Nuusflitse: Week 30+ van 2023

Nuusflitse

Woensdag 26 Julie 2023 : • Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751
Sondag 30 Julie 2023 : • Erediens om 09:00. • Prediker: ds Danie Goosen. • Kategese.
Getuienisbediening : • Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: 2 & 16 Aug en 6 & 20 Sep.
Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 3 Augustus 2023 vanaf 15:00 tot 19:00 
Klub 50 lede Woensdag 2 Augustus 10h00 buffet ontbyt

Afkondigings 23 – 30 Julie 2023

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 23 Julie 2023 :

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Gen 28: 10-22.

Die tema van die prediking is: ‘n Droom-plek.
• Kategese.
• Sinodale Offer vir Studentebearbeiding by die deure.
• As gevolg van instandhoudingswerk in die kerksaal sal daar GEEN tee bedien word na afloop van die erediens nie.

JEUG :
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.

Woensdag 26 Julie 2023 :

• Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751.

Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 30 Julie 2023 :

• Erediens om 09:00.
• Prediker: ds Danie Goosen.
• Kategese.
• Sinodale Offer vir Gemeentebediening by die deure.
• GEEN tee na die erediens.

Neem asb kennis dat ds Danie en Willem du Preez ’n moderamen vergadering in die Kaap bywoon vanaf 24-27 Julie 2023.

Dankies
Atlete vir Christus 2023

Graag wil ons ons dank betuig aan elkeen wat ’n matras vir die huisvesting van Atlete vir Christus in ons kerksaal geleen het. Elke atleet kon uiteindelik op ’n matrassie slaap.
Die huisvesting van die atlete was ’n sukses!
Baie dankie aan elkeen van die Gasvryheidsbediening wat betrokke was en ook aan die braaiers.
Ons is trots en geseënd om deel van so raakvat gemeente te kan wees!

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer.

  • Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Julie 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Getuienisbediening :

• Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: 

Ons volgende uitreikdatums vir die derde kwartaal is op
2 & 16 Aug en 6 & 20 Sep.

• Ons wil graag vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes.

• Behoeftes vir Getuienisprojekte

◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare en keramiek. Baie dankie vir alles wat reeds voorsien is – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.

◦ Daar is weer ‘n behoefte vir ‘n naaldwerk masjien en indien iemand dalk een het om te skenk kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word/gereel word vir afhaal. Vir navrae akakel asb vir Aletia – 0847831308.

Omgeebediening
• In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
• Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Bloedskenking :
Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 3 Augustus 2023 vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal. Christo – 083 447 9891.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Pakistan

Die vloede in Pakistan het meer as 30 miljoen mense geraak, en daar word nog vloede hierdie jaar verwag. Mag die Here FEBA Pakistan gebruik om hoop en troos te bring aan dié wat lyen mag Hy verligting bring.

Ons gebed vir die week: Bid vir diegene wat geliefdes verloor het en vir hulle wat nou hul huise en gemeenskappe moet herbou. Bid vir gesondheid- en hulpwerkers, wat mense moet help oorleef in haglike omstandighede.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
23 Julie 2023
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Preek van 23 Julie 2023.

  1. Bybelstudiereeks:
    a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Gebed.”
  2. Getuienisbediening:
    a) Nuusbrief uit Madagaskar.
    b) Japan se sending nuusbrief.
    c) 67 min vir Sending: Sending aan die melaatse se versoek vir u betrokkenheid.
  3. Gemeente nuus:
    a) Die Algemene Sinode versoek dat elke Gemeente ‘n dag van verootmoediging op Sondag 13 Augustus 2023 sal hou.
    b) Atlete vir Christus wat hul wedloop afgesluit het by NG Kerk Groot-Brakrivier.
    c) 2020 Vertaling Bybels is beskikbaar vir R79 by die Bybelgenootskap.
  4. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Klub 50

Klub 50 lede word uitgenooi om op Woensdag 2 Augustus om 10h00 saam ‘n buffet ontbyt te kom geniet.

Plek: Restourant My Beker Loop Oor.
Reël asb eie vervoer.
Koste: Lede betaal R60.
Klub 50 borg die res.

