Nuusflitse Week 36+ van 2023

Nuusflitse

Woensdag 6 September 2023 : • Kooroefening – 17:15 by die orrel. 
Sondag 10 September 2023 : • Erediens om 09:00. • Prediker: ds Danie Goosen. • Leprosiedag (Melaatse). Toerustingsondag. • Kategese.
Gebedsgidse vir September 2023 is beskikbaar
Gemeentefees – Saterdag 28 Oktober 2023 om 09:00
Wolwedans boodskap, sop en brood uitreike 6 & 20 Sep.
Klub 50 lede word uitgenooi om op Woensdag 6 September of Donderdag 7 September
‘n wildsrit by Indalu mee te maak

Afkondigings 3 – 10 September 2023

Afkondigings

Vandag – Sondag 3 September 2023 :

• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Rom 12: 9-21.

Die tema van die prediking is: Uit die oog, uit die hart?
• Nasionale Biddag vir Dowes.
• Kategese.
• Sinodale Offer vir Bediening aan die Dowes by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

JEUG :
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.

Woensdag 6 September 2023 :

• Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751.

Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 10 September 2023 :

• Erediens om 09:00.
• Prediker: ds Danie Goosen.
• Leprosiedag (Melaatse).
• Toerustingsondag.
• Kategese.
• Spesiale Offer vir Sending onder Melaatses by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.

  • Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir September 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Getuienisbediening :

• Wolwedans boodskap, sop en brood uitreike vir die derde kwartaal geskied op 6 & 20 Sep. Ons wil graag vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes.
• Ons nooi almal weereens uit om deel te neem aan die sopprojek en te help om 100 gesinne te kan bedien. Die voorsiening van sop is ’n deurlopende behoefte en na 16 Augustus se bediening is ons vriekaste dolleeg. Baie dankie vir u getroue ondersteuning.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare en keramiek. Baie dankie vir alles wat reeds voorsien is – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.

◦ Ons benodig van tyd tot tyd hulp met die fisiese uitdeel van die boodskap, sop en brood as ‘n lid van die span siek, uitstedig of op die spesifieke Woensdag dit nie kan maak nie. Geliewe vir Emile Hurter by 082 554 1979 per WhatsApp of sms te verwittig, aangesien hy nie oproepe wat nie van een van sy gelyste kontakte kom, antwoord nie. Hy sal u dan kontak.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Omgeebediening
• In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
• Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Geouditeerde Finansiële Jaarstate

Die geouditeerde finansiële jaarstate vir die jaar geëindig 28 Februarie 2023 is deur die kerkraad goedgekeur op 22 Augustus 2023.

Die uitgawes is goed onder beheer en ons kon hierdie jaar weer afsluit met ’n surplus.

Ons dank die Here vir Sy genade en ook vir u getroue bydraes.

Die geouditeerde finansiële jaarstate is ter insae by die kerkkantoor tydens kantoorure beskikbaar.

U kan enige vrae aan Sarel Venter rig – 084 870 8800.

Klub 50
Klub 50 lede word uitgenooi om op Woensdag 6 September of Donderdag 7 September
‘n wildsrit by Indalu mee te maak en daarna ‘n ete by Hokaai restourant te geniet.

Datum: Woensdag 6 September OF Donderdag 7 September
Plek : Voor ingangshek by Indalu om 10:30vm
Reël asb eie vervoer / saamry onder mekaar.
Koste: Lede betaal R200 elk
Nie-lede is ook welkom om die uitstappie mee te maak teen R250 per persoon.

Antwoord asb voor of op Maandag 4 September.

Navrae: Estelle Uys – 072 675 6696, Marie Snyman – 082 229 8316,
Johan Snyman – 083 736 5747‬‬‬, Faan Muller – 084 870 3236‬‬‬.‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA se leierskap

As die kern swak is, verkrummel die struktuur. FEBA het ‘n groot bediening reg oor die wêreld, wat bestuur word deur ‘n kerngroep leiers wat uitdagende besluite moet neem en mense soms onder moeilike omstandighede met wysheid moet lei.

Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA se kern sterk en geanker in Christus sal bly, sodat die bediening kan floreer … totdat almal gehoor het.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
3 Septeber 2023
1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 3 September 2023.

