1 Januarie – Donderdag – Ek sal julle nooit verlaat nie
Hemelse vader, sal U ‘n helder vlam voor my wees, sal U die sterrewyser bo my wees en sal U ‘n gelyke pad onder wees. My goeie Herder – vandag, vanaand en vir altyd.
Jesus, U weet hoe droog dit in ons land is en hoe swaar die boere kry, maar ook die veld en vee. Gee U lewegewende water vir mens en dier en loof ons U vir U wonderlike gawe van Reën.
2 Desember – Dinsdag – Polisie
Die polisiemag is nou nog meer paraat tydens die feestyd en dra ons hulle en hul families aan die Here op vir leiding en gesondheid.
3 Desember- Woensdag – Eensaamheid
Mense kuier gedurende die feestyd by familie en vriende en dink ons vandag aan al die eensames wie nie meer familie het nie, of dalk nooit by hul familie besoek aflê nie en eensaam is tydens die kersseisoen.
4 Desember – Donderdag – Radio FEBA
Ons vra vandag Here dat U sal help met die uitreike en uitsaai boodskappe wat Radio FEBA se span behartig om U woord uit te dra en mag ons vra dat U boodskap by die onbereiktes sal uitkom.
5 Desember – Vrydag – Geestesgesondheid
Jesus, depressie en verwante siektes is iets wat al hoe meer voorkom. Gee asseblief dat die persoon wat hieraan lei hulp sal soek op die regte plek en by die regte persone.
6 Desember – Saterdag – Stranddiensspanne
Here, help die stranddiensspanne wat besig is om U Woord ook uit te dra tydens die feestyd en dan veral met pret en plesier op die strande. Mag U woord op vrugbare grond val.
7 Desember – Sondag – BADISA
Vandag is ons offer vir BADISA en vra ons dat die kerkgangers mildelik sal bydra ter ondersteuning van hierdie werk in die NG kerk.
8 Desember – Maandag – Verheerlik die Vader
Vader, ek wil U elke dag Verheerlik.
9 Desember – Dinsdag – Geloof
Wat help dit as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade wys dit nie? Bid dat ons dade by ons woorde pas om ander na die Here te lei.
10 Desember – Woensdag – Skole sluit
Dankie Vader vir nog ‘n jaar. Gaan asseblief met die leerders en leerkragte gedurende die heerlike vakansie en gee dat hulle sal uitrus om weer met nuwe ywer die nuwe jaar aan te pak.
11 Desember – Donderdag – Middelafhanklikheid
Ons dink vandag aan persone wat verslaaf is aan een of ander middel en bid dat die Vader deur Sy troue liefde, die persone sal help om weg te beweeg en hulp te ontvang.
12 Desember – Vrydag – Liefde
Vader, baie dankie vir U troue liefde. Gee dat ons ook liefde aan onsself en medemens bewys.
13 Desember – Saterdag – Sport
Here, Baie dankie vir die wonderlike gawe wat u aan ons sportmanne en vroue gee. Gee dat hulle hul sport so speel tot eer en verheerliking van U.
14 Desember – Sondag – Gemeente-Instandhoudingsfonds
Ons gee vandag ’n bydrae vir ons kerk se instandhouding. Ons bid dat die persone in beheer die nood sal aanspreek en die geld reg sal aanwend.
15 Desember – Maandag – Sending
Kom ons reik uit en raak betrokke by die sendingaksies, geldelik, deur gebed en dalk hulp waar jul kan. Bid ook vir die sendelinge wat die Woord van die Here versprei.
16 Desember – Dinsdag – Versoeningsdag
Op 16 Desember het hulle ‘n gelofte voor God afgelê. Hulle het belowe om ‘n kerk te bou en dat hulle nageslagte hierdie dag as ‘n dankseggingsdag sal vier. In 1994 is Versoeningsdag ingestel en dink ons vandag aan altwee hierdie gebeurtenisse.
17 Desember – Woensdag – Vergifnis
Dankie Hemelse Vader dat U ons sondes vergewe en sê U ons moet ook die wat teen ons sondig, vergewe. Here, help my om dit te doen – 70 x 7.
18 Desember – Donderdag – Versoekings
Versoekings is elke dag op ons pad en vra ons, Vader, dat U vir ons die nodige insig en begrip sal gee en sal uitwys wanneer ons moet omdraai en wegstap.
19 Desember – Vrydag – Leiers
Leiers is mense wat die voortou moet neem en in die land se mense se belang moet optree. Gee vir hulle die nodige leiding Heer sodat ons kan opkyk na hulle.
20 Desember- Saterdag – Gawes
Dankie Heilige Gees dat U ons elkeen seën met unieke gawes. Ons vra dat U ons elke dag sal bemoedig en aanpor om ons gawes tot die welstand van ander aan te wend.
21 Desember – Sondag – Gee
Here, ons is dankbaar vir alles wat U ons gee en wil ons ook ons 10de tot U eer gee en aanwend vir U kerk.
22 Desember – Maandag – Sendelinge
Elkeen van ons is ’n sendeling daar waar ons is. Vader, help ons om U woord uit te dra aan elkeen met wie ons in aanraking kom deur woord en daad.
23 Desember – Dinsdag – Verhoudings
God ken ons lewe. God ken ons verhoudings. Vra vandag vir God om jou te help om te sien waar jy optree met onvergewensgesindheid of liefdeloosheid en stel dit reg.
