GEBEDSGIDS – JULIE 2026

Gebed Samuel

Psalm 94:19
 “Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring.”

1 Julie – Woensdag – Volkome gehoorsaamheid

Here, ons  wil U gesag en heerlikheid herken en U met blydskap dien. Lei ons in gehoorsaamheid sodat die Heilige Gees ‘n sigbare vrug in ons lewens kweek.

2 Julie – Donderdag  – Ons grootste Leermeester

Dankie Vader dat U woord vir ons toeganklik is en dat ons aan U voete kan sit om U wil te soek, wysheid vir my besluite te vind en op U te vertrou op daaglikse voorsiening.                        

3 Julie – Vrydag – Sy lewensasem hou jou staande

Maak jou hart vandag vir Hom oop sodat Hy jou kan vul met Sy vrede en liefde. Hy wil jou omring waar jy ookal gaan. God is met jou – elke asemteug wat jy gee.

4 Julie – Saterdag – My gebed vir jou vir elke dag

Wees waaksaam en bid gedurig met volharding. Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees – ook wanneer dit goed gaan.

5 Julie – Sondag – Jesus is die bron van alle lewe

Ons Vader  is vir ons ‘n vloeiende rivier met genade. Sy liefde vir ons is so groot soos die oseaan. Aan die Here kom al die lof toe want Hy het jou gebed gehoor.

6 Julie – Maandag – Ons ewige Rots

Vader, vul my asseblief vandag met die wysheid van U Gees. U is my rots en die vaste fondament wat nie deur vloedwaters of winde verskuif nie. U bied my ‘n onwrikbare anker in onsekere tye.

7 Julie – Dinsdag – Vrug op hulle arbeid

Here ons bid vir elkeen wat in die voorste linies van U koninkryk werk. Wees ‘n skild rondom hulle en gee hulle die wysheid om elke uitdaging die hoof te bied. Laat U Koninkryk deur hulle werke uitbrei en laat harte aangeraak word.

8 Julie – Woensdag –  Ons snoer ons kragte saam vir Sy koninkryk

Vader, ons bid dat U ons gemeente en gelowiges sal saamsnoer in ‘n band van volmaakte liefde. Mag die wêreld U liefde in ons sien wanneer ons hande neem en uitreik na gemeenskappe in nood.

9 Julie – Donderdag – God los jou nooit alleen

Hemelse Vader, dankie dat U my nooit alleen los nie. Wanneer ek bang is of deur die lewe oorweldig voel, hou ek vandag aan U belofte vas.

10 Julie – Vrydag – U hulp staan vas

Here, ek ruil my swakheid vir U krag. Vul my met U Heilige Gees sodat ek nie op my eie insig hoef staat te maak nie. Gee my bomenslike krag om ‘n lig te wees vir die mense rondom my wat in die donker sit.

11 Julie – Saterdag – Ek vertrou op U onfeilbare liefde

U grenslose genade en U onvoorwaardelike liefde is die hoeksteen van my lewe, ‘n stewige fondament te midde van die skuiwende sand van hierdie wêreld. Ek juig omdat U my gered het (Psalm 13:6).

12 Julie – Sondag – Net U kan die storm stilmaak

Here, U ken die storms wat binne ons woed. Ons bid vandag vir elkeen wie se eie gedagtes teen hulle gedraai het. Vir diegene wat vasgevang is in die donkerte van angs of verwarring. Wees U die anker en bring stilte in hul gees.

13 Julie – Maandag – Vrede bo omstandighede

Here, ons bid vir die mense wat elke dag moet oorlof in die oorlog geteisterde lande. Hulle beleef uitmergelende konflik en is voltyds afhanklik van humanitêre hulp. Laat U lig skyn in die skaduwee van die dood.

14 Julie – Dinsdag – Verbly jou in God

Hemelse Vader, dankie dat U ons Koning is en dat U Heerskappy naby ons is. Help ons om U wil bo ons eie te soek en ‘n instrument van U liefde en vrede te wees.

15 Julie – Woensdag – Radikale liefde vir elkeen

Here, U opdrag aan ons was liefde vir God en liefde vir ons naaste. U het ook die grense verskuif om almal in te sluit – selfs diegene wat anders is as ons – selfs ook die vyande.

16 Julie – Donderdag – Swaard van die Gees

Jesus, maak my vandag arm van gees sodat ek net van U afhanklik sal wees. Die Gees wat U ons gegee het, vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. Vul my hart met sagmoedigheid en ‘n honger na dit wat reg is.

