Vandag – Sondag 26 November 2023 :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Jesaja 9.
Die tema van die prediking is: Soekers kan vind.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Kerssangdiens om 19:00
• Prediker: ds Danie Goosen.
• Spesiale Offer by die deure tydens kerssangsiens vir:
NG Kerk Burgersdorp ter herstelwerk aan brandskade,
asook aan plaaslike bejaardesorg.
• U is welkom om iets te drinke en ete na die diens in die kerksaal saam met ons te kom geniet.
Gedurende spesiale kerkraadsvergadering gehou op 14 November 2023, is ds Charné Viljoen van NG Pellissier in Bloemfontein beroep na Groot-Brakrivier.
Woensdag 29 November 2023 :
• Daar is GEEN kooroefening tot verdere kennisgewing nie.
Donderdag 30 November 2023 :
Bloedskenk-geleentheid :
DRINGENDE VERSOEK – voorrade BAIE laag!
Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 30 November 2023 vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal. Christo Smith – 083 447 9891.
Sondag 3 Desember 2023 :
• Erediens om 09:00
• Prediker: ds Danie Goosen.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Hugenote-Kollege by die deure.
• Daar sal GEEN tee bedien word na afloop van die erediens vir die maand van Desember nie.
Groenewaldfonds
Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2023. Die voorgeskrewe vorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Desember 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
VUL ’N FLES VIR KERSFEES – Omgeebediening: Desember Kerspakkies
In die voorportaal is ’n houer met leë koffieflesse. Neem een en vul dit met lekkers, koekies of enige iets wat daarin pas – maak ’n hart bly! Bind ’n strikkie om of versier die bottel.
Bring asb terug voor Maandag 4 Desember. Plaas weer terug in houer of gee in by die kerkkantoor gedurende kantoorure.
Omgeebediening :
Baie dankie aan elkeen wat op welke wyse ’n bydrae die afgelope jaar gelewer het.
Ons is steeds dankbaar oor enige bydraes soos kruideniers, beddegoed, gordyne, ens.
Ons het altyd ’n tekort aan kinderklere. Moedig asb die kinders en kleinkinders wat die vakansie kom kuier aan om vir ons hulle “ou” klere saam te bring. Dit sal ons baie help.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en en brood se uitreike vir die laaste deel van die jaar geskied op 29 November en 13 Desember. Ons wil vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte
◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare en keramiek.
Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
◦ Daar is ook ‘n deurlopende behoefte aan sop (2 liter verpakking of 250 gram
koffiebottel droë bestanddele) vir die 100 gesinne wat ons tans elke tweede week ondersteun.
◦ Kersprojek – een van ons groot borge van die afgelope
twee jaar het hul deelname aan die 2023 Kersprojek onttrek en benodig ons tans ten minste nog R 35 000 om vir 100 gesinne (R500 elk) en 50 kinders (R 50 elk) ‘n geskenkpakkie te gee. U ondersteuning vir hierdie projek in ons gemeenskap sal baie waardeer word en die sluitingsdatum vir kontant bydraes is 1 Desember 2023.
Een van ons dienswerkers benodig ’n selfoon. Indien iemand ’n selfoon, wat in ’n werkende toestand is, kan skenk kan u dit asseblief by die kerkkantoor indien tydens kantoorure.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.
- Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA se Etniese Bediening
FEBA poog om die evangelie in elkeen se moedertaal, aan alle mensegroepe beskikbaar te stel. Spanne werk daaraan om preke te vertaal en nuwe inhoud te skep in verskillende etniese tale wat deur minderheidsgroepe, soos die Yao of die Hmong, gepraat word.
Ons gebed vir die week: Bid dat God FEBA se personeel wysheid sal gee in die skep van programme vir etniese minderheidsgroepe, en dat Hy geleenthede sal voorsien vir die programme om mense in afgeleë gebiede te bereik. Bid ook dat Hy luisteraars se harte sal voorberei om die Goeie Nuus te ontvang.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
26 November 2023
1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 26 November 2023.
2. Bybelstudiereeks:
a) Die Weeklikse: “‘Koninkrykstyd en Danksegging.”
- Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Mag die Raadsman u lot beslis wanneer u nie herwaarts of derwaarts weet nie.
Mag die Ewige Vader u koester en vashou wanneer u eensaam is.
Mag die Magtige God doen ver bo wat u bid of dink.
Mag die Vredevors vir u vrede bring in ’n onstuimige gemoed.
Mag u ’n geseënde feesseisoen ervaar!

KERKRAADSVERGADERING
Tydens die kerkraadsvergadering gehou op 14 November 2023 is die volgende persone as kerkraadslede verkies:
Ouderling:
Johan du Toit Blok 12A
Diakens:
Madeleine Vermeulen Blok 5C&D
Ilse du Toit Blok 12A
Lief en Leed
Ons gemeente wil graag ‘n familie van gelowiges wees. Daarom gaan ons van Januarie 2024 weekliks die name plaas van lidmate wat die komende week verjaar. Die idee is om vir mekaar te bid en geluk te wens. Kontak asb die kerkkantoor betyds as jy nie jou naam wil laat verskyn nie.
Op dieselfde wyse wil ons ook mekaar se leed en hartseer deel en help dra. Kontak asb jou kerkraadslid, dienswerker, leraar of kerkkantoor oor siekte, sterfgevalle of ander donker driwwe waarvoor die res van die gemeentefamilie kan bid. Met toestemming sal ons dit ook in die gemeentenuus plaas.
Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525
044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