24 Desember – Woensdag – Oukersdag
Vanaand in die stilte van die nag dink ons aan daardie eerste nag met die Betlehem-ster wat vir die skaapwagters en wyse manne die pad aangedui het na die Baba in die krip.
25 Desember – Donderdag – Kersfees
Dankie Vader vir U Seun wat na die Werêld gekom het vir ons sondes. Ons dink vandag aan U Seun in die krip en wil U loof en prys vir U liefde vir ons.
26 Desember – Vrydag – Welwillendheidsdag
Hierdie dag was vroeër in Engels, Boxing Day, vanweë ’n ou Engelandse gebruik waarvolgens werknemers Christmas boxes of geskenke aan hul werkers gegee het. Onder sy nuwe naam beklemtoon dit vandag die toegeneentheid en liefde wat in die Kersboodskap vervat is. Reik uit na alle persone wie met jou in aanraking kom.
27 Desember – Saterdag – Kinders
God gee aan ons kinders om hulle in die Woord op te lei en nie te verwaarloos nie. Bid vandag vir alle ouers om hulle kinders in liefde te versorg.
28 Desember – Sondag – Vir God is alles moontlik
Wanneer jy nie meer weet nie, herinner die Here jou: “Ek wil, en ek kan”.
29 Desember – Maandag – God hou van jou
Jesus wil vandag vir jou kom sê dat Hy van jou hou en dat jy lieflik geskape is. Hy wil jou sien in jou volle potensiaal. Praat net met hom.
30 Desember – Dinsdag – Mediese personeel
Gedurende hierdie feestyd is die paaie baie besig en ongelukke meer. Bid vandag vir die mediese personeel wat oortyd werk en hul families alleen moet laat.
31 Desember – Woensdag – Oujaarsdag
Vader, ons dank U vir die jaar wat verby is en dat U ons gespaar het en ook met al U milde seëninge bederf het.
1 Joh 5:4“Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof”
1 November – Saterdag – God se genade is vir vandag
Here, help my om die mense wat my pad vandag verbykom nie mis te kyk nie, maar my oor hulle te ontferm. Hulle is dalk honger, koud, siek, eensaam of hartseer. God se genade is vir almal beskikbaar maar ek moet net die bereidwillige instrument wees.
2 November – Sondag – Ek is nie bang nie
Mag die liefde van God en Sy beloftes jou altyd verseker van Sy nabyheid en beskerming. Mag Sy vrede jou gemoedsrus gee en Sy blydskap jou beskerm. Al druis en skuim die waters van die see, weet ek U is vir my ‘n beskutting.
3 November – Maandag – Aanvaar net Sy plan
Het God vandag jou planne gekanselleer om gevaar te vermy? Hy het dalk jou ‘n ander pad laat ry om jou lewe te red. Jy moet dit net aanvaar, want Sy plan is beter as joune.
4 November – Dinsdag – Die veelkleurigheid van God
Jesus se paaie is hoër as myne, Sy gedagtes is by verre meer verrykend en kan nie met myne vergelyk word nie. Sonder Hom is ek totaal verlore. Jesus, neem my hand en lei my veilig na U Koninkryk.
5 November – Woensdag – Wandel deur geloof
God wil hê ons moet gister se laste agter laat, want Sy genade is elke oggend nuut. Hy wil saam met ons wandel, want Hy het reeds die pad vir ons voorberei. Hou jou oë gerig op Hom, dan sal jy nooit in die duisternis wandel nie.
6 November – Donderdag – Hy is die kern van alles
Jesus, U is nie net deel van die skepping nie, maar die middelpunt waartoe alles lei. U is die Brood van die lewe, die Opstanding en wat die ewige lewe bied aan diegene wat in U glo – te midde van lyding en dood.
7 November – Vrydag – Sout van die aarde
Vader, leer ons ook hoe om die sout van die aarde te wees soos wat ons in U woord lees. Ons moet die gemeenskap met medelye, geregtigheid en barmhartigheid kan geur deur aktief die leringe van Jesus uit te leef.
8 November – Saterdag – Here, leer ons
Here, help ons om ‘n baken van U liefde te wees. Gee ons die wysheid om geduldig en vriendelik te wees met elkeen wat ons pad kruis. Help ons om U lig uit te leef.
9 November – Sondag – My spesiale kind is deel van Sy plan
Wanneer ouers verneem dat hul baba met Downs Sindroom gediagnoseer is, dui jou wêreld ineen. Jy wil nie hierdie grondpad loop nie. Maar as jy met God die pad stap, dan kry jy die mooiste waardering vir die klein mensie wat jou lewe inkleur.
10 November – Maandag – Volhard in geloof
Vader, help my om te volhard in geloof met die wete dat U my nooit sal verlaat nie. Anker my siel in U waarheid en hou my vas in tye van twyfel en onsekerheid.
11 November – Dinsdag – Die lang vermoeiende pad
Jesus, wanneer ek so verlang na my familie of kinders wat so wyd versprei is, is dit net U wat my kan troos. Dit is ook net U wat langs my staan en my optel as die pad vir my te lank is.
12 November – Woensdag – Die prys is ook vir jou betaal
Jesus word geslaan, gekruisig en Hy sterf. Hy beleef die uiterste liggaamlike pyn. Hy word verwerp en verloën. Hy kan nou vir jou meegevoel en troos bied want Hy het die ergste reeds beleef deur die prys vir ons redding te betaal.