17 Julie – Vrydag – Hoop en Ewige Lewe

Jesus se boodskap is dat die dood en die donkerte nie die laaste sê het nie. Deur Sy opstanding het Hy die lewe oorwin.  Dit gee ons die hoop dat ons ‘n ewige toekoms saam met Hom het.

18 Julie – Saterdag – Sy Koninkryk vir almal

Ons vra vir U vertroosting, nie net vir onsself nie, maar ook vir diegene wat verlore en belas voel deur die gewig van bekommernisse. U is altyd naby om oor ons te waak met liefde en deernis.

19 Julie – Sondag – Sout en Lig

Here, U sê ek is die sout en die lig vir die wêreld. Help my om só te leef dat ander dit kan sien. Laat my woorde smaak gee en my dade U lig versprei sodat mense U sal aanbid. 

20 Julie – Maandag – Ons kinders is uniek

Vader, seën ons kinders en gee hulle wysheid om hulle beste te doen. Beskerm hulle harte teen bekommernis en help hulle om soos U lig tussen hulle maats te wees.

21 Julie – Dinsdag – My Stuurman

Vader, ek kies om my in U te verbly.  My situasie is dalk nie perfek nie, maar U liefde en getrouheid sal nooit faal nie. Ek kies om dankbaar te wees omdat U my weg bepaal.

22 Julie – Woensdag – Sy aanraking is oorvloedig

Hemelse Vader, U is die Groot Geneesheer. Ons bid vir verligting vir pyn en herstel vir die liggaam.  U genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde.  Seën ook diegene wat hulle versorg en rus hulle toe met wysheid en geduld.

23 Julie – Donderdag –  Hy is ons metgesel in pyn

Jesus, U ken die hart van die gebrokenes – U het self swaarkry en verwerping ervaar.  Help ons om nooit moed te verloor nie, want U gee nie moed op met ons nie.

24 Julie – Vrydag –  Die waarborg van ‘n ewige lewe

Jesus, ons jubel omdat die graf U nie kon vashou nie!  U het die dood oorwin en opgestaan as die Ewige Oorwinnaar. Alle mag in die hemel en op die aarde behoort aan U.

25 Julie – Saterdag – Christus het die grondslag gelê

Ons kyk op na U, ons Koning wat regeer. Dankie dat U vir ons intree en dat u teenwoordigheid ons die krag gee om elke dag in volheid en oorwinning te leef. Onderrig ons om soos U te wees – ‘n hart wat sag en gewillig is.

26 Julie – Sondag – My doelwit is die Koninkryk

Vader, ons wedloop gaan nie oor wêreldse rykdom of status nie, maar oor u Koninkryk. Rig my voete op die smal pad en vul my hart met die ewige skatte wat saak maak vir U. 

27 Julie – Maandag –  Wees ‘n vredemaker in konflik

Heilige Gees, maak my ‘n instrument van U vrede. Waar daar konflik of verdeeldheid in my familie, werkplek of gemeenskap is, help my om versoening te bring. Seën my met die wysheid en geduld wat nodig is om mense bymekaar te bring.

28 Julie – Dinsdag – U lig vervaag nooit

Hemelse Vader, wanneer my lamp vervaag, bid ek vir krag om te doen wat reg is, sodat my dade U lig weerkaats en ander lei om U te prys.  Mag my daaglikse lewe ‘n getuienis wees van U genade en waarheid.

29 Julie – Woensdag – Hoop en Ewige Lewe

Jesus se boodskap is dat die dood en die donkerte nie die laaste sê het nie. Deur Sy opstanding het Hy bewys dat  lewe oorwin. Dit gee ons hoop dat geen situasie op aarde ooit heeltemal verlore is nie, en dat ons ‘n ewige toekoms saam met Hom het.

30 Julie – Donderdag – Laat U lig skyn in die skaduwee van die dood

Here, ons bid vir die mense in oorlog geteisterde lande. Hulle is moontlik sonder skuiling, sonder kos en bo alles, sonder hoop wanneer alles rondom hulle in puin lê. Ons bid onoophoudelik vir ‘n einde aan die geweld.

