Afkondigings 19 – 26 November 2023

Vandag – Sondag 19 November 2023 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Psalm 62.

Die tema van die prediking is: Sielsrus.

  • Biddag vir Beskermingsdienste.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale Offer vir Kankervereniging by die deure.
  • Teesal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Gedurende spesiale kerkraadsvergadering gehou op 14 November 2023, is ds Charné Viljoen van NG Pellissier in Bloemfontein beroep na Groot-Brakrivier.

Woensdag 22 November 2023 :

  • Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751.

Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 26 November 2023 :

Erediens om 09:00

  • Prediker: dr Frans Hancke.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Teesal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Kerssangdiens om 19:00

  • Prediker: ds Danie Goosen.
  • Spesiale Offer by die deure tydens kerssangsiens vir:

NG Kerk Burgersdorp ter herstelwerk aan brandskade,

asook aan plaaslike bejaardesorg.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

VUL ’N FLES VIR KERSFEESOmgeebediening: Desember Kerspakkies

In die voorportaal is ’n houer met leë koffieflesse. Neem een en vul dit met lekkers, koekies of enige iets wat daarin pas – maak ’n hart bly! Bind ’n strikkie om of versier die bottel.

Bring asb terug voor Maandag 4 Desember. Plaas weer terug in houer of gee in by die kerkkantoor gedurende kantoorure.

Omgeebediening : 

Baie dankie aan elkeen wat op welke wyse ’n bydrae die afgelope jaar gelewer het.

Ons is steeds dankbaar oor enige bydraes soos kruideniers, beddegoed, gordyne, ens.

Ons het altyd ’n tekort aan kinderklere. Moedig asb die kinders en kleinkinders wat die vakansie kom kuier aan om vir ons hulle “ou” klere saam te bring. Dit sal ons baie help.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir November 2023 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep wil graag mense ondersteun met:

  • Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
  • Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.

Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

G etuienisbediening :

  • Wolwedans boodskap, sop en en brood se uitreike vir die laaste deel van die jaar geskied op 29 November en 13 Desember. Ons wil vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes.
  • Behoeftes vir Getuienisprojekte
    • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare en keramiek.

Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.

  • Daar is ook ‘n deurlopende behoefte aan sop (2 liter verpakking of 250 gram

koffiebottel droë bestanddele) vir die 100 gesinne wat ons tans elke tweede week ondersteun.

  • Kersprojek – een van ons groot borge van die afgelope

twee jaar het hul deelname aan die 2023 Kersprojek onttrek en benodig ons tans ten minste nog R 35 000 om vir 100 gesinne (R500 elk) en 50 kinders (R 50 elk) ‘n geskenkpakkie te gee. U ondersteuning vir hierdie projek in ons gemeenskap sal baie waardeer word en die sluitingsdatum vir kontant bydraes is 1 Desember 2023.

Groenewaldfonds

Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2023. Die voorgeskrewe vorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.

Bloedskenk-geleentheid :

DRINGENDE VERSOEK – voorrade BAIE laag!

Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 30 November 2023 vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal. Christo Smith – 083 447 9891.

Klub 50

Klub 50 is gestig vir afgetrede gemeentelede wat graag op ’n gesellige manier wil vergader om saam te kan uithang en nuwe kenisse maak.

Ons betaal jaarliks ledegeld en reël ook funksies waardeur ons fondse insamel om aan die einde van die jaar ’n afsluitingsete en ook ander funksies te subsideer.

Ons probeer ook uitstappies reël vir almal om te geniet. Jul bywoning met funksies sal help bepaal wie aan wat belangstel. Ons stel ’n jaarprogram op en lede word aangemoedig om soveel moontlikby te woon.

Ons vergader die 1ste Woensdag van elke maand (Feb-Nov) en sluit die jaar af met ’n algemene jaarvergadering, lede word aangemoedig om dit by te woon, want hier word verslag oor die funksies en finansies bespreek. Ons kies elke twee jaar nuwe bestuur.

Onthou om die kerk afkondigings dop te hou vir verdere besonderhede.

Estelle Uys – 0726756696‬‬‬‬‬‬‬

Tydens die kerkraadsvergadering gehou op 14 November 2023 is die volgende persone as kerkraadslede verkies:

Ouderling: Johan du Toit Blok 12A

Diakens: Madeleine Vermeulen Blok 5C&D

Ilse du Toit Blok 12A

Lief en Leed

Ons gemeente wil graag ‘n familie van gelowiges wees. Daarom gaan ons van Januarie 2024 weekliks die name plaas van lidmate wat die komende week verjaar. Die idee is om vir mekaar te bid en geluk te wens. Kontak asb die kerkkantoor betyds as jy nie jou naam wil laat verskyn nie.

Op dieselfde wyse wil ons ook mekaar se leed en hartseer deel en help dra. Kontak asb jou kerkraadslid, dienswerker, leraar of kerkkantoor oor siekte, sterfgevalle of ander donker driwwe waarvoor die res van die gemeentefamilie kan bid. Met toestemming sal ons dit ook in die gemeentenuus plaas.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Rusland

In Rusland is godsdiensvryheid gedurig onder bedreiging. Bid vir FEBA Rusland se span wat hard werk om te bedien onder moeilike sosiale en politieke omstandighede.

Ons gebed vir die week: Bid vir die beradingspanne, wat meer en meer oproepe ontvang vanaf mense wat moeilike vrae vra en hartverskeurende stories deel. Bid ook vir Dr Viktor Akhterov, Direkteur van FEBA Eurasië, wat die spanne van FEBA Rusland en FEBA Oekraïne in hierdie moeilike tye moet lei.

Die webwerf(nggrootbrak.co.za)

19 November 2023

  1. Erediensbediening:

a) Skakel na die YouTube Preek van 19 November 2023.

  1. Getuienisbediening:

a) Nuutste nuusbrief van Missie van Japan.

3. Bybelstudiereeks:

a) Die Weeklikse: “‘Luister en doen.”

4. Gemeente Nuus:

a) Die video van die SSSSS-Konsert is beskikbaar.

b) Die Kategese afsluiting is beskikbaar in fotogallery.

c) ‘n Kort stukkie en foto’s is beskikbaar van die nuwe 2023 beleidende lidmate.

5. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314