  1. Bybelstudiereeks:
    a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Seisoene in die Bybel.”
  2. Getuienisbediening:
    a) Nuusbrief uit Madagaskar.
  3. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Gemeentefees – Saterdag 28 Oktober 2023 om 09:00

Kom geniet ‘n koppie koffie of tee en iets lekkers te ete en kuier saam.
Lyste met die oog op die gemeentefees sirkuleer tans in die gemeente. Ons tema vir die jaar is dankbaarheid. Daar sirkuleer ook “dankbaarheidskoevertjies” waarin u enige bydrae kan insit. Ons sal daardie naweek afsluit met ‘n dankbaarheidsdiens in die kerkgebou. Geldelike bydraes is altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk).

 Pannekoektafel:
Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie en kaneel), wat by die kerkkantoor kan afgegee word. Indien u kan help skakel asseblief Piet Snyman – 082 297 3476.

 Gebak:
Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom.
Liana – 084 764 6155.

 Kindertafel:
Ons benodig asb geldelike bydraes en/of spesiale lekkergoed en speelgoed vir die jeug se basaartafel. Ook vrywilligers wat kan help met insamelings en by die tafel. Alle skenkings kan asseblief by die kerkkantoor of by De Kaap Eiendomme vir Pauline afgegee word. Pauline Richards – 079 557 8591.

 Enige bestanddele is baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asseblief ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

SAMEROEPERS

  1. KERRIE-EN-RYS:
    250 ml @ R15 & 500 ml @ R30. Corita du Preez – 084 265 9487. Kontak ons indien u wil help deur maalvleis te skenk.
  2. JAFELS: @ R20 elk: Daar sal jafels op die dag beskikbaar wees, maar om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of sms by Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927 of
    Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.
  3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk. Amelia – 072 975 0917.
  4. PANNEKOEK: Piet Snyman – 082 297 3476.
  5. SOSATIES: Sosaties @ R16 elk. Asseblief geen bestellings! Eddie Drost – 082 920 1829.
  6. GEBAK EN TEETUIN:
    Liana Boshoff – 084 764 6155 / Michelle Roon – 064 674 9756 /
    Marie Snyman – 082 229 8316.
  7. GROENTE: Robert Crause – 071 243 9181.
  8. WIT OLIFANT: Bring asseblief enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011.
  9. KINDERTAFEL: Pauline Richards – 079 557 8591.
  10. POEDING: 350ml @ R15 elk: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 of Dorette Visser – 072 400 1991 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help. Dui asseblief net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.
  11. BOEKE:
    Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerkkantoor of kontak Ina Blom – 083 651 4517.
    Afkondigings

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode

Biddag vir Dowes 3 September 2023

Eerskomende Sondag is Biddag vir Dowes. Ons deel graag met u ‘n kort video wat diversiteit van Dowe persone uitbeeld, asook ons gebed vir hulle. Dowe personeel en meervoudige gestremde- en bejaarde inwoners wys ons hoe uniek, verskillend en waardig hul elkeen is. Hierdie video is deur Dowe personeel by ons Gebaretaalsentrum vervaardig. Besigtig dit gerus hieronder via YouTube.

Ons dank ook elke gemeente wat 3 September deuroffers opneem vir NID en die Bediening aan Dowes, die Here seën u en dra u. Vriendelike groete,

Lees meer “Biddag vir Dowes 3 September 2023”

Nuusflitse Week 35+ van 2023

Nuusflitse

Woensdag 30 Augustus 2023 : • Kooroefening – 17:15 by die orrel.
Sondag 3 September 2023 : • Erediens om 09:00. • Prediker: ds Danie Goosen. • Nasionale Biddag vir Dowes. • Kategese.
Wolwedans boodskap, sop en brood uitreike vir die derde kwartaal geskied op 6 & 20 Sep

Afkondigings 27 Augustus 2023 – 3 September 2023 NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 27 Augustus 2023 :

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Nadia Marais wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 8: 1-11.