31 Julie – Toevlugsoord vir elkeen

Ons dank U vir ons gemeenskap hier in Groot-Brakrivier Here. Ons wil ‘n veilige hawe wees vir die vreemdeling en ‘n genesende toevlugsoord vir die gebrokenes. Mag ons kerk ‘n baken van U onvoorwaardelike liefde wees.

Sendingnuus uit Madagaskar: The Week 14 June 2026

Madagaskar 20260620 NG Kerk Groot-Brakrivier

All the Grade 5’s passed their National Exam, including the five students from Lovako School in Russian Bay. That means that Emmerancienne is the first child from Andranompitily village to ever pass this exam. As this is only a Grade 5 level exam, it shows how illiterate and uneducated the village is. We give God the glory for what He has done and for the answer to prayer. We continue to pray for spiritual change in Andranompitily and Ampamata and we trust that God will use these children to accomplish this.

Lees meer “Sendingnuus uit Madagaskar: The Week 14 June 2026”

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 26 Junie 2026 – Gee vir ander en wees gelukkig.

Dagstukkies April

26 Junie

Vandag wil God jou hart oopmaak vir die nood van ander mense. Vat hierdie goeie lig uit die Bybel vandag saam met jou.

Tema: Gee vir ander en wees gelukkig.

Teks: “Iemand wat mense se nood raaksien, ervaar blydskap. Hy wat vir armes omgee, is ’n gelukkige mens.” (Spr. 22:9 – Die Boodskap)

  • Dit gaan goed met jou as jy aan die armes dink; die Here self sorg vir jou in jou eie moeilike tye. (Ps. 41:2)
  • Wanneer jy iemand in nood help, ontvang jy self iets kosbaars terug — ’n diep blydskap wat van God af kom.
  • Jy hoef nie ryk te wees om te gee nie; selfs ’n klein daad van omgee kan iemand se hele dag verander.
  • Kyk vandag mooi rond, want daar is altyd iemand naby jou wat jou hulp, jou tyd of net jou vriendelikheid nodig het.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my ryklik seën. Help my om vandag ander se nood raak te sien en met ’n blye hart te gee.

In die Naam van Jesus Christus, ons Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 25 Junie 2026 – Kies vrede bo voortdurende rusie.

Dagstukkies April

25 Junie

Vandag wil God vir jou wys hoe kosbaar ’n rustige en vredevolle lewe is. Hoor hoe God se Woord nou reguit met jou praat.

Tema: Kies vrede bo voortdurende rusie.

Teks: “Dit is beter om eenkant en alleen te bly as by mense wat graag stry en die lewe moeilik maak.” (Spr. 21:19 – Die Boodskap)

  • Kyk hoe goed en hoe mooi is dit wanneer mense in vrede en eensgesindheid saamleef. (Ps. 133:1)
  • Mense wat altyd wil stry, tap jou energie, krag en vreugde — dit is nie verkeerd om jou afstand van hulle te hou nie.
  • Soms is die wysste keuse om stil weg te stap eerder as om by elke rusie betrokke te raak.
  • Kies vandag doelbewus jou geselskap en jou omgewing, want vrede in jou hart begin by die mense rondom jou.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U vir my innerlike vrede gee. Help my om die rustige pad te kies en weg te bly van onnodige rusies.

In die Naam van Jesus Christus, ons Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 24 Junie 2026 – Niemand is volmaak nie.

Dagstukkies April

24 Junie

Vandag wil God jou herinner dat niemand volmaak is nie en dat Sy genade vir jou genoeg is. Kyk nou na wat die Bybel vandag vir jou sê.

Tema: Niemand is volmaak nie.

Teks: “Wie is sonder sonde? Wie kan sê dat hy altyd aan die goeie dink? Wie doen altyd die regte dinge op die regte tyd?” (Spr. 20:9 – Die Boodskap)

  • Wees my genadig, o God, in u groot liefde; vee al my sonde skoon weg. (Ps. 51:3)
  • Niemand kan voor God sê dat hy nog nooit verkeerd gedoen het nie; ons almal struikel en het Sy vergifnis nodig. (Rom. 3:23-24)
  • Dit hou jou nederig as jy onthou hoeveel God jou reeds vergewe het, want dan oordeel jy ander minder hard.
  • Bring vandag jou foute eerlik na God toe; Hy is altyd gereed om te vergewe en jou weer skoon te maak.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my sonde vergewe en my elke dag nuut maak. Help my om nederig te bly en ook ander genade te gee.

