Vandag – Sondag 10 Desember 2023 :
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Markus 1: 1-8.
Die tema van die prediking is: Ongebaande weë.
Ds Charné Viljoen van NG Pellissier in Bloemfontein het die beroep na Groot-Barkrivier aanvaar en sal in Februarie 2024 by ons aansluit.
Neem asb kennis dat die kerkkantoor 13 Desember 2023 sluit
en weer op 8 Januarie 2024 heropen.
Ds Danie sal met verlof wees vanaf 26 Desember 2023 tot 14 Januarie 2024.
Dr Frans Hancke sal gedurende hierdie tyd vir ds Danie instaan en
is beskikbaar om te kontak – 082 490 5737.
Sondag 24 Desember 2023 :
- Erediens om 09:00.
- ’n Spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers:
Willem en Tania Pelser (dogtertjie – Zira Pelser)
Calvin en Hermy van der Westhuizen(seuntjie – Emjay van der Westhuizen)
Shane en Michaela Herbst (dogtertjie – Olivia Herbst)
- Prediker: dr Gerrie van Deventer.
- Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
Kersdag 25 Desember 2023 :
Eredienstye: 07:00; 08:00; 09:00 en 10:00.
Sondag 31 Desember 2023 :
- Erediens om 09:00.
- Prediker: dr Frans Hancke.
- Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
- Oujaarsdiens om18:00
Sondag 7 Januarie 2024 :
- Erediens om 09:00.
- Prediker: dr Frans Hancke.
- Spesiale Offer vir Persone met Gestremdhede (NCPD) by die deure.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
- Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
- Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
G etuienisbediening :
- Ons laaste uitreik na Wolwedans is 13 Desember. Baie dankie aan elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike gedurende 2023.
- Behoeftes vir Getuienisprojekte
- Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare en keramiek. Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
- Kersprojek – Baie dankie aan elkeen wat hieraan deelgeneem het. Ons gaan op 13 Desember die Kerspakkies aan 100 gesinne en 60 kinders uitdeel.
- ‘n Gesin van 4 (kinders 7 en 12), wat hul werk tydens covid verloor het en nou werk in Groot-Brakrivier gekry het, benodig asseblief permanente verblyf vanaf Januarie 2024 (maksimum R7 000 pm). Indien enige een kan help kontak asseblief vir Cassie Erasmus – 064 759 9212.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Oekraïne
Bid asseblief vir FEBA Oekraïne en hul luisteraars. Die span werk hard om aan te hou bedien te midde van die geweld op die front en die lyding tuis. Beraders luister daagliks na talle hartverskeurende stories en bid saam met mense wat die hulplyn skakel.
Ons gebed vir die week:Bid vir die beraders se geestelike- en geestesgesondheid. Bid dat God FEBA Oekraïne se krag elke dag sal vernuwe en hulle sal gebruik om meer mense in hierdie donker tye na Sy lig toe te trek.
Lief en Leed
Ons gemeente wil graag ‘n familie van gelowiges wees. Daarom gaan ons van Januarie 2024 weekliks die name plaas van lidmate wat die komende week verjaar. Die idee is om vir mekaar te bid en geluk te wens. Kontak asb die kerkkantoor betyds as jy nie jou naam wil laat verskyn nie.
Op dieselfde wyse wil ons ook mekaar se leed en hartseer deel en help dra. Kontak asb jou kerkraadslid, dienswerker, leraar of kerkkantoor oor siekte, sterfgevalle of ander donker driwwe waarvoor die res van die gemeentefamilie kan bid. Met toestemming sal ons dit ook in die gemeentenuus plaas.
VAKATURE │ PSD: Sinodale Kommissie vir Diens van Barmhartigheid (SKDB) – Bellville
Die NG Kerk in Suid Afrika (Sinode van Wes-Kaapland) stel hiermee ’n vakature bekend vir die voltydse pos van PSD: Sinodale Kommissie vir Diens van Barmhartigheid (SKDB), standplaas Bellville-kantoor. Die geskikte persoon is ʼn gelegitimeerde predikant wat beskik oor die vermoë om pligte op ʼn deelnemende wyse, met behulp van en in oorleg met verskeie individue / spanne / spesialiste, suksesvol uit te voer. Die posbekleer rapporteer aan die SKDB.
Aansoekproses:
Die aansoekvorm, advertensie en posbeskrywingkan by die volgende skakel gevind word:
Stuur die aansoekvorm saam met ’n volledige CV aan:
Hulpbronbeampte (Elmien Theron)
E-pos: ngkadmin@kaapkerk.co.za
(E-pos opskrif: Aansoek – PSD: Sinodale Kommissie vir Diensgroep Barmhartigheid (Kandidaat naam)
Sluitingsdatum: 15 Januarie 2024 om 16:00
Baie dankie aan elkeen wat op welke wyse ’n bydrae die afgelope jaar gelewer het.
Ons is steeds dankbaar oor enige bydraes soos kruideniers, beddegoed, gordyne, ens.
Ons het altyd ’n tekort aan kinderklere. Moedig asb die kinders en kleinkinders wat die vakansie kom kuier aan om vir ons hulle “ou” klere saam te bring. Dit sal ons baie help.
Dankies
Omgeebediening : VUL ’N FLES PROJEK VIR KERSFEES
Hoeveel woorde is nodig om so ‘n gemeente te bedank? Baie dankie vir elkeen wat ‘n koffiefles vir ons gevul het. Ons is sò dankbaar vir soveel gewilligheid en liefde waarmee julle dit gedoen het.
Mag hierdie kersseisoen vir elkeen ‘n geseënde Christusfees wees.
____________________________________
Kersfees met Coenie
Graag wil ons u bedank vir u ondersteuning, samewerking en goeie gees gedurende die Coenie de Villiers konsert! Dit was ’n groot sukses.
____________________________________
Die bloedskenking op 30 November 2023 het 66 volpinte bloed opgelewer.
Baie dankie vir die 70 mense wat opgedaag het om te skenk en ook aan die 3 nuwe skenkers wat gekom het, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.
Hartenbos Bejaardesorg Basaar
Hartenbos Bejaardesorg hou hulle jaarlikse basaar op Vrydag 15 Desember
9h00 by Hartenbos Versorgingsoord.
Daar gaan ‘n heerlike gesellige teetuin wees met begeleiding van
Fred Conradie se boeremusiek.
Die poeding en koektafels is altyd ‘n wenner!
Om die honger te stil gaan daar Kerrie & rys, worsbroodjies, pannekoek, vetkoek met maalvleis wees en heerlike tuisgemaakte gemmerbier vir die dors.
Soos altyd in die verlede hou ons die basaar op dieselfde dag as die NG kerk Hartenbos se vleisfees wat by die NG kerk plaasvind.
Ons nooi almal uit om die dag saam met ons te kom geniet en sodoende ons bejaardes te ondersteun!
Die almanakke vir 2024 is beskikbaar. Kerkraadslede en Dienswerkers wat nog nie hul blok se kalenders ontvang het nie kan dit asseblief gedurende kantoorure kom afhaal.
Nuwe lidmate
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Die webwerf(nggrootbrak.co.za)
10 Desember 2023
- Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 10 Desember 2023.
- Getuienisbediening:
a) Missie van Japan: Vrede.
b) Lynette van Madagaskar se nuusbrief: “Giving Thanks”.
c) FEBA se gebedsgids vir Desember 2023.
3. Bybelstudiereeks:
a) Die Weeklikse: “‘Wat gee ons vreugde?”
4. Gemeente Nuus:
a) Gebedsgids vir Desember 2023.
b) Kuier saam met Coenie.
5. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

.