Die tema van die prediking is: Stenig haar!
• Bybelsondag.
• Kategese.
• Spesiale Offer vir Bybelgenootskap by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Lees meer “Afkondigings 27 Augustus 2023 – 3 September 2023 NG Kerk Groot-Brakrivier”

Nuusflitse Week 34+ van 2023

Nuusflitse

Maandag 21 Augustus 2023 : Dankfeesvergadering 18:00
Dinsdag 22 Augustus 2023 : Die Kerkraad vergader om 18:00 in die kerksaal.
Woensdag 23 Augustus 2023 : Kooroefening – 17:15 by die orrel.
Sondag 27 Augustus 2023 : Erediens om 09:00. Prediker: dr Nadia Marais. Bybelsondag. Kategese.
Wolwedans boodskap, sop en brood uitreike vir die derde kwartaal geskied op 6 & 20 Sep.

Nuusflitse Week 33+ van 2023

Nuusflitse

Dinsdag 15 Augustus 2023 : • Die Bestuurspan vergader om 17:30 in lokaal 6
Woensdag 16 Augustus 2023 :• Kooroefening – 17:15 by die orrel.
Sondag 20 Augustus 2023 : • Erediens om 09:00. • Prediker: ds Danie Goosen. • Kategese
Wolwedans boodskap, sop en brood uitreike vir die derde kwartaal geskied op 16 Aug en 6 & 20 Sep

Afkondigings 13 – 20 Augustus 2023

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 13 Augustus 2023 :

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Genesis 37.

Die tema van die prediking is: Is ons drome verlore?
• Dag van verootmoediging.
• Kategese.
• Sinodale Offer vir Gemeenteontwikkeling by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Dinsdag 15 Augustus 2023 :
• Die Bestuurspan vergader om 17:30 in lokaal 6 onder die voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 16 Augustus 2023 :

• Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751.

Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 20 Augustus 2023 :

• Erediens om 09:00.
• Prediker: ds Danie Goosen.
• Kategese.
• Spesiale Offer vir Solidariteit Helpende Hand Mosselbaai by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer.

  • Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Augustus 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Getuienisbediening :

• Wolwedans boodskap, sop en brood uitreike vir die derde kwartaal geskied op 16 Aug en 6 & 20 Sep. Ons wil graag vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes.  
• Behoeftes vir Getuienisprojekte

◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare en keramiek. Baie dankie vir alles wat reeds voorsien is – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
◦ Ons benodig van tyd tot tyd hulp met die fisiese uitdeel van die boodskap, sop en brood as ‘n lid van die span siek, uitstedig of op die spesifieke Woensdag dit nie kan maak nie. Geliewe vir Emile Hurter by 082 554 1979 per WhatsApp of sms te verwittig, aangesien hy nie oproepe wat nie van een van sy gelyste kontakte kom, antwoord nie. Hy sal u dan kontak.
• Ons is dringend opsoek na ‘n woning om te huur (maksimum R7 000 pm) vir ‘n gesin van 4 (kinders 7 en 12) wat hul werk tydens covid verloor het en nou werk in Groot-Brakrivier gekry het. Indien enige een dalk kan help kontak asb vir Cassie Erasmus by 064 759 9212.
• Michele Potgieter van die Oekraïne besoek ons gemeente op Dinsdag 15 Augustus 2023 om 16:00. Die preek en haar getuienis gaan dan opgeneem word en enige een is welkom om dit by te woon.
• BAIE DANKIE vir die naaimasjien wat geskenk is! Die ontvanger was oorstelp van vreugde oor die groot geskenk en is baie dankbaar.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Omgeebediening
• In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
• Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Hartenbos Bejaardesorgdiens

Hartenbos Bejaardesorgdiens beplan ’n fondsinsameling dmv pekanneute.
Ons wil graag weet of enige iemand ons kan voorsien van ongedopte pekanneute teen ‘n billike prys of indien u van iemand weet wat ons sal kan voorsien daarvan.

Skakel Johan Jacobs by: 044 695 2386/044 604 6803

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Oekraïne

Vier van FEBA Oekraïne se span dien tans in die weermag – twee as kapelane en twee as soldate. Mag hierdie vier lede van ons FEBA-familie ‘n kragtige impak hê op dié wat hulle ontmoet, dat hulle beide vriende en teenstanders na Christus toe sal lei.

