Afkondigings 12 – 19 November 2023 – NG Kerk Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 12 November 2023 :

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers:

Riaan en Cindy van Wyk (seuntjie – Ryno van Wyk).
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Matt 25: 1-13.
Die tema van die prediking is: End-uit bly?
• Kategese Afsluiting & Kinderdankoffer.
• Spesiale Offer vir Up with Downs-Skool by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Ons kategese sluit vanoggend af.
Katkisante ontvang getrouheidsertifikate en
ons hou ’n afsluitingsbraai na die erediens.

Dinsdag 14 November 2023 :
• Die Kerkraad vergader in die kerksaal onder voorsitterskap van Willem du Preez. Daar is ’n spesiale beroepingsvergadering om 17:30 en die normale kwartaalikse vergadering volg direk daarna.
Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 15 November 2023 :

• Kooroefening - 17:15 by die orrel. Marida - 082 471 0751. 

Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 19 November 2023 :

• Erediens om 09:00.
• Prediker: dr Gerrie van Deventer.
• GEEN Kategese.
• Biddag vir Beskermingsdienste.
• Spesiale Offer vir Kankervereniging by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom. 

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir November 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

VUL ’N FLES VIR KERSFEES – Omgeebediening: Desember Kerspakkies

In die voorportaal is ’n houer met leë koffieflesse. Neem een en vul dit met lekkers, koekies of enige iets wat daarin pas – maak ’n hart bly! Bind ’n strikkie om of versier die bottel.
Bring asb terug voor Maandag 4 Desember. Plaas weer terug in houer of gee in by die kerkkantoor gedurende kantoorure.

Omgeebediening
Baie dankie aan elkeen wat op welke wyse ’n bydrae die afgelope jaar gelewer het.

Ons is steeds dankbaar oor enige bydraes soos kruideniers, beddegoed, gordyne, ens.

Ons het altyd ’n tekort aan kinderklere. Moedig asb die kinders en kleinkinders wat die vakansie kom kuier aan om vir ons hulle “ou” klere saam te bring. Dit sal ons baie help.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

    Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
    Skakel ons gerus:  Riana Briers –  081 039 8853 /                   Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en en brood se uitreike vir die laaste deel van die jaar geskied op 15 en 29 November. Ons wil vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte
◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare en keramiek.
Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
◦ Daar is ook ‘n deurlopende behoefte aan sop (2 liter verpakking of 250 gram
koffiebottel droë bestanddele) vir die 100 gesinne wat ons tans elke tweede week ondersteun.
◦ Kersprojek – een van ons groot borge van die afgelope
twee jaar het hul deelname aan die 2023 Kersprojek onttrek en benodig ons tans ten minste nog R 35 000 om vir 100 gesinne (R500 elk) en 50 kinders (R 50 elk) ‘n geskenkpakkie te gee. U ondersteuning vir hierdie projek in ons gemeenskap sal baie waardeer word en die sluitingsdatum vir kontant bydraes is 1 Desember 2023.
Een van ons dienswerkers benodig ’n selfoon. Indien iemand ’n selfoon, wat in ’n werkende toestand is, kan skenk kan u dit asseblief by die kerkkantoor indien tydens kantoorure.

Dankies – Dankfees

Ons wil u graag in hierdie tyd bedank vir al u harde werk tydens ons dankfees. Ons is ook dankbaar vir elke bydrae. Ons lof en dank aan die Here Jesus ons Here.

Groenewaldfonds
Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2023. Die voorgeskrewe vorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.

  • Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA se tegniese spanne

Tegnologie is sentraal tot FEBA se werk – van radiotorings en senders tot rekenaarhardeware en -sagteware. FEBA se tegniese ondersteuningspanne is dus ‘n onontbeerlike deel van die organisasie. IT-personeel en ingenieurspanne reis die wêreld vol om nuwe stasies te help oprig en die Goeie Nuus op die lug te hou.

Ons gebed vir die week: Bid dat God hulle sal bewaar en die wysheid sal gee om enige probleme wat opduik, te kan oplos. Bid ook dat Hy sal sorg dat FEBA altyd die regte mense vir die taak het.

Klub 50

Klub 50 is gestig vir afgetrede gemeentelede wat graag op ’n gesellige manier wil vergader om saam te kan uithang en nuwe kenisse maak.

Ons betaal jaarliks ledegeld en reël ook funksies waardeur ons fondse insamel om aan die einde van die jaar ’n afsluitingsete en ook ander funksies te subsideer.

Ons probeer ook uitstappies reël vir almal om te geniet. Jul bywoning met funksies sal help bepaal wie aan wat belangstel. Ons stel ’n jaarprogram op en lede word aangemoedig om soveel moontlik

by te woon.

Ons vergader die 1ste Woensdag van elke maand (Feb-Nov) en sluit die jaar af met ’n algemene jaarvergadering, lede word aangemoedig om dit by te woon, want hier word verslag oor die funksies en finansies bespreek.

Ons kies elke twee jaar nuwe bestuur.

Onthou om die kerk afkondigings dop te hou vir verdere besonderhede.

Estelle Uys – 0726756696‬

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
12 November 2023

1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 12 November 2023.
2. Getuienisbediening:
a) Nuusbrief van Lynette vanaf Madagskar.
b) FEBA se E-Gebedsgids vir November.

  1. Bybelstudiereeks:
    a) Die Weeklikse: “‘Water van die lewe.”
  2. Gemeente Nuus:
    a) Gemeente brief November 2023
    b) Doop November 2023
  3. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314