In die Naam van Jesus Christus, ons Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 23 Junie 2026 – Hou jou humeur in toom.

Dagstukkies April

23 Junie

Vandag wil God jou leer om kalm te bly, selfs wanneer ander mense jou wil omkrap. Hier is vandag se geestelike saad uit God se Woord.

Tema: Hou jou humeur in toom.

Teks: “Iemand wat sy humeur in toom hou, is slim. Wie dié vergewe wat hom beledig, word deur almal gerespekteer.” (Spr. 19:11 – Die Boodskap)

  • Die Here self is geduldig en stadig om vir jou kwaad te word; Hy is vol liefde en goedheid teenoor jou. (Ps. 103:8)
  • Wanneer iemand jou kwaad maak, is dit nie swakheid om kalm te bly nie — dit is juis ’n teken van ware krag en diep selfbeheersing.
  • ’n Mens wat sy woorde en sy humeur kan beheer, sê later nooit dinge waaroor hy spyt is nie.
  • Vra die Here vandag om jou te help om eers stil te raak en diep asem te haal voordat jy reageer.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U self so geduldig met my is. Help my om vandag my humeur in toom te hou en kalm te bly.

In die Naam van Jesus Christus, ons Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Lauren Daigle – Rescue (Official Lyric Video)

Lauren Daigle - Rescue (Official Lyric Video) NG Kerk Groot-Brakrivier

Lyrics:

You are not hidden
There’s never been a moment
You were forgotten
You are not hopeless
Though you have been broken
Your innocence stolen

I hear you whisper underneath your breath
I hear your SOS, your SOS

I will send out an army
To find you in the middle of darkest night
It’s true
I will rescue you

There is no distance
That cannot be covered
Over and over
You’re not defenseless
I’ll be your shelter
I’ll be your armor

I hear you whisper underneath your breath
I hear your SOS, your SOS

I will send out an army
To find you in the middle of darkest night
It’s true
I will rescue you
I will never stop marching
To reach you in the middle of the hardest fight
It’s true
I will rescue you

I hear the whisper underneath your breath
I hear you whisper you have nothing left

Taizé – Wait for the Lord (Lyrics)

Wait for the Lord - Taize NG Kerk Groot-Brakrivier

Ervaar die meditatiewe skoonheid van “Wait for the Lord” van die Taizé-gemeenskap in hierdie liriekvideo. Hierdie gesang, gewortel in kontemplatiewe gebed, moedig stilte, geduld en vertroue in God aan.

Wat is Taizé?

Taizé is ‘n ekumeniese Christelike gemeenskap in Frankryk wat bekend is vir sy meditatiewe gesange, herhalende gebed en fokus op vrede en versoening. Die musiek word in kerke, kleingroepe en persoonlike toewyding regoor die wêreld gesing.

Taizé – Wait for the Lord

Taizé – Nada te turbe

Music: J. Berthier
Text: St. Teresa de Ávila

Solo verses:
Todo se pasa, Dios no se muda,
La paciencia todo lo alcanza.

En Cristo mi confianza,
y de Él solo mi asimiento;
en sus cansancios mi aliento,
y en su imitación mi holganza.

Aquí estriba mi firmeza,
aquí mi seguridad,
la prueba de mi verdad,
la muestra de mi firmeza.

Ya no durmáis, no durmáis,
pues que no hay paz en la tierra.

No haya ningún cobarde,
aventuremos la vida.
No hay que temer, no durmáis,
aventuremos la vida.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 22 Junie 2026 – Insig maak die lewe ryk.

Dagstukkies April

22 Junie

Vandag nooi God jou om te ontdek hoe ’n lewe naby Hom jou ryker maak. Hier is God se boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Insig maak die lewe ryk.

Teks: “’n Gelowige se lewenstyl verryk ’n mens. Insig verleen kwaliteit aan die lewe.” (Spr. 19:8 – Die Boodskap)

  • As jy nie die raad van slegte mense volg nie, maar elke dag oor die Here se raad nadink, is jy soos ’n boom wat by water geplant is. Dan dra jy vrug, en alles wat jy aanpak, loop goed af. (Ps. 1:1-3)
  • ’n Lewe wat naby God geleef word, is nooit leeg nie — dit word ryklik gevul met vrede, doelgerigtheid en ’n innerlike vreugde wat geen geld kan koop nie.
  • Insig is vir jou meer werd as besittings, want dit help jou om die regte keuses op die regte tyd te maak en bewaar jou van baie onnodige hartseer.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat ’n lewe naby U my ryk maak met die dinge wat werklik saak maak. Gee my vandag die insig om reg te leef en die lewe ten volle te geniet.