Ons gebed vir die week: Bid dat die oorlog tussen Rusland en die Oekraïne tot ‘n einde sal kom. Bid dat die Here ons vier spanlede veilig aan hul gesinne sal terugbesorg, en dat Hy mense sal bewaar teen die toenemende geweld.

Versoek – Hondekos
Daar is ‘n groot behoefte aan hondekos in ons gemeenskap. Indien dit op u hart gelê word, wil ons u versoek om asb droë hondekos te skenk.
U kan dit by die deure in die ingangsportaal van die kerk los met eredienstye of by die kerksaal kom afgee gedurende kantoorure.
Kontak Linda – 082 899 0643

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
13 Augustus 2023
1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 13 Augustus 2023.

  1. Bybelstudiereeks:
    a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Geloofsekerheid.”
  2. Getuienisbediening:
    a) Nuusbrief van Lynette uit Madagaskar.
  3. Gemeente nuus:
    a) Die Algemene Sinode versoek dat elke Gemeente ‘n dag van verootmoediging op Sondag 13 Augustus 2023 sal hou.
    b) FAMSA bied ‘n basiese beradings kursus aan in Augustus.
  4. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Afkondigings 6 – 13 Augustus 2023

Afkondigings

Vandag – Sondag 6 Augustus 2023 :

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doopouers:
  • Pieter & Sharné Janse van Rensburg (dogtertjie- Larah).
    • Ons skriflesing kom vanoggend uit Mark 10: 13-17.
    Die tema van die prediking is: Uit die mond van die suigeling?
    • Nagmaal.
    • GEEN Kategese.
    • Spesiale Offer vir Groenewaldfonds by die deure.
    • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Lees meer “Afkondigings 6 – 13 Augustus 2023”

SONDAG 13 AUGUSTUS 2023 DAG VAN VEROOTMOEDIGING NG KERK (SUID-AFRIKA EN NAMIBIË)

Selde was die Suid-Afrikaanse politieke omgewing so onseker soos in 2023. Kombinasies van politieke, ekonomiese en sosiale omstandighede maak lidmate van die NG Kerk, soos die res van hulle landgenote, uiters bekommerd oor die lang- en korttermyntoekoms van Suid-Afrika.

Faktore soos politieke onstabiliteit, geweld en onverdraagsaamheid, sosiale konflik en geweld, negatiewe ekonomiese groei met gepaardgaande vraagstukke soos werkloosheid, armoede, swak dienslewering en die vlug van kapitaal en kundigheid uit die land, dra by tot die toenemende onsekerheid en uitsigloosheid.

Endemiese korrupsie, die verswakking van die oppergesag van die reg en waarskynlik die grondwetlike staat en ’n energiekrisis wat elke inwoner van die land fisies en psigies raak, hou op kort en lang termyn implikasies vir die toekoms in.

Toenemende staatsverval, swak munisipale bestuur, diensleweringprotesaksies en die verbrokkeling van staatsentiteite, waaronder nie net Eskom nie, is uitdagings wat almal in die gesig staar.

Met die naderende verkiesing in 2024 gaan daar waarskynlik ’n eskalering van burgerlike onrus, geweld en spanning wees. Daar kan met ’n opstapeling van woorde voortgegaan word en feite kan nog verder beredeneer word om die benardheid van ons situasie te omskryf.

Teen hierdie agtergrond word die vraag al dringender gevra: Waar is die stem van die kerk in ’n samelewing en tyd waar daar soveel kantelpunte is? Hoekom is die kerk se stem stil? Die antwoord is dat die kerk, soos altyd, onvermoeid met dit waarmee sy geseën word, besig is om aandag te gee aan nood en om hoop te bring waar sy is. Dit is die werk en roeping van die kerk. Sy is ’n hoopdraer!

Die kerk bring egter nie net hoop deur dit wat sy doen nie, maar ook deur dit wat sy sê en bid. Die kerk moet haar besig hou met die adventus van God, die belofte dat God na ons toe kom en by ons is. God self kom na ons toe in hierdie uitdagende hede. God is teenwoordig; God is binne ons, en God is reeds en sal altyd en ewig met ons wees.

