Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 24 Augustus 2026 – God hoor jou roep

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

24 Augustus

Liewe Vriend

Geen roep na God raak ooit weg nie — elke een word gehoor.  Hier is God se spesiale Woord net vir jou vir vandag.

Tema:  God hoor jou roep

Teks:  “Ek is een van die ellendiges wat geroep het. Die Here het gehoor, uit al my benoudhede het Hy my gered.”  (Ps. 34:7)

  • As jy in die moeilikheid is, kan jy na die Here roep — Hy hoor jou gebed.  (Ps. 120:1)
  • Die Here hoor hoe mense wat swaarkry na Hom roep — jou stem is nooit te sag vir Sy ore nie.
  • Hy red jou uit ál jou moeilike tye — nie net uit sommige nie.
  • Moenie jou probleme alleen dra nie; roep vandag na Hom en kyk wat Hy doen.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my hoor as ek roep en my uit al my moeilikheid red.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Bybels vir dankbare medegelowiges

Op 12 Augustus 2026 is daar Bybels uitgedeel by die 60Plussers van Wolwedans.

Die geleentheid is op gepaste wyse met samesang en gebed geopen. 48 Bybels met groot druk is ontvang vanaf die Bybel genootskap, na die aanvoor werk van beide Aletia Nortje, wat die behoefte geïdentifiseer het, en Ds. Leon Cronje wat die skrywe aan die Bybel genootskap gerig het.

Die Bybels is met dankbaarheid ontvang. Ds. Leon Cronje het ‘n pragtige boodskap gebring oor die waarde daarin om ‘n Bybel te besit, en hoe mens meer van God kan verstaan, en wat Hy vir ons gedoen het.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 23 Augustus 2026 – Prys die Here altyd

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

23 Augustus

Liewe Vriend

Daar is elke dag iets om voor dankie te sê — soek dit vandag doelbewus.  Hier is God se Boodskap net vir jou.

Tema:  Prys die Here altyd

Teks:  “Ek sal die Here altyd weer prys, Sy lof sal altyd op my lippe wees. Ek sal die roem van die Here sing; dié wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees.”  (Ps. 34:2-3)

  • Die Here is groot en Hy verdien al die lof — Sy grootheid is te groot om te verstaan.  (Ps. 145:3)
  • Om die Here “altyd weer” te prys, beteken ook op moeilike dae — lof en erkenning aan God is nie net vir goeie dae nie.
  • Jou lof bemoedig ander: dié wat swaarkry, hoor dit en kry weer hoop.
  • Laat “dankie-sê” soos jou eerste taal wees — dit skuif jou fokus van jou probleme na die almag en troos van God.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat ek U altyd kan prys — laat U lof altyd op my lippe wees.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Alle eer…

“Daarom, vereer die Here, in die land van die môrelig. Vereer in die eilande van die weste die Naam van die Here, die God van Israel. Van die uithoeke van die aarde af hoor ons liedere – ‘n sieraad vir die Regverdige.” 

(Jes. 24: 15-1620)

Groot praat?  

Ons weet dat mense wat daarvan hou om groot te praat, selde baie geliefd is. Selfs die Bybel noem dat spog verkeerd is, hetsy of dit oor jou eie belangrikheid, jou besittings of jou vele dade is.

Maar interessant genoeg noem Stephan Joubert, dat daar een grootpraat uitsondering op die reël is. Dit is wanneer ons grootpraat oor God. Wanneer ons nie skaam is om vir die hele wêreld te vertel hoe groot en goed God is nie.  

Ons deins dikwels terug van so ‘n grootpratery, want netnou sê die wêreld ons is dweepers. Niemand wil tog so genoem word nie. Maar ons mag so oor God praat. Ons moet so oor God praat, want hy is die enigste wat dit waardig is!  

