Vandag – Sondag 29 Oktober 2023 :
Daar is “dankbaarheidskoevertjies” beskikbaar in die voorportaal, waarin u enige bydrae kan insit. Dié koevertjies word tydens vandag se diens opgeneem.
• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Luk 17: 11-19.
Die tema van die prediking is: Regstellende Aksie?
• Nagmaal.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Kindersorg by die deure.
• Nuwe Lidmate 2022-2023 word verwelkom in die kerksaal na afloop van die erediens. Tee en eetgoed sal bedien word. Almal is welkom.
Welkom by ons gemeente!
Mag u Christus se oorvloedige seën en liefde hier by ons ervaar.
NG Groot-Brakrivier – Jesus vir ons, Jesus vir almal.
Woensdag 1 November 2023 :
• Kooroefening - 17:15 by die orrel. Marida - 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
Sondag 5 November 2023 :
• Erediens om 09:00.
• Prediker: ds Danie Goosen.
• Doop.
• Kategese.
• Spesiale Offer vir Geopende Deure by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.
- Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir November 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
JEUG :
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Indien u enige verdere inligting verlang skakel asb vir Pauline – 079 557 8591.
Hartenbos Versorgingsoord Basaar
Hartenbos Versorgingsoord hou Vrydag 15 Desember basaar
by Hartenbos Versorgingsoord.
Ons wil die vrymoedigheid neem om asseblief te vra vir
gebak en poeding bestandele.
Enige gebak soos beskuit, klein koekies, groot koeke, terte, brode,
ens. is baie welkom.
Ons benodig ook asseblief roomys bakke.
Bejaardesorg groete
Johan Jacobs
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood se uitreike vir die laaste deel van die jaar geskied op 1, 15 & 29 Nov. Ons wil graag vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes.
• Ons nooi almal weereens uit om deel te neem aan die sopprojek en te help om 100 gesinne te kan bedien. Die voorsiening van sop is ’n deurlopende behoefte. Baie dankie vir u getroue ondersteuning.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte
◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare en keramiek. Baie dankie vir alles wat reeds voorsien is – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
◦ Ons benodig van tyd tot tyd hulp met die fisiese uitdeel van die boodskap, sop en brood as ‘n lid van die span siek, uitstedig of op die spesifieke Woensdag dit nie kan maak nie. Geliewe vir Emile Hurter by 082 554 1979 per WhatsApp of sms te verwittig, aangesien hy nie oproepe wat nie van een van sy gelyste kontakte kom, antwoord nie. Hy sal u dan kontak.
Omgeebediening :
• In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
• Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Groenewaldfonds
Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2023. Die voorgeskrewe vorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Japan
Hoflikheid en ’n goeie beeld is sentraal tot Japannese kultuur. Dit maak sommige mense huiwerig om vrae oor God en Christenskap te vra, want hulle is bang om in die verleentheid gestel te word. Teenstand van hul Boeddhistiese gesinne weerhou mense ook daarvan om Jesus te aanvaar.
Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA Japan se luisteraars veilig sal voel om van God te leer en om die evangelie met hul geliefdes te deel.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
29 Oktober 2023
1. Erediensbediening:
a) Skakel na die 29 Oktober 2023 YouTube Preek van Dr Gerrie van
Deventer met die tema: ‘Brood van die lewe’ (Joh 6).
- Bybelstudiereeks: a) Die Weeklikse: “‘Stof tot nadenke: Oorwin die kwaad.”
- Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
NUWE INTREKKERS 2022-2023
| Allwright, Darryl Bester, Phillip & Claudia Beukes, Wilmarié Bierman, Kia Boshoff, Chrisendrie Botha, Sarie Bridges, David & Marida Bright, Albert & Peter & Claudia & PJ Buitendag, Marlene Cronje, Loutjie & Hannatjie Cronje, Etienne & Melanie Crous, Gerhard & Marie De Wet, Conrad & Monique en dogter Catherine-Eloise Delport, Paul & Marli en kinders Lara & Leon Delport, Magda Du Toit, Johan & Ilse Duguïd, Peter & Anna Engelbrecht, Fanie & Estelle Erasmus, Marius & Benita Fleidl Werner & Yolandi Fourie, Jaco & Nicole en seun Malan Fourie, Lua-Mari French, Petro Goosen, Mariëtte Gresse, Delwaine Grimbeek, Hettie Hattingh, Gerhard & Bettie Hendriks, Annie Immelman, Le Roy Janse van Rensburg, Martin & Ina Katthage, Robbie & Annatjie Kotze, Ali & Karien Langenhoven, Adriaan Louw, Guss & Lorraine en kinders Zeleny & Deon Mostert, Stefan & Chrystal-Mostert, Kirstin Munro, Arno | Naudé, Louis & Petra Oosthuizen, Tiens & Elsabe Pienaar, Pine & Rita Pienaar, Linette Roets, Corry & Luchelle Rostoll, Gert & Santa Sassenberg, Magda & Bianca Schoeman, Maryna Schoeman, Carien Schoeman, Rita Smit, Smittie & Erma Smit, Rita Smith, Alexander & Yvonne Stadler, Johan & Marietta Stander, Sakkie & Sonja en seun Gregor Steenkamp, Balti & Adri Steyn, Ockert & Yolanda en kinders Derek, Ronike & Hanje Steyn, Annette Steyn, Lien Swanepoel, Fanie & Elenor Swart, James & Dassie Terblanche, Johan & Lorna Van Der Ende, Johan & Petro Van der Merwe, Pieter & Susan Van der Merwe, Koos & Alta Van der Walt, Wiehann & Claudia van der Westhuizen, Calvin & Hermy en kinders Evan & Emjay Van Heerden, Leta Van Niekerk, Hannetjie Van Tonder, Annette Van Wyk, Ben & Marina Venter, Johan & Ansie Vermooten, Ben & Antoinette Visser, Dirk & Dorette Visser, Johanna Vorster, Jannie & Elize Vosloo, Gerhard |
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