In die Naam van Jesus Christus, ons Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 21 Junie 2026 – Die Here is jou veilige plek..

Dagstukkies April

21 Junie

Liewe Vriend

Vandag nooi God jou uit om al jou vrese weg te gooi en heeltemal veilig by Hom te wees. Kry nou die Bybel se sterk anker vir hierdie nuwe dag.

Tema: Die Here is jou veilige plek.

Teks: “Die Here is soos ‘n sterk gebou. In swaar tye kan gelowiges by Hom gaan wegkruip. By Hom is hulle veilig.” (Spr. 18:10 – Die Boodskap)

  • God is vir jou ‘n veilige plek en Hy pas jou op. In moeilike tye het Hy gewys dat Hy vinnig en gereed is om jou te help. (Ps. 46:2)
  • Wanneer die lewe vir jou te moeilik word, hoef jy nie bang of bekommerd te wees nie. Die Here is ‘n sterk en veilige plek waar jy kan skuil.
  • Gaan vandag in jou gebede reguit na God toe en kruip veilig by Hom weg – waar niks jou kan bykom nie.
  • Voel die diep vrede in jou hart as jy besef dat die groot Here God self jou baie mooi oppas.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U my veilige en sterk plek in elke moeilike tyd is.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Groei…

Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar God laat groei. Daarom is nóg hy wat plant, nóg hy wat natgooi iets, maar slegs God wat laat groei.”

(1 Kor. 3: 6-720)

Hoe verstaan ons groei?

Ons assosieer meer dikwels groei met kinders of plante. Babas ontwikkel en groei in die moederskoot; word versorg en opgepas, om te verseker dat hulle normaal en gesond opgroei. Ons plant saad of jong plantjies en hou dit angstiglik dop, om te sien dat hulle die nodige groei toon, sodat ons in die blom of vrugdra seisoen, plesier daaruit kan kry.

Ons is nie altyd ten volle bewus daarvan dat daar konstante verandering is in hierdie groei fases nie. Selfs al sien ons verstommende verandering van bv. ‘n pap babatjie na ‘n tweejarige kindjie, wat reeds alle tekens van eie menswees toon. Dis dieselfde verstommende verandering wat in ‘n plantsaad opgevang lê. Daardie saadjie is ontwerp om ten volle te ontwikkel en blomme te ontwikkel wat dan weer siklies saad voort te bring.

Blote verandering is egter nie op sig self groei nie. Groei is die sintese van verandering en volharding. Dus waar volharding kortkom, is daar nie groei nie. Wanneer mens ophou groei, dis wanneer ons begin sterf.

Teksverse:

Kyk, dit is verplant. Sal dit gedy? Sal dit nie, as die oostewind dit tref, heeltemal verdroog, in die bedding waar dit groei, verdor nie.” (Eseg. 17: 1020);

En Hy het gesê: “Die koninkryk van God is soos ‘n man wat saad op die land uitstrooi, en nag ná nag gaan slaap, en dag ná dag opstaan, en die saad ontkiem en groei – hoe weet hy self nie. Die land bring die graan vanself voort: eers ‘n halm, dan ‘n aar en dan die koring vol in die aar.”” (Mar 4: 26-2820);

Dit is immers u wat my niere geskep het, my in die moederskoot geweef het.” (Ps.139: 1320)

Bybelse voorbeelde van geloofsgroei

Daar is verskeie voorbeelde in geloofsgroei. Ons kan gaan kyk na Petrus en Paulus. Beide mans wat deur God naamsveranderinge ontvang het. Petrus het Jesus blindelings gevolg, maar was ‘n wispelturige en emosionele man. Hy is egter ook deur Christus as die Rots van die evangelie aangewys, Ten spyte van sy verloëning van Christus. Die liefde waamee Jesus hom bejeën het, het Hom uiteindelik ‘n vurige kampvegter en apostel vir die evangelie gemaak, onder leiding van die Heilige Gees.

Paulus is tydens sy vervolging van die Christene, deur Christus tot stilstand geruk, en het ook ‘n draer van die evangelie geword. Hy het gelei en geleef vir die uitdrae van die evangelie, na die destyds ongeoorloofde lande. Die leiding en ondersteuning wat hy van God ontvang het, deur die genade gawe van die Heilige Gees, het hom gedring om aan te hou en te volhard.