Gelowiges se vertroue kan nie op die kerk self geplaas word nie, maar wél op die belofte van die God in die hede. Die God van uiterste verrassings, die God van transformasie, die God wat heel maak en hoop bring en oor begin. “Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie” (Jes 59:1-2).

Die dagbestuur van die Algemene Sinode asook die voorsitters van die streeksinodes het besluit om met die oog op die uitdagings in ons lande ’n Dag van Verootmoediging op Sondag 13 Augustus 2023 aan te kondig. Ons versoek kerkrade om heelhartig aan hierdie geleentheid tot verootmoediging deel te neem.

Gemeentes word uitgenooi om tydens hulle plaaslike eredienste nederig voor die Here te buig oor die toestand van ons lande en saam te bid vir:

  • genesing van ons lande
  • leiers wat met integriteit regeer
  • geestelike en morele herstel
  • beter skoolopleiding vir kinders
  • die veiligheid van ons mense
  • herstel van ekonomiese vertroue en investering
  • betroubare vennootskappe met die regeringsektor ten opsigte van maatskaplike dienslewering
  • die verkiesing van 2024
  • dié wat as gevolg van armoede, geweld of natuurrampe swaarkry.

Ons sal in die aanloop tot die Dag van Verootmoediging aan gemeentes liturgiese materiaal beskikbaar stel.

Daar gaan ook op 13 Augustus om 15:00 ’n verootmoedigingsdiens aanlyn uitgesaai word. Die dagbestuur van die Algemene Sinode sal die diens lei. Skakels sal vooraf uitgestuur word.

Kom ons neem deel!

Groete

Gustav Claassen
(namens die dagbestuur)

Nuusflitse Week 32+ van 2023

Nuusflitse

Woensdag 9 Augustus 2023 : • Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751.
Sondag 13 Augustus 2023 : Erediens om 09:00. • Prediker: dr Gerrie van Deventer. • Dag van verootmoediging. • Kategese.
Op Dinsdag 15 Augustus vind die kwartaalikse bestuursvergadering plaas
Op Dinsdag 22 Augsutus die kwartaalikse kerkraadsvergadering
Wolwedans boodskap, sop en brood uitreike vir die derde kwartaal geskied op 16 Aug en 6 & 20 Sep.

Dankie vir Bloedskenkings

Skenk Bloed

Die bloedskenking op 3 Augustus 2023 het 63 volpinte bloed opgelewer.

Baie dankie vir die 68 mense wat opgedaag het om te skenk, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.

Afkondigings 30 Julie 2023 – 6 Augustus 2023

Afkondigings

Vandag – Sondag 30 Julie 2023 :

• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Gen 29: 15-28.

Die tema van die prediking is: Die bedrieglike self?
• Kategese.
• Sinodale Offer vir Gemeentebediening by die deure.
• As gevolg van instandhoudingswerk in die kerksaal sal daar GEEN tee bedien word na afloop van die erediens nie.

JEUG :
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.

Woensdag 2 Augustus 2023 :

• Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751.

Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 6 Augustus 2023 :

• Erediens om 09:00.
• Prediker: ds Danie Goosen.
• Nagmaal
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Groenewaldfonds by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer.

  • Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Augustus 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Getuienisbediening :

• Wolwedans boodskap, sop en brood uitreike vir die derde kwartaal geskied op 2 & 16 Aug en 6 & 20 Sep. Ons wil graag vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes.  

Behoeftes vir Getuienisprojekte

◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare en keramiek. Baie dankie vir alles wat reeds voorsien is – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
◦ Ons benodig van tyd tot tyd hulp met die fisiese uitdeel van die boodskap, sop en brood as ‘n lid van die span siek, uitstedig of op die spesifieke Woensdag dit nie kan maak nie. Geliewe vir Emile Hurter by 082 554 1979 per WhatsApp of sms te verwittig, aangesien hy nie oproepe wat nie van een van sy gelyste kontakte kom, antwoord nie. Hy sal u dan kontak.

