Afkondigings 5 – 12 November 2023

Vandag – Sondag 5 November 2023 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers:

GJ en Bianca Maree (dogtertjies – Abia, Ilanca en Lizah Maree).

  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Matt 23: 1-12.

Die tema van die prediking is: ‘n Betekenisvolle lewe?

  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Geopende Deure by die deure.
  • Teesal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Dinsdag 7 November 2023 :

  • Die Bestuurspan vergader om 17:30 in lokaal 6 onder voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 8 November 2023 :

  • Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751.

Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 12 November 2023 :

  • Erediens om 09:00.
  • Prediker: ds Danie Goosen.
  • Doop.
  • Kategese Afsluiting & Kinderdankoffer.
  • Spesiale Offer vir Up with Downs-Skool by die deure.
  • Teesal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Ons wil u vra om ook voorbidding te doen vir ons beroepingsproses.

Ons voer onderhoude in die komende week en beplan om ‘n beroep uit te bring die 14de November 2023. Bid asseblief saam met ons vir hierdie belangrike saak.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.

– Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir November 2023 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep wil graag mense ondersteun met:

  • Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
  • Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.

Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Getuienisbediening :

  • Wolwedans boodskap, sop en en brood se uitreike vir die laaste deel van die jaar geskied op 15 en 29 November. Ons wil vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes.
  • Behoeftes vir Getuienisprojekte
    • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare en keramiek.

Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.

  • Daar is ook ‘n deurlopende behoefte aan sop (2 liter verpakking of 250 gram

koffiebottel droë bestanddele) vir die 100 gesinne wat ons tans elke tweede week ondersteun.

  • Kersprojek – een van ons groot borge van die afgelope

twee jaar het hul deelname aan die 2023 Kersprojek onttrek en benodig ons tans ten minste nog R 35 000 om vir 100 gesinne (R500 elk) en 50 kinders (R 50 elk) ‘n geskenkpakkie te gee. U ondersteuning vir hierdie projek in ons gemeenskap sal baie waardeer word en die sluitingsdatum vir kontant bydraes is 1 Desember 2023.

Een van ons dienswerkers benodig ’n selfoon. Indien iemand ’n selfoon, wat in ’n werkende toestand is, kan skenk kan u dit asseblief by die kerkkantoor indien tydens kantoorure.

Omgeebediening : 

  • In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
  • Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

JEUG :

  • Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.

Indien u enige verdere inligting verlang skakel asb vir Pauline – 079 557 8591.

Groenewaldfonds

Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2023. Die voorgeskrewe vorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA-uitsendings

Mensehandel is een van die grootste euwels op aarde. Daar is op enige gegewe tydstip ’n geraamde 27 miljoen slagoffers ter wêreld. Mensehandelaars teiken mense wat kwesbaar is weens armoede of ’n gebrek aan kennis. FEBA beveg mensehandel deur mense in te lig deur middel van hul programme en bewusmakingsveldtogte. Die kinderhandel in Indonesiese dorpies het afgeneem, en in Indië is ’n FEBA-luisteraar gered nadat sy as prostituut verkoop is!

Ons gebed vir die week: Bid dat God FEBA sal gebruik om mensehandel te bekamp en meer slagoffers te red.

Die webwerf(nggrootbrak.co.za)

5 November 2023

  1. Erediensbediening:

a) Skakel na die YouTube Preek van 5 November 2023.

2. Bybelstudiereeks:

a) Die Weeklikse: “‘Verganklikheid van die aardse.”

  1. Gemeente Nuus:

a) Gebedsgids vir November.

b) ‘n Kort opsomming van die Dankfees naweek van 27-29 Oktober 2023 met ‘n kleurvolle fotogallery van die dankfees van Saterdag.

4. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

‬‬

Dankies – Dankfees

Ons wil u graag in hierdie tyd bedank vir al u harde werk tydens ons dankfees. Ons is ook dankbaar vir elke bydrae.

Ons lof en dank aan die Here Jesus ons Here.

Hartenbos Versorgingsoord Basaar‬

Hartenbos Versorgingsoord hou Vrydag 15 Desember basaar

by Hartenbos Versorgingsoord.

Ons wil die vrymoedigheid neem om asseblief te vra vir

gebak en poeding bestandele.

Enige gebak soos beskuit, klein koekies, groot koeke, terte, brode,

ens. is baie welkom.

Ons benodig ook asseblief roomys bakke.

Bejaardesorg groete

Johan Jacobs

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314