Navrae by:

Estelle Uys – 072 675 6696‬‬

Marie Snyman – 082 229 8316‬‬

Johan Snyman – 083 736 5747‬‬

Faan Muller – 084 870 3236‬‬

NG KERK REEBOK MANNEBEDIENING BIED AAN
OPSTAAN EN AANGAAN!
KIES IS ’N KEUSE

Nagmerrie-ervaring van ‘n plaasaanval en hoe hy dit oorkom het.

SPREKER:             COBUS ERASMUS
DATUM:               2 AUGUSTUS 2023
TYD:                       18:00
PLEK:                     NG KERK REEBOK
KERKSAAL
PRYS:                     R50 PER PERSOON

SLUIT VETKOEK MET KERRIE-RYS EN ‘N BIER / KOELDRANK IN.

Kaartjies te koop by Reebok Kerkkantoor.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Hartenbos Bejaardesorg Sportdag: 25 Augustus 2023

Hartenbos Bejaardesorg

Goeie môre

Hiermee wil ons  alle bejaardes hartlik uitnooi na ons jaarlikse Sportdag! Dit is altyd ‘n heerlike dag van samesyn.

Inskrywingsvorm is aangeheg.

Enige persone  wat wil optree as beamptes is welkom om ons te kontak.

Organiseerder: Anette Ferreira – 083 426 6062

Dienssentrum Koördineerder: Rina Fourie – 084 040 0111

Elize Zinserling
Sekretaresse

  HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS

  GRAAFF REINETTE LAAN

  POSBUS 953

  HARTENBOS

  6520

  TEL: 044- 695 2386 / 695 1948

  E-POS: bejaarde0@gmail.com

Bybelgenootskap AFR 2020 Bybel @ R79

Goeie dag

Vertrou dit gaan goed; asook in u gemeente.

Ons by Bybelgenootskap het ’n  Bybel beskikbaar op afgemerkte prys asook 2 MP3’s

Laat weet gerus indien daar iets is waarmee ons kan help of indien u enige navrae het en of u wil bestel.

Die AFR 2020 vertaling is tans beskikbaar @ R79.00  –  Sal waardeer indien u dit kan adverteer in u gemeente.

U kan direk by my bestel:  amanda@biblesociety.co.za

Groete

Amanda van Rooyen
Verkoopsverteenwoordiger
Weskaap

t +27 21 910 8793 / f +27 86 538 2739 / s +27 76 415 1752
Edwardstraat 134, Bellville / Posbus 5500 Tygervallei 7536

Nuusflitse Week 29+ van 2023

Nuusflitse

Woensdag 19 Julie 2023 : • Kooroefening – 17:15 by die orrel.
Sondag 23 Julie 2023 :• Erediens om 09:00.• Prediker: dr Gerrie van Deventer.• Kategese Op 19 Julie kom Atlete Vir Christus oornag in ons kerksaal. – Ons is dringend op soek na matrasse.
Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: 19 Julie, 2 & 16 Aug en 6 & 20 Sep.

Afkondigings 16 Julie 2023 NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings

Afkondigings

Vandag – Sondag 16 Julie 2023 :

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Jona.

Die tema van die prediking is: Die onwillige gestuurde.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Sendelinge wat deur die gemeente ondersteun word by die deure.
• As gevolg van instandhoudingswerk in die kerksaal sal daar GEEN tee bedien word na afloop van die eredienste tot na die skoolvakansie nie.

Woensdag 19 Julie 2023 :

• Kooroefening - 17:15 by die orrel. Marida - 082 471 0751. 

Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 23 Julie 2023 :

• Erediens om 09:00.
• Prediker: dr Gerrie van Deventer.
• Kategese.
• Sinodale Offer vir Studentebearbeiding by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.

Neem asb kennis dat ds Danie met verlof sal wees vanaf 5-23 Julie 2023.
Dr Frans Hancke sal gedurende hierdie tyd vir hom instaan en sal beskikbaar wees om te kontak – 082 490 5737.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Julie 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

JEUG :
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.

Dit is met spyt dat ons u moet meedeel dat ds Anneri Viljoen-Potgieter van NG Hugenoot in Bloemfontein nie die beroep na NG Groot-Brakrivier aanvaar het nie.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer.

  • Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

Getuienisbediening :

• Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: 

Ons uitreikdatums vir die derde kwartaal is op 19 Julie,
2 & 16 Aug en 6 & 20 Sep.

• Ons wil graag vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare en keramiek. Baie dankie vir alles wat reeds voorsien is – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.

◦ Daar is weer ‘n behoefte vir ‘n naaldwerk masjien en indien iemand dalk een het om te skenk kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word/gereel word vir afhaal. Vir navrae akakel asb vir Aletia – 084 783 1308.

• Behoeftes vir Gebed

A&L van Frankryk

‘n Tyd gelede het ons berig dat van A&L se familie, vriende en ander Christene in hul tuisdorp gevange geneem en al hul geestelike lektuur konfiskeer is. Na hul hofsaak is hulle skuldig bevind en 12 maande tronkstraf opgelê wat vir almal opgeskort is. Ons kan die Here net dank, loof en prys vir so ‘n “gunstige” uitslag. Hulle gaan onverpoosd voort met hulle somerprojek – kampe vir moslems waartydens hulle die evangelie met hulle deel. L gaan terug na hul tuisdorp en gaan verskeie geestelike lektuur saamneem. Hulle vra vir ons voorbidding vir hierdie projekte en vir L se veiligheid tydens haar besoek.

Makhathini

Die besoek aan ‘n groot groep van Wesvalia Hoërskool Klerksdorp (98 leerders en 20 personeellede) was baie suksesvol en het hulle waardevolle geboue ontwikkeling en instandhouding gedoen by Zama Zama, KwaNdaba en Mbangweni. Die hoogtepunte was elke aand se geestelike program met die leerders. Daar is groot dankbaarheid vir die werk wat gedoen is en dat die leerders dit wat hulle geleer het uit die geestelike program sal koester en voortgaan om hulle liggies te laat skyn waar hulle ookal beweeg.

Michele van Oekraïne

Die jeugkamp (Masada) het hierdie week plaasgevind (daaglikse weergawes is op Facebook geplaas) en ons kan saam met die leierskap (onder leiding van

Michele) die Here loof en prys vir die positiewe impak op die kinders en die wat hulle harte vir die Here gegee het. Michele en Ivan vlieg na die opruiming van die perseel na SA vir die bekendstelling van haar boek Sonneblomme en Sneeu in Pretoria en George. Sy vra vir voorbidding vir finansies, veilige vervoer en seën tydens hulle besoek.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Oekraïne

Bid vir FEBA Oekraïne se beradingspanne. Al het elke berader al iemand weens die oorlog verloor, kies hulle steeds om ander te help. Die telefoniese hulplyn het gegroei tot sowat 35 beraders, wat elke dag na hartverskeurende stories luister en moeilike vrae beantwoord. Baie jongmense deel ook hul vrese en uitdagings op die aanlyn teks-gebaseerde hulplyn.

Ons gebed vir die week: Bid dat die beraders God se vrede en wysheid sal ontvang, sodat hulle mense na Hom kan lei.

Leen van Matrasse – Atlete vir Christus

Op 19 Julie kom Atlete Vir Christus oornag in ons kerksaal.

Hulle bring hulle eie beddegoed, maar benodig matrasse om op te slaap.

Indien u enige matrasse het om te leen vir die geleentheid sal ons dit baie waardeer indien u die kerkkantoor in kennis kan stel daarvan sodat ons reëlings kan finaliseer.

U kan dit op 17 of 19 Julie tussen 08:00 en 13:00 by die kerk kom afgee of u kan met die kerkantoor reël dat ons dit by u kom afhaal indien dit u beter sal pas.

Omgeebediening : 
• In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
• Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
16 Julie 2023
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Preek van 16 Julie 2023.

  1. Bybelstudiereeks:
    a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Krag van Geloof.”
  2. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Nuusflitse Week 28+ van 2023

Nuusflitse

Woensdag 12 Julie 2023 :• GEEN Kooroefening 
Sondag 16 Julie 2023 : • Erediens om 09:00. • Prediker: dr Frans Hancke. • GEEN Kategese
Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: Ons uitreikdatums vir die derde kwartaal is op 19 Julie, 2 & 16 Aug en 6 & 20 Sep.
Op 19 Julie kom Atlete Vir Christus oornag in ons kerksaal.
Hulle bring hulle eie beddegoed, maar benodig matrasse om op te slaap.

