders en kinders kan ingaan betyds vir die 09:00 diens.
Die webtuiste(nggrootbrak.co.za)
12 Maart 2023
- Skakel na die YouTube Preek van 12 Maart 2023.
- Lydenstyd reeks: Die reeks, Visio Divinia, word daagliks per WhatsApp uitgestuur.
- Getuienisbediening:
a) Nuusflits van Elmar en Nadine, nuus uit die Oekraïne en Lynette van Madagaskar.
b) Terugvoer oor Eva se handewerk in Wolwedans.
- Wêreldbiddag vir vroue: Die biddag was ‘n gesellig saambid geleentheid en is deur die VGK van Groot-Brakrivier aangebied.
- FEBA: Maart se gebedsgids.
- Youth with a mission: Berribrokkies, ‘n stemboodskap van vervolging.
- Kommunikasiebediening: “Stof tot nadenke: God se Amfiteater”.
- Die Afkondigings word weekliks op die webtuiste geplaas.
FEBA RADIO SA: GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBA INDIË
FEBA is in 1964 in Indië gevestig en het oor die jare buitengewone groei beleef. Die programme word in sewe verskillende tale uitgesaai: Engels, Kannada, Malayalam, Tamil, Telugu, Hindi en Bangla (Bengali). Die programme kan oor plaaslike AM-senders gehoor word in die suidelike en noordelike stede dwarsoor Indië.
Ons gebed vir die week: Talle koue fronte hang nog oor Noord-Indië. Bid asseblief dat God die haweloses, uitgeworpenes, en armes sal bewaar. Die FEBC Indië-span help waar hulle kan met die hulpbronne wat tot hul beskikking is.
YouTube Eredienste
YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.


KERMIS TE REEBOK OP 1 APRIL
Almal word hartlik uitgenooi na Reebok-gemeente se jaarlikse kermis-basaar op Saterdag, 1 April, vanaf 10:00, rondom die kerkgebou in Impalaweg.
Impalaweg gaan tydelik gesluit word, sodat daar voldoende plek vir verskillende stalletjies en ook kuierplek sal wees. Die tafels gaan kreun onder brood & beskuit, kleinkoekies, koeke & terte, jaffels, potjiekos, kerrie-en-rys, pannekoek, poeding, boeke & cd’s en vele meer! Vir al ons kinders sal daar ook ‘n kindertafel, tombola, speletjies en springkasteel wees. Kom geniet die dag saam met ons!
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