13 November – Donderdag – Vermy jy die kruis?
Vermy ons dalk die kruis omdat dit ontbering en opoffering is? Kom ons hardloop eerder na die kruis, nie in vrees nie, maar met volharding. Die doel is om die wedloop van die lewe te voltooi, met Jesus as die Leidsman en Voleinder.
14 November – Vrydag – Wanneer ons Jesus se voetstappe hoor
Jesus, wat ‘n wonderlike voorreg om U voetstappe te hoor, veral wanneer ons oorweldig en moedeloos voel. Om by U voete te sit, is vir my ‘n plek van veiligheid en vurige gebed.
15 November – Saterdag – Vertrou Hom met jou hele hart
God sê: “Ek is die opstanding en die lewe wat die dode laat verrys. Ek is die Waarmaker van jou drome – laat my toe om jou drome wat gesterf het weer te laat herleef. Jy sal leer om My stem te herken, moenie bang wees om My te vertrou met jou hele hart nie.
16 November – Sondag – Ons diepe afhanklikheid van God
Jesus Christus het juis aan die kruis ons siektes op Hom geneem en ons swaarkry gedra. Ons besef ons diepe afhanklikheid van God en weet dat Hy alleen in beheer is.
17 November – Maandag – Hy is my geliefde Seun, ‘n Kind so na my hart
Hy is die Seun van God, die Opstanding en die Lewe, die Alfa en die Omega. Hy is die Goeie Herder. Jesus Christus is onveranderlik – tot in ewigheid. Amen.
18 November – Dinsdag – God laat alles ten goede meewerk
God se waarheid is nie afhanklik van ons emosionele toestand nie. Al is ons van alles gestroop, is Jesus steeds die Koning van die konings en is aan stuur van ons lewe – ongeag wat die uitkoms gaan wees. Vertrou Hom, Hy is steeds in beheer.
19 November – Woensdag – Hoe gaan dit regtig met jou
Here, help my om op u beloftes te vertrou en op u voorsiening staat te maak. Ek wil my bekommernisse en angs aan u voete neerlê. Ek vertrou alleen op U.
20 November – Donderdag – Vertroetel die huwelik
Hemelse Vader, ons bid vir alle verhoudings en huwelike en dat U hulle sal beskerm teen elemente wat dit wil vernietig. Seën hulle met ‘n diep liefde vir mekaar en vul hulle met ‘n passie om mekaar elke dag opnuut te ontdek en te waardeer.
21 November – Vrydag – God se goedheid en guns
Vader, as ek my hoof buig voor ‘n bord kos, dan wil ek U ook dank vir lepels vol genade, koppies vol hoop en bakke vol liefde. Mag elkeen se beker vandag oorloop in die teenwoordigheid van Jesus. U goedheid en guns is nimmereindigend.
22 November – Saterdag – Mededeelsaamheid
Laat ons dan gedurig deur Hom aan God ‘n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat Sy naam bely. Vergeet die weldadigheid maar nie van mededeelsaamheid nie, want God het ‘n welbehae aan sulke offers.
23 November – Sondag – Reik uit na die ongekende
Psalm 142:7 Luister tog na my hulpgeroep want ek is magteloos. Red my van my vervolgers want hulle is te sterk vir my. FEBA verkondig die Goeie Nuus onder die nasies sodat elke man, vrou en kind die Evangelie van Jesus Christus kan hoor.
24 November – Maandag – Omsluit my van alle kante
Here, U ken my en sien dwarsdeur my. U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. U is goed bekend met my paaie – of ek reis of oorbly, U bepaal dit. Hoe kan ek anders om myself volkome oor te gee aan God wat so Almagtig is?
25 November – Dinsdag – Elkeen sterf, maar net een het opgestaan
Hemelse Vader, die dood is buite ons beheer, dit is bedreigend en onvriendelik. Die angel van die dood, die sonde, is aan ‘n kruishout vasgeslaan. Die skuldbrief is vereffen en daar is geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie. Ons loof U!
26 November – Woensdag – Sprei jou vlerke en vlieg my kind
Spreuke 4:4 “Wat ek jou sê, moet jy vashou. Moenie my woorde vergeet en daarvan afwyk nie en wees veral versigting met wat in jou hart omgaan”. So moet ons ook ons kinders as verantwoordelike, selfstandige volwassenes die lewe instuur.
27 November – Donderdag – Uit eerbied vir God, respekteer die bejaardes
Hemelse Vader, ons wil vir elke bejaarde bid vir gesondheid en krag, hoop en vertroosting, vrede en berusting en bid dat hulle familielede hulle met baie liefde sal omring. Maak dit vir hulle ‘n tyd van verdieping en voortgesette diens.
28 November – Vrydag – Welk ‘n vriend het ons in Jesus
Welk ‘n vriend het ons in Jesus, wat ons sonde straf wou dra. Wat ‘n voorreg dat ons alles, in gebed van God kan vra. As ons vriende ons verlaat het, dra ons hul op aan die Heer, in Sy arms is ons veilig, Hy vertroos ons keer op keer. Amen.
29 November – Saterdag – Vir ons onderwysers
Here, rus die opvoeders toe met wysheid om gedagtes te vorm. Rus hulle toe met die waarheid en visie om die toekoms te vorm en leer hulle van liefde om die wêreld te vorm. Ons is dankbaar vir hul onbaatsugtige liefde in elke kind se lewe.