Omgeebediening
• In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
• Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Dankies
Atlete vir Christus 2023

Graag wil ons ons dank betuig aan elkeen wat ’n matras vir die huisvesting van Atlete vir Christus in ons kerksaal geleen het. Elke atleet kon uiteindelik op ’n matrassie slaap.
Die huisvesting van die atlete was ’n sukses!
Baie dankie aan elkeen van die Gasvryheidsbediening wat betrokke was en ook aan die braaiers.
Ons is trots en geseënd om deel van so raakvat gemeente te kan wees!

Bloedskenking :
DRINGENDE VERSOEK – voorrade BAIE laag!
Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 3 Augustus 2023 vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal. Christo – 083 447 9891.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Internasionaal

Dis ‘n groot voorreg om ’n Bybel in jou hartstaal te hê. ‘n Menigte mensegroepe het dit nog steeds nie. Baie mense in minderheidsgroepe is ook ongeletterd. Hulle neem gereeld FEBA Internasionaal se programme op om hulle in hul geloof te help groei.

Ons gebed vir die week: Bid dat God se woord deur FEBA se Bybelprogramme lewend sal word in hul harte en bid dat die Bybel aan meer mense in hul hartstaal beskikbaar sal raak.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
30 Julie 2023
1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 30 Julie 2023.

  1. Bybelstudiereeks:
    a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Wat is die belangrikste?”
  2. Getuienisbediening:
    a) Nuusbrief uit Madagaskar.
  3. Gemeente nuus:
    a) Die Algemene Sinode versoek dat elke Gemeente ‘n dag van verootmoediging op Sondag 13 Augustus 2023 sal hou.
  4. Getuienis en Voorstelle vir Webwerf:
    In die voorportaal vir julle getuienis bydraes of voorstelle.
  5. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Klub 50

Klub 50 lede word uitgenooi om op Woensdag 2 Augustus om 10h00 saam ‘n buffet ontbyt te kom geniet.

Plek: Restourant My Beker Loop Oor.
Reël asb eie vervoer.
Koste: Lede betaal R60.
Klub 50 borg die res.

Navrae by:

Estelle Uys – 072 675 6696‬‬‬‬‬‬

Marie Snyman – 082 229 8316‬‬‬‬‬‬

Johan Snyman – 083 736 5747‬‬‬‬‬‬

Faan Muller – 084 870 3236‬‬‬‬‬‬

NG KERK REEBOK
MANNEBEDIENING BIED AAN OPSTAAN EN AANGAAN!
KIES IS ’N KEUSE

Nagmerrie-ervaring van ‘n plaasaanval en hoe hy dit oorkom het.

SPREKER:             COBUS ERASMUS
DATUM:               2 AUGUSTUS 2023
TYD:                       18:00
PLEK:                     NG KERK REEBOK
KERKSAAL
PRYS:                     R50 PER PERSOON

SLUIT VETKOEK MET KERRIE-RYS EN ‘N BIER / KOELDRANK IN.

Kaartjies te koop by Reebok Kerkkantoor.

Liewe Musiekliefhebber

Kom vier die vrou in jou lewe saam met die Carpe Musicam! Kwartet.
Hierdie konsert maak deel uit van die heel eerste Mosselbaai Kunstefees.
Al die items op die program het iets met vroue te doen… Kaartjies en meer inligting by www.carpemusicam.co.za OF KONTANT BY DIE DEUR.

Bring jou bure, vriende, familie, kollegas, kliënte, ens saam om hierdie unieke verskeidenheid musiek te kom geniet!

CM! groete

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Atlete vir Christus 2023 – afsluiting by NG Kerk Groot-Brakrivier

Atlete vir Christus

Atlete vir Christus is ’n uitreikaksie van Kruiskerk/Moederkerk, Stellenbosch. Die span bestaan uit ’n groep Maties wat met entoesiasme en liefde Jesus se Naam verkondig, onder meer by ouetehuise en in gevangenisse. Hulle leuse is “Ons hardloop, sing en gesels Christus”. Elke jaar samel hulle fondse in vir die getuienis- en toerustingswerk wat Bybel-Media in Suid-Afrikaanse tronke doen.

Lees meer “Atlete vir Christus 2023 – afsluiting by NG Kerk Groot-Brakrivier”