Deur die werk van al die apostels, het daar menige mense tot geloof gekom, en ook gegroei in die geloof, soos duidelik uit die briewe van Paulus aan die Efesiërs, Kolosense en Petrus se briewe aan ander midde ooste dorpies. Die groei in geloof was duidelik gestel as mylpaal, “Om soos Christus te wees”, te kom.

Teksverse:

…totdat ons almal kom tot eenheid in geloof en kennis van die Seun van God, en tot volwassenheid wat in ooreenstemming is met die volgroeide gestalte van die volheid van Christus. Die doel hiervan is dat ons nie meer klein kindertjies sal wees nie, wat deur die onstuimige golwe rondgeslinger word en rondgewaai sal word deur elke wind en lering, deur mense se slinksheid en die gekonkel waardeur hulle dwaling beplan; maar dat ons eerder, terwyl ons in liefde aan die waarheid vashou, in alle opsigte na Hom toe sal groei. Hy, Christus, is die Hoof…” (Ef. 4: 13-1520);

…op grond van die hoop wat in die hemel op julle wag, Julle het al hiervan gehoor toe die woord van die waarheid, die evangelie, julle bereik het. Soos oral in die wêreld, het die evangelie, van die dag dat julle van God se genade gehoor en dit werklik verstaan het, ook onder julle begin vrug dra en groei.” (Kol. 1: 5-620);

Daarom dan, van die dag dat ons dit gehoor het, hou ons nie op om vir julle te bid nie. Ons bid dat julle vervul mag word met die volle kennis van God se wil, deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, om ‘n lewe te lei wat die Here waardig is, en Hom in alles tevrede stel, terwyl julle vrug dra deur elke goeie werk, en groei in die kennis van God,…” (Kol. 1: 9-1020)

Groei deur verandering

Dit is vir elkeen van ons moontlik om na bekering verder te groei in geloof.

Dat ons gedurig deur moet verander is ‘n voldonge feit. Slegs deur verandering kan ons groei. Ons moet stil raak voor God in gebed en smeking. Dit is wanneer ons lewegewende water van God af ontvang. Dan sal ons kan vrugdra en verder groei in geloof. Dis dan wanneer ons as Christene, diensbaar kan wees in die koninkryk en as voedsel sal kan dien vir ander mense, wat smag na God se lewegewende water. Laat ons almal saam groei in die genade en kennis van ons Here, Jesus Christus.

Ons moet net altyd waak om nie soos die Fariseërs hoogmoedig te word in geloof nie. Ons moet mekaar nederig dien en liefhê. Dis nie uit eie krag dat ons die genade gawe van God ontvang nie, maar in ons swakheid as mens.

Teksverse:

Aan weerskante van die stroom, op sy walle, sal allerhande vrugtebome groei. Hulle blare sal nie verwelk nie, en hulle vrugte sal nie opraak nie. Elke maand sal hulle nuwe vrugte dra, want dit is uit die heiligdom wat hulle water vloei. Hulle vrugte sal as voedsel dien en hulle blare tot genesing.” (Eseg. 47: 1220);

Soos dit gepas is, moet ons God altyd oor julle dank, broers, omdat julle geloof uitermate groei, en een en almal van julle se liefde vir mekaar toeneem.” (2 Thes. 1: 320);

Sorg dat julle aanhou groei in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. Aan Hom behoort die heerlikheid, nou en ook tot op die dag van die ewigheid. Amen.” (2 Pet. 3: 1820)

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 20 Junie 2026 – Om nederig te wees bring vrede. – konflik 3

Dagstukkies April

20 Junie

Liewe Vriend

Vandag wil God jou leer om beskeie en nederig te wees, sodat jy ware eer van Hom kan kry. Hier is die Bybel se riglyn vir jou lewe vandag.

Tema: Om nederig te wees bring vrede. – konflik 3.