30 November – Sondag – Wees U vir ons kinders ‘n toevlug
Vader, ons bid vandag vir beskerming vir ons kinders en kleinkinders in hierdie wêreld waar dit so boos is. Seën hulle oorvloedig en help hulle om in U wysheid te groei en U weë te wandel.
Dit is Oktobermaand en ons sê saam met Louis Leipoldt dankie vir die helder dae, ‘n blou hemel en ‘n blomtuin vol bome.
2 Oktober – Donderdag – Helpende Hand
Kom ons sê dankie vir almal wat ‘n helpende hand uitsteek en die moed het om betrokke te raak by hulle wat langs die pad lê.
3 Oktober – Vrydag – Vakansie
Dit is die begin van ‘n kort vakansie. Kom ons tree so op dat ons kinders ons ook sal navolg en ons maak hierdie vakansie vir hulle onvergeetlik. Ons bid vir alle rolmodelle en dat ons besef dat elke dag is ‘n dag om ‘n voorbeeld vir hulle te kan wees.
4 Oktober – Saterdag – Verslaafdes
Ons gebed is dat alle verslaafdes na U sal kom vir redding, reiniging en genesing en dat hulle sal besef dat die Here hulle lief het al is hulle ook in ‘n diep put en dat Hy hulle sal vergewe ongeag waarin hulle ookal verval het.
5 Oktober – Sondag – Bejaardes
Daar is baie bejaardes onder ons. Kom ons dank God dat hy by ons bejaardes is en hulle begenadig met rustigheid, vrede en wysheid en dat hulle ook sal voel dat hul nog iets beteken vir die jongeres.
6 Oktober – Maandag – Stilte
“Here, te midde van ‘n besige en luidrugtige wêreld, is ons gebed: maak dit stil in ons binneste sodat ons net ‘n sagte teenwoordigheid sal ervaar en so sensitief vir U stem sal wees.”
7 Oktober – Dinsdag – Getuig
Kom ons bid dat mense in liefde en vrede sal saam leef, dat elke knie sal buig en elke tong sal getuig dat Christus die Here is.
8 Oktober – Woensdag – Leiers
Bid vandag vir almal wat leiding gee voor U sal buig en dat hulle suiwer sal koers hou en nie sal betrokke raak by korrupsie nie en die mense vir wie hulle moet lei, hul uiteindelike oorweging sal wees.
9 Oktober – Donderdag – Ons huis
Here, maak ons huis die eerste skool en kerk vir ons kinders en dat hulle hier sal leer wat goed en reg en edel is.
10 Oktober – Vrydag – Rustigheid
Ons bid vandag dat Psalm 23 se groen weivelde en rustige waters nie net ‘n droom sal wees nie, maar ‘n werklikheid en dat ons die rustigheid en vrede wat God gee in ons elkeen se lewe sal wys en dat ons dit ook kan uitdra aan ander.
11 Oktober – Saterdag – Werk vir die Here
“Here, help ons om elke ding wat ons hand vind om te doen, ons na die beste van ons vermoë doen, asof ons dit vir U doen”.
12 Oktober – Sondag – Gideons
Ons dankoffer is vandag vir die Gideons en ons dank God vir die miljoene testamente wat hulle al langer as ‘n eeu versprei in skole, hotelle, hospitale, gevangenisse en militêre basisse en so miljoene mense bereik met die evangelie van Jesus.
13 Oktober – Maandag – Onderwysers
Die skole open weer vandag en ons dank God vir toegewyde onderwysers wat leerders voorberei vir die eise van die lewe. Ons dink aan hulle wat ook die kinders moet leer en wys met hul optrede hoe om te lewe.
14 Oktober – Dinsdag – Beskerming van Jesus
Dankie Here dat U die Weg, die Waarheid en die Lewe is en dat U met U liefde ons beskerm teen gevare en die invloed van die duiwel wat ons wil wegraap van U liefde.
15 Oktober – Woensdag – Fyn aanvoeling
Ons bid dat U aan ons sal gee, ‘n fyn aanvoeling om die regte besluite te neem en ‘n positiewe gesindheid te openbaar.
16 Oktober – Donderdag – Woord van die Here
Vandag dank ons U vir U Woord wat ewig, onfeilbaar en onmisbaar is en ons spesiale dank ook vir die leraars, sendelinge, pastore en godsleiers wat dit vir ons oopmaak en verduidelik sodat ons dit kan verstaan en uitleef.
17 Oktober – Vrydag – Jesus-liefde
Leer my Here, om lief te hê soos U liefgehad het: onvoorwaardelik en tot die einde toe. Dankie dat U gesterf het vir my sondes en my vergewe vir al my sondes.
18 Oktober – Saterdag – Sagte hart
Here, gee ons ‘n sagte hart wat medelye het met die armes en almal wat in nood is en gee dat ons sal help waar ons kan en so hul nood verlig en ook maniere sal vind om hul te bemagtig en hul trots sal herstel.
19 Oktober – Sondag – Gesondheidsdienste
Vandag is dit ‘n biddag vir gesondheidsdienste. Gee vir die dokters en verpleegsters simpatieke harte en seën hulle op hul arbeid en help hul ook dat hul die nodige insig en krag sal ontvang om hul werk met vreugde te doen.
20 Oktober – Maandag – Sondes
Kom ons bid vandag saam met Dawid in Psalm 51 dat die Here ons sondes sal weg neem sodat ons weer rein kan wees om so voor Hom te verskyn.