Teksverse: 

“Eer die Here met jou rykdom...” (Spr. 3: 920); 

“Die troue liefde van die Here sal ek vermeld, die lofwaardige dade van die Here in ooreenstemming met alles wat die Here aan ons bewys het -.” (Jes. 63: 720); 

“Oor die troue liefde van die Here wil ek altyd sing; van geslag tot geslag wil ek u trou met my mond bekend maak. Ja, ek sê dit: Vir ewig word u troue liefde gevestig; in die hemel hou U u trou in stand” (Ps. 89: 2-320); 

“Moenie die wêreld, of wat in die wêreld is, liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die liefde van die Vader nie in hom nie, want alles in die wêreld – dit wat julle liggame begeer, en dit wat die oë begeer, arrogante spoggery oor besittings – is nie uit die Vader nie, maar uit die wêreld.” (1 Joh. 2: 15-1620); 

“Maar nou spog julle oor julle hoogmoedigge optrede. Sulke spog is verkeerd.” (Jak. 4: 1620) 

Wie is waardig?  

Hoe weet ons dat God waardig is? Joh. 1 stel dit wonderlik, “Alles het deur Hom ontstaan”. Daar is nie nog iemand soos Hy nie. Hy is Almagtig en groots. Sy liefde vir ons is groter as wat ons ooit voor begrip kan hê. 

Ons word telkens in die Woord vertel van die grootsheid van God. Daar is geen ander vegelykbaar met die Drie-enige God waarin ons glo nie. Ons moet gedurig opsoek wees na God se koninkryk en sy geregtigheid, hier waar ons woon. Ons moet Hom so lief hê, dat Hy ons hele wese vul. Hy maak ons bewus en kweek die begeerte in ons harte. Hy alleen is waardig om alle eer te ontvang. Liedboek 207 beskryf dit so mooi: 

“Eer aan die Vader, wat alles gemaak het; eer aan die Seun, ons Verlosser en Vriend; eer aan die Gees wat ons lei in die waarheid – Aan God drie-enig ons lof en ons lied.”  

Teksverse: 

“Maar soek eers die koningkryk van God en sy geregtigheid,…” (Matt. 6: 3320); 

“…vir die Here julle God alleen moet julle ontsag hê. Hy is die Een wqt julle sal red uit die hand van al julle vyande.” (2 Kon. 17: 3920); 

“In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was van die begin by God. Alles het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het selfs nie een ding wat bestaan, ontstaan nie.” (Joh. 1: 1-320); 

“Genade vir julle en vrede van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus, Hy wat Homself gegee het vir ons sondes, om ons te red uit die huidige bose bedeling, volgens die wil van ons God en Vader, aan wie die heerlikheid behoort vir ewig en ewig!”(Gal. 1: 3-420); 

“Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele verstand en met al jou krag.” (Mark. 12: 3020) 

Aan wie kom die eer toe? 

Daar is geen ander! God, die Vader, die Verlosser, Jesus Christus en die Trooster, die Heilige Gees moet alle eer ontvang! Die liefde wat ons so onverdiend ontvang, kom van ‘n Almagtige en liefdevolle God. Ook die hemel wesens weet dat God heilig is. 

Ons kan nie anders as om dissipels van God te wees nie, en ons liedere is ‘n heerlike beaaming van God se Almag. Geen ander wese is so groot en so goed nie. Laat ons in nederige dankbaarheid voor die Skepper God neerbuig en die hele wêreld vertel van sy wonderdade. 

. 