Teks: “Wie mense beledig, lok rusie uit. Wie baie van homself dink, word verneder.” (Spr. 17:19 – Die Boodskap)

  • Die Here wys vir mense wat nie grootpraat nie hoe om reg te leef. Beskeie mense leer wat God se wil is. (Ps. 25:9)
  • Slegte woorde en beledigings laat mense altyd baklei. Pas jou tong vandag op sodat jy nie sulke skadelike dinge sê nie.
  • Mense wat te veel van hulleself dink, sal deur die lewe self klein gemaak word.
  • Kies vandag doelbewus om ‘n klein en beskeie gesindheid te hê, want dit is die plek waar God Sy geluk gee.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U my leer om met ‘n nederige hart te lewe.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 26+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 21 Junie 2026 : Erediens om 10:00 Kleuterkerk en Kategese om 10:00.
Sondag 21 Junie 2026: LEEFkerk 17:00
Woensdag 24 Junie 2026 : Kooroefening by die orrel om 16:45.
Woensdag 24 Junie 2026 Nuwe Lidmate Verwelkomingsfunksie om 18:00 in die kerksaal 
Sondag 28 Junie 2026 : Erediens om 10:00 GEEN Kleuterkerk en Kategese nie.
Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 21-28 Junie 2026

Afkondigings 21-28 Junie 2026

Afkondigings

Sondag 21 Junie 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Genesis 21:8-21.
  • Die tema van die prediking is:Vertrouensbreuk.
  • Vadersdag.
  • Kleuterkerk in Lokaal 6.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Jan Kriel-Instituut (Kuilsrivier) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Die Blokbyeenkoms vanBlok 28 (Reebok Kusweg), Blok 29 (Reebok-Oos) & Blok 30 (Reebok-Wes tot Danabaai) vind plaas direk na die erediens in die kerksaal.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje.

Woensdag 24 Junie 2026 :

  • Kooroefening by die orrel om 16:45.  Marida – Epos Kontak.
  • Nuwe Lidmate Verwelkomingsfunksie om 18:00 in die kerksaal (vir persone wat RSVP gegee het).
Verjaarsdae Week 28 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 28 NG Kerk Groot-Brakrivier

Vrydag 26 Junie 2026 :

  • Skole sluit.

Sondag 28 Junie 2026 :

  • Erediens om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale Offer vir Ondersteuningsbediening by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Leon Cronje.
  • GEEN LEEFKerk tydens die skoolvakansie.

Nuwe Lidmate 2026:

Johann & Rhenda Theart van Pretoria: Blok 25 (Seegenot tot Tergniethoogte)

Baie welkom by ons gemeente.

DEURKOLLEKTE

JAN KRIEL INSTITUUT het ontstaan uit die kerk se sorgsame betrokkenheid by die geskiedenis van Jan Krielskool (sedert 1937). Die Instituut is ‘n kerkgebaseerde organisasie en onafhanklike NPO. Dit fokus op die koestering en bestuur van die netwerk van ondersteuning vir die kinders van Jan Kriel Skool deur bewusmaking en die insameling van fondse vir kinders met spesiale onderwysbehoeftes.

Skenkers en donateursvriende speel ‘n onontbeerlike rol om hierdie kinders ‘n kans te gee om te ontwikkel en sukses te behaal. Gespesialiseerde onderrig en kundigheid sal altyd duur wees, maar 80 jaar se ondervinding bevestig ons vaste geloof in die waarde daarvan vir ons kinders. ‘n Kind wat na ons verwys is, sal nooit weggewys word op grond van finansiële behoefte of geloof nie.

Deur ons toegewyde span en lojale skenkers kry ons dit reg om ‘n groot impak op die lewens van die studente by Jan Krielskool te maak. Van studentesukses tot sportbyeenkomste tot bou-opgraderings en sosiale byeenkomste, ons is trots om te wys wat ons bereik deur harde werk ‘n passie.

Klub 50 Dromme NG Kerk Groot-Brakrivier
Klub 50 Dromme NG Kerk Groot-Brakrivier
Lofdansebediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Lofdansebediening NG Kerk Groot-Brakrivier

“Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer” (2 Kor. 1:3-4 Afr83).

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA se werk onder vlugtelinge

Stel jou voor dat jy gedwing word om uit jou huis te vlug weens oorlog, vervolging of ’n natuurramp, en dan kry jy nêrens om weer huis te noem nie. Dis die werklikheid van meer as 100 miljoen ontheemdes in die wêreld. Baie FEBA-luisteraars in Afrika en Eurasië is vlugtelinge wat hulle na ons programme wend vir die hoop en samesyn wat in hul omgewing ontbreek.

Ons gebed vir die week: Bid dat elke vlugteling wat op FEBA Radio inskakel nuwe lewe in Christus sal vind, asook ’n nuwe tuiste in Sy kerk.