Afkondigings 9 – 16 Julie 2023

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 9 Julie 2023 :

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei..
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Rom 1; Ps 105; Joh 14.

Die tema van die prediking is: Sien is glo.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Plaaslike Bejaardesorg by die deure.
• As gevolg van instandhoudingswerk in die kerksaal sal daar GEEN tee bedien word na afloop van die eredienste tot na die skoolvakansie nie.

Lees meer “Afkondigings 9 – 16 Julie 2023”

Nuusflitse week 27+ van 2023

Nuusflitse

Gedurende spesiale kerkraadsvergadering gehou op 21 Junie 2023, is ds Anneri Viljoen-Potgieter van NG Hugenoot in Bloemfontein beroep na Groot-Brakrivier.
Gebedsgidse vir Julie 2023 is beskikbaar
Woensdag 5 Julie 2023 : GEEN Kooroefening 
Sondag 9 Julie 2023 : Erediens om 09:00. Prediker: dr Frans Hancke. GEEN Kategese.
 Ds Danie met verlof vanaf 5-23 Julie 2023
Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: 19 Julie, 2 & 16 Aug en 6 & 20 Sep

Afkondigings 2 – 9 Julie 2023

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 2 Julie 2023 :

  • Baie welkom by die erediens.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Jer 28: 1-17.

Die tema van die prediking is: Die ongemaklike waarheid?

  • GEEN Kategese.
  • Spesiale Offer vir Jan Kriel-Instituut (Kuilsrivier) by die deure.
  • As gevolg van instandhoudingswerk in die kerksaal sal daar GEEN tee bedien word na afloop van die eredienste tot na die skoolvakansie nie.

Gedurende spesiale kerkraadsvergadering gehou op 21 Junie 2023, is ds Anneri Viljoen-Potgieter van NG Hugenoot in Bloemfontein beroep na Groot-Brakrivier.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Julie 2023 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Lees meer “Afkondigings 2 – 9 Julie 2023”

Nuusflitse Week 26+ van 2023

Nuusflitse

21 Junie 2023, is ds Anneri Viljoen-Potgieter van NG Hugenoot in Bloemfontein beroep na Groot-Brakrivier
Woensdag 28 Junie 2023 : Daar sal GEEN Kooroefening
Sondag 2 Julie 2023 : • Erediens om 09:00. • Prediker: ds Danie Goosen. • GEEN Kategese
Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: 19 Julie, 2 & 16 Aug en 6 & 20 Sep.
Klub 50 Snoekbraai op Woensdag 5 Julie by die kerksaal

Afkondigings 25 Junie – 2 Julie 2023

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 25 Junie 2023 :

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Gen 21: 1-21. Die tema van die prediking is: Wie laaste lag…
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
• As gevolg van instandhoudingswerk in die kerksaal sal daar GEEN tee bedien word na afloop van die eredienste tot na die skoolvakansie nie.

Gedurende spesiale kerkraadsvergadering gehou op 21 Junie 2023, is ds Anneri Viljoen-Potgieter van NG Hugenoot in Bloemfontein beroep na Groot-Brakrivier.

Lees meer “Afkondigings 25 Junie – 2 Julie 2023”

Nuusflitse Week 25+ van 2023

Nuusflitse

Woensdag 21 Junie 2023 : • Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751. • Daar is GEEN blokbyeenkoms die week nie.
Spesiale Kerkraadsvergadering • Daar sal Woensdag 21 Junie 2023 om 18:00
Sondag 25 Junie 2023 :• Erediens om 09:00.• Prediker: dr Gerrie van Deventer.• GEEN Kategese.
Wolwedans se laaste boodskap, sop en brood uitreik vir die tweede kwartaal geskied op 21 Junie 2023.

Lief en Leed Week 25 van 2023

Lief en Leed

Dis met leedwese dat ons u meedeel van die afsterwe van John Viljoen en Sias Hoffman.

Ons dra ons innige simpatie en voorbidding oor aan hulle geliefdes, mag die Here u troos en bystaan in hierdie moeilike tyd.