Teksverse: 

“Die Here het vir Moses gesê “So moet jy vir die Israeliete sê, ‘Julle het self gesien dat Ek uit die hemel met julle praat. Julle mag nie gode van silwer en goud maak en naas My vereer nie; julle mag dit nie vir julle maak nie..” (Eks. 20: 22-2320); 

“Daarom, vereer die Here, in die land van die môrelig. Vereer in die eilande van die weste die Naam van die Here, die God van Israel. Van die uithoeke van die aarde af hoor ons liedere – ‘n sieraad vir die Regverdige.” (Jes. 24: 15-1620); 

“Jesus het nader gekom en vir hulle gesê: “Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde. Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees..” (Matt. 28: 18-1920); 

“Ek is die Alfa en die Omega, die Een wat is en wat was en wat kom,”sê die Here God, die Almagtige .” (Open. 1: 820); 

“Die vier lewende wesens het elkeen ses vlerke, wat reg rondom en aan die binnekant vol oë is. Sonder om te rus, herhaal hulle dag en nag: “Heilig, heillig, heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom.” (Open. 4: 820) 

Afkondigings 23 – 30 Augustus 2026

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier
Eredienstye vir 2026 SEPT - MEI NG Kerk Groot-Brakrivier
Eredienstye vir 2026 SEPT – MEI NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 23 Augustus 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers:
  • Dirk & Karen Noeth (seuntjie – Joshua Noeth).
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Deuteronomium 8.
  • Die tema van die prediking is:Onthou om te onthou.
  • Bybelsondag.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Bybelverspreidingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk om 17:00 in die sysaal – Ds Charné Viljoen.

DEURKOLLEKTE


Vandag se deurkollekte vir Bybelverspreidingsfonds gaan aan die Sinodale Taakspan vir Finansies en Administrasie om Bybels teen subsidie te kan voorsien aan gemeentes wat spesifieke programme loots waar daar kontrole is dat die ontvanger werklik die Bybel wil hê en kan lees.

Woensdag 26 Augustus 2026 :

  • Kooroefening by die orrel om 16:45.  Alle belangstellendes welkom.
  • Marida – Epos Kontak.
  • GEEN Blokbyeenkoms.

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week 35 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 35 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 30 Augustus 2026 :

  • Erediens om 10:00 – Ds Leon Cronje.
  • Biddag vir Dowes.
  • Kleuterkerk in Lokaal 6.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Bediening aan Dowes by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje.

Getuienisbediening

Getuienisbediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Getuienisbediening NG Kerk Groot-Brakrivier

Klub 50

Klub 50 Braai by die groot boom NG Kerk Groot-Brakrivier
Klub 50 Braai by die groot boom NG Kerk Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Rusland

Tsjetsjnië is ‘n outonome republiek in die Russiese Federasie, met ’n bevolking van sowat 1.5 miljoen mense. Hoewel ’n klein minderheid (meestal Russe of Georgiërs) Christene is, is etniese Tsjetsjniërs gewoonlik Moslem en bekering tot Christenskap bring verskriklike gevolge mee. Christene is huiwerig om hul getuienisse te deel, selfs anoniem, wat evangelisasie besonder moeilik maak.

Ons gebed vir die week: Bid dat ‘n deur vir FEBA Rusland sal oopgaan om die evangelie met die Tsjetsjniërs te deel en dat die evangelie Tsjetsjnië sal verander.

Wolwedans Kinderkerk Benodig Speaker NG Kerk Groot-Brakrivier
Wolwedans Kinderkerk Benodig Speaker NG Kerk Groot-Brakrivier
Reimagine Matriekfees Heroldsbaai NG Kerk Groot-Brakrivier
Reimagine Matriekfees Heroldsbaai NG Kerk Groot-Brakrivier

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)

Nuut op 23  Augustus 2026

  •  Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Erediens van 23 Augustus 2026, gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Bybelstudiereekse:
    • ‘Splitsekondes met God’ is ‘n heerlike oomblik vir elke dag.
  • Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Alle eer…”
  • Gemeentenuus:
    • Bybels vir dankbare mede-gelowiges.
  • Die weeklikse Afkondigings, asook Lief en Leed,is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Tesourier Outeniqualand NG Kerk NG Kerk Groot-Brakrivier
Tesourier Outeniqualand NG Kerk NG Kerk Groot-Brakrivier