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)

Nuut op 21 Junie 2026

  1. Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Erediens van 21 Junie 2026, deur ds Leon Cronje.
  2. Bybelstudiereekse:
    • Skep asem vir vandag’ is ‘n heerlike positiewe begin vir elke dag.
    • Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Groei…”
  3. Gemeentenuus:
    • Kort oorsig en fotogallery van Klub 50 se “Sop en Bingo” oggend.
    • Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-posEpos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 19 Junie 2026 – Tema: Stop die bakleiery betyds – konflik 2.

Dagstukkies April

19 Junie

Liewe Vriend

Vandag wil God jou daaraan herinner hoe belangrik dit is om vrede te maak oral waar jy gaan. Vat hierdie goeie lig van die Bybel vandag saam met jou.

Tema: Stop die bakleiery betyds – konflik 2.

Teks: “’n Rusie begin altyd klein en word dan erger en erger. Dit is soos ‘n damwal. Eers is die lek klein, en dan breek die wal. Keer die rusie voordat dit te ver gaan.” (Spr. 17:14 – Die Boodskap)

  • Sorg dat jy wegbly van slegte dinge af en doen wat goed is. Soek altyd vrede. (Ps. 34:15)
  • ‘n Klein verskil in opinie kan baie vinnig ‘n baie groot geveg word.
  • Wees die wysste persoon in die vertrek deur die klein probleem vinnig op te los, nog voordat daar groot skade is.
  • Stop ‘n argument doelbewus voor dit te ver gaan deur ‘n mooi, sagte antwoord te gee en kalm te bly (Spr. 15:1).
  • ‘n Sagte antwoord, laat die woede bedaar – Spr. 15:1

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U vir my vrede gee.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 18 Junie 2026 – Moenie heeltyd baklei nie – konflik 1.

Dagstukkies April

18 Junie

Liewe Vriend

Vandag wil God vir jou die nodige wysheid gee om groot probleme en moeilike mense reg te hanteer. Hier praat God se Woord nou reguit met jou.

Tema: Moenie heeltyd baklei nie – konflik 1

Teks: “Moeilike mense maak met almal rusie. Op ‘n dag sal hulle nog hulle moses teëkom.” (Spr. 17:11 – Die Boodskap)

  • Die Here is soos ‘n sterk skild wat jou getrou oppas teen mense wat sonder rede met jou wil baklei. (Ps. 35:1-2)
  • Mense wat baie rusie maak, bring dikwels baie spanning in jou lewe.
  • God se keuse vir die lewe is dat jy die pad van vrede sal volg.
  • Moenie self probeer om mense terug te kry of dinge self uit te sorteer nie – laat alles aan die Here oor.
  • Kies om vandag doelbewus weg te stap van argumente af. Dink eerder aan die mooi planne wat die Here vir jou het.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U my oppas teen mense wat wil baklei.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

KLUB 50: Sop & Bingo oggend

Klub 50 se lede het op 3 Junie ‘n heerlike oggend van sop en bingo gehad. Daar is met spanning gewag op die uitroep van nommers om tog net’ n kaartjie vol te kry.

Die geleentheid was in die Kerksaal gehou, en almal wat daar was het die oggend geniet. Baie dankie aan KLUB 50 se bestuur vir al die reëlings.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 17 Junie 2026 – Alles hang van God af – stap agter Hom aan.

Dagstukkies April

17 Junie

Liewe Vriend

Vandag nooi God jou uit om jou eie planne aan Hom oor te gee. Kyk nou na wat die Bybel vandag vir jou sê.

Tema: Alles hang van God af – stap agter Hom aan.

Teks: “Elke mens beplan sy lewe, maar alles hang van die Here af.” (Spr. 16:9 – Die Boodskap)

  • Die planne van die Here is vir altyd vas. Wat Hy wil hê, sal vir altyd gebeur, van geslag tot geslag. (Ps. 33:11)
  • Dit is baie goed om self mooi planne te maak, maar onthou altyd dat God die laaste sê het.
  • Die sukses van jou toekoms hang op die ou end nie van hoe slim jy is nie.
  • Dit hang af van die Here wat geluk gee en vol van liefde is.
  • Gee die beheer van jou dag oor aan God, en vertrou dat Sy pad altyd die heel beste is.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat my hele lewe veilig in U hande is.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.