Prediker: Dr. Kobus Smit
Skriflesing: Lukas 2: 1 -14
Tema: Moenie bang wees nie.
Begeleiding: Mev. Annalene de Swardt
Liedere:
Lied 344: 1 – 3
Lied 334: 1 – 4
Prediker: Dr. Kobus Smit
Skriflesing: Lukas 2: 1 -14
Tema: Moenie bang wees nie.
Begeleiding: Mev. Annalene de Swardt
Liedere:
Lied 344: 1 – 3
Lied 334: 1 – 4
Hiermee Michele se nuutste nuusbrief/gebedsbrief vir julle inligting en voorbidding asb. Die vlugte bly maar ‘n kopseer asook die verskillende lande se inperkings. Ons kan saam met hulle bly wees dat die alarmstelsel/ brandtrap asook alles wat daarmee verband hou suksesvol afgehandel kon word. Nou kan ons fokus om saam te bid oor die gebou en dat die harte van mense sal verander – iets wat net Hemel Vader mee kan help.
Liewe vriende en familie
Lees meer “Hart vir Oekraïne: Gebedsbrief Desember 2021”I joked with the Saturday Rangers last week when we prayed for those who had birthdays during the week that I also have an anniversary of some sorts. Dries has been away from home for one whole year now. I still wonder how that is even possible and how Covid 19 was allowed to ruin people’s lives on so many levels. I refrain from dwelling on the fact that I don’t know how we can ever recover financially. Gabriel has not seen maintenance for a year now, not to even speak of the Land Rover. I try my best to do what I can, but my efforts in this regard are merely superficial. So when my quad bike broke down on the road three weeks ago, it was a case of the proverbial ‘the last straw to break the camel’s back’, scenario.
Lees meer “Madagaskar – Lynette’s Madanews – One Year…”Vandag – Sondag 12 Desember 2021:
Beste Emile en Annelie,
Dis alweer sulke tyd … die tyd van die jaar wanneer min (Suid-Afrikaanse) mense nog lus of tyd het vir e-pos lees. Daarom hou ek die nuusflits kort. Hier volg ook ‘n kort video oor ons besoek aan SA!
Lees meer “Missie Japan: SA BESOEK TERUGFLITS 8 Desember 2021”Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Filippense 4: 4 – 7
Tema: Gesoek: Blydskap!
Liedere:
Jeugsangbundel: Ek is bly, ek is bly ek verheug my in die Heer!
Lied 366: 1 – 3
Begeleiding:
Pianis: Annelene de Swardt
Kitaar: Johan Smit
Prediker: Dr. Frans Hancke
Skriflesing: Matteus 2
Tema: Kyk die ster!
Vandag – Sondag 5 Desember 2021:
Dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
Goeie more gemeente,
Die seisoen is hier. ‘n Tyd van terugkyk en vorentoe kyk (Adventstyd). Dit was ‘n jaar waarin ons as gemeente met dankbaarheid kon ervaar hoe God op talle wyses voorsien het. Ons het ook verlies ervaar. ‘n Verlies van geliefdes, normaliteit en soms gemeenskap van gelowiges. Ons moes elkeen op kreatiewe maniere nuut dink oor ons lewens, familie en vriende. Ook kerkwees het ‘n nuwe era ingegaan. Virtuele eredienste het ‘n algemene verskynsel geword en ons glo dat, alhoewel ons weer in die kerkgebou bymekaar kom, eredienste virtueel sal voortgaan. Dit kan egter nooit plaasvervangend wees vir die “in die oë kyk” geleenthede nie. Mag ons ere-diens aan God in ons lewens nuwe gestalte kry in ons huise, gemeenskap en wêreld. Ons moedig kreatiewe dissipelskap in u invloedsfeer aan. Soos Christus eens na die wêreld gekom het, mag iets van die gestalte van Sy koms ook in ons en deur ons sigbaar word.
Lees meer “Gemeentebrief 3 Desember 2021” Liewe ondersteuner,In Japan is daar ‘n gebruik om te sê 久しぶり (hisashiburi) vir iemand wat jy vir ‘n lang tydperk nie gesien het nie. Aangesien ons elkeen van julle lank terug gesien het sê ons aan julle elkeen Konnichiwa, 久しぶり Hisashiburi.
In hierdie brief wil ons baie belangrike nuus met julle deel. Hierdie nuusbrief sluit in ‘n brief vanuit die Missie Japan kantoor sowel as ‘n video waarin ons meer verduidelik.
Beste Ondersteuners
Kan twee lande meer van mekaar verskil as Japan en Suid-Afrika? Suid-Afrika is ‘n warm, soms lawaaierige, onvoorspelbare mengelmoes van kulture van die Weste, Nabye Ooste en Afrika. Japan is stil, homogeen en voorspelbaar. Na 12 en ‘n halwe jaar in Japan en ons onlangse besoek aan Suid-Afrika na ‘n besondere lang onafgebroke 4 jaar in Japan – boonop midde-in die derde golf van Covid-19 – was dit bykans onmoontlik om nie konstant melodramatiese vergelykings te tref nie.
Die jaar se uitreike na Wolwedans is gister suksesvol afgesluit met die gee van ‘n Kersboodskap, kerskaartjie, sop, brood en bederfpakkies vir 76 mensies en 70 kindertjies. Daar was groot blydskap vir die persoonlike kontak en dankbaarheid vir alles wat in moeilike tye gedoen is. Hier is ‘n paar fotos om iets weer te gee van ons ervaring.
Lees meer “Laaste uitreik aan Wolwedans vir 2021 – 1 Desember 2021”Waar is die Koning wat gebore is? Want ons het Sy ster in die Ooste gesien
en gekom om Hom hulde te bewys.
NG GEMEENTE GROOT BRAKRIVIER
Woensdag, 1 Desember: Vakansiemaand.
Dit is vakansiemaand in Suid Afrika. Almal is in ‘n vrolike gees en dit is so maklik om van ons Skepper te vergeet. Kom ons bid vir die veiligheid van elke akansieganger en dat die Heilige Gees met elke persoon sal wees en sodoende ‘n verantwoordelikheid in elke persoon sal vaslê.
Lees meer “Gebedsgids – Desember 2021”Prediker: Dr. Jurie Vermeulen (Nasionale Direkteur van FEBA Radio)
Pianis: Mev. Annalene de Swardt
Kitaarspel: Mnr. Wikus de Swardt
Skriflesing: Handelinge 1 : 8
Liedere:
Lied 209
Lied 488: 1 & 4

Afkondigings
Ned. Geref. Kerk Groot-Brakrivier
28 November – 5 Desember 2021
Vandag – Sondag 28 November 2021:
Huldeblykdiens – Dr Noël-Jean Creille 24 November 2021