Vandag – Sondag 3 Desember 2023 :
• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Tes 3: 9-13.
Die tema van die prediking is: Hulle weet nie wat ons weet nie…..
• Spesiale Offer vir Hugenote-Kollege by die deure.
• Daar sal GEEN tee bedien word na afloop van die erediens vir die maand van Desember nie.
ALMANAKKE 2024
Die almanakke vir 2024 is beskikbaar. Kerkraadslede en Dienswerkers wat nog nie hul blok se kalenders ontvang het nie kan dit asseblief gedurende kantoorure kom afhaal.
Woensdag 6 Desember 2023 :
• Daar is GEEN kooroefening tot verdere kennisgewing nie.
Sondag 10 Desember 2023 :
• Erediens om 09:00
• Prediker: dr Gerrie van Deventer.
• Sinodale Offer vir BADISA by die deure.
• Daar sal GEEN tee bedien word na afloop van die erediens vir die maand van Desember nie.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Desember 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Nuwe lidmate
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Lidmate wat ’n besoek verlang kan gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.
- Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
VUL ’N FLES VIR KERSFEES – Omgeebediening: Desember Kerspakkies
In die voorportaal is ’n houer met leë koffieflesse. Neem een en vul dit met lekkers, koekies of enige iets wat daarin pas – maak ’n hart bly! Versier die bottel.
Bring asb terug voor Maandag 4 Desember. Plaas weer terug in houer of gee in by die kerkkantoor gedurende kantoorure.
Omgeebediening :
Baie dankie aan elkeen wat op welke wyse ’n bydrae die afgelope jaar gelewer het.
Ons is steeds dankbaar oor enige bydraes soos kruideniers, beddegoed, gordyne, ens.
Ons het altyd ’n tekort aan kinderklere. Moedig asb die kinders en kleinkinders wat die vakansie kom kuier aan om vir ons hulle “ou” klere saam te bring. Dit sal ons baie help.
Getuienisbediening :
• Ons laaste uitreik na Wolwedans is 13 Desember. Baie dankie aan elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike gedurende 2023.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte
• Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare en keramiek. Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
• ‘n Gesin van 4 (kinders 7 en 12), wat hul werk tydens covid verloor het en nou werk in Groot-Brakrivier gekry het, benodig asseblief permanente verblyf vanaf Januarie 2024 (maksimum R7 000 pm). Indien enige een kan help kontak asseblief vir Cassie Erasmus – 064 759 9212.
• Kersprojek – Baie dankie aan elkeen wat hieraan deelgeneem het. Ons gaan op 13 Desember die Kerspakkies aan 100 gesinne en 60 kinders uitdeel. As iemand nog hieraan wil deelneem kan inbetalings nog gedoen word tot 8 Desember 2023.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Lief en Leed
Ons gemeente wil graag ‘n familie van gelowiges wees. Daarom gaan ons van Januarie 2024 weekliks die name plaas van lidmate wat die komende week verjaar. Die idee is om vir mekaar te bid en geluk te wens. Kontak asb die kerkkantoor betyds as jy nie jou naam wil laat verskyn nie.
Op dieselfde wyse wil ons ook mekaar se leed en hartseer deel en help dra. Kontak asb jou kerkraadslid, dienswerker, leraar of kerkkantoor oor siekte, sterfgevalle of ander donker driwwe waarvoor die res van die gemeentefamilie kan bid. Met toestemming sal ons dit ook in die gemeentenuus plaas.
Dankies
Bloedskenking :
Die bloedskenking op 30 November 2023 het 66 volpinte bloed opgelewer.
Baie dankie vir die 70 mense wat opgedaag het om te skenk en ook aan die 3 nuwe skenkers wat gekom het, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA in Tibet
Bid vir FEBA Internasionaal se Gawelyon-projek. FEBA se personeel vervaardig kortgolf-uitsendings in die Gawelyon-Tibettaanse taal vir mense in Tibet, Nepal, Bhoetan en die noorde van Indië. Dié kulture is in Boeddhisme gewortel, wat dit vir mense moeilik maak om tot bekering te kom. In Nepal is dit selfs onwettig om iemand te probeer bekeer! Die Gawelyon-projek se personeel deel ook lektuur uit wat handel oor gesondheidskwessies, asook die Christelike geloof.
Ons gebed vir die week: Bid dat die projek oorvloedige vrug sal dra en dat luisteraars geraak sal word deur die Goeie Nuus wat hulle bring.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
3 Desember 2023
1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 3 Desember 2023.
2. Getuienisbediening:
a) Einde 2023 Nuusbrief van Gerrie en Arlene Coetzee van SA vir Wêrelsending.
- Bybelstudiereeks:
a) Die Weeklikse: “‘Waarop Hoop ons.” - Gemeente Nuus:
Kerssangdiens 2023: In Beeld en Klank. - Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