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 22 Augustus 2026 – Vertrou op Sy liefde

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

22 Augustus

Liewe Vriend

God se liefde oor jou lewe is soos die son — dit skyn ook as wolke dit wegsteek.  Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

Tema:  Vertrou op Sy liefde

Teks:  “Hou U liefde oor ons, Here, want ons stel ons vertroue in U.”  (Ps. 33:22)

  • God se liefde reik tot in die hemel en sy trou tot in die wolke — dit is groter as wat jy kan meet.  (Ps. 36:6)
  • Sy liefde bly oor jou — nie omdat jy dit verdien nie, maar omdat Hy getrou is.
  • Hoe meer jy Hom vertrou, hoe meer ervaar jy Sy liefde.
  • Herinner vandag iemand anders daaraan dat God hulle ook liefhet.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U liefde oor my bly — ek vertrou U heeltemal.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 21 Augustus 2026 – God is jou helper

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

21 Augustus

Liewe Vriend

Hulp is nader as wat jy dink — God self is jou helper.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  God is jou helper

Teks:  “Ons vertrou op die Here: Hy is ons hulp en ons beskermer.”  (Ps. 33:20)

  • Jou hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het — niks is vir Hom te groot nie.  (Ps. 124:8)
  • Om op die Here te vertrou en om in Hom te glo, beteken jy wag met hoop, nie met vrees nie.
  • Hy is jou hulp én jou beskermer — Hy help nie net nie, Hy hou jou ook veilig.
  • Wees vandag self ’n helper vir iemand anders — so word jy God se hande op aarde.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my hulp en my beskermer is — ek wag op U met vertroue.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 20 Augustus 2026 – God sorg vir jou

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

20 Augustus

Liewe Vriend

Nog voor jy vanoggend wakker geword het, het God reeds vir jou dag gesorg.  Hier is God se Woord net vir jou.

Tema:  God sorg vir jou

Teks:  “Dit is die Here wat sorg vir dié wat Hom eer, vir dié wat op sy mag vertrou.”  (Ps. 33:18)

  • Los jou bekommernisse by die Here — Hy sal vir jou sorg en jou nooit in die steek laat nie.  (Ps. 55:23)
  • Die Here sorg vir dié wat Hom eer — jou respek vir Hom is nooit verniet nie.
  • Vertrou op sy krag, nie net op jou eie planne nie.
  • Gee vandag jou bekommernisse een vir een vir Hom — Hy dra dit graag vir jou.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U elke dag vir my sorg — ek vertrou op U alleen.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 19 Augustus 2026 – God is in beheer

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

19 Augustus

Liewe Vriend

Die wêreld voel soms buite beheer, maar God se troon staan rotsvas.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  God is in beheer

Teks:  “Van die plek waar Hy as koning sit, sien Hy almal wat onder op die aarde woon.”  (Ps. 33:12)

  • Die Here se troon staan in die hemel — Hy regeer oor alles en almal.  (Ps. 103:19)
  • Van waar Hy as Koning sit, sien Hy almal, ook  vir jou — niks op aarde is vir Hom weggesteek nie.
  • Die nuus of daardie dinge wat met jou gebeur, het nie die laaste sê oor jou lewe nie — die Koning op die troon het.
  • Leef vandag rustig: jou lewe is in die beste hande in die heelal. Hy sal jou beskerm en gelukkig maak.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U as Koning oor alles regeer — ek kan vandag rustig wees.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 18 Augustus 2026 – God sien jou raak

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

18 Augustus

Liewe Vriend

Jy is nie vandag onsigbaar nie — die God van die hemel hou sy oë op jou.  Hier is God se spesiale Woord net vir jou.