21 Oktober – Dinsdag – Stem van die Here
Dankie Here dat U deur U Gees by ons teenwoordig is. Help ons om U stem duidelik te hoor. Maak ons ook stil sodat ons U stem in die sagte fluistering van die wind sal herken.
22 Oktober – Woensdag- Ons land
Here, ons bid U seën af op ons land en al sy mense en ons bid dat U ons sal bevry van bitterheid en haat. Ons bid dat ons in liefde en vrede sal saambly en werk en U naam in alles sal vereer.
23 Oktober – Donderdag – Sintuie
Kom ons dank die Here vandag vir die gawe van ons sintuie en die gawe van lewe en gesondheid, die feit dat ons kan beweeg, sien voel en hoor. Ons bid ook dat ons sal dink aan die mense wat sukkel. Gee ons die empatie om ook uit te reik om behulpsaam te wees indien hulle sukkel.
24 Oktober – Vrydag – Gemeentekonsert
Dit is vanaand ons gemeentekonsert en ons wil saam met Paulus in Filippense 4:4 sê: “wees bly in die Here!” Ons sê dankie vir heerlike samesyn van ons gemeente dat hulle ook so U Naam kan vereer.
25 Oktober – Saterdag – Dankfees
Vandag is ons Dankfees! Kom ons juig saam met Dawid in Psalm 65:12. U kroon die jaar met U goeie gawes. Waar U ook gaan, is daar oorvloed. Ons dank U Here.
26 Oktober – Sondag – Hervormingsondag
Op Hervormingsondag dank ons die Here vir ons duur gekoopte Protestantse erfenis en vir al die geestelike seëninge waaraan ons vandag opnuut herinner word.
27 Oktober – Maandag – Getuienisbediening
Die getuienisbediening vergader vandag en ons dank die Here vir die bereidwillige sopkokers, sopskenkers en die uitreikspan wat die sop, brood en die Woord gaan uitdra en verkondig en ons dank die Here vir die onbaatsugtige werk wat hulle doen.
28 Oktober – Dinsdag – Die Here se lig
“Here, hoe helderder die lig van U heerlikheid skyn, hoe meer word ons bewus van ons donkerte. Dankie dat ons uit die bevryding van ‘n opregte skuldbelydenis kan leef”.
29 Oktober – Woensdag – Geloof
“Jesus, versterk tog ons hoop en liefde, maar veral ook ons geloof sodat ons seker kan wees dat niks ons van U liefde sal skei nie.”
30 Oktober – Donderdag – Geskeides
Kom ons bid vir alle geskeides dat hulle sal opstaan tot ‘n nuwe lewe van hoop en dat die Here vir hulle die pad wat hulle moet loop, sal wys. Bid ook dat hulle die liefde van God sal ervaar en weer geliefd sal voel.
31 Oktober – Vrydag –Sportmanne en vroue
Bid vandag saam vir alle sportmanne en -vroue dat hulle nie sal nalaat om aan die Heer al die eer te gee vir hul gesondheid en talent nie.
1 Johannes 3:16 Hieraan weet ons wat liefde is:Jesus het sy lewe vir ons afgelê.
1 Sep – Maandag – Jesus se nuwe seisoen begin met ‘n wildernis tyd
Nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water uitgeklim en die Hemele het meteens vir Hom oopgegaan. Dit is Sy nuwe seisoen en Hy verwag ook dat ons elke seisoen van ons lewe vreugdevol sal ervaar tot ere van Sy naam.
2 Sep – Dinsdag – ‘n Fondasie vir ewige lewe
Jesus, dankie dat U die ewige en onwrikbare rots in my lewe is waarop ek my fondasie kan bou. Met U kan ek die storms en aanslae teëstaan sonder om te val.
3 Sep – Woensdag – God se genade is baie meer
Die dorings van ons lewe is baie, maar God se genade is baie meer. En daar waar jy die seerste kry, is waar God se genade op sy grootste is.
4 Sep – Donderdag – Wie het ek buiten U in die hemel?
Buiten U in die hemel, begeer ek niks op aarde nie. Dankie Vader vir U teenwoordigheid in my lewe. Al is ek afgetakel na liggaam en gees, aan U behoort ek vir altyd.
5 Sep – Vrydag – God se beloftes
Jesus, versterk ons geloof sodat ons op U alleen sal vertrou. Verlos ons van die kleingeloof wat ons verhinder om U wonderwerke te sien en te ervaar.
6 Sep – Saterdag – Brandende Bos
Here, help ons om bewus te wees van die brandende bosse in ons lewens. Gee ons die vermoë om U stem duidelik te hoor en ons harte oop te maak vir U leiding.
7 Sep – Sondag – Nasionale Biddag vir Dowes
Hou my vas Here Jesus te midde van stormagtige weer. Wanneer vrese en twyfel ontstaan wil ek U liefde en vrede ervaar. Hou my naby U Jesus, daar voel ek veilig.
8 Sep – Maandag – Is jy gereed?
Vader, ek wil elke dag gereed wees om U te verheerlik. Ons vertoon U beeld en moet U koningskap en liefde weerspieël. Sonder U is ons geestelik swak.
9 Sep – Dinsdag – Geestelike Fiksheid
Wat help dit my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Dankie Here vir geleenthede om geestelik fiks te bly, om vir die gemeenskap te bid en iemand na die Here toe te lei.