Tema:  God sien jou raak

Teks:  “Die Here kyk uit die hemel en sien al die mense.”  (Ps. 33:12)

  • Die Here sien alles raak — Sy oë kyk na die mense en niks glip by Hom verby nie.  (Ps. 11:4)
  • God kyk uit die hemel en sien ál die mense — ook vir jou, met alles waarmee jy vandag sit.
  • Jy hoef nie by mense te veg vir aandag nie — die belangrikste Oog sien jou klaar raak.
  • Leef vandag asof God kyk — want wat Hy doen, doen Hy met liefde, nie om foute te soek nie.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my raaksien, selfs wanneer ek vir ander onsigbaar voel.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 17 Augustus 2026 – God se plan staan vas

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

17 Augustus

Liewe Vriend

Mense se planne verander heeltyd, maar daar is Een wie se plan nooit wankel nie.  Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

Tema:  God se plan staan vas

Teks:  “Maar die planne van die Here staan vir altyd vas, sy besluite van geslag tot geslag.”  (Ps. 33:11)

  • ’n Mens beplan baie dinge, maar wat die Here besluit, staan vas.  (Spr. 19:21)
  • God se besluite geld van geslag tot geslag — ook vir jou generasie, ook vir jou.
  • As jou eie planne skeefloop, is God se plan nog steeds op koers.
  • Bou jou toekoms op Sy vaste beloftes, nie op dinge wat heeltyd verander nie.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U plan vir my lewe vasstaan — ek vertrou U daarmee.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 16 Augustus 2026 – Sing vir die Here

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

16 Augustus

Liewe Vriend

Mag daar vandag ’n lied in jou hart wees wat niemand kan stilmaak nie.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  Sing vir die Here

Teks:  “Jubel in die Here, regverdiges, sing ’n loflied, opregtes!”  (Ps. 33:1)

  • Sing ’n nuwe lied vir die Here — Hy doen elke dag nuwe dinge in jou lewe.  (Ps. 96:1)
  • Erkenning oor Sy goedheid en grootheid, pas by God se kinders — dit is die mooiste “klere” wat jy kan aantrek.
  • Jy hoef nie mooi te kan sing nie; God luister na jou hart, nie na jou stem nie.
  • Begin jou dag met musiek wat God eer, en kyk hoe dit jou hele dag verander.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat ek U mag prys — U verdien elke lied.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: “Die klein dingetjies…”

“Wie in die geringste betroubaar is, is ook betroubaar waar dit om baie gaan, en wie in die geringste oneerlik is, is ook oneerlik waar dit om baie gaan.”

(Luk. 16: 1020)

Die klein dingetjies

In Lukas maak Jesus Christus ons daarop attent dat ons in die kleine betroubaar moet wees, want dan kan ons ook betroubaar wees met die groter dinge. Want die omgekeerde is ook waar. As jy nie met klein goedjies betroubaar is nie, sal jy ook met groter goed onbetroubaar wees. Dit geld ook vir dankbaarheid.

Hoeveel dankbaarheid betoon ons teenoor die klein goedjies in die lewe. Daardie onverwagse nuwe klein blommetjie wat jy nog nooit raakgesien het nie. Die nuwe saailing wat net begin kop uit steek. Of, indien jy die voorreg gehad het om Namakwaland te besoek, die massas en verskeidenheid van kleur en geur in blomme prag. Die skepping se manier om dankbaarheid te betoon vir ‘n ligte reënbui in ‘n baie dor wêreld!

Daardie onverwagse vriendlikheid van ‘n onbekende; die glimlag op ‘n dag wat jy dit nodig het; die oog kontak van iemand, wat jou raaksien; daardie bemoedigende woord op ‘n grou dag; en so kan mens voort gaan. Sê ons gereeld dankie daarvoor?