10 Sep – Woensdag – Waak en bid
Dankie Vader dat U ons toerus met sintuie om waaksaam te wees. Ons sal aanhou waak en bid om oorwinning oor die wêreld, die vlees en die vyand te behaal.
11 Sep – Donderdag – Dankbaarheid van kind van God
Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook. En die wêreld ken ons nie, omdat hulle Hom nie ken nie.
12 Sep – Vrydag – Wees soos ‘n arend
Vader, ons wil gevul wees tot volheid van U. Ons wil uitstyg soos ‘n arend, want saam met U is daar geen beperking van U liefde en genade vir ons nie.
13 Sep – Saterdag – U liefde is oneindig groot
Vader, ons begryp hoe oneindig diep die liefde van Christus strek. Mag ons U liefde ken wat ons verstand te bowe gaan en vervul word met die volheid van God.
14 Sep – Sondag – Sending aan Melaatses
Vader, ons bid dat elkeen wat geaffekteer is met die siekte, U net kan aanraak. U het nie gekom om ons liggame te genees nie, maar om ons verhouding met God te herstel.
15 Sep – Maandag – Koninkrykswerk
Laat God toe om jou toe te rus vir Sy werk. Kom ons reik uit en raak betrokke by die kerk se sendingwerk, gemeenskapswerk of by die ontferming oor die kwesbares.
16 Sep – Dinsdag – As die lewenstrome woedend om jou slaan
My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou. Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil. Ek dank U vir U beskerming, leiding, wysheid en liefde.
17 Sep – Woensdag – Gee jy soms oor
Dankie Hemelse Vader dat U die duurste prys vir ons betaal het. U is my rots by wie ek skuil. U is die stuurman van my lewe en my veilige hawe. Sonder U is ek niks.
18 Sep – Donderdag – Verwoesting in jou hart?
Wees nie afgunstig op die kwaaddoeners nie en begeer nie om met hulle saam te wees nie. Hulle hart bedink verwoesting en hulle lippe spreek moeite.
19 Sep – Vrydag – God is my rigtingwyser
Here, ek erken dat ek nog te veel beheer oor my eie besluite het en vra vergifnis vir my rebelsheid. Onderrig my met wysheid in oorvloed. U leiding is konstant.
20 Sep – Saterdag – Die begeerte om te kan hoor
Jesus het gekom om ons te versoen met die Vader. Hy is die lewende weg na die troon – die voorhangsel is geskeur. Dit is ons geboorte-voorreg om Sy stem te kan hoor.
21 Sep – Sondag – Bediening aan die dowes
Here, ons buig nederig voor U en dank U vir genade so groot. Ons bid vir herstel in ons liggame wat gebreek en gekneus is. Vader, raak asb die gehoor aan van diegene wat nie al hulle sintuie kan geniet nie. By U is niks onmoontlik nie.
22 Sep – Maandag – Word ‘n visser van mense
Laat jou geloof sigbaar word in jou dade. Deel jou geloof en maak dissipels vir Jesus. Volhard sodat jy eendag alles wat Jesus vir jou in die hemel bewaar, in besit neem.
23 Sep – Dinsdag – Sy oneindige liefde vir jou
God ken ons lewe. Hy het die pad reeds voorberei. Hy ken die toekoms, vertrou Hom net. Hy ken jou bekommernis, gee dit oor en raak stil. Hy ken jou hartseer, teleurstellings en sien jou trane – Hy sal dit afdroog. Daar is geen einde aan Sy goedheid nie.
24 Sep – Woensdag – Erfenisdag
Vader, ons dra hierdie land met sy kulturele diversiteit op aan U. Seën asseblief ons land en mense en leer ons hoe om mekaar te kan aanvaar, te vergewe en lief te hê.
25 Sep – Donderdag – Alle eer aan U
Dankie Vader vir die wonderlike gawe om te kan kommunikeer. Lei ons om dit met oorgawe te gebruik om mekaar aan te moedig en te vertroos en om U te eer.
26 Sep – Vrydag – God laat alles ten goede werk
Here, ek weet dat U tot alles in staat is en alles kan uitvoer volgens U wil. Soms is ons ongeduldig as ons gebede nie dadelik verhoor word nie. Vergewe ons ongeduld Here – U is altyd op tyd.
27 Sep – Saterdag – Is die losprys te hoog?
Deur die oortreding van een mens het baie gesterf, maar deur die genade van God en die genade van een mens, Jesus Christus, was Hy bereid om die losprys te betaal – vir jou.
28 Sep – Sondag – Bediening aan Jode
Johannes 8:31 – Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
29 Sep – Maandag – Jesus is jou skans
Jesus is die vrede in tye van moedeloosheid, siekte en hartseer. Jy is nie gemaak om hierdie storms te beleef en te beveg nie. Jy is gemaak om God te beleef en te sien hoe Hy jou storms stilmaak.
30 Sep – Dinsdag – Die uniekheid van Jesus
Hy is die enigste seun van God. Hy is ewig en die enigste weg na die Vader. Hy het die mag om lewe te gee en die enigste Regverdige wat vir ons sondes verruil het.
Ons Bid vandag vir alle siek mense en allerhande soorte siektes van ons tyd en bid dat hulle die nodige geduld sal hê om dit te hanteer en ook bid ons vir U genesende hand.
2 Julie – Woensdag – Besluite
Liewe Vader, ek wil nie net besluite neem en my kop stamp nie. Laat ek volgens U wil bid en in U spoor loop sodat ek die regte optrede aan die dag sal lê.
Vandag vier ons Werkersdag en wil ons dankie sê vir almal wat kan werk en ook bid vir die werkloses. Ons bid vir nuwe werksgeleenthede.
Vrydag 2 Mei- Gestremde persone
Ons bid vir al die gestremde persone en dra hulle welsyn en gemoed op aan die Vader en vra dat die mense sal sensitief wees vir hulle behoeftes.
Saterdag – 3 Mei – Gemeente fees
Vader, ons vra vandag U seën op ons fees waar gemeentelede saam verkeer en ook geld insamel vir ons kerk se behoeftes.
Sondag – 4 Mei – Arbeid Sondag
Ons dra vandag die werkerskorps wat werksgeleenthede skep aan die Here op en vra dat die Here hul besighede sal seën.
Maandag 5 Mei – Omgee bediening
Ons dra vandag ons gemeente se omgee bediening aan die Here op. Ons bid vir Sy seën op al hulle werk en projekte.
Dinsdag 6 Mei – Jesus het opgestaan
Here help ons dat ons nie sal skrik of twyfel as U in ons midde kom staan nie. Dat ons nie vir bewyse sal soek of dit U is nie, maar sal glo. Ons sê dankie in ons gebede dat Jesus ons nie verwerp het nie, maar steeds by ons is.
Woensdag – 7 Mei – Verstaan die Bybel
Ons bid dat Jesus ons verstand sal open om die Skrifte te verstaan en dit uit te leef om met ons leefstyl mense na Jesus te lei. (Lukas 24:45)
Donderdag – 8 Mei – Vergifnis van sondes
Ons dank die Here dat die bekering en vergifnis van sondes in Sy naam vir alle nasies en volkere is, dus ook vir ons. (Lukas 24:47)
Vrydag – 9 Mei – Sondige bestaan
Ons bid dat Jesus ons ook uit ons sondige bestaan sal opwek sodat ons Hom voortdurend sal loof vir die vergifnis van ons sondes.
Saterdag – 10 Mei – Ramot
Ons insameling is vir Ramot môre en bid ons dat mense mildelik sal gee vir die hulp van persone wat ekstra hulp benodig met hul verslawing en ook ten volle genesing sal ervaar.
Sondag – 11 Mei – Moedersdag
Deur ons gebede vra ons dat die Here ons Moeders en instaan-Moeders sal seën en hulle die nodige insig sal gee om die kinders rondom hulle op te voed.
Maandag – 12 Mei – Mediese personeel
Ons bid vir al ons mediese personeel dra al hul werk aan die Here op en vra dat hul sensitief sal wees vir Sy leiding en ook met die nodige insig sal werk en met die nodige sagtheid met die siekes sal omgaan.
Dinsdag – 13 Mei -Vrede in onsekerheid
Ons vra vandag vir God se vrede om angstige harte te kalmeer en rus te bring in die middel van die lewe se onsekerhede.
Woensdag – 14 Mei – Mishandeling
In ons land is mishandeling op die voorgrond en bid ons vandag dat God met alle gesinne sal wees en vrede binne elke huis sal skep.
Donderdag – 15 Mei – Misdaad en Korrupsie
Ons land word geteister deur misdaad, dwelms, korrupsie, verkragtings, moord en bendes. Ons bid tot die Here en vra vir Sy drastiese ingryping en vir die staat om die nodige te doen om dit te bekamp.
Vrydag – 16 Mei –Dankbaarheid en vreugde
Kom ons dank God vandag vir sy daaglikse seëninge en ons bid dat vreugde sal oorloop selfs in die moeilike tye van ons lewe.
Saterdag – 17 Mei –Hoop vir die toekoms
Ons bid vandag dat God mense se harte sal vul met hoop en versekering van Sy goeie planne wat Hy vir die toekoms vir jou het. Glo dit en maak dit jou belofte.
Sondag – 18 Mei -Arbeidsbediening
Ons gee vandag vir die diens van die predikers wat by die besighede die woord van die Here bring en bid ons dat hul sal bydra vir hul werk maar ook dat hul vriendelik ontvang sal word waar hulle die boodskap moet bring.
Maandag – 19 Mei – Reën
Ons dank die Vader vir die oorvloedige reëns wat in ons land geval het, maar ons dra ook die bitter droë dele aan Hom op om dit met milde reën te seën.
Dinsdag – 20 Mei -Krag soos ‘n Arend
“Here, ons bid vandag dat U die vermoeide en kragtelose sal oplig en met krag sal vul om soos ‘n arend te vlieg”.
Woensdag – 21 Mei – Polisiemag
Ons dra ons plaaslike polisie aan die Vader op en vra dat Hy sy beskermende hand oor hulle sal hou in hulle daaglikse gevaarlike werk.
Donderdag – 22 Mei – Genesing en vertroosting
Ons dink vandag aan diegene wat siek is of treur en bid dat God se genesende aanraking ek diepe vertroosting voelbaar is hul lewe sal wees.
Vrydag – 23 Mei- Eenheid in ons gemeenskappe
“Vader, ons vra vandag dat U vir ons sal help om liefde en aanvaarding in ons gemeenskap te wys en te bevorder sodat ons in ons woonbuurte, kerke en dorpe kan groei en liefde en vrede ervaar.