Teksverse:

“God het gesê: “Die land moet groen plante laat uitspruit – gewasse wat saad gee, bome wat op die land vrugte dra, vrugte volgens elkeen se aard, vrugte waarin hulle saad is.” Dit het toe so gebeur. Die land het toe groen plante voortgebring, gewasse wat saad gee volgens elkeen se aard, en bome wat vrugte dra waarin hulle saad is, volgens elkeen se aard. God het gesien dat dit goed is.” (Gen. 1: 1220);

“God het gesê: “Kyk, Ek gee vir julle al die gewasse wat saad dra, wat op die oppervlakte van die aarde is, en al die bome waaraan daar vrugte is, wat saad dra. Vir julle sal dit as voedsel dien. En vir al die diere van die aarde en vir al die voëls van die hemel en alles wat rondbeweeg op die aarde waarin lewensasem is, gee Ek al die groen gewasse as voedsel.” Dit het toe so gebeur.” (Gen. 1: 29-3020);

“Die Here God het ‘n tuin aangeplant in Eden, in die ooste en die mens wat Hy gevorm het, daar geplaas. Die Here God het uit die grond allerhande bome laat uitspruit – ‘n genoeë om na te kyk en goed om van te eet.” (Gen. 2: 8-920);

“Ja, die Here het Sion getroos, Hy het al haar puinhope getroos. Hy het haar woestyn soos Eden gemaak, haar Araba soos die tuin van die Here. Vreugde en blydskap word in haar gevind, dankliedere en die klank van begeleiding.” (Jes. 51: 320)

Dankbaarheid ook vir klein dingetjies

Ons word gereeld in die Woord daaraan herinner dat ons moet dankbaar wees. As gelowige Christen is ons dankbaarheid mateloos, by die blote gedagte aan wat Jesus Christus vir ons aan die kruis kom doen het.

Paulus maan ons om waaksaam te wees en in alle omstandighede dankbaar te wees. Ons kan ook vir al die mooi in die skepping dankbaar wees. Die skepping waaroor God tevrede was nadat Hy dit geskep het.

Om te volhard in gebed, is om vas te staan in gesprek met God, die Vader. Dit beteken ons kan om elke hoek en draai, ook waar God se skepping ons verras, dankbaarheid betoon. Ons kan nooit genoeg dankie sê vir alles wat God oor ons pad laat kom nie. Daar is soveel vreugde en liefde oor ons elkeen se pad, wat ons aan God kan herinner.

Teksverse:

“Verder, laat die vrede van Christus in julle harte regeer. As lede van een liggaam, is julle juis daartoe geroep. En wees dankbaar.” (Kol. 3: 1520);

“Volhard in gebed. Wees waaksaam en dankbaar as julle bid.” (Kol. 4: 220);

“Wees altyd bly; bid sonder ophou; wees in alle omstandighede dankbaar; want dit is God se wil vir julle in Christus Jesus.” (1 Thes. 5: 16-1820);

“Daarom, terwyl ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees en God daardeur op ‘n welgevallige wyse dien, met eerbiedige onderworpenheid en ontsag.” (Heb. 12: 2820);

“Aangesien julle dus in Christus Jesus die Here aangeneem het, bly leef in Hom; in Hom is julle gewortel en in Hom word julle opgebou en versterk in geloof, soos julle geleer is, terwyl julle oorvloedig is in dankbaarheid.”(Kol. 2: 6-720)

God se skepping

Volgens die Woord weet ons dat die ganse skepping saam met ons in afwagting is op die nuwe hemel. Daar is niks wat ons kan skei van die liefde Van die Vader, die Seun, en die wonderlike bystand van die Heilige Gees nie.

Die hele skepping verkondig die evangelie en die skeppingsverhaal. Laat ons in afwagting en met dankbaarheid deur die lewe gaan, sodat die wêreld kan weet dat ons kinders is van die drie-enige God.