Saterdag – 24 Mei – Leiding en Wysheid
Ons bid vir duidelikheid in ons besluitneming en die wysheid om elke dag in God se wil te wandel.
Sondag – 25 Mei – Buitelandse Sending
Vandag dink ons aan ons buurlande, Zimbabwe, Mosambiek en Malawi en die sendelinge wat die boodskap daar bring. Bid dat die sendelinge genoegsame fondse ontvang om hul werk tot die beste van hul vermoë te kan doen.
Maandag – 26 Mei – Bybelstudiegroepe
Bid vir al die Bybelstudiegroepe in ons gemeente en vir ‘n bewustheid van die teenwoordigheid van die Heilige Gees se leiding in die groepe.
Dinsdag – 27 Mei – Regering
Ons bid vir die regering van die dag en vra die Vader om met elkeen wat in verantwoordelike posisies is, te wees en ‘n gees van eerlikheid en verantwoordelikheid te skep.
Woensdag – 28 Mei –Lig vir Jesus
Vra vandag dat ons Christene so sal leef dat Christus se lig deur ons sal skyn om moed te bring in ‘n donker wêreld en so mense na Jesus te lei.
Donderdag – 29 Mei – Hemelvaart
Hier waar ons vanoggend staan met die heerlike wete dat ons Heiland leef en dat Hy opgevaar het hemel toe, aanbid ons Hom, loof ons Hom, eer ons Hom deur ons gebede.
Vrydag- 30 Mei – Vir nog ‘n maand
Vir nog ‘n maand wat verby is dank ons die Vader vir Sy liefde en genade wat Hy aan ons bewys het. Daar waar siekte is, vra ons genesing, waar afsterwe was, vra ons vertroosting, waar eensaamheid is, vra ons Sy teenwoordigheid en waar vreugde is, dank ons Hom.
Saterdag – 31 Mei – Christelike klimaat
Ons dank Vader dat ons kinders nog in ‘n Christelike klimaat kan skoolgaan. Ons bid dat die Vader dit so in stand sal hou en dat Hy elke kind, onderwyser en skoolhoof sal seën.
“As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.”
Lukas 9:23
GEBEDSGIDS – APRIL 2025
1 April – Dinsdag – Niks vir onsself nie
Vader, help ons om weer bewus te word van ons gawes om ‘n seën vir ‘n ander een te wees. Om ander met onvoorwaardelike liefde en deernis te aanvaar en te bemoedig. Niemand van ons leef tog vir onsself nie, ons doen dit tot eer van God.
Kom bid saam met die Bybelgenootskap van Suid-Afrika vir die werk wat hulle doen vir die verspreiding van Bybels in die wêreld.
Met die Bybel as grondslag en gemotiveer deur die Groot Opdrag, vervul die Bybelgenootskap van Suid-Afrika hul missie om bekostigbare Bybels beskikbaar te stel terwyl die volgende waardes al hul aktiwiteite rig – integriteit, vertroue, respek, diens, aanspreeklikheid – sodat elkeen die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.
“As iemand My wil navolg, moet hy homself verloën, en elke dag sy kruis opneem en My volg: want wie sy lewe wil red, sal dit verloor, maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit red”
1 Maart – Saterdag – Wat op aarde doen ek hier?
Vader, hoe wonderlik is dit om te weet dat U my lewe op aarde beplan het en dat dit geen fout was nie. Ek weet Vader dat ek nie hier op aarde geplaas is om onthou te word nie, maar om vir die Ewigheid voor te berei. U naam sal ek loof. Dankie dat U my gekies het.
With love and respect, inviting all Muslim peoples to follow Jesus. The goal of Frontiers is to see the Great Commission fulfilled among all Muslim peoples of the world.
“How then will they call on him in whom they have not believed? And how are they to believe in him of whom they have never heard? And how are they to hear without someone preaching? And how are they to preach unless they are sent?” -Romans 10:14–15
Here, gee my vandag ‘n rustige hart sodat ek op U kan fokus. Gee my ‘n ruim hart sodat ek vir ander kan bid en ‘n sagte hart sodat ek ander kan liefhê – soos ek vir U.
2 Februarie – Sondag – Heerlikheid is so verfrissend
Almal vier fees vir die begin van die nuwe jaar en bid ons dat die vieringe tot eer van Jesus sal wees wat elke jaar vir ons nuut maak en nuwe kanse gee.
Talle huishoudings in behoeftige areas word deur kinders so jonk as 9 jaar daagliks alleen gelaat. Bid vir daardie kinders en vra dat meer kinderhuise beskikbaar sal kom om ook aan ouerlose kinders sorg te bied. Bid dat mense mildelik sal bydra tot die kindersorg.
“Ons dra vandag die leerkragte aan U op, Here, dat U hulle spesiaal sal seën waar hulle elke dag die kinders moet lei om goed voorbereide volwassenes te wees.”
Nieu-Seeland Ons is in vennootskap met kerke, kapelaanskappe en ander organisasies om die hoop van die Bybel vir al die mense in Nieu-Seeland te bring. Bid dat ons meer as 100 000 Bybels, Nuwe Testamente, Evangelies en kinderboekies sal versprei.
1 September – Sondag – Biddag vir Dowes Ons offer vandag is vir die instituut vir Dowes en bid ons vir hulle wat die Bybel op ‘n ander manier verstaan en ook vir die hulp wat aan hulle verleen word om met hierdie gestremdheid te kan funksioneer in die samelewing. 2 September – Maandag- Lente