Teksverse:

“Ons weet immers dat die ganse skepping tot nou toe saam met ons sug, ja, in geboortepyne verkeer. En nie net die die skepping nie, maar ook ons wat die Gees as God se eerste gawe ontvang het , sug innerlik, terwyl ons uitsien na ons aanneming tot kinders, die bevryding van ons liggame.” (Rom. 8: 22-2320);

“Maar in alles is ons selfs meer as oorwinnaars deur Hom wat sy liefde aan ons bewys het. Ek is immers daarvan oortuig dat nóg dood, nóg lewe, nóg engele, nóg magte, nóg teenswoordige, nóg toekomstige gebeure, nóg kragte, nóg hoogte, nóg diepte, nóg enigiets anders in die skepping, ons sal kan skei van die liefde van God in Christus Jesus, ons Here.” (Rom. 8: 37:3920);

“Die Seun is die beeld van die onsigbare God, die Eersgeborene oor die hele skepping.” (Kol. 1: 1520);

“…maar nou het Hy julle deur sy menslike liggaam met Homself versoen, sodat Hy julle, deur sy dood, heilig en sonder foute en onberispelik voor Hom kan stel – mits julle in die geloof bly, stewig gevestig en standvastig, sonder om weg te beweeg van die hoop wat die evangelie bring. Dit is die evangelie wat julle gehoor het, en wat in die hele skepping onder die hemel verkondig is, …” (Kol. 1: 22-2320)

Christof Berg – Wil jy sien hoe lyk die hemel

Christof Berg - Wil jy sien hoe lyk die hemel NG Kerk Groot-Brakrivier

Witkraal is die soutplaas waar ek grootgeword geword het, die anker van die familie. Toe ek twee weke later op Witkraal aankom, skryf die werk homself stuk-stuk klaar. Daar word ek weer herinner aan verlies, spesifiek die dood, hoe dit ons verwar en soms laat voel of dit die einde is. “Die winde in die panne het verkeerdom gewaai, die swaeltjies het verdwaal, hulle’t omgedraai, want jy’t huis toe gegaan om nie weer terug te kom, wat maak ek nou, o liewe son?”
Maar dis juis die verliese wat ons dryf om insig te gaan soek. Dit is soos Cohen gesê het, dat die lig inkom deur die krake.”Ek gaan soek toe na die hemel, want ekt jou verskriklik gemis en ek loop en ek loop maar ek kry nie my rus. Ek roep en ek soek en my voete raak moeg, maar die pad lei my toe reguit na Witkraal toe”
Witkraal word ‘n metafoor vir die hart, die binnekamer waarna die soeke uiteindelik lei en die vrae beantwoord word.
“Wil jy sien hoe lyk die hemel? Hiers dit nou: die hemel is binne-in jou.”
Die lewe is wat ons daarvan maak en hoe ons besluit om dit te sien. Dit alles kom van binne. Wat jou volgende kreatiewe opdrag is, is nie altyd duidelik nie. Ons is bloot net kanale vir die groter kreatiewe bron wat sy skepping laat ontkiem diep binne jou waar die hemel woon.

Nuusflitse Week 34+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 16 Augustus 2026 : Erediens om 10:00 Kleuterkerk en Kategese 10:00.
Sondag 16 Augustus 2026 : Leefkerk 17:00
Dinsdag 18 Augustus 2026 :Die Kerkraad vergader om 17:30 
Woensdag 19 Augustus 2026 : Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik
Woensdag 12 Augustus 2026 – Kooroefening 16:45.
Woensdag 12 Augustus 202618:00 Blokbyeenkoms:Blok 7 (Onder-Bergsig) in die kerksaal – gelei deur ds Charné Viljoen
Woensdag 12 Augustus 202616:00 Blokbyeenkoms:Blok 23 (Groenkloof Reebok & Seeperdjielaan area) en Blok 24 (Reebok Village) in Groenkloof se eetsaal – gelei deur ds Leon Cronje. Heloïse van der Merwe
Saterdag 22 Augustus 2026 – Frank Opperman 19:00
Sondag 23 Augustus 2026 :Kategese. Erediens om 10:00 –GEEN Kleuterkerk.


Lees die volledige afkondigings hier: